Hy plaas een skep klei op die ander totdat daar ‘n lewelose vorm op die grond lê.
Die hele Tuin se bewoners het gaan stilstaan om die gebeurtenis te aanskou. Arende sweef in sirkels, die kameelperde rek hul nekke om te sien vlinders verpoos op die blomblare en kyk.
“Jy sal my liefhê, natuur” sê God. “Want ek het jou so geskape. Jy sal my gehoorsaam, wêreld. Want jy is ontwerp om dit te doen. Hemele, jy sal my glorie verkondig want dis waarvoor jy geskep is. Maar die een sal soos Ek wees. Die een sal in staat wees om te kies.”
Almal en alles was in doodse stilte toe die Skepper uitreik binne Homself en iets verwyder, wat tot nog toe ongekend was. ‘n Saad. “Dit word genoem, ‘keuse’. Die saad van keuse.”
Die skepping het in stille verwondering gestaan en die lewelose vorm aanskou.
‘n Engel spreek, “Wat as hy….?
“Wat as hy kies om my nie lief te hê nie?” voltooi die Skepper die sin. “Kom ek sal jou wys.” Nie gebonde aan vandag stap God en die engel in die realm van die toekoms. “Daar, kyk na die vrug van die saad keuse, beide die soet en die bitter daarvan.”
Die engel staar in verwondering vir dit wat hy sien. Spontane liefde. Vrywillige toewyding. Teerheid deur eie keuse. Nog nooit het hy so iets gesien nie. Hy kon die liefde van die Adam’s aanvoel. Hy hoor die vreugde van Eva en haar dogters.
Hy sien die voedsel en die laste wat gedeel word. Hy drink die goedhartigheid in en aanskou die wonderlike warmte tussen mekaar.
“Die hemele het nog nooit tevore sulke skoonheid gesien nie, my Koning. Dit is werklik u wonderlikste skepping van almal.”
“Ah, maar jy het nog net die soet gesien. Aanskou nou die bitter.” ‘n Verskriklike stank omring die twee. Die engel, vervul met afsku, draai om en vra.
“Wat is dit?”
Die Skepper spreek slegs een woord: “Selfsug”
Die engel staan sprakeloos terwyl hulle beweeg deur eeue van afsku. Nog nooit het hy sulke vullis aanskou nie. Verrotte harte. Gebreekte beloftes. Vergete lojaliteite. Kinders van die skepping wat blindelings wandel in di e sondigheid.
“Is dit die resultaat van keuse?” vra die engel.
“Ja.”
“Hulle sal U vergeet?”
“Ja.”
“Hulle sal U verwerp?”
“Ja.”
“Hulle sal nooit terugkom nie?”
“Sommige sal. Die meeste sal nie.”
Die Skepper stap verder aan in tyd, verder en verder die toekoms in, totdat Hy by ‘n boom gaan staan. “n Boom wat later omskep sal word in ‘n krip. Toe reeds kon Hy al die hooi ruik wat Hom sou omring in die stal.
Met nog ‘n verdere stap in die toekoms in verpoos Hy by ‘n ander boom. Dit staan eenkant alleen op ‘n kaal koppie. Die stam daarvan was dik en die hout sterk. Binnekort sal dit afgesny en verwerk word. Binnekort sal dit geplant word op die koppie van Golgota en Hy sal daaraan gekruisig word.
Hy voel die hout krap teen ‘n rug wat Hy nog nie aangeneem het nie.
“Gaan U af daarheen? Vra die engel.
“Ek sal”
“Is daar nie ‘n ander pad nie?”
“Nee, daar is nie.”
“Sou dit nie makliker gewees het om glad nie die saadjie te plant nie? Sal dit nie makliker wees om glad nie die keuse te gee nie?”
“Dit sal.” Antwoord die Skepper stadig, “Maar om die keuse weg te laat is om die liefde weg te laat.”
Hy kyk om Hom heen op die koppie en sien die toneel. Drie figure hang aan drie kruise. Arms en voete vasgespyker aan die kruishout en hoofde geboë. Die wind dra die klaagliedere van hul pyn. Mans geklee in soldate uniforms sit op die grond naby die drie. Hulle speel speletjies in die grond en lag uitbundig.
Mans geklee in die drag van die sinagoge staan daar aan die een kant. Hulle glimlag tevrede met hulself en vol arrogansie. Hulle het God beskerm dink hulle by hulself deurdat hulle die valse een laat dood maak.
Vroue geklee in smarte staan vasgeklou aan mekaar aan die voet van die heuwel. Gesigte benat met die trane van verdriet. Oë grondwaarts gerig. Een plaas haar arms om ‘n hartseer moeder om haar weg te lei. Sy wil nie gaan nie. “Ek sal bly.” fluister sy, “Ek sal bly.
Die hemele staan gereed om te baklei. Die hele natuur staan op om te red. Die hele ewigheid gereed om te beskerm. Maar die Skepper het geen opdrag gegee.
“Dit moet gedoen word…..” sê Hy.
Terwyl Hy omdraai hoor Hy die stem wat eendag sal uitroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Hy verwring oor môre se angs.
Die engel praat weer. “Dit sal minder pynlik…….”
Die Skepper val hom saggies in die rede. “Maar dit sal nie liefde wees nie.”
Hulle stap weer die Tuin binne. Die Skepper aanskou die klei skepping in alle erns. ‘n Stortvloed van liefde wel op in Hom. Hy het reeds gesterf vir die skepping voordat Hy dit nog geskape het. Die vorm van God buig oor die gevormde gesig en blaas Sy asem uit. Stoffies dwarrel om die lippe van die nuut geskape een . Die borskas begin te styg terwyl dit die klei oopbreek. Die wang kry vlees. ‘n Vinger roer. ‘n Oog maak oop.
Maar meer wonderbaar as die beweging van die vlees is die roering van die gees. Die wat die onsienlike kon aanskou se asems word weggeslaan.. Miskien was dit die wind wat dit die eerste gesê het. Miskien was dit wat die ster op daardie oomblik aanskou het wat gemaak het dat dit voortdurend skitter. Miskien was dit oorgelaat aan ‘n engel om dit te fluister:
“Dit lyk soos… dit lyk so baie soos…. dit is Hy!”
Die engel het nie gepraat van die gesig, die kenmerke of die liggaam nie. Hy het binne in gekyk – na die siel.
“Dit is ewig!” roep ‘n ander engel uit.
Binne in die man het God ‘n heilige saad geplaas van Homself (die saad van keuse). Die Almagtige God van hemel en aarde het die aarde se magtigste geskape…. Die Een wat gekies het om lief te hê het een geskep wat in staat is om terug lief te hê.
Nou is dit jou keuse. – Wat gaan dit wees?
Monday, January 7, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment