‘n Man het ‘n klein dogtertjie gehad – sy enigste en die appel van sy oog. Hy het vir haar geleef – sy was sy hele bestaan. Sy het siek geword en self die beste dokters kon haar nie gesond kry nie. Hy het soos ‘n waansinnige geword en sou die hele aarde skuif as hy maar net sy dogtertjie gesond kon kry.
Sy beste pogings en al die geld in die wêreld kon nie die kindjie gesond kry nie en sy is later dood. Die vader was ontroosbaar van droefheid. Hy het ‘n verbitterde kluisenaar geword wat homself afgesluit het van sy vele vriende en familie. Hy het geweier om aan enige aktiwiteit van die gemeenskap deel te neem wat hom in kontak sou bring met sy ou vriende en daar was geen belangstelling om sy lewe terug te verander soos voor die afsterwe van sy geliefde kind nie.
Maar een nag het hy ‘n droom gehad.
Hy was in die Hemel en het gekyk na ‘n prag skouspel van al die klein kinder engele. Hulle het geloop in, wat gelyk het soos ‘n oneindige, lang ry verby die Groot Wit Troon van God. Elke kinder engel het ‘n kersie gedra. Hy het opgemerk dat die een kindjie se kersie was dood gewees.
Toe merk hy eers op dat die kindjie met die dooie kers was sy geliefde dogtertjie. Terwyl die parade van pragtige kinder engele stilstaan hardloop hy na haar en tel haar en sy arms en druk haar styf vas teen hom en vra haar, “Hoe is dit my liefling dat jou kers die enigste een is wat dood is tussen al die engele?” Vader, Hul steek gereeld my kersie aan die brand maar jou trane doof elke keer die vlammetjie uit.”
Net toe word hy wakker van sy droom. Die les was glashelder gewees en die gevolge onmiddellik. Vanaf daardie uur was hy nie meer ‘n kluisenaar nie maar het opgewek gemeng met al sy vriende en familie.
Nie langer sal hy toelaat dat sy trane die kersie van sy geliefde blus nie.
(PSA 56:13) (56:14) want U het my siel gered van die dood—ja, my voete van struikeling—om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.
Friday, December 14, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment