Daar was ‘n
boer wat daagliks aan die bakker een pond botter gelewer het, wat hy gebruik
vir sy brode wat hy bak. Op ‘n dag besluit die bakker om die botter te weeg om
seker te maak dat die boer wel een pond botter aan hom voorsien. Hy het gevind
dat die botter minder as een pond geweeg het. Hy was briesend omdat die boer
hom ingeloop het met die gewig van die botter en het hom voor die hof gedaag.
Die regter
vra die boer of hy ‘n skaal het wat hy gebruik. Die boer antwoord, “Agbare
regter, ek boer baie primitief en het nie ‘n skaal wat die gewig van die produk
aandui soos die nuwerwetse skale soos wat die bakker gebruik nie, maar ek het
‘n ou weegskaal waar jy die produk aan die een kant in die bak sit en aan die
anderkant plaas jy ‘n spesifieke gewig en kyk dat die twee balanseer.”
Die regter
vra, nou hoe presies bepaal jy die gewig van die botter wat jy verkoop, wat is
jou teen gewig wat jy gebruik?”
Die boer
antwoord, “Agbare regter, lank voordat die bakker botter by my begin koop het,
het ek gereeld ‘n een pond brood by hom gekoop. Toe die bakker by my begin botter koop het ek sy een pond brood aan die
een kant van die skaal geplaas en dieselfde gewig aan die anderkant afgeweeg
vir hom. Ek het aanvaar dat sy gewig van die brood korrek sal wees en het nie
doelbewus die gewig van die botter minder gemaak nie. Die persoon wat hier te
blameer is, is die bakker.”
Ons word gemeet met die maatstok waarmee ons
ander meet.
Sal dit nie wonderlik wees as ons kan sê, ....... ek hoop om te ontvang
soos ek gegee het?
No comments:
Post a Comment