Ja, ek so
is nog ‘n jaar verby en ons almal het ‘n paar gryshare by gekry, sommige van ons
‘n plooi of wat ekstra, van die kilogramme sal ons maar liewers glad nie praat.
Ek wil vir
die gereelde lesers van die blog dankie sê vir die ondersteuning deur die jaar
en die geduld dat ek die laaste maand of wat so bietjie afgeskeep het. Die
eksamens en finale “assignments” het my so bietjie ingehaal maar gelukkig is
dit nou ook eers agter die rug.
Kan darem rapporteer dat die harde werk vrugte afgewerp het en ek, my broer
en vriend is deur.
Die grade
plegtigheid volgende jaar kan nogal komies wees, my moeder wat
diep in die sewentig is, is vas van plan om my en my broer se grade plegtigheid
volgende jaar by te woon. Ma van in die 70 woon grade plegtigheid by van 2
seuns heelwat in die 50’s.
Moet erken
die 2 jaar het sy komiese oomblikke ook gehad – die lektore spreek jou aan soos
‘n kollega want ek is net so oud of ouer as hulle en die mede studente spreek
jou aan as oom. Die beste – kan oom ons so bietjie help met die vraag – hehehe.
In elk
geval, hierdie is die laaste vir die jaar en ek wil almal van julle ‘n heerlike
rus tydjie toewens en vir die wat reis, reis veilig en dink maar vir die ander
een ook, want sommige van hulle dink glad nie.
Groete
GB
No comments:
Post a Comment