Die jong man ontmoet die wyse ou man wat
langs die pad sit. Die jongman vra die wyse ou man, “Watter rigting is die pad
na sukses?”
Die wyse ou man met die groot grys baard
praat nie ’n woord nie, maar beduie net met sy vinger na ’n plek wat ’n ent
daarvandaan is.
Die jongman, baie opgewonde oor die
moontlikheid van vinnige en maklike sukses, trek op ’n draf stappie daar weg in
die rigting wat die wyse ou man beduie het. Skielik, is daar net ’n luide
“KADOEF” hoorbaar. Uiteindelik, kom die jongman kruppel, vol skrape en effens
bedwelmd by die wyse ou man aan. Hy neem aan dat hy dalk die wyse ou man se
boodskap verkeerd verstaan het. Hy herhaal sy vraag aan die wyse ou man, wat
weereens in stilte in die dieselfde rigting beduie.
Gehoorsaam stap die jongman weereens in die
aangewese rigting. Hierdie keer is die KADOEF oorverdowend soos die jongman
homself disnis val. Toe die jongman terug kruip is hy bebloed, sy klere
geskeur, vol blou en pers kolle en baie geïrriteerd. “Ek het jou gevra watter
rigting is die pad na sukses!” skreeu hy op die wyse ou man “ek het die rigting gevolg soos jy beduie het en
al wat ek daarvoor gekry het, was KADOEF soos ek val! Niks meer van hierdie
beduiery nie! Praat!”
Slegs toe begin die wyse ou man te spreek
en sê die volgende aan die jongman, “Sukses IS in die rigting wat ek jou beduie
het. Dis net ’n klein entjie anderkant KADOEF. Jy moes net opstaan en aangehou
het na die val.”
No comments:
Post a Comment