Wednesday, July 18, 2012

Hoe Hanteer JY Teenspoed?


’n Jong dogter kla teenoor haar pa oor haar lewe en hoe moeilik dit vir haar was. Sy het nie geweet hoe sy dit gaan maak nie en wil net moed opgee oor al die teenspoed wat sy ervaar. Sy was moeg om te sukkel en te veg vir alles. Net sodra die een probleem opgelos is dan duik die volgende op.

Haar pa, ’n kok, neem haar na sy kombuis en plaas drie kastrolle met water in op die stoof.
Spoedig kook die water in die kastrolle.

In die een kastrol plaas haar pa wortels, in die ander eiers en in die laaste gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.

Die dogter byt haar onderlip en wonder ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Na ongeveer ’n halfuur stap hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die wortels uit die kastrol en plaas dit in ’n opskep bak. Hy haal die eiers uit die kastrol en plaas hulle in ’n ander opskep bak. Hy neem ’n opskep lepel en versigtig skep hy van die koffie af in ’n kommetjie.

Hy draai na sy dogter en vra. “Skattebol, wat sien jy?”

Selfvoldaan antwoord sy. “Wortels, eiers en koffie.”

Hy neem haar hand nader aan die opskep bak en vra haar om aan die wortel te vat en te voel hoe hulle voel. Jy maak so en merk op dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers te neem en dit te dop. Nadat al die doppe af, bevoel sy die hard gekookte eier. Laastens vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe.

Verwonderd vra sy. “Wat beteken dit nou alles, Pa?”

 Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”

“Die wortel in ingegaan sterk, hard en onbuigsaam. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”

“Die eiers was breekbaar en broos. ’n Dun buite laag bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard geword.”

“Maar die koffiebone daarenteen is uitsonderlik. Na die kookwater behandeling het dit sterker en ryker geword.”

“Watter een is jy?” vra hy sy dogter.

Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
 
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?

Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?

Of is jy die eier, wat begin het met ’n sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n dood, ’n egskeiding, ’n verbrokkelde verhouding, ’n aflegging by die werk word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde maar binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees.
 
Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge op erger word, word jy beter. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou lofprysing. Wanneer jou uur die donkerste is verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning YaHWeH tot ’n nuwe heerlike vlak.

Hoe hanteer jy vandag teenspoed?

Is jy die wortel, eiers of koffieboon?

Tuesday, July 10, 2012

’n Voorsmakie van Wysheid


Die bejaarde leermeester het begin moeg word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit om sout te gaan haal.

Toe die leerling terugkom met die sout gee die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in ’n glas water te gooi en dit dan te drink.

“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.

“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl hy die mond vol soutwater uitspuug.

Die ou leermeester glimlag en vra vir die jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi. Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester, “Drink nou van die meer se water.”

Terwyl die water van die jong leerling se ken afdrup vra die ou leermeester hom, “Hoe smaak dit?”

“Vars en verfrissend,” antwoord die leerling.

“Kon jy die sout proe in die water?” vra die ou leermeester.

“Nee,” antwoord die jong leerling.

Die ou leermeester gaan sit langs die jong leerling en neem die jongman se hande in syne en sê, “Kom dat ek jou vandag leer oor die sout:”

“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde. Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe hang af van die houer waarin ons dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou....
Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”

Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.