Laasweek neem ek my vrou en kinders uit vir ete na die restaurant in ons dorp. My ses jaar oue seun vra toe of hy die tafel gebed kan doen. Terwyl ons ons oë sluit en ons hoofde buig begin hy te bid, “ God is goed. God is groot. Dankie vir die kos en ek sal u nog meer dank as mamma vir ons roomys kry vir nagereg. Amen.”
Saam met die gelag van die mense by die tafel langs ons, hoor ek ‘n vrou opmerk, “Dit is hoe dit so gaan in die land. Kinders van vandag weet nie eers hoe om te bid nie. Vra God vir roomys! Bid jou aan!”
By die aanhoor van die opmerking bars my seun in trane uit en vra my, “Het ek dit verkeerd gedoen? Is God nou kwaad vir my?” Terwyl ek hom vashou en vertroos met die woorde dat daar niks verkeerd was met sy gebed nie en dat God glad nie kwaad is vir hom nie, kom daar ‘n bejaarde man by die tafel aan. Hy knipoog vir my seun en sê “Ek weet dat God gedink het dit was ‘n baie goeie gebed.” “Regtig?” vra my seun. “100% seker.” Met ‘n diep stem fluister hy toe vir my seun “Dis net jammer die tannie het nie vir God gevra vir roomys nie. ‘n Bietjie roomys is soms baie goed vir die siel.”
Na aanleiding van die hele petalje het ek vir die kinders roomys vir nagereg. My seun het vir ‘n oomblik na sy roomys gestaar en toe iets gedoen wat ek vir die res van my lewe sal onthou. Sonder ‘n woord het hy het sy choc sundae opgetel, oorgeloop na die dame wat hom vroeër gekritiseer het oor sy gebed en die roomys voor haar neergesit. Met ‘n groot glimlag op sy gesig sê hy vir haar, “Hier tannie, dit is vir jou. Partymaal is roomys baie goed vir mens se siel en myne is klaar goed.”
(1Pe 3:9) Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
Sunday, December 2, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment