Thursday, December 20, 2007

'n Lewensles

Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het
...dink aan iemand wat stom is,

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos
... dink aan diegene wat niks het om te eet nie,
Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie ... dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of 'n lewensmaat,
Voordat jy vandag kla oor die ou lewe ..
dink aan 'n kind wat op 'n sterfbed lê,
Voordat jy vandag oor jou kinders kla ...
dink aan die wat begeer om 'Mamma' of 'Pappa' te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,
Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar 'n bed nie opgemaak is nie
... dink aan die mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,
Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry
... dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop,
Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is
... dink aan die werkloses of gestremdes wat 'n werk begeer,
Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel
... onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie.
Ons moet almal verantwoording doen aan een Skepper,
Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel
... Glimlag en Dank God dat jy leef,
Die lewe is 'n geskenk
... leef voluit
Wees Vrolik en Lag sonder ophou
Geniet elke oomblik daarvan
Gee baie liefde
want God het hierdie lewe aan jou geskenk!

Wednesday, December 19, 2007

DIE “RYK MAN” EN DIE KONINKRYK

Laasnag was nou weer een van daardie nagte wat 'n spesifieke gedagte in jou kop is en dit maal en gaan te kere - so was dit die ryk man en die Koninkryk van God (spesifiek die gelykenis van die kameel en die oog van die naald).

Baie keer as mens dink aan ryk dan dink mens net aan geld en besitting maar in die geval was daar heelwat ander dinge wat die persoon "ryk" gemaak het en voorkom het dat hy die Vader se Ryk kon ingaan.

Die volgende prentjie het die heeltyd voor my afgespeel: Daar is ‘n stapper met 'n klomp bagasie op sy rug wat hy dra terwyl hy besig is om die berg te bestyg op sy staptog. Langs die pad is hier en daar ‘n bordjie wat die pad aanwys met die woorde’ “Volg die pad na die Land van die Koning” Op 'n sekere stadium het hy by 'n kom in die berg gekom. Voor hom was die volgende massiewe berg wat hy moes oor. Voor hom is daar 'n baie nou tonnel wat hy moet deurgaan om aan die anderkant uit te kom - die is die enigste manier - hy kan nie om of bo oor nie en aan die anderkant wil hy uitkom. By die tonnel staan daar 'n man wat vir hom vertel dat die is die enigste pad om aan die anderkant uit te kom en hy sal nie glo hoe wonderlik dit aan die anderkant is nie, maar om deur te gaan sal hy al die bagasie moet afpak en daar los want jy kan nie deurgaan met bagasie nie.

Aanvanklik wil die stapper niks weet van enige bagasie aflaai nie want hy kan dit dalk nodig kry aan die anderkant alhoewel die man by die tonnel se ingang hom verseker het dat hy nie die bagasie gaan nodig kry aan die anderkant nie.
Die stapper wil met alle geweld net deur maar elke keer haak die bagasie vas en hy kan nie in die tonnel nie. Die man langs die tonnel vra vir hom of hy hom kan help om van die bagasie af te haal - hy sê ja en laat toe dat net so een stuk bagasie op 'n slag afgehaal word en dan probeer hy weer, maar dit bly dieselfde storie van vashaak en te min spasie. So het dit aangehou totdat die stapper net die klere aan sy lyf gehad het toe kon hy in die tonnel pas om deur te gaan.

Die bagasie wat ons so met ons dra is ons "rykdom" en die rykdom is nie geld of besittings nie maar goed soos hoogmoed, liefdeloosheid, onbarmhartigheid, ens - in die hedendaagse wêreld word dit oral gepredik dat dit bates is wat noodsaaklik is vir die selfbehoud van die eie ek - dus word dit vir die persoon 'n bate - 'n rykdom. Die persoon wat by die tonnel staan is ons Redder Messias wat die bagasie vir ons verwyder - maar Hy het met groot geduld die stapper toegelaat om die bagasie stuk vir stuk af te haal en weer te pas totdat alles afgehaal is.
Die rigtingwyser bordjies is die ander gelowiges, hulle wys net, hulle praat nie, ‘n stille getuie van die pad wat gevolg moet word, die bordjies het geen nota by van haal jou bagasie af nie. Soms raak ons so voortvarend in ons strewe om mense te lei na Christus dat ons maklik die eer vir onself wil neem as ‘n persoon tot bekering kom. Bekering is die werk van die Heilige Gees en ons moet waak om nie op Sy terrein te oortree nie ons moet slegs die pad aanwys, Vader sal die res doen.

Dit het my net weereens laat besef hoe smal is die pad werklik wat lei na die Koninkryk van ons Vader en dat jy nie daar kan ingaan met wêreldse bagasie nie. Daar was ook nie baie stappers om deur te gaan nie.

Dit bly vir my eenvoudig net te wonderlik hoe Vader ons lesse kom leer deur Sy Heilige Gees en dit is vir my ook tekenend dat ons in die laaste dae is want Vader het gesê dat Hy ons deur Sy Heilige Gees self sal kom leer in die laaste dae.

Ek het die beeld wat ek ontvang het aan ‘n vriend vertel en na ‘n lang gesprek het hy die volgende aan my gesê wat baie treffend was: Hy het die meeste van sy bagasie afgepak voor die Meester maar net ingeval iets sou verkeerd loop het hy ‘n tou vasgemaak om sy lyf en aan sekere van die bagasie om dit deur die tonnel te wil sleep sodra hy aan die anderkant uitkom, maar die bagasie bly vashaak binne die tonnel en dit is duidelik dat die tonnel geen bagasie sal duld nie op watter manier jy dit ookal wil deursleep nie.

Die vraag is watter bagasie hou jou vandag terug? En is jy bereid dat Hy vir jou help om dit af te haal?

Monday, December 17, 2007

God Is Onder My Bed

My broer Kevin dink dat God onder sy bed bly. Altans dis wat ek hom een nag hoor sê het. Hy was besig om hardop te bid in sy donker slaapkamer, toe ek buitekant sy kamerdeur stop en luister wat hy bid.

“Is u daar, God? vra hy. Waar is U? Ahh, ek sien. Onder my bed.”

Ek het saggies gegiggel en vinnig na my kamer gegaan. Kevin se unieke uitkyk was al menigmale ‘n groot bron van vermaak vir die ander kinders.

Maar daardie aand was daar iets anders wat baie langer in die lug getalm het as die humor. Vir die eerste keer het ek besef hoe anders is die wêreld waarin Kevin leef as ons sin.

Hy is dertig jaar gelede gebore, verstandelik gestremd as gevolg van geboorte komplikasies.

Afgesien van sy grote (hy is 6 voet 2 duim), is daar bitter min dinge waarin hy ‘n volwassene is. Hy redeneer en kommunikeer met die vermoëns van ‘n 7 jarige en so sal dit sy hele lewe wees.

Hy sal heel waarskynlik altyd glo dat God onder sy bed bly en dat vliegtuie in die lug bly omdat engele hulle dra.

Ek onthou hoe ek al gewonder het of Kevin rêrig besef hy is anders as ander mense.
Is hy nooit ontevrede met sy eentonige lewe nie? Op voordat die son nog op is, weg werk toe na die werkswinkel vir die gestremdes, huis toe en gaan stap met die hond, kom terug om sy gunsteling maaltyd, macaroni en kaas te eet en dan later bed toe.

Die enigste variasie in die standaard roetine is op wasdag wanneer hy soos ‘n valk waghou oor die wasmasjien om die wasgoed te was.

Hy lyk nooit ontevrede nie.

Elke oggend stiptelik 07H05 stap hy uit die huis na die bus, angstig om ‘n dag se eenvoudige werk te gaan doen.

Hy vryf sy hande baie opgewonde terwyl die water op die stoof kook vir aand ete. Twee maal ‘n week bly hy laat op om almal se vuil wasgoed bymekaar te maak vir die volgende dag se was sessie. En Saterdae – oh die opgewondenheid van Saterdae!

Dit is die dag wat my pa vir Kevin lughawe toe vat vir ‘n koeldrank terwyl hy kyk hoe die vliegtuie land en opstyg terwyl onderwyl hy hardop spekuleer waarheen elke passasier oppad is.

Kevin skree terwyl hy sy hande klap. Sy afwagting Vrydag aande is so groot dat hy skaars kan slaap van opgewondenheid oor Saterdae se uitstappie. Ek dink nie Kevin weet daar bestaan iets anders daar buite in die wêreld behalwe sy daaglikse roetine en die naweek uitstappies nie.

Hy weet nie wat dit beteken om ontevrede te wees met sy lewe nie. Sy lewe is eenvoudig.

Hy sal nooit weet wat dit beteken om vasgevang te word deur rykdom of mag nie, hy geen nie om watse maak klere hy dra nie of watse tipe kos hy eer nie.

Hy herken nie verskille in mense nie en behandel almal as sy gelyke en as ‘n vriend.

Sy behoeftes is altyd bevredig en hy bekommer hom nooit dat dit dalk eendag in die toekoms nie sal gebeur nie. Sy hande is altyd besig om iets te doen en nooit ledig nie.

Kevin is altyd baie gelukkig as hy maar net kan werk of besig wees. Wanneer hy die skottelgoedwasser uitpak of die mat stofsuig – sy hart en siel is daarin. Hy skrik nie vir enige taak nie en hy sal ook nie sy taak onvoltooid laat nie. Maar wanneer sy werkies almal klaar is dan weet hy ook hoe om te ontspan. Hy is lief vir werk maar dis nie ‘n obsessie by hom nie.

Sy hart is opreg. Hy glo steeds dat elke persoon die waarheid praat. Beloftes moet gehou word. Wanneer jy verkeerd is vra jy om verskoning in plaas van om te argumenteer. Vry van trots en ongeërg oor voorkoms is Kevin nie bang om te huil wanneer hy seer het nie, kwaad is of jammer is nie. Hy is altyd deursigtig en opreg.

En hy vertrou God onvoorwaardelik. Hy word nie ingeperk deur intellektuele redenasies nie en wanneer hy na Christus kom, kom hy as ‘n kind.

Dit blyk tog of Kevin vir God ken – om rêrig vriende met Hom te wees, op ‘n wyse wat vir ons “geleerdes” onverstaanbaar is om te begryp. Dit lyk of God sy beste metgesel is.

In my oomblikke van vertwyfeling en frustrasie in my geloof beny ek die sekuriteit wat Kevin het in sy eenvoudige geloof.

Dit is dan wanneer ek bereid is om te erken dat hy sekere Heiligs Kennis het wat uitstyg bokant my vrae as ‘n sterfling. Dit is ook dan wanneer ek besef dat hy nie die een met die gestremdheid is nie – maar ek.

My verantwoordelikhede, my vrese, my trots, my omstandighede – hulle almal word gestremdhede as ek hulle nie lê aan die voete van Christus nie. Wie weet of Kevin nie dalk dinge verstaan wat ek nooit sal leer nie?

Ten minste het hy sy hele lewe spandeer in die tipe onskuldigheid, om te bid in die donker en word deurweek in die Goedheid en Liefde van die Vader.

Eendag wanneer die geheimenisse van die hemele geopenbaar word sal ons seker eers werklik besef hoe naby God aan ons harte die heeltyd was en hoe God luister na die eenvoudige gebede van ‘n seun wat glo dat God onder sy bed bly.
Kevin sal beslis nie verbaas wees daaroor nie.

Sunday, December 16, 2007

Bloedrivier Gelofte

Gelofte
(Afrikaans)
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.

Gelofte
(Nederlands)
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Friday, December 14, 2007

Die Dooie Kersie

‘n Man het ‘n klein dogtertjie gehad – sy enigste en die appel van sy oog. Hy het vir haar geleef – sy was sy hele bestaan. Sy het siek geword en self die beste dokters kon haar nie gesond kry nie. Hy het soos ‘n waansinnige geword en sou die hele aarde skuif as hy maar net sy dogtertjie gesond kon kry.

Sy beste pogings en al die geld in die wêreld kon nie die kindjie gesond kry nie en sy is later dood. Die vader was ontroosbaar van droefheid. Hy het ‘n verbitterde kluisenaar geword wat homself afgesluit het van sy vele vriende en familie. Hy het geweier om aan enige aktiwiteit van die gemeenskap deel te neem wat hom in kontak sou bring met sy ou vriende en daar was geen belangstelling om sy lewe terug te verander soos voor die afsterwe van sy geliefde kind nie.
Maar een nag het hy ‘n droom gehad.

Hy was in die Hemel en het gekyk na ‘n prag skouspel van al die klein kinder engele. Hulle het geloop in, wat gelyk het soos ‘n oneindige, lang ry verby die Groot Wit Troon van God. Elke kinder engel het ‘n kersie gedra. Hy het opgemerk dat die een kindjie se kersie was dood gewees.
Toe merk hy eers op dat die kindjie met die dooie kers was sy geliefde dogtertjie. Terwyl die parade van pragtige kinder engele stilstaan hardloop hy na haar en tel haar en sy arms en druk haar styf vas teen hom en vra haar, “Hoe is dit my liefling dat jou kers die enigste een is wat dood is tussen al die engele?” Vader, Hul steek gereeld my kersie aan die brand maar jou trane doof elke keer die vlammetjie uit.”

Net toe word hy wakker van sy droom. Die les was glashelder gewees en die gevolge onmiddellik. Vanaf daardie uur was hy nie meer ‘n kluisenaar nie maar het opgewek gemeng met al sy vriende en familie.
Nie langer sal hy toelaat dat sy trane die kersie van sy geliefde blus nie.

(PSA 56:13) (56:14) want U het my siel gered van die dood—ja, my voete van struikeling—om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.

Thursday, December 13, 2007

Ek het Gevra

Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer

Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig

Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop

Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys

Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied

Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie

Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.

Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.

U is by my.

By U is ek veilig.

U goedheid en liefde is my huis en my hart.

Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.

U sal my beskerm teen alle gevaar.

Nou.

Altyd.

Gestuur deur Kerneels

Wednesday, December 12, 2007

Middagete saam met God

‘n Klein seuntjie wou graag vir God ontmoet. Hy het geweet dit sal ‘n lang reis wees na God se blyplek en daarom het hy in sy tassie ‘n groot pak aartappelskyfies en ses koeldranke ingepak voordat hy die reis aangepak het.

Nadat hy so drie straatblokke van die huis af weg is ontmoet hy ‘n ou dame in die parkie. Sy was besig om net te staar na die duiwe. Die seuntjie het langs haar gaan plaasneem op die bankie en sy tassie oopgemaak. Hy wou net ‘n sluk van sy koeldrank vat toe hy sien maar die ou dame lyk bra honger. Hy offer toe vir haar van sy aartappelskyfies. Sy het dit baie dankbaar aanvaar en vir hom geglimlag.

Haar glimlag was so mooi vir die seun dat hy dit graag weer sou wou sien en toe offer hy vir haar een van sy koeldranke. Weereens glimlag sy vir hom. Die seun was verheug oor haar glimlag. So het hulle die hele middag gesit, skyfies geëet, koeldrank gedrink en geglimlag maar sonder om ‘n woord vir mekaar te sê.

Toe dit begin skemer raak besef die seun dat hy baie moeg is en staan op om terug te keer na sy huis, na ‘n paar tree draai en om en hardloop vinnig na die ou dame en gee haar ‘n drukkie. Sy gee vir hom haar grootste glimlag ooit.

Die seun se ma was verras met die uitdrukking van blydskap op haar seun se gesig toe hy die huis binnekom. Sy vra toe vir hom, “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig laat lyk?” Hy antwoord, “Ek het middagete saam met God gehad.” Maar voordat sy ma kon reageer, voeg hy by, “ Weet ma wat? Sy het die mooiste glimlag wat ek nog ooit gesien het.”

Intussen het die ou dame , oorstelp van blydskap, ook by haar huis aangekom. Haar seun was verras oor die uitdrukking van vrede wat op sy ma se gesig te bespeur was. Hy vra, “Moeder, wat het jy vandag gedoen wat jou so bly gemaak het?” Sy antwoord, “Ek het aartappelskyfies geëet en koeldrank gedrink saam met God in die parkie.”
Maar voordat hy kon reageer voeg sy by, “Jy weet, hy is baie jonger as wat ek verwag het.”

Te veel kere onderskat ons die krag van ‘n aanraking, ‘n glimlag, ‘n gawe woordjie, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment of die kleinste gebaar van omgee wat alles die potensiaal het om ‘n lewe om te keer.
Mense kom in ons lewe vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd! Koester hulle almal met dieselfde entoesiasme!

Geniet ‘n middagete saam met God…..

Tuesday, December 11, 2007

Die Vullis vragmotor

Hoe gereeld laat jy toe dat ander mense jou gemoedstoestand beïnvloed? Laat jy toe dat ‘n swak bestuurder, ongeskikte kelner, ‘n norse baas of ‘n onsensitiewe medewerker jou dag ruïneer? So iets kan jou hele dag omkrap en jou in ‘n slegte bui laat vir ‘n groot gedeelte van die dag. Maar, dit is waar die onderskeiding van die suksesvolle persoon intree naamlik, hoe vinnig kan jy jou fokus terugkry na so insident op dit wat belangrik is.

Sestien jaar gelede het ek die les geleer, agter in ‘n huurmotor. Dit is wat gebeur het. Ek het ‘n huurmotor gekry en was oppad na die stasie. Terwyl ons in die linkerkantste baan ry, is daar skielik ‘n swart motor wat vanuit ‘n parkeer ruimte voor ons inry. Die huurmotor bestuurder het baie vinnig gerem en die motor het begin gly, ons het die motor met centimeters gemis.

Die bestuurder van die swart motor ruk sy kop agtertoe en begin in die vreeslikste taal ons uit te skel. My huurmotor bestuurder het net vir die ander bestuurder geglimlag en gewaai. Hy was werklik opreg vriendelik met hom. Ek vra toe vir hom, “Hoekom het jy dit gedoen? Die ou het amper jou motor afgeskryf en ons amper hospitaal toe gestuur. Dit is wat die huurmotorbestuurder vir my gesê het wat ek nou noem, “Die Wet van die Vullis vragmotor”.

Baie mense is soos vullis vragmotors. Hulle hardloop rond vol vullis, vol frustrasie, vol woede en vol van teleurstelling. Soos wat die vullis ophoop soek hulle ‘n plek waar hulle dit kan stort. As jy hulle toelaat sal hulle dit op jou stort. Indien iemand dit wel op jou stort moet dit nie persoonlik opneem nie. Glimlag, waai, wens hulle voorspoed toe en gaan aan. Jy sal baie bly wees jy het dit gedoen.

So dit was dit, “Die Wet van Vullis vragmotors”. Ek begin te dink hoeveel keer laat ek toe dat vullis vragmotors reg bo oor my ry? Hoeveel keer neem ek hulle gestorte vullis en versprei dit weer aan ander mense by die werk, by die huis en op straat? Dit was die dag waarop ek besluit het tot hiertoe en nie verder nie, ek gaan dit nie meer doen nie. Ek het begin om die vullis vragmotors raak te sien.

Ek sien hulle nou al aankom, ek sien die vrag vullis wat hulle dra en ek sien dat hulle dit wil kom stort. Soos my huurmotorbestuurder, maak ek dit nie ‘n persoonlik ding nie, ek glimlag net, waai, wens hulle voorspoed toe en beweeg aan.

Die geheim om ‘n gelukkige en suksesvolle dag te ervaar is om nie toe te laat dat ander mense se vullis vragmotors jou lewe oorneem of beheer nie.
Die lewe is te kort om elke oggend met verwyte op te staan, dus ….. wees lief vir diegene wat jou goed behandel en die res, ignoreer hulle en vergeet daarvan.

Monday, December 10, 2007

Die Pad van die Lewe

Die eerste keer het ek God gesien as my regter, wat rekord hou van alles wat ek verkeerd doen, om daardeur te bepaal of ek hemel of hel toe sal gaan wanneer ek sterwe. Hy was daar soos die foto van ‘n president. Ek herken Sy portret wanneer ek dit sien, maar ek ken Hom nie werklik nie.

Later toe ek Christus ontmoet het en Hy in my lewe gekom het, het die lewe gevoel soos ‘n fietsrit, op ‘n tandem fiets. Ek het agtergekom dat Christus op die agterste sitplek was en my help trap het.
Ek kan nie onthou wanneer Hy voorgestel het dat ons plekke moet ruil nie, maar daarna was die lewe nooit weer dieselfde nie.

Terwyl ek beheer oor die fiets gehad het was dit baie vervelig en voorspelbaar…. Dit was die korste afstand tussen twee punte en dis dit. Maar toe Hy die leiding neem het Hy al die opwindende paaie geken om te neem, teen berge op en deur rowwe plekke teen nekbreek spoed, al wat ek kon doen was om vas te hou vir ‘n vale!
Soms het dit gelyk na malligheid maar Hy sê net “Trap!”
Deur geloof het ek net getrap al was ek baie bekommerd en benoud. “Waar neem U my heen?” het ek baie gevra maar Hy het net gelag en geen antwoord gegee en dis hoe ek moes leer om te vertrou.
Ek het vergeet van my vervelige bestaan en het die lewe van opwinding betree.

Wanneer ek sê, “Ek is bang,” sal Hy terug leen en my hand aanraak. Hy het my na mense geneem wat gawes gehad het wat ek benodig. Gawes van gesondmaking, aanvaarding, liefde en blydskap. So baie kosbare gawes om saam te neem op my reis – God sin en myne. Dan is ons weer oppad en Hy sal vir my sê, “Gee weg die gawes aan ander – hulle is nou net ekstra bagasie – daar is nog baie ander gawes om te kom op die pad wat ons nou ry.”
So het ek gemaak, die gawes gegee aan mense wat ek op die pad ontmoet het en ek het gevind dat om te gee het ek meer ontvang en my las was baie ligter.

Eers het ek Hom nie vertrou om volle beheer van my lewe oor te neem nie. Ek het gedink Hy sal dit verwoes en dit ‘n baie saai en eentonige lewe maak – maar ek het ontdek dat Hy weet hoe om die slegste pad in my lewe te hanteer.
Nou leer ek om stil te wees en saam te trap in die vreemdste plekke. Ek begin om die uitsig te geniet, die uitdaging van die rit asook die koele windjie op my gesig met die wonderlikste kameraad – Jesus Christus.

Wanneer dit voel of ek glad nie meer verder kan aangaan nie, hou ek net my oë en geloof op Hom. Hy kyk na my met ‘n pragtige glimlag en sê: “…… Hou aan om te trap.”

(Jes 41:10) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Saturday, December 8, 2007

Die Strandlopertjie

Sy was maar 'n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om 'n sandkasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste blou ogies, so blou soos die see self.
"Hallo", sê sy. Ek antwoord met 'n knik van die kop, nou nie juis in 'n bui om te bodder met 'n klein dogtertjie nie."Ek bou", sê sy. "Ja, so sien ek. Wat bou jy?" Ek gee nou nie juis om wat sy bou nie..... "Aag ek weet nie, ek voel maar net lus om in die sand te speel." Die idee trek my nogal aan, en ek trek my skoene uit. 'n Strandlopertjie sweef verby. "Dis 'n vreugde", sê sy. "Dis 'n wat?" “'n Vreugde.” Mamma sê dat 'n strandlopertjie vir 'n mens vreugde bring." Die strandlopertjie verdwyn oor die duin. "Koebaai vreugde", mompel ek vir myself, "Hallo pyn!" Ek draai om, om te loop. Depressie het aan my geknaag - my lewe was 'n gemors. "Wat is jou naam?" Hierdie dogtertjie gaan nie maklik tou opgooi nie. "Robert", sê ek, "Robert Peterson." "Ek's Wendy ..... ek is ses.""Hallo Wendy" Sy giggel. "Jy's snaaks", sê sy.Ek lag, ten spyte van die donker wolk wat oor my gemoed hang, en ek stap aan. Haar klokhelder giggel-laggie volg my."Kom weer meneer P", skree sy, "kom sodat ons nog 'n gelukkige dag kan hê!"Na 'n paar dae van onbeheerbare Boy Scouts, frustrerende vergaderings en 'n ou kranklike moeder, het die son een oggend so vrolik geskyn dat ek die skottelgoedwater van my hande afgeskud het , en toe sê ek vir myself: "Robert, jy het 'n strandlopertjie nodig."
Die heerlike sout seelug wag vir my, en ek gryp my jas. Die windjie is ysig, maar ek stapaan en probeer die rustigheid van die strand indrink, daardie rustigheid wat ek so bitter nodig het."Hallo meneer P," roep sy my, "wil jy kom speel?" "Wat het jy in gedagte?" Ek voel half vies vir hierdie inbreuk op my gedagtes."Aag, ek weet nie..... wat dink jy?""Wat van kennetjie?" vra ek half sarkasties.Haar klokhelder laggie weerklink oor die strand. "Ek ken nie daai speletjie nie.""Nou maar dan loop ons maar sommer."Ek kyk af na die lewendige klein figuurtjie, en ek kan nie help om die delikate bleek gesiggie raak te sien nie. "Waar bly jy?""Daar anderkant", sê sy, en sy beduie in die rigting van ‘n paar somerhuisies.Dis baie snaaks, dink ek. Om in die winter in somerhuisies te kom bly.... "En waar gaan jy skool?""Ek gaan nie skool toe nie - Mamma sê ons is met vakansie."Sy babbel aanmekaar terwyl ons met die strand afstap, maar my gedagtes is baie vêr weg. As ek later huis toe ry, sê Wendy vir my dat dit 'n baie lekker dag was. Ek glimlag vir haar - snaaks genoeg voel ek ook sommer baie beter.Drie weke later jaag ek af na my strand toe. Dinge het nou net te veel vir my geraak, en ek is nie in 'n bui om eers vir Wendy te groet nie. Ek sien iemand op die somerhuisie se stoep sit - seker Wendy se ma - en ek voel asof ek vir haar wil skree: "Hou jou dogtertjie asseblief vandag tuis!"Ek stap gejaag, maar Wendy haal my in. "Asseblief, nie vandag nie!", snou ek haar toe, "Ek wil vandag alleen wees!" Sy lyk vandag onnatuurlik bleek en uitasem."Hoekom?" vra sy.Ek gaan staan, draai om na haar toe en skree: "Want my ma is dood!" En skielik wonder ek waarom ek dit vir hierdie kind vertel."O", sê sy saggies, "dan is dit 'n slegte dag.""Ja", sê ek, "én gister, én eergister, en ... aag gaan tog net weg!" "Was dit seer?" sy kan net nie ophou nie."Was wát seer?" ek is moedeloos, met die dogtertjie en met myself."Toe sy dood is?""Natuurlik was dit seer!" kap ek terug, sonder om die bedoeling agter haar vraag te verstaan. Ek draai om en stap haastig weg, versonke in my eie see van gedagtes.'n Maand of wat later, toe ek weer op die strand kom, was sy nie daar nie. Ek voel skuldig en skaam oor my gedrag, en ..... ek het haar nogal gemis. Ek stap na die strandhuisie toe en klop aan die deur. 'n Vrou maak oop."Ek is Robert Peterson", sê ek, "ek mis jou dogtertjie só vandag, en ek het net gewonder waar sy is." "O ja, meneer Peterson, kom in asseblief. Wendy het so baie van jou gepraat. Ek is so jammer dat ek toegelaat het dat sy jou pla. As sy 'n oorlas was - dan vra ek om verskoning""Aag nee wat, sy is so 'n borrelende klein dogtertjie." En skielik besef ek dat ek werklik bedoel wat ek sê."Wendy is verlede week dood, meneer Peterson. Sy het bloedkanker gehad - het sy jou nie gesê nie?"Skielik draai die wêreld om my, en ek gryp haastig vir 'n stoel. Ek is sprakeloos..."Sy was so lief vir hierdie strand, en toe sy vra dat ons hierheen kom, toe kon ek nie nee sê nie. Sy het soveel beter hier gelyk, en hier het sy baie gelukkige dae gehad. Maar die laaste paar weke het sy baie vinnig agteruit gegaan." Haar stem bewe. "Sy het iets vir jou gelos..... as ek dit net kan opspoor. Sal jy omgee om 'n bietjie te wag – ek soek dit net gou?"Ek knik my kop - ek soek vir woorde - maar hulle ontbreek. Wat sê ek vir hierdie pragtige jong vrou?Sy gee vir my 'n vuil koevert met "MR. P" op geskryf in groot kinder letters. Binne is 'n tekening in helder kleure - 'n geel strand; 'n blou see en 'n bruin voël, en onderaan die woorde: 'n Strandlopertjie om geluk te bring"Ek kan die trane nie keer nie, en hierdie klip-hart van my wat lankal vergeet het wat dit is om lief te hê, kraak en breek. Ek neem Wendy se ma in my arms: "Ek is so jammer, so bitter, bitter jammer", is al wat ek kan uitkry, oor en oor, en saam huil ons.Daardie kosbare prentjie is geraam, en hang in my studeerkamer. Ses woorde - een vir elke jaar van haar kort lewetjie - sê vir my van harmonie, dapperheid en 'n onvoorwaardelike liefde. 'n Geskenk van 'n dogtertjie met see-blou oë en hare die kleur van die seesand - sy het my geleer van die geskenk van ware liefde.Hierdie ware verhaal is opgeteken deur Robert Peterson. Dit het meer as 20 jaar gelede afgespeel, en hierdie insident het sy lewe onherroeplik verander. Ons kan hieruit leer dat ons tyd moet maak om die lewe te geniet, en tyd moet maak vir mekaar.Die lewe is so gekompliseerd - die gejaag en elke dag se probleme en traumas kan maak dat jy fokus verloor en van die dinge wat rêrig saakmaak vergeet.Gaan gee vir die mense in jou lewe waarvoor jy lief is vandag 'n ekstra drukkie, net om te sê dat jy omgee en vir hulle lief is. En gaan stap 'n draai in die tuin, en ruik aan die blomme. Drink die skeppingswonder van God in, en gee aan Hom die eer.Wendy het nie maar toevallig op Robert se pad gekom nie - daar is nie so 'n ding soos toeval nie. Sy was daar met 'n doel. So bring die Here dinge op ons pad met 'n doel - soms is dit nie lekker nie, soms raak dit daar diep binne in jou bors, waar 'n waslap nie kan was nie, aan jou hart. Maar sien die hand van God daarin, en dank Hom daarvoor. Ek bid vir jou 'n Strandlopertjie-dag toe.

Geskryf deur: Robert Peterson.

Friday, December 7, 2007

MY SEUN

'n Welgestelde man en sy seun was baie lief daarvoor om skaars kunswerke te versamel. Hulle het van alles in hul versameling gehad, van Picasso tot Raphael. Hulle twee sou gereeld saam sit en die grootse kunswerke bewonder.

Toe die Viëtnam oorlog uitbreek, het die seun oorlog toe gegaan. Hy was baie dapper en het gesterf in die geveg terwyl hy besig was om 'n mede soldaat te red. Die vader is in kennis gestel van die afsterwe van sy seun en hy het vreeslik oor sy enigste seun getreur.

Ongeveer 'n maand later was daar 'n klop aan die deur. 'n Jong man het voor die deur gestaan met 'n groot pakkie in sy hand.
Hy sê, " Mnr, u ken my nie, maar ek is die soldaat vir wie u seun sy lewe gegee het. Hy het daardie dag sy lewe vir my gegee toe hy my na veiligheid gedra het en 'n koeël van die vyand hom reg in die hart tref, hy was opslag dood. Hy het baie oor u gepraat en u liefde vir die kuns." Die jong man hou die pakkie uit na die seun se pa. "Ek weet dit is nie baie nie. Ek is nie juis 'n groot kunstenaar nie, maar ek is oortuig dat u seun sou hê dat u die neem."

Die vader neem die pakkie en maak dit oop. Dit was 'n skildery van sy seun wat deur die jongman geskilder is. Hy staar in verwondering hoe die jongman sy seun se persoonlikheid so kon vasvang in die skildery. Die vader was so aangetrokke tot die oë van die skildery dat sy eie oë opgewel het van die trane. Hy bedank die jong man en bied aan om hom te betaal vir die skildery. "Nee meneer, ek kan nooit vergoed vir wat u seun vir my gedoen het nie, hierdie is 'n geskenk aan u."

Die vader het die skildery bokant sy vuurherd geplaas waar hy elke dag daarna kon kyk. Elke keer wat hy besoekers ontvang het neem hy hulle eers om die skildery van sy seun te sien voordat hy enige van die ander vername skilderye in sy versameling aan hulle vertoon.

Die man is 'n paar maande later oorlede en daar sou 'n groot veiling plaasvind van al sy kunswerke. Daar was baie vername mense teenwoordig by die veiling. Hulle was vreeslik opgewonde om sulke vername kunswerke te sien en die geleentheid te kry om op sulke werke te bie en moontlik een in die hande te kry vir hul eie versameling.

Op die afslaers platform is die skildery van die seun. Die afslaer kap met sy hout hamertjie op die podium. "Ons begin die veiling met die skildery van die seun. Wie maak 'n bod vir die skildery?"

Daar was 'n doodse stilte.

Toe roep 'n stem van agter uit die vertrek. "Ons wil die vername skilderye sien... Los die een eers."

Maar die afslaer hou voet by stuk. "Sal iemand 'n aanbod maak op die skildery. Wie sal die bod begin? $100, $200?"

'n Ander geïrriteerde stem. "Ons het nie gekom vir die skildery nie. Ons het gekom om die Van Goghs en die Rembrandts te sien. Gaan aan met die regte veiling!"

Maar steeds hou die afslaer vol. "Die seun! Die seun! Wie sal die seun neem?"

Uiteindelik, 'n stem vanuit die heel agterkant van die lokaal. Dit was die eertydse tuinier van die man en sy seun wat jare vir hulle gewerk het. "Ek sal $10 gee vir die skildery." Aangesien hy baie arm was, was dit al wat hy kon bekostig.

"Ons het $10, wie sit 'n bod in vIr $20?"

"Gee dit aan hom vir $10. Laat ons ander die meesterstukke sien."

"Die bod staan op $10, wil niemand $20 aanbied nie?"

Die mense het begin kwaad word want hulle soek nie die skildery van die seun nie. Hulle soek die meer waardige versamelstukke vir hul versamelings

Die afslaers slaan met sy hamertjie. "Vir die eerste maal, vir die tweede maal, VERKOOP vir $10!"

‘n Man in die tweede ry roep uit, "Laat ons nou met die regte versameling begin!"

Die afslaer plaas sy hamertjie eenkant neer. "Ek is jammer, maar die veiling is verby."

"Wat van die ander skilderye?"

"Ek is jammer. Toe ek aangestel is om die veiling te behartig, is ek ingelig van 'n geheime klousule in die testament. Ek was nie toegelaat om die klousule te openbaar tot nou toe nie. Slegs die skildery van die seun sou aangebied word vir die veiling. Wie ook al die skildery sou koop erf die hele landgoed ingesluit al die ander skilderye.
Die man wat die seun neem kry alles!"

God het Sy Seun 2000 jaar gelede gegee om aan die kruis te sterf. Baie soos die afslaer, is Sy boodskap vandag: "Die seun! Die seun! Wie sal die seun neem?"

Want, jy sien, wie ook al die Seun neem kry alles.

WANT SO LIEF HET GOD DIE WÊRELD GEHAD, DAT HY SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE HET, SODAT ELKEEN WAT IN HOM GLO, NIE VERLORE MAG GAAN NIE, MAAR DIE EWIGE LEWE KAN HÊ.......DIT IS LIEFDE

Thursday, December 6, 2007

Niemand het dit Gemaak

Baie jare gelede het Isaac Newton ‘n presiese replika gehad van ons sonnestelsel. As die middelpunt was daar ‘n groot goue bal wat die son voorgestel het, verbind daaraan, met dun staal stafies van verskillende lengtes, was daar ‘n hele paar ander kleiner balle. Hulle het Mercurius, Venus, Mars en ander planete verteenwoordig.
Hierdie was almal gekoppel deur middel van ratte en dryf belde wat maak dat al die planete in perfekte harmonie om die “son” wentel.

Eendag terwyl Newton besig was om die model te bestudeer kom ‘n vriend hom besoek wat glad nie glo in die Bybelse weergawe van die skepping nie. Terwyl hy verwonderd toekyk hoe die wetenskaplike die apparaat laat werk, roep die man uit, “Newton, wat ‘n uitsonderlike ding. “Wie het dit vir jou gemaak. Sonder om op te kyk antwoord Isaac Newton hom, “Niemand.” “Niemand?” vra sy vriend. “Dis heeltemal reg ek het gesê niemand! Al die balle, ratte en dryf belde het net bloot toevallig bymekaar uitgekom en wonder bo wonder het hulle sommer begin om in hulle spesifieke bane te roteer en met perfekte tydsberekening.”

Die ongelowige het die boodskap gekry! Dit was dom om te dink dat die model sommer net gebeur het. Maar dit was nog meer sinneloos om die teorie te aanvaar dat die aarde en die wye hemelruim net toevallig ontstaan het.
Hoeveel meer logies is dit nie om te glo wat die Bybel ons leer nie, “(Gen 1:1) In die begin het God die hemel en die aarde geskape.”
Die Woord verklaar ook:
(PSA 14:1) Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. ……..

Wednesday, December 5, 2007

Die Koopman en sy Vier Vroue

Daar was eens op ‘n tyd ‘n ryk koopman wat vier vrouens gehad het. Hy het die vierde vrou die liefste gehad van almal en het haar oorlaai met die geskenke en die beste lekkernye. Hy het baie goed na haar omgesien en vir haar net die beste gegee.

Hy was baie lief vir sy derde vrou en baie trots op haar en het gedurig met haar gespog voor sy vriende. Maar, die koopman het altyd in vrees geleef dat sy sou wegloop saam met ‘n ander man.

Hy was ook lief vir sy tweede vrou. Sy is ‘n baie bedagsame persoon, altyd geduldig en sy is trouens ook die koopman se vertroueling. Wanneer die koopman probleme ondervind dan is hy vinnig by sy tweede vrou en sy sal hom altyd uithelp en hom bystaan in moeilike tye.

Die koopman se eerste vrou, sy is ‘n baie lojale wederhelfte en het ‘n baie groot bydrae gelewer om die koopman se rykdom te vergroot, sy besigheids belange uit te brei en om die huishouding in stand te hou. Alhoewel hy nie lief was vir haar nie het sy hom oneindig liefgehad. Hy het ook selde van haar notisie geneem.

Eendag toe word die koopman sien en kort voor lank word hy meegedeel dat hy op sterwe lê. Hy dink toe aan die luukse lewe wat hy gelei het en sê vir homself, “Ek is bevoorreg, ek het vier vroue, maar wanneer ek sterwe gaan ek alleen wees. Hoe eensaam sal dit tog nie wees nie!”
Daarop vra hy sy vierde vrou, “Ek het die meeste lief gehad van al my vroue, ek het in oorvloed aan jou die beste gegee van alles. Noudat ek op sterwe lê, sal jy my volg en my in die dood my vergesel?”

“Daar is nie ‘n manier nie!” antwoord die vierde vrou en loop weg sonder ‘n woord verder.
Die antwoord het soos ‘n mes gesny in die koopman se hart.

Die hartseer koopman vra toe sy derde vrou, “ Ek het jou my hele lewe liefgehad, noudat ek besig is om te sterwe, sal jy my volg en my vergesel in die dood?”
“Nee!” antwoord die vrou. “Die lewe is te lekker aan die kant! Ek sal in elk geval weer ‘n ander man trou wanneer jy dood is.”
Die koopman se hart sak in sy skoene en hy voel baie seergemaak deur haar antwoord.

Toe vra hy sy tweede vrou, “ Ek het altyd na nou jou gekom vir hulp en jy het my altyd uitgehelp. Nou het ek weer jou hulp nodig. Wanneer ek doodgaan sal jy my volg en my vergesel in die dood?”
“Ek is jammer, maar die keer sal ek jou nie kan help nie.” Antwoord die tweede vrou. “Die beste wat ek kan doen is om jou te vergesel tot by die graf maar nie in die dood nie.”
Die antwoord het finaal die koopman se hoop en verwagtinge vernietig.

Toe hoor hy ‘n stemmetjie vir hom sê, “Ek sal saam met jou gaan. Ek sal jou volg waar jy ookal gaan.” Die koopman kyk op en daar staan sy eerste vrou.

Sy was vreeslik maer, amper soos iemand wat erg ondervoed is. Baie hartseer sê die koopman, “Ek moes baie beter na jou omgesien het terwyl ek nog die tyd gehad het!”

Eintlik, het ons almal vier vroue in ons lewens……. Die vierde vrou is ons liggaam. Maak nie saak hoeveel tyd, geld en energie ons daarop spandeer om dit mooi te maak nie, dit verlaat ons wanneer ons doodgaan.

Ons derde vrou? Ons besittings, status en rykdom. Wanneer ons doodgaan gaan dit na iemand anders.

Die tweede vrou is ons familie en vriende. Maak nie saak hoe naby hulle aan ons is terwyl ons lewe nie, die verste wat hulle die pad saam met ons kan loop is tot by die graf.

Die eerste vrou is ons siel wat ons soms geweldig afgeskeep in ons soeke na materiële rykdom en sensuele plesier.
Raai wat? Dit is in werklikheid die enigste wat ons sal volg waar ons ookal mag gaan.
Dit sal dalk baie raadsaam wees om ons siel te versorg en te voed NOU in plaas daarvan om te wag totdat ons op ons sterfbed is.

(Mat 16:26) Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

Monday, December 3, 2007

Muisvalletjie

‘n Muis loer deur die kraak in die muur terwyl die boer en sy vrou ‘n pakkie oopmaak. “Ek wonder watse lekker kos kan daarin wees” wonder die muis.

Hy was totaal platgeslaan toe hy ontdek dit is ‘n muisvalletjie.

Terwyl hy na die plaaswerf vlug kondig hy voortdurend die waarskuwing aan. “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis! Daar is ‘n muisvalletjie in die huis!”

Die hoender skrop en krap in die grond rond, lig haar kop en sê, “Meneer Muis, ek kan agterkom dat hierdie ‘n geweldige bekommernis is vir jou maar dit hou geen gevaar in vir my nie. So moet my nie daarmee pla nie.”

Die muis draai na die vark en vertel hom, “Daar is ‘n muisvalletjie in die huis.” Die vark simpatiseer met die muis, maar sê, “Ek is so jammer Meneer Muis, maar daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Wees verseker ek sal aan jou dink.”

Die muis gaan na die koei en vertel dieselfde storie. Sy sê “Sjoe, Meneer Muis ek is baie jammer vir jou maar dit kan niks aan my doen nie.”
Die muis draai om en gaan terug huistoe, kop omlaag en ‘n gevoel van verwerping om maar alleen die boer se muisvalletjie aan te durf.

Daardie selfde nag is daar ‘n klapgeluid in die huis – soos die klank van ‘n muisvalletjie wat sy prooi vasvang.

Die boer se vrou storm in die huis af om te gaan kyk wat het hulle gevang in die muisvalletjie. In die donkerte het sy nie gesien dit was ‘n baie giftige slang wat se stert vasgevang is in die muisvalletjie nie. Die slang het die boer se vrou gepik. Hy het met haar dadelik na die hospitaal gejaag en later het st weer terug gekom maar met ‘n baie hoë koors.

Almal weet dat die beste raad vir om ‘n koors mee te behandel is vars hoendersop, dus het die boer sy byl geneem na die plaaswerf vir die hoendersop se hoof bestandeel.
Maar sy vrou se siekte het net aangehou en vriende en familie het gekom om te help om haar 24 uur op te pas.

Om aan hulle kos te gee moes die boer die vark slag. Die boer se vrou het nie gesond geword nie en later wel gesterf.

Baie mense het na haar begrafnis gekom en die boer moes die koei slag vir genoeg vleis vir al die mense om te eet.

So, volgende keer wanneer jy hoor iemand het ‘n probleem en dink dit raak jou nie – onthou – wanneer een van ons bedreig word is almal in gevaar.

Elkeen van ons is ‘n belangrike draad in ‘n ander persoon se tapeserie: Ons lewens is saamgeweef vir ‘n rede.

Sunday, December 2, 2007

Roomys

Laasweek neem ek my vrou en kinders uit vir ete na die restaurant in ons dorp. My ses jaar oue seun vra toe of hy die tafel gebed kan doen. Terwyl ons ons oë sluit en ons hoofde buig begin hy te bid, “ God is goed. God is groot. Dankie vir die kos en ek sal u nog meer dank as mamma vir ons roomys kry vir nagereg. Amen.”

Saam met die gelag van die mense by die tafel langs ons, hoor ek ‘n vrou opmerk, “Dit is hoe dit so gaan in die land. Kinders van vandag weet nie eers hoe om te bid nie. Vra God vir roomys! Bid jou aan!”

By die aanhoor van die opmerking bars my seun in trane uit en vra my, “Het ek dit verkeerd gedoen? Is God nou kwaad vir my?” Terwyl ek hom vashou en vertroos met die woorde dat daar niks verkeerd was met sy gebed nie en dat God glad nie kwaad is vir hom nie, kom daar ‘n bejaarde man by die tafel aan. Hy knipoog vir my seun en sê “Ek weet dat God gedink het dit was ‘n baie goeie gebed.” “Regtig?” vra my seun. “100% seker.” Met ‘n diep stem fluister hy toe vir my seun “Dis net jammer die tannie het nie vir God gevra vir roomys nie. ‘n Bietjie roomys is soms baie goed vir die siel.”

Na aanleiding van die hele petalje het ek vir die kinders roomys vir nagereg. My seun het vir ‘n oomblik na sy roomys gestaar en toe iets gedoen wat ek vir die res van my lewe sal onthou. Sonder ‘n woord het hy het sy choc sundae opgetel, oorgeloop na die dame wat hom vroeër gekritiseer het oor sy gebed en die roomys voor haar neergesit. Met ‘n groot glimlag op sy gesig sê hy vir haar, “Hier tannie, dit is vir jou. Partymaal is roomys baie goed vir mens se siel en myne is klaar goed.”

(1Pe 3:9) Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.