Daar was ‘n baie arm ou man wat in die dorpie gewoon het. Alhoewel hy onbelangrik was, was self konings jaloers op hom omdat hy die pragtigste wit perd in die hele land besit het.
Die konings het groot somme geld aangebied vir die perd, maar die ou man sê net, “Die perd is nie ‘n perd vir my nie maar soos ‘n mens en hoe kan jy ‘n mens, ‘n vriend, verkoop?” Die ou man was arm maar hy sou nooit sy perd verkoop nie.
Een oggend vind hy dat die perd nie in die stal is nie. Die mense van die hele dorp het bymekaar gekom en vir hom gesê, “Jou dwase ou man! Ons het geweet dat iemand eendag die perd sal steel. Dit sou beter gewees het as jy die perd verkoop het terwyl jy kon. Wat ‘n verlies!”
Die ou man sê toe vir hulle, “Moenie sovêr gaan om te sê dat die perd gesteel is nie. Sê eerder dat die perd is nie in die stal nie. Dit is die feit, enigiets anders is spekulasie. Of dit ‘n verlies of ‘n seën is weet ek nie want ons ken net ‘n gedeelte. Wie weet wat hierop sal volg?”
Die mense het gelag vir die ou man. Hulle het altyd geweet dat hy nie aldag al sy varkies op hok het nie. Na ongeveer vyftien dae het die perd skielik een nag net weer by die stal opgedaag. Hy was nie gesteel nie maar het net ontsnap na die wildernis. Die perd het nie net teruggekeer nie maar het ‘n dosyn wilde perde saam met hom gebring.
Weereens het die dorp se mense bymekaar gekom en gesê, “Ou man, jy was reg. Dit was nie ‘n verlies nie maar dit het uitgedraai om ‘n seën te wees.”
Die ou man sê toe, “Weereens gaan julle te vêr. Sê net eerder, die perd is terug ….. wie weet of dit ‘n seën is of nie? Dit is weereens net ‘n gedeelte van die hele prentjie. Julle lees net een woord in ‘n sin – hoe kan julle dan die hele boek beoordeel?”
Die keer kon die mense niks gesê nie, maar heimlik het hulle geweet hy is verkeerd. Twaalf pragtige perde het saam terug gekom.
Die ou man het slegs een seun gehad en hy het begin om die twaalf wilde perde in te breek. Slegs ‘n week later val hy van die perd af en breek beide sy bene. Die mense het weer bymekaar gekom en weer het hulle geoordeel. Hulle sê, “Weereens het jy bewys jy is reg! Dit was ‘n verlies. Jou enigste seun het die gebruik van beide bene nou verloor en in jou oudag was hy jou enigste ondersteuning. Nou is jy nog armer as wat jy ooit was.”
Die ou man antwoord hulle, “Julle het ‘n obsessie om et oordeel. Moenie sovêr gaan nie. Sê slegs dat my seun sy bene gebreek het. Die lewe kom in fragment stukkies en meer word nie aan jou gegee nie.”
Dit het gebeur dat ‘n paar weke na die insident dat die land betrokke geraak het in ‘n oorlog en al die jong manne van die dorp is gedwing om oorlog toe te gaan. Slegs die ou man se seun is gelos aangesien sy bene gebreek is. Die hele dorp was in rou en hartseer gedompel want die oorlog was gedoem van die begin af en die inwoners het geweet dat die meeste van hul jong manne nie sal terugkeer nie. Hulle gaan toe weer almal na die ou man toe en sê, “Jy was reg, ou man – dit het uitgedraai om ‘n seën te wees. Jou seun kan nou wel nie loop nie, maar hy is steeds by jou. Ons seuns is weg verewig.”
Die ou man sê weer, “Julle gaan weer aan en aan om te oordeel. Niemand weet nie! Sê slegs, dat ons seun gedwing is om oorlog toe te gaan en joune nie. Want slegs God, wat die hele prentjie sien, weet of dit ‘n seën of ‘n verlies sal wees.”
Oordeel nie anders sal jy nooit in staat wees om die hele prentjie te sien nie. Met slegs fragmente raak jy behep en maak afleidings wat verkeerd kan wees. Wanneer jy geoordeel het, het jy ophou groei want die verstand soek altyd oordeel omdat dit die maklike uitweg is. Sonder oordeel moet die verstand oop bly vir enige verdere verwikkelinge wat vir die verstand gevaarlik en ongemaklik voorkom.
In teendeel, die reis hou nooit op nie. Een pad eindig, ‘n ander begin: een deur sluit, ‘n ander maak oop. Jy bereik die piek, die volgende hoër piek wag. In God is dit ‘n eindelose reis. Slegs die wat so braaf is dat hulle nie omgee oor die einddoel nie maar tevrede is met die reis, kan leef in die oomblik en daarin verder groei, slegs hulle kan wandel in die geheel prentjie.
Friday, January 18, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment