Ons huis was direk oorkant die straat van die John Hopkins Hospitaal in Baltimor. Ons het in ‘n dubbel verdieping huis gewoon, die onderste vloer het die gesin bewoon en die boonste vloer se kamers is aan buite pasiënte van die hospitaal verhuur. Een somers aand terwyl ek besig was met die voorbereiding van aand ete, was daar ‘n klop aan die deur. Ek het die deur oopgemaak en ‘n man wat verskriklik lyk voor my gesien. Hy was skaars langer as my agtjarige kind gewees het ek by myself gedink terwyl ek sy verrimpelde postuur aanskou. Sy gesig was skoon skeef getrek van swelling en dit het rooi en rou gelyk. Maar tog was sy stem baie aangenaam toe hy sê, “Goeie naand Mevrou. Ek het kom uitvind of julle dalk ‘n kamer beskikbaar vir slegs een nag. Ek het vir ‘n behandelings sessie vanoggend vanaf die Ooskus en daar is eers môre ‘n bus terug.”
Hy sê dat hy die hele middag nog opsoek was na ‘n kamer waar hy kan oorbly vir die nag maar sonder sukses. Dit lyk of niemand enige kamers beskikbaar het nie. “Ek neem aan dit moet seker my gesig wees…… ek weet dit lyk afskuwelik, maar my dokter reken met nog ‘n paar behandelings…………” Vir ‘n oomblik het ek nog geaarsel maar sy volgende woorde het my oortuig. “Ek kan sommer in die skommelstoel hier op die stoep slaap. My bus vertrek baie vroeg môre oggend.” Ek het aan hom gesê al die kamers is vol maar ons sal vir hom ‘n plekkie kry om te slaap, hy moet solank bietjie sit en rus.
Ek het teruggegaan kombuis toe en klaar gemaak met die aand ete. Nadat die ete klaar voorberei is het ek die ou man genooi om by ons aan te sluit vir ete. Hy het ‘n bruin papiersak in die lug gehou met die woorde “Nee dankie, ek het heeltemal genoeg hier.” Nadat ek klaar die skottelgoed gewas het, het ek saam met die ou visser op die stoep gesit om so bietjie met hom te gesels. Dit het nie lank geneem om agter te kom dat die ou man ‘n hart so groot soos ‘n huis het wat ingeprop is in die tenger liggaampie nie.
Hy vertel my dat hy visvang vir ‘n lewe om sy dogter, haar vyf kinders en man, wat hopeloos verlam is vanweë ‘n rugbesering, te onderhou. Hy het dit aan my vertel nie op ‘n wyse om simpatie te ontlok of hom jammer te kry nie, in teendeel, baie gereeld begin sy sinne met sy dankbaarheid teenoor God vir die seëninge wat hy ontvang. Hy was baie dankbaar dat hy geen pyn het met die siekte wat hom aantas nie, blykbaar is dit ‘n tipe velkanker. Hy dank God vir die krag wat hy ontvang het om voort te gaan ten spyte van die siekte.
Teen slapenstyd het ‘n opvou bedjie in die kinders se kamer vir hom opgemaak. Die volgende oggend, dou voor dag, was die bedlinne netjies opgevou op die voetenent van die bed en die ou visser het reeds op die stoep gesit. Hy het geweier om enige ontbyt te eet maar net voor sy vertrek om sy bus te haal, verpoos hy ‘n oomblik asof hy ‘n groot guns het om te vra. “Kan ek volgende keer wanneer ek weer kom vir die volgende behandeling hier kom bly? Ek sal jou glad nie verontrief nie. Ek kan net so goed in ‘n stoel slaap.” Hy het so oomblik geaarsel en bygevoeg, “Jou kinders het my baie tuis laat voel. Grootmense word ontstel deur my gesig maar vir die kinders pla dit in die minste.” Ek het aan hom gesê hy is welkom om weer te kom.
Met sy volgende besoek was die ou visser net na sewe die oggend by die huis. As ‘n geskenk het hy ‘n groot vis en ‘n klompie van die grootste oesters wat ek in my lewe gesien het vir ons gebring. Hy het gesê dat hy die oesters die oggend gaan kry voordat hy vertrek het sodat hulle nog lekker en vars is. Ek weet dat hy reeds om vier uur die oggend die bus gehaal het en ek wonder hoe laat moes hy opstaan om nog eers die mossels te kry.
In die jare wat kom het hy gereeld by ons oorgebly maar daar was nooit ‘n geleentheid wat hy nie iets saamgebring het soos ‘n vis, oesters of vars groente uit sy tuin nie. Ander kere het ons pakkies in die pos gekry of per spesiale aflewering: vis en oesters verpak in ‘n doos vol vars spinasie, elke blaartjie netjies gewas.
Omdat ek weet hoe swaar hy gekry het en dat hy vyf kilometer moet stap na die naaste pospunt toe het dit die geskenkies net soveel meer waardevol gemaak.
Wanneer ek die geskenkies ontvang dink ek onwillekeurig aan die kommentaar van die bure langs my nadat die ou visser die eerste oggend vertrek het. ”Het jy daardie man wat so verskriklik lyk gehuisves laas nag? Ons het hom weggewys. Jy kan huurders verloor deur so ‘n persoon te huisves.” Miskien het ons so een of twee keer huurders verloor. Maar ai, as hulle hom tog maar net geken het sou die las van hulle siekte wat hulle dra soveel makliker gewees het. Ons familie sal altyd dankbaar wees dat ons hom geken het – van hom het ons geleer wat dit beteken om die slegte te aanvaar sonder om te kla en die goeie met dankbaarheid teenoor God vir ons seëninge.
Onlangs het ek ‘n vriendin besoek wat ‘n kweekhuis het. Terwyl sy my al haar pragtige blomme wys kom ons by die mooiste blom van almal, ‘n goue krisant, wat oortrek is van die blomme. Maar tot my grootste verbasing het dit gegroei in ‘n ou geroeste emmer. Ek het by myself gedink, “As dit my plant was, sou ek dit in die mooiste blompot gesit het wat ek kan kry.”
My vriendin het gou my gedagtes verander, “Ek het kort gehardloop aan potte om in te plant.” verduidelik sy “maar omdat ek geweet het hoe pragtige blom die is het ek gedink dit sal nie omgee om te begin in ‘n ou geroeste emmertjie nie. Dis in elk geval net vir ‘n kort rukkie totdat ek dit uitplant in die tuin.”
Sy moes seker gewonder het hoekom ek skielik so verblydend gelag het, maar ek het in my geestesoog dieselfde prentjie gesien in die hemel. “Hier is ‘n besonderse pragtige een,” sou God seker gesê het toe Hy by die siel van die lieflike ou visserman kom. “Hy sal nie omgee om te begin in die klein tenger liggaampie nie.”
Dit alles het lank gelede gebeur – en nou, in God se tuin, hoe “groot” moet die lieflike siel nie al staan nie.
Laat ons almal die inhoud sien en nie die houer nie.
(1Sam 16:7) Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
Sunday, January 6, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment