Te midde van vandag se lewe van
tegnologiese vooruitgang en fenominale ontdekkings, is daar ‘n paar dinge wat
hier was van die begin van tyd en sal bly voortbestaan tot aan die einde toe.
Vrede: Jy sal nie vrede vind in enige self-help
boek of enige van die new age tydskrifte nie. Ons moet daarna streef met ons
hele wese, dissipline aan die dag lê om te weet wat is ons beperkinge voordat
die vrede in ons hart versteur word en die moed hê om te voorkom dat ander ons
verby die perk dryf.
Liefde: Liefde is nie die gevoel of emosies
waarmee so baie van ons assosieer nie. Liefde is die voortdurende toegewydheid
wat ons beloof aan die sake of verhoudinge wat ons die meeste voor omgee, selfs
wanneer dit nie meer so goed gaan met die sake of verhoudinge nie.
Deernis: Deernis is nie om jammer te voel
vir iemand of een of ander saak waarvoor jy een maal ‘n maand vrywilliglik van
jou tyd afstaan nie. Ware deernis skyn deur wanneer ons kwaad, ongelukkig of
bly genoeg is om te baklei vir verandering van dinge wat ons weet nie so hoort
nie.
No comments:
Post a Comment