Die bejaarde leermeester het begin moeg
word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit
om sout te gaan haal.
Toe die leerling terugkom met die sout gee
die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in
’n glas water te gooi en dit dan te drink.
“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.
“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl
hy die mond vol soutwater uitspuug.
Die ou leermeester glimlag en vra vir die
jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi.
Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester, “Drink nou van
die meer se water.”
Terwyl die water van die jong leerling se
ken afdrup vra die ou leermeester hom, “Hoe smaak dit?”
“Vars en verfrissend,” antwoord die
leerling.
“Kon jy die sout proe in die water?” vra
die ou leermeester.
“Nee,” antwoord die jong leerling.
Die ou leermeester gaan sit langs die jong
leerling en neem die jongman se hande in syne en sê, “Kom dat ek jou vandag
leer oor die sout:”
“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks
meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde.
Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe hang af van die houer waarin ons
dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen
om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou....
Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”
Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn
dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien
dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.
No comments:
Post a Comment