’n Jong dogter kla teenoor haar pa oor haar
lewe en hoe moeilik dit vir haar was. Sy het nie geweet hoe sy dit gaan maak
nie en wil net moed opgee oor al die teenspoed wat sy ervaar. Sy was moeg om te
sukkel en te veg vir alles. Net sodra die een probleem opgelos is dan duik die
volgende op.
Haar pa, ’n kok, neem haar na sy kombuis en
plaas drie kastrolle met water in op die stoof.
Spoedig kook die water in die kastrolle.
In die een kastrol plaas haar pa wortels,
in die ander eiers en in die laaste gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle
met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.
Die dogter byt haar onderlip en wonder
ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om
een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Na ongeveer ’n halfuur stap
hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die
wortels uit die kastrol en plaas dit in ’n opskep bak. Hy haal die eiers uit
die kastrol en plaas hulle in ’n ander opskep bak. Hy neem ’n opskep lepel en
versigtig skep hy van die koffie af in ’n kommetjie.
Hy draai na sy dogter en vra. “Skattebol,
wat sien jy?”
Selfvoldaan antwoord sy. “Wortels, eiers en
koffie.”
Hy neem haar hand nader aan die opskep bak en vra haar om aan die wortel te vat en te voel hoe hulle voel. Jy maak so en merk op dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers te neem en dit te dop. Nadat al die doppe af, bevoel sy die hard gekookte eier. Laastens vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe.

Verwonderd vra sy. “Wat beteken dit nou
alles, Pa?”
Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”
“Die wortel in ingegaan sterk, hard en
onbuigsaam. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”
“Die eiers was breekbaar en broos. ’n Dun buite
laag bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard
geword.”
“Maar die koffiebone daarenteen is
uitsonderlik. Na die kookwater behandeling het dit sterker en ryker geword.”
“Watter een is jy?” vra hy sy dogter.
Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?
Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?
Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met
die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?
Of is jy die eier, wat begin het met ’n
sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n dood, ’n egskeiding, ’n verbrokkelde
verhouding, ’n aflegging by die werk word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde
maar binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees.
Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge op erger word, word jy beter. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou lofprysing. Wanneer jou uur die donkerste is verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning YaHWeH tot ’n nuwe heerlike vlak.

Hoe hanteer jy vandag teenspoed?
Is jy die wortel, eiers of koffieboon?
No comments:
Post a Comment