Ode 40
[Ode vir die Moeder en Haar kinders]
1 SOOS heuning van die bye se
heuningkoek drup, en melk vloei van die Vrou wat Haar Kinders liefhet,
2 Net so is My hoop op U, o My
Elohey. Soos U Fontein Haar waters voortbring, so bring My Hart lof van JaHWeH
te voorskyn, en My Lippe uiter lofprysinge tot Hom.
3 My tong is soet in Sy
lofsange, en My ledemate dy uit in Sy psalms;
4 En My Aangesig verbly hom in
Sy jubeling, en My Gees roem in Sy liefde, en My Siel skyn in Hom.
5 Hy wat vreesagtig is, sal op
Hom vertrou en Verlossing sal in Hom tot stand gebring word;
6 Sy wins is ‘n onsterflike
lewe, en hulle wat Hom ontvang, is onverderfbaar.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!
Ode 41
[Ode deur die Moeder]
1 AL SY kinders sal JaHWeH loof,
en hulle sal die Waarheid van SY Geloof ontvang;
2 SY seuns sal aan HOM bekend
wees: Laat Ons daarom sing in SY liefde.
3 Ons lewe in JaHWeH deur SY
Barmhartigheid, en Ons ontvang lewe deur SY Verlosser.
4 Want ‘n groot dag het op Ons
geskyn, en wonderbaarlik is HY wat vir Ons van SY lofprysinge gegee het.
5 Laat Ons dus almal saam
verenig in die Naam van JaHWeH, en laat Ons HOM in SY Suiwerheid Eer betoon;
6 Laat Ons aangesigte in SY Lig
skyn, laat Ons harte peins in SY liefde, dag en nag:
7 Laat Ons jubel oor die
jubeling van JaHWeH.
8 Almal wat My sien, sal hulle
verwonder, want Ek is van ‘n ander ras;
9 Want die VADER van Waarheid
het My onthou - HY wat My van die begin af besit het;
10 Want SY rykdom het aan My
geboorte geskenk en die gedagte van SY hart.
11 En SY Woord is met Ons al
langs die Weg. Die Verlosser wat aan Ons nuwe lewe skenk, verwerp nie Ons siele
nie
12 Die Man wat verneder was en
opgehef is in SY Geregtigheid.
13 Die Seun van die Hoogste El
het verskyn in die Suiwerheid van Sy VADER;
14 En die Lig het van die Woord
af uitgegaan, wat vantevore reeds in Hom was.
15 Die Gesalfde is Een in
Waarheid, en was bekend van voor die grond-legging van die Aarde af,
16 Sodat Hy vir ewig nuwe lewe
kan gee aan siele in die Waarheid van Sy Naam. Laat daar ‘n nuwe loflied aan
JaHWeH wees, van diegene wat HOM liefhet.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!
Ode 42
[Die Seun verlos uit die Doderyk/Sheol]
1 EK het My hande uitgebrei, en
genader tot My Elohim, want die uitstrek van My hande is SY Teken,
2 en My uitgebreide hande is die
eenvoudige hout wat opgerig is op die Weg van die Opregte Een.
3 En Ek het nutteloos geword vir
hulle wat My geken het, sodat Ek verskuil sou wees van hulle wat My nie
vasgegryp het nie.
4 Ek sal met hulle wees wat My liefhet.
5 Al My vervolgers het gesterf;
en hulle wat op My vertrou het, het My gesoek, want Ek lewe;
6 Ek het opgestaan en is met
hulle, en Ek sal deur hulle monde spreek.
7 Want hulle het diegene verwerp
wat hulle vervolg het, en het op hulle die juk van My liefde gelê.
8 Soos die arm van die Bruidegom
op die Bruid, so is My juk op hulle wat My ken;
9 Soos die bed wat berei is in
die Bruidskamer, so is My liefde oor hulle wat in My glo.
10 Ek was nie verwerp nie, selfs
al was dit so aanvaar, en Ek het nie vergaan nie, selfs al het hulle dit van My
geglo.
11 Doderyk/Sheol het My gesien
en sy was bedroef, en Dood het My teruggegee en baie saam met My:
12 Ek was asyn en bitterheid vir
hom, en Ek het saam met hom afgedaal, so ver as wat diepte strek;
13 en hy het voete en hoof los
laat hang, omdat hulle nie My Aangesig kon verduur nie.
14 Ek het lewende adamiete byeen
laat kom tussen sy dooies, en Ek het tot hulle gespreek met lewende lippe,
sodat My Woord nie sonder trefkrag sou wees nie.
15 En hulle wat gesterf het, het
na My gehardloop, en het uitgeroep en gesê: Wees ons barmhartig, Seun van die
Elohim!
16 Handel met ons volgens U
Medelye, bring ons uit die bande van Duisternis,
17 en open vir ons die Poort
sodat ons saam met U daardeur kan uitkom, want ons sien dat ons dood U nie
aanraak nie.
18 Mag ons ook saam met U verlos
word? Want U is ons Verlosser. [2 Nikodémus 5]
19 Ek het hulle stem gehoor, en
hulle Geloof in My Hart geplaas,
20 en Ek het My Naam op hul
hoofde gedruk, want hulle is vrye adamiete en is Myne. [Openbaring 14:1-3]
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!