Die eerste keer het ek God gesien as my regter, wat rekord hou van alles wat ek verkeerd doen, om daardeur te bepaal of ek hemel of hel toe sal gaan wanneer ek sterwe. Hy was daar soos die foto van ‘n president. Ek herken Sy portret wanneer ek dit sien, maar ek ken Hom nie werklik nie.
Later toe ek Christus ontmoet het en Hy in my lewe gekom het, het die lewe gevoel soos ‘n fietsrit, op ‘n tandem fiets. Ek het agtergekom dat Christus op die agterste sitplek was en my help trap het.
Ek kan nie onthou wanneer Hy voorgestel het dat ons plekke moet ruil nie, maar daarna was die lewe nooit weer dieselfde nie.
Terwyl ek beheer oor die fiets gehad het was dit baie vervelig en voorspelbaar…. Dit was die korste afstand tussen twee punte en dis dit. Maar toe Hy die leiding neem het Hy al die opwindende paaie geken om te neem, teen berge op en deur rowwe plekke teen nekbreek spoed, al wat ek kon doen was om vas te hou vir ‘n vale!
Soms het dit gelyk na malligheid maar Hy sê net “Trap!”
Deur geloof het ek net getrap al was ek baie bekommerd en benoud. “Waar neem U my heen?” het ek baie gevra maar Hy het net gelag en geen antwoord gegee en dis hoe ek moes leer om te vertrou.
Ek het vergeet van my vervelige bestaan en het die lewe van opwinding betree.
Wanneer ek sê, “Ek is bang,” sal Hy terug leen en my hand aanraak. Hy het my na mense geneem wat gawes gehad het wat ek benodig. Gawes van gesondmaking, aanvaarding, liefde en blydskap. So baie kosbare gawes om saam te neem op my reis – God sin en myne. Dan is ons weer oppad en Hy sal vir my sê, “Gee weg die gawes aan ander – hulle is nou net ekstra bagasie – daar is nog baie ander gawes om te kom op die pad wat ons nou ry.”
So het ek gemaak, die gawes gegee aan mense wat ek op die pad ontmoet het en ek het gevind dat om te gee het ek meer ontvang en my las was baie ligter.
Eers het ek Hom nie vertrou om volle beheer van my lewe oor te neem nie. Ek het gedink Hy sal dit verwoes en dit ‘n baie saai en eentonige lewe maak – maar ek het ontdek dat Hy weet hoe om die slegste pad in my lewe te hanteer.
Nou leer ek om stil te wees en saam te trap in die vreemdste plekke. Ek begin om die uitsig te geniet, die uitdaging van die rit asook die koele windjie op my gesig met die wonderlikste kameraad – Jesus Christus.
Wanneer dit voel of ek glad nie meer verder kan aangaan nie, hou ek net my oë en geloof op Hom. Hy kyk na my met ‘n pragtige glimlag en sê: “…… Hou aan om te trap.”
(Jes 41:10) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
Monday, December 10, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment