Negentien jaar gelede (7 Desember 1988) het ‘n 6.9 aardbewing gevolg deur ‘n 5.8 na-skok Armenia feitlik gelyk gemaak en oor die 45 000 mense het gesterf in minder as vier minute.
Dit is moeilik om jouself voort te stel die wroeging, pyn en leiding wat begin het in die kortstondige vier minute – mense se hele wêreld is omgekeer en lewens verwoes. Ten spyte van die verwoesting bring sulke tragedies soms die beste in mense na vore – dit voorsien ‘n venster om die inhoud van elke een se hart te sien. Laat my toe om jou die hart te wys van ‘n liefdevolle vader.
Te midde van die chaos en verwoesting het hy gejaag na sy seun se skool. In plaas van ‘n skool het hy slegs ‘n vormlose ruïne van steen, klip, hout en sink aangetref waar die skool eens gestaan het. Dink jouself in wat het deur sy gedagtes gegaan. Wat sou op daardie stadium deur jou gedagtes gegaan het? Moontlik sou skok jou ook so verlam het soos die ander ouers wat in ‘n dwaal op die perseel rondgestaan het en droefgeestig na hulle kinders geroep het terwyl ‘n groot benoudheid hul oorval het. Maar in die geval van die vader, het die verwoeste gebou hom aangespoor om tot aksie oor te gaan. Hy hardloop na die agterste hoek van die gebou waar sy seun se klaskamer voorheen was en hy begin onmiddellik te grawe. Hoekom? Watse hoop het hy gehad? Wat was die kanse dat sy seun so ‘n verwoesting kon oorleef? Al wat hy geweet het is dat hy sy seun belowe het dat hy altyd daar sal wees vir hom. Dit was die belofte wat krag aan sy liggaam voorsien het en hom geestelik gemotiveer het.
Terwyl hy begin het om te grou het wel menende ouers hom probeer wegkry by die rommel met die woorde: “Dit is te laat!” “Hulle is dood!” “Jy kan niks meer vir hulle doen nie!” “Jy kan hulle nie help nie!” “Gaan huis toe!” Die hoof van die brandweer het hom ook probeer wegkry en hom meegedeel: “Brande en ontploffings vind oral plaas. Jy verkeer in groot gevaar. Gaan huis toe!” Ten einde laaste het die polisie opgedaag en aan hom gesê, “Jy is kwaad, getraumatiseerd, maar dit is verby. Gaan nou eerder huis toe.” Maar die vader het ‘n belofte gemaak en hy was vas van plan om daarby te hou!
Die liefde wat die vader in sy hart gehad het vir sy seun het hom aanhou laat grou vir agt … 12…. 24…. 36 ure. Toe, in die 38ste uur rol hy ‘n groot stuk beton rotsblok weg en hoor sy seun se stem wat roep om hulp. Dadelik roep hy, “ARMAND!” Die seun roep terug, “Pa!? Ek het hulle gesê! Ek het die ander kinders gesê dat as pa nog leef sal hy my kom red! Jy het belowe dat jy altyd daar sal wees vir my en jy het jou belofte gehou!
‘n Vasbeslote vader, ‘n belofte en ‘n rotsblok wat weggerol word om lewe te onthul en vryheid te skenk. Die verhaal van Armand se vader herinner ons aan die gebeure wat plaasgevind het by die graf van ons Verlosser toe ons Hemelse Vader ‘n baie groter belofte gehou het deurdat Hy ‘n rotsblok van nog groter betekenis weggerol het.
Met die wegrol van die steen het daar vir ons ewige lewe gekom en ware vryheid in Christus.
En weet julle wat? Ons Hemelse Vader is nog steeds in die besigheid van die wegrol van klippe.
Wat is die klippe in jou lewe?
Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein hulle is nie ons Vader is nou op soek na jou. Hy soek deur die rommel en ruïnes van lewens wat nie vir Hom geleef word nie en Hy wil die rotse wegrol van wanhoop en slaweband wat jou bind.
Mag jy onthou of miskien vir die eerste keer ontdek dat ons God die grootste beloftes ooit gemaak het en Hy is oorvloediglik in staat om hulle almal na te kom net soos Hy die baie spesiale belofte aan Sy Seun nagekom het so twee duisend jaar gelede.
(Han 13:37) maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
(Han 13:38) Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
(Han 13:39) en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
Saturday, January 5, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment