Friday, November 30, 2007

‘n “Liefde” Storie

Eendag lank gelede was daar ‘n eiland waar al die gevoelens gebly het: Blydskap, Hartseer, Kennis en al die ander insluitende Liefde. Eendag word daar aangekondig dat die eiland waarop hulle woon gaan sink en inderhaas het almal begin of vir hulle bootjies voor te berei om die eiland te verlaat.

Liefde wou vasbyt tot op die laaste nippertjie want dit was ‘n lekker eiland en sy wou dit nie graag verlaat totdat sy doodseker was dat die eiland wel sal vergaan nie. Terwyl die eiland besig is om weg te sink in die oseaan besluit Liefde sy sal moet vra vir hulp. Rykdom het verby Liefde gevaar in ‘n luukse boot. Liefde vra, “Rykdom, kan jy my asseblief saam met jou neem?” Rykdom antwoord, “Nee, ek kan nie. Daar is baie goud en silwer op my boot en nie nog plek vir jou ook nie.”

Liefde besluit om vir Ydelheid te vra terwyl die in ‘n pragtige boot verby vaar. “Ydelheid, asseblief help my!” “Jammer Liefde ek kan nie want jy is al sopnat en kan dalk my boot beskadig.” Antwoord Ydelheid.

Hartseer was ook in die omgewing en Liefde besluit om vir die te vra. “Hartseer, laat my saam met jou gaan.” “Ag…… Liefde, ek is so hartseer dat ek liewer by myself wil wees!” antwoord Hartseer.

Blydskap kom ook verby Liefde gevaar, maar sy was so bly dat sy nie eens gehoor het toe Liefde na haar roep nie.

Skielik, was daar ‘n stem hier agter Liefde, “Kom Liefde, ek sal jou neem.” Dit was ‘n bejaarde. Liefde het so geseënd gevoel en was oorstelp van vreugde dat sy skoon vergeet het om die bejaarde se naam te vra.
Toe hulle op droë grond aankom het die bejaarde sy eie koers ingeslaan.

Liefde besef hoeveel sy verskuldig is aan die bejaarde en vra vir Kennis, ‘n ander bejaarde, “Wie het my gehelp?” “Dit was Tyd” antwoord Kennis. “Tyd?” vra Liefde. “Maar hoekom het Tyd my gehelp?”
Kennis glimlag met ‘n trek van diepe wysheid en antwoord, “Omdat, slegs Tyd in staat is om te verstaan hoe groot Liefde is.”

Thursday, November 29, 2007

Luister of Wag…..

‘n Jong en suksesvolle sakeman was besig om in die woonbuurt se straat af te ry, heelwat vinniger as wat hy moet, in sy nuwe Jaguar. Hy was die heeltyd op die uitkyk vir kinders wat dalk tussen die geparkeerde motors uithardloop. Hy het so bietjie stadiger gegaan toe hy hom verbeel hy sien iets.

Terwyl hy by die geparkeerde motors verbyry, kom daar geen kinders uit nie, maar instede ‘n baksteen wat teen die motor se deur gegooi word! Hy slaan onmiddellik die remme aan en ry agteruit tot by die plek vanwaar die baksteen gegooi is. Hy spring uit die motor en gryp die seun wat die baksteen gegooi het en druk hom vas teen een van die geparkeerde motors en skreeu, “Hoekom het jy dit gedoen? Is jy mal in jou kop?”

Die sakeman is nou eers besig om stoom op te tel en is buite homself van woede “Dit is ‘n splinternuwe motor daardie en dit gaan ‘n plaas se prys kos om reg te maak!!”

“Asseblief, meneer, asseblief. Ek is verskriklik jammer. Maar ek het nie geweet wat anders om te doen nie!” pleit die seun. “Ek het die baksteen gegooi omdat niemand wil stop…” die trane loop oor die seun se wange terwyl hy beduie na die agterkant van die geparkeerde motor. “Dit is my broer” sê hy. “Hy het by die randsteen afgerol met sy rolstoel en omgeval en kan hom nie opgetel kry nie.” Terwyl die seun snik vra hy die sakeman, “Kan u my asseblief help om hom in sy rolstoel te kry? Hy het seergekry en is te swaar vir my om op te tel.”

Stomgeslaan probeer die sakeman vinnig sluk aan die knop wat in sy keel opwel. Hy tel die jongman op en sit hom weer in sy rolstoel. Hy haal sy sakdoek uit en vee die skrape en sny af om seker te maak die jongman is reg. “Dankie meneer en mag God u ryklik seën” antwoord die dankbare seun. Die man kyk agterna terwyl die seuntjie sy broer huis toe stoot.

Dit was ‘n lang stap terug na sy Jaguar toe ….. ‘n lang, stadige stap. Hy het nooi die duik op die deur laat regmaak nie. Hy het die duik daar gehou om hom te herinner om nie so vinnig deur die lewe te gaan dat iemand nodig het om ‘n baksteen te gooi om jou aandag te trek nie.

God fluiter in jou siel en praat tot jou hart. Soms wanneer jy nie tyd het om te luister na Sy stem nie, moet hy ‘n “baksteen” na jou gooi.
Luister vir die fluister, of wag vir die baksteen….

Wednesday, November 28, 2007

Vergifnis

Lank gelede het twee broers wat op aangrensende plase geboer het ‘n geweldige rusie met mekaar gehad. Dit was die eerste ernstige struweling in veertig jaar van sy aan sy boerdery, deel van plaas implemente en toerusting, deel van arbeid en goedere soos nodig sonder enige haakplek. Die lang samewerking het tot niet gegaan.
Dir het begin met ‘n klein misverstand en dit het gegroei tot ‘n geweldige rusie en uiteindelik het dit ontplof in ‘n oor en weer verwisseling van kwetsende woorde, gevolg deur weke van stilte.

Een oggend is daar ‘n klop aan die deur van Johan, die ouer broer. Voor die deur het ‘n man gestaan met sy skrynwerkers gereedskapskissie. “Ek soek na ‘n los werkie om te doen vir die volgende paar dae” sê die skrynwerker. “Jy het nie dalk ‘n paar klein werkies wat ek vir jou kan doen hier op die plaas nie?”

“Ja” sê die broer. “Ek het ‘n werk vir jou. Sie jy daardie plaas oorkant die rivier? Dis my buurman, my jonger broer, wat ek glad nie meer wil sien of ken nie. Laas week het hy sy laaigraaf geneem en die spruitjie tussen ons verander in ‘n baie breë rivier tussen ons. Hy het dit gedoen om my te vermaak maar ek sal hom wys dat ek dit nog beter kan doen.
Sien jy daardie hoop houtpale en planke langs die skuur? Ek wil hê jy moet dit neem en vir my ‘n 2 meter hoë heining net voor die rivier opsit tussen my en my broer sodat ek nie nodig het om elke dag in sy plaas vas te kyk nie.”

Die skrynwerker sê “Ek dink ek verstaan die situasie heeltemal. Wys my waar is die spykers en ander gereedskap en ek sal vir jou ‘n werkstuk lewer wat jou tevrede sal stel.”

Die ouer broer moes dorp toe gaan vir voorrade maar voordat hy vertrek help hy eers gou die skrynwerker om al die materiale bymekaar te kry en vertrek dorp toe.

Die skrynwerker was die hele dag druk besig om te meet, te saag en spykers in te kap.

Teen sononder toe die boer van die af terugkeer was die skrynwerker sopas klaar met sy werk.

Die boer se oë het gerek en sy mond oopgehang van verbasing.
Daar is geen heining opgerig nie maar ‘n brug wat strek van die kant van die rivier tot aan die oorkant. “n Pragtige stukkie werk met handreëlings en al. Sy buurman, die jonger broer, kom reeds oor die brug aangestap met uitgestrekte arms.

“Jy is ‘n merkwaardige man om ‘n brug te bou na alles wat ek jou vertel en beveel het om te doen.”

Die twee broers ontmoet mekaar in die middel van die brug en omhels mekaar . Terwyl hulle omdraai sien hulle hoe die skrynwerker sy gereedskapkissie op sy skouer plaas. “Nee, wag! Bly tog ‘n paar dae, ons het nog ‘n paar ander werkies vir jou.” Sê die oudste broer.

“Ek sal graag wil bly” sê die skrynwerker, “maar, ek het nog baie ander brûe om te bou.”

Tuesday, November 27, 2007

Gevalle Engel

‘n Engel het na satan gekom en vir hom gevra of hy nie ‘n opdrag vir hom het om uit te voer nie. Satan vra hom toe watse soort engel is hy en wat is sy spesialiteit. Hy verklaar toe as volg: “Ek is ‘n gevalle engel en my naam is Vernietiging, ek leer mense vuil taal, woede en onverskilligheid. My spesialiteit is om struweling tussen mense te veroorsaak, veral gelowiges.”

“Ek kan hulle sovêr kry dat hulle behoorlik baklei oor verskillende geloofs sieninge en opinies. Ek het baie, baie mense sovêr gekry om met haat in hul harte rond te loop waar daar eers liefde was.”

“Dit is eintlik verspot maklik om hulle kwaad te kry oor enige iets soos geld, status, kennis, noem dit maar op. Dit is amper asof hulle net wag daarvoor om kwaad te word oor hoe iemand anders leef en glo.”

“Net gister nog het ek twee bure wat al jare vriende en Christene is sovêr gekry om te baklei oor geloofsgenesing en gebed. Jy moes die twee gesien het, wat ‘n skouspel, ek het God laat ween oor die twee. Ek is baie bly dat ek die twee op die spesifieke tydstip kon kry om te baklei want een van hulle se seuns was op die punt om sy hart vir Jesus te gee. Dit was so hitte-te of ons het die seun verloor.”

“Net nou die dag het die ou, Jan, een van sy vriende by die werk saam geneem kerk toe om hom te oortuig om sy lewe vir God te gee. Die man het amper vir Jesus in sy hart ingenooi, man! was dit nou vir jou ‘n gestoei van die eerste waters want jy weet hoe haat ek dit om in die kerk in te gaan. In elk geval, die man het die hele nag oor Jesus gedink en bepeins en die volgende dag terwyl Jan by hom staan het ek ‘n ander man gekry om ‘n argument met Jan te begin. Man, dit was pragtig hoe Jan sy humeur verloor het en nodeloos om te sê, ek het sy vriend terug gekry.”

“Ek het wel een verloor want die seun se moeder wou eenvoudig net nie moed opgee nie. Ek het die outjie behoorlik vas gehad met dwelms, drank, seks en die lekker lewe, maar sy ma wou eenvoudig nie opstaan van haar knieë voor God en ophou bid vir haar seun nie. Een van God se engele het ‘n ander kind gekry om met die seun te praat en so is hy gered.
Kan jy dit glo! Die ander seun was so lief vir die een dat hy saam met hom gehuil het. Hoe kan jy ‘n geveg wen met so ‘n persoon?
Miskien kan ek sy lewe misrabelik maak en hom op die manier terugkry voordat hy ons te veel skade berokken. Gelukkig het ek jare wat ek aan hom kan werk.”

“Ek kan my geluk nie glo hoe maklik dit deesdae geword het om mense sovêr te kry om afvallig te raak van God nie. Vroeër was dit so 1 uit elke 15 en vandag is dit kinderspeletjies om die helfte te kry om lou warm te wees.
Dit is eenvoudig fantasties hoe maklik ek hulle kan kry om hulle liefde te verloor. Die liefde wat maak dat hulle vir ‘n vyand sal sterf as dit hulle sal red.”

“Satan, ons is besig om die stryd te wen, want alhoewel hulle naaste liefde predik en verkondig, leef hulle dit nie uit nie.”

“Ek is verbaas hoe God kan dink dat die mense vir mekaar sal omgee soos met die eerste gemeentes – gelukkig is hulle al lankal weg danksy ons harde werk.
Ai, ek soek ‘n regte uitdaging, Satan, weet jy nie van iemand wat dink dat hulle baie sterk staan nie?

(Psa 15:1) ‘n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
(Psa 15:2) Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
(Psa 15:3) wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
(Psa 15:4) in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
(Psa 15:5) wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.

Monday, November 26, 2007

Die Plaaswerf Eend

‘n Trop wilde eende was besig om in formasie noord te vlieg vir die winter. Hulle het ‘n pragtige V gevorm in die hemelblou lug en is bewonder deur alle mense waaroor hulle gevlieg het.

Eendag het Wallie, een van die wilde eende in die formasie, iets op die grond opgemerk wat sy aandag getrek het. Dit was ‘n plaaswerf met ‘n trop mak eende wat op die plaas gebly het. Hulle het die hele plaaswerf vol gewaggel en baie gelukkig gekwaak en heerlike mielies geëet wat elke dag vir hulle gegee word. Wallie het baie gehou van wat hy sien en het by homself gedink dat daardie mielies darem nou baie lekker sal smaak. Die hele tyd se gevlieg is baie uitputtend en hy sal glad nie omgee om net so bietjie rond te waggel op die plaaswerf nie.

Nadat hy vir so wyle die sakie bepeins het besluit hy om die trop formasie te verlaat en duik hy af na links oppad na die plaaswerf. Hy land tussen die mak eende en begin saam met hulle rond te waggel en baie gelukkig te kwaak. Hy verlustig homself aan die heerlike mielies wat hulle gevoer word. Die res van die trop wilde eend hou aan met hulle tog na die noorde maar dit pla glad nie vir Wallie nie. “Ek sal weer by hulle aansluit wanneer hulle oor ‘n paar maande weer hier verbykom oppad suide toe” sê hy vir homself.

‘n Paar maande het verby gegaan en op ‘n dag merk Wallie die trop wilde eende op wat oppad suide toe is. Hulle lyk so pragtig daar bo in die lug en Wallie het nou al baie moeg begin raak vir die plaaswerf. Die plaaswerf was modderige en oral waar hy waggel is daar net eende vere en gemors. “Dit is tyd om te vertrek” sê Wallie vir homself.

Wallie het verwoed begin om sy vlerke te klap en probeer om in die lug te kom, maar hy het heelwat gewig opgetel van al die mielie etery en hy het vir ‘n lang tyd glad nie sy vlerke geoefen nie.
Uiteindelik kom hy van die grond af maar sy vlug is so laag dat hy teen die een kant omheining van die plaaswerf vasvlieg. Hy val op die grond met ‘n harde slag en sê vir homself “Ag, wat ek sal nog eers wag wanneer hulle oor ‘n paar maande weer noord vlieg en hier verby kom, dan sal ek by hulle aansluit en weer ‘n wilde eend wees.”

Maar toe die trop wilde eende weer oor ‘n paar maande later verby vlieg, het Wallie weeg probeer in die lug kom maar hy het eenvoudig net nie genoeg krag gehad nie. Elke winter en somer het sy wilde eend vriende oorgevlieg en na hom geroep, maar al sy pogings om uit die plaaswerf te kom was tevergeefs.

Later het Wallie glad nie eens meer aandag geskenk aan die wilde eende wat oor die plaaswerf vlieg nie, hy het hulle nie eens meer opgemerk nie. Hy het na alles ook maar net ‘n plaaswerf eend geword.

Soms word ons moeg om die eend te wees wat ons veronderstel is om te wees – navolgers van Jesus Christus. Dit is nie altyd maklik om gehoorsaam te wees aan God nie en om onsself so te dissiplineer om vas te hou maak nie saak hoe lank die tog is nie. Wanneer ons so swak en moedeloos voel dit is wanneer satan ons versoek om uit die formasie te val en aan te sluit by die plaaswerf eende – ‘n wêreldse lewenswyse.

Maar kyk wat het met Wallie gebeur. Hy het gedink hy sal net vir ‘n klein rukkie uit formasie val en hy sou kon vertrek net wanneer hy wou. Maar hy kon nie en dit is hoe dit gaan met sonde in ons lewe. Sonde is ‘n strik en het die manier om ons te verander in mense wat ons nie wil wees nie. Uiteindelik verloor ons kontak met wie ons rêrig is – die seuns en dogters van die Allerheiligste. Ons het plaaswerf eende geword.

(Jas 5:19) Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,(Jas 5:20) laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

Sunday, November 25, 2007

Die Gekraakte Pot

‘n Waterdraer het twee groot potte gehad wat weerskante vasgemaak was aan ‘n lang paal wat hy oor sy nek gedra het. Een van die potte het ‘n kraak in gehad terwyl die ander een perfek was en sy volle maat water kon lewer na die lang tog van die rivier tot by die meester se huis. Die gekraakte pot het gearriveer by die huis met net die helfte van die hoeveelheid water waarmee dit gevul was.

Vir ‘n volle twee jaar het dit daagliks so voortgeduur dat die waterdraer net een en ‘n halwe pot water lewer aan die meester se huis. Die perfekte pot was natuurlike baie trots op homself oor sy prestasie om te doen dit waarvoor hy gemaak is. Maar die arme gekraakte pot was baie skaam gewees vanweë sy gebreke en was baie mismoedig dat hy net die helfte van sy taak kon verrig waarvoor hy gemaak is.

Na twee jaar, wat die gekraakte pot beskou het as ‘n totale mislukking, eendag by die rivier met die waterdraer gepraat. “Ek is baie beskaamd en ek vir aan jou om verskoning vra.”

“Waarom?” vra die waterdraer. “Waarvoor is jy so skaam?”

“Vir die afgelope twee jaar kon ek net die helfte lewer van my werklike kapasiteit, want die kraak in my kant laat die water uit lek al die pad na die meester se woning. Vanweë my gebrek moet jy al die werk doen en jy kry net die helfte van die waarde vir jou moeite.”

Die waterdraer het baie jammer gevoel vir die gekraakte pot en met deernis sê hy vir hom, “Wanneer ons nou terugkeer na die meester se woning wil ek hê jy moet oplet na die pragtige blomme langs die voetpaadjie.”

Soos wat hulle teen die heuwel opgaan met die voetpaadjie merk die gekraakte pot die son wat skyn op die pragtige wilde blomme aan sy kant van die voetpad en dit hom opgevrolik. Maar aan die einde van die voetpad, by die meester se woning, was hy weer baie hartseer omdat die helfte van sy vrag water verlore gegaan het en hy vra weer die waterdraer baie nederig om verskoning omdat hy so mislukking is.

Die waterdraer sê aan die pot, “ Het jy opgemerk dat daar slegs blomme aan jou kant van die paadjies is en nie aan die kant van die ander pot nie? Omdat ek die heeltyd bewus was van jou gebrek het ek dit aangewend tot voordeel van die meester se woning. Ek het blom saadjies geplant aan jou kant van die paadjie soos ons van die rivier af kom na die meester se woning. Elke dag wat ons van die rivier af gekom het het jou lekkende water die plantjies natgemaak. Vir twee jaar reeds was ek in staat om die pragtigste blomme te pluk om die meester se tafel mee te versier. As jy nie was soos jy nou is nie sou die meester geen blomme gehad het om sy woning mee te versier nie.”

Elke een van ons het ons eie unieke gebreke. Ons is almal gekraakte potte maar as ons God toelaat sal hy ons gebruik ten spyte van ons gebreke om Sy woning te versier. In God se groot ekonomie word niks gemors nie.

Terwyl ons na maniere soek hoe om bruikbaar te wees in Sy koninkryk en God ons oproep tot die werk waarvoor Hy ons benodig moet jy nie bevrees wees vir jou gebreke nie. Erken hulle en laat Hom toe om dit te gebruik sodat jy kan help om prag te skep langs die voetpaadjie wat Hy vir jou uitverkies het.

(2Tim 2:21) As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

Friday, November 23, 2007

Die Brug Opsiener

Eendag was daar ‘n brug wat gestrek het oor ‘n baie groot en breë rivier. Die brug het in die middel op ‘n groot draai punt gerus. Gedurende die grootste gedeelte van die dag was die brug parallel saam met die rivier se walle sodat al die bote en skepe vry aan weerskante van die brug verby kon beweeg. Maar op sekere tye van die dag is daar treine wat oor die brug moet beweeg en dan word die brug dwars gedraai oor die rivier sodat die trein kan oorgaan.

Die brug operateur sit in ‘n klein hout huisie op die wal van die rivier vanwaar hy die kontroles beheer wat die brug laat draai en in plek laat sluit wanneer die trein oorgaan. Een aand terwyl die brug opsiener wag vir die laaste trein van die dag om verby te kom, kyk hy in die vêrte so deur die son se laaste strale en sien die trein se hooflig. Hy staan op en gaan na die brug kontroles en wag dat die trein eers die sekere punt bereik voordat hy die kontrole oorskakel vir die brug om te swaai. Hy swaai die brug in posisie, maar tot sy skok, kom hy agter dat die sluit meganisme wat die brug in posisie hou aan die oorkantste wal nie werk nie. Indien die brug nie behoorlik “gesluit is aan weerskante nie veroorsaak dit dat die brug geweldig rondbeweeg en dat die trein ontspoor en in die rivier beland.

Die ergste van alles was is dat die ‘n passasiers trein was met baie mense aan boord. Instinktief, hardloop hy na die oorkant van die wal waar daar ‘n meganiese sluitstuk is wat hy kan vasdruk om die spoor in plek te hou. Hy sal die heeltyd die meganiese sluitstuk moet vastrek solank as wat die trein die brug kruis. Hy kan al die geraas van die trein se ysterwiele op die spore hoor aankom toe hy die handvatsel van die sluitstuk vasklem en sy hele gewig ingooi agter die sluitstuk om die brug in te sluit. Hy pas die heeltyd druk toe om die meganisme gesluit te hou want baie mense se lewens hang daarvan af of die opsiener die regte ding doen.

Toe, van oorkant die brug waar sy kontrole huisie is hoor hy ‘n geluid wat die sy hart feitlik laat stilstaan. “Pappa, waar is jy?” Sy vier jaar oue seuntjie was besig om oor die brug te kom opsoek na hom. Sy eerste impuls is om vir die seuntjie te skreeu, “Hardloop! Hardloop!”. Maar die trein was reeds te naby en sy klein beentjies sou hom nooit betyds oor die brug kon dra nie. Die opsiener het amper die sluitmeganisme gelos om te hardloop en sy seuntjie te gaan gryp en na veiligheid te dra. Maar hy besef dat hy nie betyds sou kon terugkeer na die sluit meganisme nie. Of die mense op die trein moes sterf of sy liefling seuntjie. Hy het net ‘n oomblik gehad om die besluit te maak.

Die trein spoed vinnig en veilig verby op sy weg sonder dat enige een aanboord bewus was van die tenger gebreekte liggaampie wat meedoënloos deur die trein in die rivier geslinger is. Ook was hulle nie bewus van die gebroke figuur van ‘n wenende vader wat steeds verbete klou aan die sluit meganisme lank nadat die trein verby is. Hulle het hom ook nie opgemerk terwyl hy huis toe stap, meer stadig as wat hy nog ooit huis toe gestap het, om vir sy vrou te vertel hoe hulle seun wreedaardig gesterf het – sodat ander mense kon lewe.

As jy jouself die emosies kan indink wat deur die hart van die opsiener moes gaan, kan jy maar net eers begin om te verstaan die gevoelens van ons Hemelse Vader toe Hy Sy Seun opgeoffer het om die gaping te oorbrug tussen ons en die ewige lewe. Was dit dan enige wonder dat Hy die aarde laat bewe het en die son verduister het toe Sy Seun gesterf het?
Hoe dink jy moet God voel as ons so deur die lewe spoed sonder om te dink aan die offer wat Hy aan ons gebring het deur Sy seun te stuur om te sterf vir ons sondes sodat ons die ewige lewe mag beërwe?
(Joh. 3:16) Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Thursday, November 22, 2007

Laste Gee Ons Vlerke

Daar is ‘n baie ou legende wat vertel dat lank gelede het God baie laste gehad wat hy wou verskuif van een plek na ‘n ander plek op aarde, Hy het al die diere gevra om Hom te help.
Maar almal van hulle het een of ander verskoning gehad hoekom hulle nie die laste kon dra nie, die olifant het gedink hy is te waardig vir die taak, die leeu te trots en so het elke dier ‘n ander verskoning gehad.
Eindelik kom die voëls na God en sê: “As U die laste in klein bondeltjies maak sal dit vir ons ‘n baie groot eer wees om die laste te verskuif vir U. Ons is nou wel klein en tingerig maar wil graag help.”

God het die laste in klein bondeltjies verdeel en dit vasgebind op die rug van elke voëltjie en hulle het begin stap na die bestemming wat bedoel was vir die laste. Hulle het vrolik gesing terwyl hulle stap en dit het glad nie gelyk of die gewig van die laste vir hulle in die minste te swaar was nie.
Elke dag het die laste vir hulle ligter en ligter gevoel totdat dit later gelyk het asof die laste die voëls dra en nie die voëls die laste nie.

Toe hulle by hul bestemming arriveer ontdek hulle, nadat die laste afgehaal is, dat daar vlerke op hul rue is waar die laste eens was. Vlerke wat hulle in staat stel om die lug in te vlieg tot by die hoogste boom toppe.

Hulle het geleer hoe om hul laste te dra en hul laste het vlerke geword wat hulle nader gedra het tot God.
Laste wat ons vir ander dra word vlerke van Geloof wat ons ophef in blydskap soos ons nog nooit ervaar het nie.

Wednesday, November 21, 2007

God se Doel in Alle Dinge

Eendag het ‘n houtkapper sy kleinseun saamgeneem na die woud. Dit sou die kleinseun se eerste ondervinding wees om ‘n Eike boom uit te soek en af te kap. Die bome word later aan die skeepsbouers verkoop. Terwyl hulle stap na die woud verduidelik die houtkapper aan die seun dat die doel van elke boom is saamgevat in sy natuurlike vorm, sommige is reguit en is geskik vir dekplanke van ‘n boot, sommige is effe gebuig en is perfek vir die ronding van ‘n skip se romp en ander is weer lank en reguit, perfek vir maste vir die skepe.
Die houtkapper verduidelik aan sy kleinseun dat as hy die nodige aandag skenk aan al die detail van ‘n boom en met ondervinding die karakter trekke van elke boom kan uitken sal hy dalk ook eendag die houtkapper van die woud kan word.

Terwyl hulle ‘n klein entjie in die woud ingestap het sien die seun ‘n ou Eike boom wat nooit afgekap is nie. Die seun vra sy oupa of hy nie die boom kan afkap nie aangesien dit glad nie gebruik kan word vir skeepsbou nie – al die takke is krom en skeef, die boomstomp is krom, te veel gebuig en verdraaid – “maar dit sal baie ideaal wees vir brandhout by die huis, dan sal dit ten minste goed wees vir iets” sê die seun.
Die houtkapper sê dat hulle maar eers moet konsentreer op die bome wat geskik is vir skeepsbou en dat hulle later kan terugkom na die ou Eike boom..

Na ‘n paar uur van bome afkap het die seun baie moeg geword en sy oupa gevra of hulle nie maar ‘n bietjie kan rus nie. Die houtkapper neem toe die seun na die ou Eike boom waar hulle hulself lekker gemaklik maak teen die boom se ou krom stam en hulle verlustig in die skaduwee wat die krom en skewe takke en blare vir hulle verskaf.
Nadat hulle gerus het verduidelik die houtkapper aan sy kleinseun hoekom dit so belangrik is om bewus te wees van alle dinge en hulle doel te herken in die woud en die wêreld.
Sommige dinge is voor die hand liggend soos die lang, reguit bome, maar ander dinge is nie altyd so duidelik nie en moet nader ondersoek word soos of die boom die regte kromming het wat geskik sal wees vir ‘n skip se romp. Sommige dinge mag voorkom asof hulle geen doel het nie soos die krom en verdraaide ou Eike boom waaronder ons nou sit.

Die houtkapper sê: “ Jy moet leer om elke dag noulettend aandag te gee sodat jy die doel van God met alle dinge in Sy skepping kan ontdek en herken. Neem byvoorbeeld die ou Eike boom, wat jy so vinnig wou afkap omdat dit net goed is vir vuurmaakhout, maar nou rus ons lekker teen sy krom stam in die heerlike skaduwee van sy koelte.
Onthou, seun, nie alles is soos dit met die eerste oog opslag lyk nie. Wees geduldig, gee aandag, herken, ontdek en wees nie haastig om te oordeel nie.”
Rom 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

Tuesday, November 20, 2007

Les in Onvoorwaardelike Liefde

Ek is ‘n moeder van drie (14, 12 en 3 jaar oud) en het onlangs my kollege diploma voltooi. Die laaste vak wat ek moes neem was Sosiologie. Die dosent was absoluut inspirerend met haar kwaliteite waaroor sy beskik en wat ek wens elke mens mee geseën kon wees. Haar laaste projek vir die termyn was “Glimlag”. Die klas is gevra om te gaan en vir drie mense te glimlag en die mense se reaksies op te teken.

Ek is van nature ‘n baie vriendelike persoon en glimlag vir almal en sê in elk geval hallo…. so hierdie was vir my ‘n baie maklike opdrag.

Kort nadat ons die projek ontvang het, het ek, my man en jongste seun uit gegaan na McDonalds op ‘n koue Maart oggend. Dit was maar net ons manier om bietjie kwaliteit tyd saam met met ons kind te spandeer.

Ons het in een van die rye gestaan en gewag om ons bestelling te plaas, toe almal agter ons skielik padgee en in ‘n ander ry gaan staan, selfs my man het weg beweeg. Maar ek het nie ‘n voet verroer nie…. ‘n gevoel van paniek was besig om van my besit te neem terwyl ek stadig omdraai om te kyk waarvoor almal padgee.

Terwyl ek so omdraai ruik ek die vreeslike “vuil liggaam” reuk…. en hier agter my staan twee arme boemelaars. Terwyl ek so afkyk na die kortste van die twee wat naaste aan my was, glimlag hy ……. sy pragtige hemelblou oë was vol van God se Lig terwyl hul soek na aanvaarding.

Hy sê toe, “Goeie môre” terwyl hy die paar munte wat vasgeklem was in sy hand tel. Die tweede boemelaar speel rond met sy hande terwyl hy agter sy vriend staan. Ek besef toe dat die tweede boemelaar verstandelik gestremd is en dat die blouoog boemelaar sy redder is. Ek het my trane teruggehou terwyl ek daar saam met hulle in die ry gestaan het.

Die jong dame by die toonbank vra aan die boemelaar wat wil hulle bestel. Hy antwoord, “Koffie sal al wees juffrou” want dit is al wat hulle kon bekostig (om in die restaurant te sit en bietjie warm te word moes hulle iets koop…. hulle wou net bietjie wegkom van die koue buite en warm word).

Toe voel ek dit ….. ‘n oorweldigende gevoel van deernis vir die boemelaars. Ek merk toe eers op dat alle oë in die restaurant vasgenael is op my om te kyk wat ek gaan doen. Ek glimlag en vra die jong dame agter die toonbank om vir my twee ekstra ontbyte op ‘n aparte skinkbord te gee. Ek stap toe om die draai tot by die tafeltjie waar die twee boemelaars gaan sit het.

Ek sit die skinkbord op die tafel en plaas my hand op die yskoue hand van die boemelaar met die blou oë. Hy kyk toe op na my met trane in sy oë en sê “Baie dankie”. Ek leen toe bietjie oor en vryf sy koue hand en sê “Ek het dit nie gedoen nie ….. God het deur my gewerk om aan jou hoop te gee”. Ek begin te huil en loop na ons tafel en sluit aan by my man en kind. Toe ek sit glimlag my man vir my en sê, “Dis hoekom God jou aan my gegee het my skat ….. om my hoop te gee”. Ons hou hande vas vir ‘n oomblik en besef dat dit slegs deur Genade is dat ons kan gee…..

Ons is nie kerkgangers nie maar wel gelowiges. Die dag het my die suiwer Lig van God se soete liefde getoon.

Ek is terug kollege met my storie in hand, dit was die laaste klas van die kursus. Ek het my “projek” ingehandig en die dosent het dit gelees …… sy kyk op en vra of sy dit kan deel met die klas. Ek knik stadig met my kop terwyl sy die klas se aandag kry en die stuk vir hulle voorlees.

Op my manier het ek mense se lewens aangeraak, die mense by McDonalds, my man, my seun, die dosent en elke een in die klas wat daarna geluister het in die klas. Ek het gegradueer met een van die grootste lesse wat ek ooit sou leer…… onvoorwaardelike aanvaarding…. per slot van rekening……… ons is hier om te leer.

Skrywer: Brenda

Friday, November 16, 2007

Hulle Wil My Nie Toelaat Nie.

Dit was ‘n pragtige Sondag oggend. Mense was besig om die kerk binne te stroom en die kerk banke was byna almal gevul. Soos wat die mense inkom ontvang hulle by die deur ‘n traktaatjie met al die aankondigings, opsomming van vandag se preek, watter liedere word gesing en vir wie moet voorbidding gedoen word.

Aan die einde van die ry staan ‘n ou man. Sy klere was vuil en jy kon gou agterkom dat hy vir ‘n paar dae nie gebad of geskeer het nie. Toe hy by die diaken by die deur kom, haal hy die flenter bruin hoed van sy kop af, uit respek. Sy hare was lank, vuil en deurmekaar. Sy skoene was ou vellies wat vol gate is en die voorste punt oopgesny is vir sy tone. Die diaken kyk hom op en af en sê, Uhm, jammer meneer, maar ek is bevrees ons kan jou nie laat inkom nie. Jy sal die orde in die diens kom ontstig en ons laat niemand toe wat die orde van die diens kan ontwrig nie. Ek is bevrees jy sal moet gaan.”

Die ou man kyk af na homself met ‘n uitdrukking van ongeloof op sy gesig. Hy plaas sy bruin flenter hoed terug op sy kop en draai om en loop.
Hy was baie hartseer aangesien hy vreeslik lief was daarvoor om te luister na die koor wanneer hulle lofliedere sing tot eer van God. Hy was veral lief daarvoor om na die klein kindertjies te luister as hulle voor in die kerk staan en hulle kinder lofliedere sing. In sy sak dra hy ‘n klein verweerde Bybeltjie en dit gee aan hom groot plesier om te sien of die predikant dalk ‘n stukkie lees uit die Bybeltjie wat hy dalk onderstreep het.
Maar hy was baie beleefd en wou nie moeilikheid veroorsaak nie en het net sy kop laat sak en weer die klompie trappies van die pragtige kerk afgeklim na die geplaveide voetpaadjie wat lei na die kerk.

Hy het op die steen muurtjie gaan sit naby die grens van die kerk en sy ore behoorlik gespits om te luister na die sang in die kerk deur die toe deure en ruite. Ag, hoe wens hy, hy kon daar binne wees saam met die res van die gemeente.

Na verloop van ‘n paar minute kom daar skielik agter hom ‘n jongman aan wat langs hom kom sit. Hy vra die ou man wat is hy besig om te doen? Hy antwoord, “Ek wou na die kerk toe gaan vandag, maar hulle dink ek is te vuil, my klere te oud en verweer en hulle was bang dat ek hulle diens sal ontstig.

Jammer, ek het myself nog nie voorgestel nie. My naam is Jan.” Die twee mans skud hande en Jan kan nie help om op te merk dat die man ook lang hare het soos hy. Hy dra ‘n lap oor sy liggaam en die is vasgemaak met ‘n konings blou band om sy middel. Hy het sandale aan sy voete, wat nou vuil en vol stof is.

Die vreemdeling raak Jan se skouer aan en sê, “Jan, moenie te sleg voel omdat hulle jou nie wil laat ingaan nie. My naam is Jesus, en ek probeer al vir jare om in die kerk te kom maar hulle wil my ook nie toelaat nie.”
(Heb 13:2) Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

Thursday, November 15, 2007

Spesiale Kind en die Vragmotor Rushawe

Om nie bevooroordeeld te wees nie, het ek ‘n gestremde persoon aangestel in my vragmotor rushawe restaurant. Sy plasings beampte het my verseker dat hy ‘n goeie en betroubare tafelskoonmaker sou wees. Ek het nog nooit ‘n verstandelik gestremde werknemer gehad nie en ek was nie so seker ek wou een hê nie. Ek was nie seker hoe my kliënte sou optree teenoor Stevie nie. Hy was kort, ‘n bietjie geset en het die gladde gelaatstrekke en dik-tong uitspraak van Down Sindroom gehad.

Ek was nie bekommerd oor die meeste van my vragmotor bestuurder kliënte nie, hulle gee gewoonlik nie om wie maak hul tafel skoon nie net solank as die vleisdis lekker is en die pasteie tuisgemaak is. Wat my bekommer is die ander mense soos die gladdebek kollege studente wat klas toe gaan, die yuppie snobs wat so suutjies onder die tafel hulle eetgerei blinkvryf omdat hulle bang is hulle tel een of ander kiem op en die witboordjie besigheids manne met hul onthaaltoelae wat dink elke vragmotor rushawe restaurant meisie hou daarvan as daar by hulle aangelê word.
Dit was dié mense waarvoor ek bang was dat hulle ongemaklik is met Stevie in die omtrek. Dus, het ek hom maar fyn dopgehou die eerste paar weke.
Ek was verniet bekommerd want na die eerste week het Stevie my hele personeel om sy kort dik vingertjie gedraai. Binne die eerste maand het die gereelde vragmotor bestuurder kliënte hom aangeneem as hul amptelike vragmotor rushawe gelukbringer.

Hy was soos ‘n normale 21 jarige in denims en Nike tekkies, gretig om sy werk te doen. Elke sout en peper potjie was presies op sy plek, nie ‘n krummel of koffie vlek te bespeur wanneer Stevie klaar die tafel opgeruim het nie. Ons grootste probleem was om hom te oortuig dat hy moet wag met die tafel skoonmakery totdat die kliënte klaar geëet het. Hy sou in die agtergrond rondhang en sy gewig verskuif van die een voet na die ander en die restaurant soos ‘n valk dophou totdat ‘n tafel leeg is. Daarna pyl hy met die spoed van witlig op die tafel af en versigtig plaas hy al die breekware en eetgerei op die trollie en begin die tafel netjies skoon te maak met ‘n paar behendige veë slae van sy vadoek. As hy vermoed ‘n kliënt hou hom dop verdiep die frons op sy voorkop van al die ekstra konsentrasie om die tafel mooi skoon te maak. Hy was baie trots daarop om sy werk presies reg te doen en mens kon jou maar net verwonder hoe hard hy probeer het om almal gelukkig te hou wat hy ontmoet het.

Met verloop van tyd het ons gehoor dat hy by sy verlamde weduwee moeder bly, die gevolg van verskeie operasies vir kanker. Hulle leef op hul sosiale toelaag van die staat en bly in ‘n staats huisie so 3 kilometer weg van die vragmotor rushawe . Hulle sosiale werker, wat Stevie gereeld kom besoek het, het erken dat die twee mensies in die papierwerk van die burokrasie verlore geraak het. Geld was baie skaars en die geld wat ons hom betaal het was sekerlik die verskil tussen hulle twee wat saam bly en Stevie wat na ‘n inrigting gestuur word. Dis hoekom daar in die restaurant ‘n baie somber atmosfeer geheers het daardie oggend in laat Augustus, die eerste oggend in 3 jaar dat Stevie nie vir werk opgedaag het nie.

Hy was by die Mayo Kliniek in Rochester waar hulle vir hom ‘n nuwe hartklep ingesit het. Sy sosiale werker sê dat mense met Down Sindroom gewoonlik baie vroeg in hul lewe hart probleme ontwikkel en dat die operasie nie onverwags was nie. Die kanse is baie goed dat die operasie suksesvol sal wees en dat hy binne ‘n paar maande weer sal kan werk. ‘n Golf van verligting het oor die werknemers gespoel toe hulle hoor dat die operasie suksesvol afgeloop het. Frannie, my hoof kelnerin, het ‘n vreugdes kreet laat hoor en het ‘n blydskaps dansie in die gange van die restaurant gedoen.

Belle Ringer, een van ons gereelde vragmotor bestuurder kliënte, het gestaar na die 50 jarige ouma van vier terwyl sy haar blydskaps dansie in die gang doen langs sy tafel. Frannie bloos bloedrooi, stryk haar voorskoot plat en gluur vir Belle Ringer aan met ‘n ondeunde glimlag. “OK, Frannie, waaroor gaan die opgewondenheid?” vra hy. “Ons het nou net tyding ontvang dat Stevie uit die teater is en dat die operasie suksesvol was.” “Ek het gewonder wat het van hom geword. Ek het ‘n nuwe grappie wat ek hom wou vertel. Waarvoor is hy geopereer?” Frannie lig gou vir Belle en die twee ander vragmotor bestuurders saam met hom in oor Stevie se operasie, en sy sug. “Ai, ek is so bly dat die operasie suksesvol was, maar ek weet nie hoe hy en sy ma al die rekeninge gaan hanteer nie. Soos ek verstaan kom hulle elke maand skaars uit met die geldjies soos dit nou gaan.”

Belle Ringer knik sy kop ingedagte en Frannie is haastig weer daar weg om die ander tafels te gaan bedien. Aangesien ek nog nie tyd gehad het om ‘n ander tafelskoonmaker te kry in Stevie se plek nie, het die kelnerinne hul eie tafels skoongemaak en opgeruim totdat ons besluit het wat om te doen. Na afloop van die oggend stormloop kom Frannie in my kantoor in. Sy het ‘n papier servet in haar hand en ‘n snaakse uitdrukking op haar gesig. “Wat is aan die gang?” vra ek. “Ek kon nie by die tafel uitkom waarby Belle en sy vriende gesit het totdat hulle alreeds weg was nie.: sê sy. “Dit was opgevou en onder ‘n koppie koffie geplaas.” Sy gee aan my die servet en drie $20 note val op my tafel toe ek dit oopmaak. Aan die buitekant in groot vet letters was geskryf “ Ietsie vir Stevie”.

“Pony Pete het my ook gevra wat aan die gang is” sê sy, “so toe vertel ek vir hom van Stevie en sy ma en al hulle probleme en toe gee hy vir my hierdie.” Sy gee my nog ‘n servet waarop geskryf is “Ietsie vir Stevie”. Twee $50 note was opgevou binne die voue van die servet. Frannie kyk na my met baie tranerige oë en sê net. “vragmotor bestuurders – jy kan nie help om lief te wees vir hulle nie”.

Dit was drie maande gelede. Vandag is Dankseggingsdag, die eerste dag wat Stevie veronderstel is om terug te wees by die werk. Sy plasings beampte sê dat hy die dae getel het vandat die dokter gesê het hy kan weer begin werk en dit maak nie saak dat vandag ‘n vakansiedag is nie. Hy het die afgelope week 10 keer gebel om seker te maak ons weet dat hy vandag kom werk, bang dat ons hom dalk vergeet het of dat sy werk in gevaar is. Ek het reëlings getref dat sy ma hom vandag vergesel na sy werk toe en ek het hulle in die parkeerarea ontmoet. Ek het hulle binne genooi vir ‘n partytjie om te sê ons is bly dat hy terug is by die werk. Stevie was baie maerder en bleker maar kon nie ophou glimlag vandat hy ingekom het by die restaurant nie en haastig oppad is na die agter kamertjie waar sy voorskoot en trollie vir hom wag nie.
“Wag so bietjie Stevie – nie so haastig nie” sê ek aan hom en neem hom en sy ma aan die arm. “Werk kan so klein rukkie wag. Om jou terugkoms te vier, ontbyt vir jou en jou ma is vandag op my.” Ek lei hulle na ‘n groot eethoekie aan die agterkant van die restaurant. Ek kon voel hoe word ons agtervolg deur die res van die personeel soos ons deur die restaurant stap. Terwyl ek so oor my skouer loer sien ek tafel vir tafel hoe die vragmotor bestuurders glimlag, opstaan en die prosessie volg. Ons stop voor die groot tafel in die eethoekie. Die oppervlak van die tafel was vol koffie koppies, pierings en borde. Almal staan so half skeef van al die servette wat onder hulle ingedruk is.

“Eerste ding wat jy sal moet doen Stevie, is om eers die gemors skoon te maak.” sê ek in ‘n gemaakte ernstige stemtoon. Stevie kyk na my en toe na sy ma, trek een van die servette uit. Op die buitekant is gedruk ”Ietsie vir Stevie”. Toe hy die servet optel val daar twee $10 note uit op die tafel. Stevie staar na die geld en toe na al die servette onder die koppies, pierings en bordjies, elkeen met sy naam daarop gedruk of geskryf. Ek draai toe na sy ma toe, “ Daar is meer as $10 000 in kontant en tjeks op die tafel, alles van vragmotor bestuurders en vervoer maatskappye wat gehoor het van julle probleme. Gelukkige Dankseggingsdag!”

Wel op daardie stadium het dit baie raserig geraak in die restaurant met fluite, handeklap en hier en daar ‘n paar trane ook. Maar weet jy wat is die snaaksste? Terwyl almal besig was om hand te skud en mekaar ‘n druk te gee was Stevie met ‘n groot glimlag en ek bedoel ‘n groot glimlag besig om die tafel op te ruim van al die koppies, pierings en borde. Die beste werker wat ek nog ooit gehuur het!

Plant ‘n saadjie en kyk hoe dit groei.

Wednesday, November 14, 2007

Kind se Engel

Eendag lank gelede was daar ‘n kind wat op die punt gestaan het om gebore te word.
Die kind het toe vir God die volgende vrae gevra:

Vader, hulle vertel my dat U my môre aarde toe stuur, maar hoe gaan ek , wat so klein en hulpeloos is daar kan oorleef?

Tussen al die engele, het ek vir jou een uitgekies. Sy sal vir jou wag en na jou omsien.

Maar, Vader, hier in die hemel het ek nie nodig om enige iets te doen nie behalwe om U lof te besing, te glimlag en bly te wees en dit is vir my heeltemal genoeg om my gelukkig hier te laat bly tot in ewigheid.

Jou engel sal elke dag vir jou sing en glimlag. Jy sal jou engel se liefde aanvoel en baie gelukkig wees.

Hoe gaan ek mense verstaan as hulle met my praat? Aangesien ek nie eens hulle taal kan verstaan wat hulle met mekaar praat nie.

Jou engel sal aan jou die mooiste en mees liefdevolle woorde vertel wat jy ooit sal hoor. Met baie geduld en sorg sal jou engel jou ook leer om hulle taal te verstaan en te praat.

En wat gaan ek doen as ek met U wil praat?

Jou engel sal jou handjies bymekaar sit en jou leer hoe om tot My te bid.

Ek hoor daar op aarde is party baie slegte mense. Wie sal my beskerm?

Jou engel sal jou beskerm al beteken dit sy moet haar eie lewe op die spel plaas vir jou.

Maar ek sal altyd hartseer wees want ek sal U nie meer sien nie.

Jou engel sal altyd met jou praat oor My en jou die weg leer hoe om terug te kom na My, alhoewel ek die heeltyd langs jou sal wees.

Op daardie stadium was daar ‘n groot vrede in die hemele, maar stemme van die aarde kon reeds gehoor word en die kindjie vra baie haastig met ‘n sagte stemmetjie:
“Dierbare Vader, ek is op die punt om te vertrek, vertel my tog asseblief my engel se naam.”
Jou engel se naam is nie so belangrik nie, jy sal jou engel noem: Mamma.

Tuesday, November 13, 2007

Die Bedelaar se Vodde

‘n Bedelaar het naby aan die koning se paleis gewoon. Op ‘n dag sien hy ‘n proklamasie wat opgesit is by die paleis se poorte. Die koning was van plan om ‘n groot feesmaal aan te lê en elke een wat koninklike klere aan het word na die feesmaal genooi.

Die bedelaar kies weer koers terwyl hy so kyk na sy vodde klere wat hy aan het en gee ‘n sware sug. Hy dink by homself dat dit sekerlik net konings en hul families is wat koninklike klere het. Stadig begin hy ‘n idee te kry maar die voorbarigheid daarvan laat hom skoon bewe van angs, kan hy dit waag?

Hy besluit om weer terug te gaan na die koning se paleis. By die poorte kry hy die koning se wag en vra hom, “Asseblief, meneer, ek wil graag met die koning praat.”

“Wag hier” beveel die hekwag, Na ‘n paar minute is die wag terug en sê aan die bedelaar, “Sy majesteit sal jou nou sien,” en met die laat hy die bedelaar die paleis binnegaan.

“Jy het versoek om my te sien?” vra die koning.

“Ja, u majesteit. Ek wil so graag die feesmaal bywoon maar ek het nie koninklike klere om aan te trek nie. Asseblief majesteit, as ek so voorbarig mag wees, kan ek een van u ou stelle koninklike klere kry sodat ek ook die feesmaal kan bywoon?”

Die arme boemelaar bewe so baie dat hy nie die klein glimlag op die koning se gesig bemerk nie. “Jy was baie wys om na my te kom met die saak,” sê die koning. Die koning roep sy seun, die jong prins. “Neem die man na jou kamer en gee vir hom van jou koninklike klere om aan te trek.”

Die prins het gemaak soos wat die koning hom beveel het en sommer gou was die boemelaar voor ‘n spieël, geklee in klere wat sy stoutste verwagtings by verre oortref.

“Jy kwalifiseer nou om die koninklike feesmaal môre by te woon.” sê die prins, “Maar nog meer belangrik, jy sal nooit weer ander klere nodig kry nie. Die klere sal hou vir ewig.”

Die bedelaar val op sy knieë en bedank die prins uit die diepte van sy hart. Maar terwyl hy besig is om uit die kamer te stap, kyk hy terug na die hopie vodde klere wat op die vloer lê. Hy aarsel ‘n oomblik. Wat sal gebeur as die prins verkeerd is? Wat sal gebeur as hy dalk later sy ou klere weer nodig kry? Vinnig raap hy hulle bymekaar.

Die feesmaal was nog meer wonderlik as wat hy dit kon voorgestel het in sy wildste drome, maar hy kon homself nie geniet soos hy moes nie. Hy het ‘n klein bondeltjie gemaak van sy ou vodde klere en dit op sy skoot geplaas en die bondeltjie het kort - kort afgeval van sy skoot af. Die kos was redelik vinnig aangegee tussen die gaste en die bedelaar het van die beste lekkernye gemis met die wat hy gereeld die bondeltjie vodde moes optel.

Die tyd het wel geleer dat die prins wel reg was, die klere het vir ewig gehou. Maar steeds het die arme bedelaar meer en meer verknog geraak aan sy bondeltjie vodde. Soos wat die tyd aangestap het, het die mense nie meer die koninklike klere gesien wat hy aangehad het nie maar slegs die vuil bondeltjie vodde wat hy altyd met hom saamgedra het waar hy ookal gaan. Hulle het ook altyd van hom gepraat as die ou man met die vodde.

Eendag terwyl hy op sterwe lê, besoek die koning hom. Die bedelaar sien die hartseer in die koning se gesig toe dié die bondeltjie vodde op die bed sien.

Dadelik onthou die bedelaar die prins se woorde en hy besef dat die bondeltjie vodde hom ‘n leeftyd van werklike koninklike heerlikheid ontneem het. Hy het bitterlik begin ween oor sy dwaasheid en die koning het saam met hom geween.

Ons is uitgenooi om aan te sluit by ‘n koninklike familie – die familie van God. Om fees te vier saam met Hom aan die feesmaal. Al wat ons moet doen is om ontslae te raak van die vodde en om “nuwe klere” van geloof aan te trek soos aan ons voorsien deur God se Seun, Jesus. Ons kan nie bly vashou aan ons ou vodde nie. Wanneer ons, ons geloof plaas in Jesus moet ons die sondes laat vaar in ons lewe en afstand doen van ons ou weë.

(2Kor 5:17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Monday, November 12, 2007

Ek wens jou Genoeg

Onlangs hoor ek ’n moeder en haar dogter in hul laaste afskeids oomblik by die lughawe. Die aankondiging dat die passasiers aan boord moet gaan het reeds plaasgevind. Hulle staan by die sekuriteits hek, omhels mekaar en die moeder sê, “Ek is lief vir jou en wens jou genoeg”.Die dogter antwoord, “Mamma, ons lewe saam was meer as genoeg. Jou liefde was al wat ek nodig gehad het. Ek wens jou ook genoeg toe, Mamma”.Hulle soen mekaar en die dogter vertrek. Die moeder stap na die venster wat uitkyk op die aanloopbane en waar ek sit. Terwyl sy daar staan kon ek sien sy wou en het nodig gehad om te huil. Ek wou nie inmeng in haar privaatheid nie maar sy verwelkom my deur te vra, “Het jy al vir iemand totsien gesê met die wete dat dit vir altyd is?”“Ja, ek het” antwoord ek. “Verskoon my dat ek vra, maar hoekom is dit ’n totsien vir ewig?”Sy sê “Ek is oud en sy bly so ver. Ek het uitdagings wat voorlê en die realiteit is – haar volgende vlug hierheen sal vir my begrafnis wees”“Toe julle totsiens gesê het, het ek gehoor jy sê vir jou dogter “..wens jou genoeg”. Mag ek vra wat dit beteken?”Sy begin te glimlag. “Dit is ’n wens wat oorgedra is van een generasie na die ander. My ouers het dit vir almal gesê”. Sy aarsel ’n oomblik en kyk in die lug asof sy dit in detail wil onthou en sy glimlag steeds breër. “Toe ons gesê het. ‘Ek wens jou genoeg’, wens ons die ander persoon ’n lewe toe gevul met net genoeg goeie dinge om hulle te dra.” Sy draai na my, en deel die volgende asof sy dit voordra uit geheue.Ek wens jou genoeg sonskyn toe sodat jou lewensuitkyk helder sal wees maak nie saak hoe donker die dag mag lyk nie.Ek wens jou genoeg reën om die sonskyn steeds meer te waardeer.Ek wens jou genoeg blydskap om jou siel lewendig en ewigdurend te hou.Ek wens jou genoeg pyn sodat selfs die kleinste vreugde in jou lewe groot sal lyk.Ek wens jou genoeg gewin om jou behoefte te bevredig.Ek wens jou genoeg verlies om te waardeer dit wat jy het.Ek wens jou genoeg hallos om jou deur te dra deur die finale totsiens.Sy begin te huil en stap weg.Hulle sê dit neem ’n minuut om ’n spesiale persoon te vind, ’n uur om hulle te waardeer, ’n dag om hulle lief te kry en ’n hele leeftyd om hulle te vergeet.

Gelykenis van die Potlood

Die Potlood maker neem die potlood eenkant toe voordat hy hom in die potlood dosie plaas. “Daar is 5 dinge wat jy te alle tye moet onthou voordat ek jou in die wêreld instuur,” deel hy die potlood mee. “Onthou hulle te alle tye en moet nie een vergeet nie dan sal jy die beste potlood wees.”

“Een: Jy sal sal in staat wees om baie en groot dinge te doen, maar slegs as jy jouself toelaat om vasgehou te word in Iemand se hand.”

“Twee: Jy sal van tyd tot tyd ‘n pynlike skerpmakings proses moet deurgaan, maar jy het dit nodig om ‘n beter potlood te wees.”

“Drie: Jy sal in staat wees om enige fout te korrigeer wat jy gemaak het.”

“Vier: Die heel belangrikste deel van jou sal altyd wees dit wat binne in jou is.”

“Vyf: Op elke oppervlak waar jy gebruik word moet jy jou merk los. Maak nie saak van die toestande nie, jy moet aanhou om te skryf.”

Die Potlood verstaan en belowe om die reëls te onthou en gaan in die potlood dosie in met ‘n doel in sy hart.

Nou om die plek van die potlood met jouself te vervang. Onthou hulle altyd en moenie ooit vergeet dan sal jy die beste mens word wat jy kan wees.

Een: Jy sal in staat wees om baie en groot dinge te doen, maar slegs as jy jouself toelaat om deur God se hand vasgehou te word. Maak jouself toeganklik vir ander mense om te deel in die baie seëninge wat jy het.

Twee: Jy sal van tyd tot tyd ‘n pynlike skerpmakings proses deurgaan deur probleme wat op jou pad gaan kom, maar jy het hulle nodig om ‘n beter mens te word.

Drie: Jy sal in staat wees om enige fout te korrigeer wat jy gemaak het.

Vier: Die heel belangrikste deel van jou sal altyd wees dit wat binne in jou is.

Vyf: Op elke oppervlak waarop jy loop moet jy jou merk maak. Maak nie saak wat die situasie is nie, jy moet aangaan om jou plig te doen.

Laat ons ons lewenspad bewandel met ‘n betekenisvolle doel in om hart – om ‘n instrument te wees in Sy Almagtige hand.

Hoeveel Weeg ‘n Gebed ?

Louise Redden, ‘n dame met verweerde klere en ‘n uitdrukking van volslae mismoedigheid op haar gesig, stap by die kruideniers winkel in. Sy nader die eienaar van die winkel op ‘n nederige wyse en vra hom of hy nie ‘n paar kruideniersware op rekening vir haar kan gee nie. Saggies verduidelik sy aan hom dat haar man baie siek is en nie kan werk nie, hulle het sewe kinders en hulle het voedsel brood nodig. Die winkelier, John Longhouse, kyk smalend op haar neer en versoek haar om die winkel te verlaat.

Met die behoeftes van die gesin ingeskerp in haar gedagtes, pleit sy: ‘Asseblief, meneer! Ek sal aan u die geld bring so gou as wat ek kan.’

John vertel haar dat hy nie aan haar kruideniers op skuld kan gee nie aangesien sy nie ‘n rekening by die winkel het nie.

Langs die toonbank het ‘n kliënt gestaan wat die hele gesprek gehoor het tussen die twee. Die kliënt stap vorentoe en sê aan die winkelier dat hy sal instaan vir al die kruideniersware wat die dame nodig het vir haar gesin.

Die winkelier sê met ‘n baie huiwerige stem: ‘Het jy ‘n lys van die kruideniersware wat jy benodig?’

Louise antwoord: ‘Ja meneer.’

“O.K.” sê hy,”plaas jou kruideniersware lys op die balanseer skaal en wat ookal jou lys weeg sal ek in gewig die kruideniersware aan jou gee.”

Louise, aarsel ‘n oomblik met ‘n geboë hoof, dan haal sy uit haar handsak ‘n pen en papiertjie en skryf iets daarop neer. Sy plaas die papiertjie versigtig op die skaal met haar hoof steeds geboë. Die oë van die winkelier en die kliënt rek in ongeloof toe die skaal afgaan en onderbly.

Die winkelier staar na die skaal, draai stadig na die kliënt en sê gegrief, “Ek kan dit nie glo nie.” Die kliënt glimlag en die winkelier begin kruideniersware op die anderkant van die skaal te plaas. Die skaal balanseer nie en hy plaas steeds meer kruideniersware op die skaal totdat daar nie meer plek op die skaal is nie. Die winkelier staan daar met groot ergerlikheid duidelik te bespeur op sy gesig.

Uiteindelik, gryp hy die stukkie papier van die skaal en kyk daarna met groot verbasing. Dit was nie ‘n kruideniers lys nie, maar ‘n gebed wat sê: “Dierbare Vader,U weet wat ek nodig het en ek los die in U hande.”

Die winkelier gee haar al die kruideniersware wat op die skaal was en staan in geskokte stilte. Louise bedank hom en verlaat die winkel. Die kliënt gee aan die winkelier vyftig dollar en sê: “Dit was elke pennie werd.”

Dit was eers later dat John Longhouse ontdek het dat die skaal stukkend was, derhalwe is dit net God wat weet hoeveel weeg ‘n gebed.

Klein Kersie

Eendag nie so lank gelede nie het ‘n klein kersie gestaan in ‘n vertrek wat gevul is met nog ander kerse. Die meeste groter en mooier as wat sy was. Sommige was pragtige ornamentele kerse terwyl ander baie eenvoudig was soos sy. Sommige was gegeur terwyl ander in pragtige staanders gestaan het maar sy self het in ‘n gewone klein kersblakertjie gestaan. Sy het glad nie ‘n idee gehad hoekom sy daar was nie en die ander kerse het haar baie klein en minderwaardig laat voel.

Toe die son begin onder gaan en die vertrek donker word merk sy ‘n groot man op wat aangeloop kom na haar met ‘n bal vuur op ‘n stok. Sy besef onmiddellik dat die man haar aan die brand gaan steek. “Nee, nee!!!” skreeu sy, “Asseblief tog moet my nie brand nie, asseblief!!”. Maar sy weet dat niemand haar hoor nie en maak haarself reg vir die pyn wat gaan volg na die brand.

Groot is haar verbasing, toe die vertrek gevul word met lig. Sy wonder waar dit vandaan kom aangesien die man die vuurstokkie in sy hand doodgeblaas het. Tot haar groot vreugde besef sy dat die lig van haarself af kom.

Die man steek ‘n ander vuurstokkie aan die brand en een vir een steek hy die ander kerse in die vertrek aan die brand. Elke een van die ander gee dieselfde lig as wat sy gee.

Gedurende die volgende paar ure bemerk sy dat, stadig, begin haar was te smelt en weg te vloei. Sy besef dat sy binnekort sal doodgaan. Met die bewuswording van haar lot kom ook die logika hoekom sy gemaak is.
Met ‘n glimlag besef sy “Miskien is my doel op aarde om lig uit te straal tot ek sterwe,” Dit is presies wat klein kersie gedoen het.

God het vir my en jou geskape om lig te gee in ‘n donker wêreld. Soos die klein kersie, straal ons almal dieselfde lig uit maak nie saak hoe klein of groot ons is nie. Maar ons kan nie lig produseer totdat ons dit ontvang vanaf ‘n buite Bron nie. Die Bron is Jesus Christus, die lig van die wêreld.

(Mat 5:16) Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Groente en Albasters

Gedurende die laaste jare van die depressie, in ‘n klein Idaho gemeenskap, het ek gereeld gestop by Mnr. Miller se vars plaas produkte padstal. Kos en geld was steeds uiters skaars en ruilhandel was nog ‘n baie algemene praktyk.

Op ‘n dag was Mnr Miller besig om vir my vroeë aartappels in ‘n sak te plaas. Ek het ‘n jongerige seun opgemerk, baie fyn gebou en met fyn gelaatstrekke. Sy klere was gelapte maar skoon. Met hongerig oë het hy die mandjie met vars geplukte ertjies bewonder.

Ek het vir die aartappels betaal maar was ook gelok na die uitstalling van die vars geplukte ertjies. Ek is gek na room ertjies en vars aartappels. Terwyl ek die ertjies bekyk kan ek nie help om die gesprek te hoor tussen Mnr Miller en die jong seun nie.

“Hallo Barry, hoe gaan dit vandag met jou?”

“Hallo, Mnr Miller, goed dankie. Bewonder net die ertjies…hulle lyk darem baie lekker.”

“Hulle is baie lekker, Barry. Hoe gaan dit met jou ma?”

“Goed. Sy word by die dag sterker.”

“Mooi. Enige iets waarmee ek jou kan help?”

“Nee, meneer. Ek kyk maar net die ertjies.”

“Wil jy van hulle saamvat huistoe?”

“Nee, meneer. Ek het niks waarmee ek daarvoor kan betaal nie.”

“Wel. Wat het jy wat jy in ruil kan bied vir van die ertjies?”

“Al wat ek hier het is my gunsteling albaster.”

“Is dit so? Laat ek dit sien.”

“Hier’s dit. Sy’s ‘n pragstuk.”

“Dit kan ek sien. Hmmmmmm, enigste ding is die een is blou en ek soort van hou meer van rooi. Het jy ‘n rooie soos die by die huis?”

“Nie presies nie……maar amper.”

“Sê jou wat. Vat die sakkie met ertjies saam huistoe en volgende keer as jy weer hier verbykom bring die rooi albaster dat ek kan sien of ek daarvan hou.”

“Sal so maak. Dankie Mnr Miller.”

Mev Miller, wat naby hulle gestaan het, kom om my te help. Met ‘n glimlag sê sy, “Daar is twee ander seuns in ons gemeenskap soos hy, al drie bly in baie arm omstandighede. Jim is mal daaroor om met hulle te onderhandel oor ertjies, appels, tamaties of wat ookal. Wanneer hulle terugkom met hulle rooi albasters, hulle kom altyd, dan besluit hy maar hy hou eintlik nie van rooi nie en stuur hulle terug huistoe met ‘n sak groente en vrugte vir ‘n groen albaster of miskien ‘n oranje een.”

Ek verlaat die padstal met ‘n glimlag en beïndruk met die man. ‘n Klein rukkie later trek ek na Colorado maar ek vergeet nie die storie van die man, die seuns en die ruilhandel nie.

‘n Klompie jare het verbygegaan, elke een vinniger as die vorige. Onlangs het ek die geleentheid gehad om ou vriende te besoek in daardie selfde Idaho gemeenskap. Terwyl ek daar was hoor ek dat Mnr Miller oorlede is. Die aand kon die mense na sy lyk gaan kyk en afskeid neem, ek weet my vriende wou graag gaan en ek stem in om hulle te vergesel.

By ons aankoms by die lykshuis val ons in die ry in om die familie van die oorledene te ontmoet en ons simpatie te betuig asook woorde van bemoediging aan te bied. Voor ons in die ry was drie jong manne. Die een was in weermag uniform en die ander twee met netjiese gesnyde hare, donker pakke en wit hemde …..lyk baie professioneel.

Hulle nader Mev. Miller wat baie besadigd en met ‘n glimlag by haar man se kis staan. Elke een van die jong manne gee haar ‘n druk, soen haar op die wang, gesels kortliks met haar en beweeg oor na die kis. Haar tranerige ligblou oë volg hulle een vir een soos hulle kortliks by die kis stop en elke een sy warm hand oor die koue bleek hand in die kis plaas. Elke een van hulle verlaat die lykshuis aangedaan en vee trane uit sy oë.

Volgende was ons beurt om Mev. Miller te ontmoet. Ek vertel haar wie ek is en noem die storie wat sy my vertel het van die albasters. Met oë wat glinster neem sy my hand en lei my na die kis toe.

“Daardie drie jong manne wat nou net hier weg is was die seuns van wie ek jou vertel het. Hulle het my nou net vertel hoe hulle die dinge waardeer het wat Jim hulle mee “geruil” het. Nou, ten einde laaste, wanneer Jim nie meer sy gedagte kan verander oor die kleur van die albaster of die grote daarvan nie…….. het hulle gekom om hulle skuld te betaal.”

“Ons het nooit die wêreld se rykdom gehad nie,” erken sy, “maar nou, sou Jim homself beskou het as die rykste persoon in Idaho.”

Met liefdevolle teerheid lig sy die lewelose vingers van haar oorlede man. Onder sy vingers lê drie pragtige, blink gepoleerde albasters.

Les:
Ons sal nie onthou word vir ons woorde nie, maar ons goeie dade.

Lewe word nie gemeet aan die aantal kere wat jy asemhaal nie, maar die geleenthede wat ons asem wegslaan.

Skrywer: Josh Mitchell, Grandville Michigan

Die Heining

Daar was ‘n klein seuntjie met ‘n hewige humeur. Sy pa het hom ‘n sak spykers gegee en verduidelik aan hom dat elke keer wat hy sy humeur verloor moet hy ‘n spyker in die agterste hout heining inkap.
Die eerste dag het die seuntjie 37 spykers in die heining ingekap. Gelydelik het dit al minder geword. Hy het ontdek dit is makliker om sy humeur te beteuel as om die hamer te vat en ‘n spyker in die heining te gaan kap. Uiteindelik het die dag aangebreek dat die seuntjie glad nie meer sy humeur verloor het nie.
Hy vertel sy vader daarvan en die stel toe voor dat hy ‘n spyker uittrek vir elke dag wat hy sy humeur in bedwang hou. Die dae het verbygegaan en eindelik breek die dag aan dat hy aan sy pa kon vertel dat al die spykers uit is.
Die vader neem sy seuntjie aan die hand en vat hom na die hout heining en sê vir hom: “Jy het baie goed gedoen my seun, maar kyk na al die gate in die hout planke. Die heining sal nooit meer dieselfde wees nie. Wanneer jy iets sê in woede los dit wonde net soos die gate in die heining. As jy iemand met ‘n mes steek, maak dit nie saak hoeveel keer jy jammer sê nie, die wond sal steeds daar wees. Om met woorde te verwond is net so erg as om fisies iemand te verwond.
Vriende is werklik soos ‘n kosbare skat, hulle laat jou glimlag en moedig jou aan om sukses te behaal. Hulle luister wanneer ons nodig het om te praat, is ‘n skouer wanneer ons nodig het om te huil, gee ons ‘n woordjie van bemoediging wanneer nodig en hulle wil altyd hul hart oopmaak vir ons.So dink baie mooi voor jy spykers inkap in enige iemand want die wonde kan gesond word maar die letsels gaan nooit weg nie.”

Boksie Vol Soentjies

Die verhaal lui dat ‘n man sy drie jarige dogter gestraf het omdat sy ‘n hele rol pragtige goue geskenkpapier gemors het. Geld was baie skaars gewees in die huis en hy was woedend toe die kind probeer om ‘n boksie te versier met die duur geskenkpapier om onder die kersboom te plaas.

Ondanks haar vader se tirade die vorige dag bring die dogtertjie die versierde boksie die volgende dag vir haar pa en sê, “Hierdie is vir jou Pappa.” Hy was erg verleë deur sy vorige reaksie toe die kindjie die boksie oorgetrek het met die goue geskenkpapier. Maar sy woede vlam weer op toe hy merk dat die boksie leeg is.

Hy skreeu vir haar, “Weet jy nie dat as jy vir iemand ‘n geskenk gee behoort daar iets binne in die boksie te wees nie!”

Die meisietjie kyk op na haar pa met trane in haar oë en sê, “Maar, Pappa, dit is nie leeg nie. Ek het ‘n klomp soentjies in die boksie geblaas. Almal net vir jou Pappa.”

Die vader was verpletter. Hy plaas sy arms om sy klein dogtertjie en pleit by haar om vergifnis.

Dit word vertel dat die man die goue boksie vir jare langs sy bed gebêre het en wanneer hy baie terneergedruk of mismoedig was het hy ‘n denkbeeldige soentjie uit die boksie geneem en onthou die liefde waarmee sy kind dit daarin vir hom geplaas het.

In ons daaglikse lewe as mense hier op aarde is daar aan ons elkeen ‘n goue boksie gegee wat gevul is met liefde en soentjies van ons kinders, vriende, familie en God. Daar is nie ‘n meer kosbare geskenk as dit, vir elkeen van ons nie.