Indien jy vêr verwyder van YaHWeH voel,
raai wie het getrek?
Vrees het geklop. Geloof het geantwoord –
“Die een na wie jy soek is nie hier nie.”
Wat jy is, is YaHWeH se geskenk aan jou.
Wat jy word, is jou geskenk aan YaHWeH.
Ek is YaHWeH se Melodie van die Lewe en Hy
sing Sy lied deur my.
Ons kan nêrens heen
gaan waar YaHWeH nie is nie, en waar Hy is, daar is alles volgens Sy orde.
Maak nie saak wat ookal in jou lewe gebeur
nie, weet dat YaHWeH altyd vir jou Wag met ope Arms.
YaHWeH beloof ’n veilige landing, nie ’n
kalm vlug nie.
Doen jou beste en slaap in vrede. YaHWeH is
Wakker.
YaHWeH het ’n doel en ’n plan met my, wat
niemand anders kan vervul nie.
Die Wil van YaHWeH sal jou nooit neem na
waar die Genade van YaHWeH jou nie sal beskerm nie.
Ons is verantwoordelik vir die inspanning,
nie die uitslag nie.
Ons hys die seile, YaHWeH maak die wind.
Begin om te brei en YaHWeH sal jou die wol
gee.
Wanneer YaHWeH “Nee,” sê, is dit omdat Hy
iets heelwat beter ingedagte het vir jou.
Die Taak voor ons, is nooit so groot soos
die Krag agter ons nie.
Gebed: Moenie vir YaHWeH instruksies gee
nie, meld net aan vir diens.
Dit is my besigheid om YaHWeH se Besigheid
te doen en dis Sy Besigheid om na my besigheid om te sien.
Gemoedsrus is nie om van die storm te
ontsnap nie, maar kalmte te midde van die storm.
Hoekom is almal altyd besig om rond te
hardloop opsoek na YaHWeH, Hy is nie weg nie.
YaHWeH het my op aarde geplaas om ’n paar
goed te doen, tans is ek so vêr agter dat ek vir ewig sal lewe.
Hy wat nie wil doen terwyl hy kan, kan nie, wanneer hy
wil.
No comments:
Post a Comment