‘n Suksesvolle Christen sakeman was besig om oud te raak en het geweet dit raak tyd om ‘n opvolger aan te wys om die bestuur van die besigheid oor te neem. In plaas daarvan om een van sy direkteure of sy kinders aan te wys, besluit hy om dit op ‘n ander manier te doen.
Hy roep al die jong bestuurders van sy maatskappy bymekaar. “Dit is tyd is besig om vir my uit te loop en om ‘n nuwe uitvoerende hoof vir die maatskappy aan te wys.” sê hy. “Ek het besluit om een van julle te kies.”
Die jong bestuurders is almal geskok maar die baas gaan aan. “Ek gaan vandag aan elke een van julle ‘n saad gee – ‘n baie spesiale saad. Ek wil hê julle moet die saad plant, water gee, mooi versorg en kom terug oor ‘n jaar van vandag af met dit wat gegroei het van jou saad wat ek jou gegee het. Ek sal dan die plante beoordeel wat julle bring en die een wat ek dan kies sal die volgende uitvoerende hoof wees.”
Een man, genaamd James, was daar die dag en net soos die ander het hy ook ‘n saad ontvang.
Hy het huis toe gegaan en baie opgewonde aan sy vrou die hele storie vertel. Sy het baie entoesiasties hom gehelp om ‘n pot te kry, grond, kompos en hy het die saad geplant.
Elke dag het hy getrou water gegee en gekyk om te sien of die saad nog nie ‘n plantjie begin te maak nie. Na ongeveer drie weke het sommige van die ander jong bestuurders al begin te praat oor hul sade wat al begin uitloop. James het voortdurend na syne gekyk, maar daar was nie ‘n teken van ‘n uitloopseltjie nie.
Drie weke, vier weke, vyf weke het verby gegaan maar steeds nog niks nie. Teen die tyd praat almal al van hul plantjies en goed hulle groei maar James het nog nie eens ‘n plant nie, hy het soos ‘n volslae mislukking gevoel.
Ses maande het verby gegaan – maar steeds is daar niks in James se pot nie. Hy het sommer geweet hy het sy saad laat doodgaan. Al die ander het al jong boompies en lang plante, maar hy – niks. James het maar liewers niks aan sy kollegas gesê nie want sy mislukking om sy saad aan te groei te kry is oorweldigend. Hy het maar net aangehou om getrou die grond in die potjie water en kunsmis te gee – hy wou so bitter graag gehad het dat sy saad moet groei.
Uiteindelik het ‘n jaar verstryk en al die jong bestuurders het hulle prag plante gebring aan die uitvoerende bestuurder vir inspeksie en beoordeling. James het vir sy vrou gesê dat hy nie eens sy leë pot gaan saamvat nie maar sy het by hom aangedring dat hy dit wel moet saamvat en eerlik moet wees oor wat gebeur het.
James het skoon ‘n naar kol op sy maag gehad. Dit gaan die mees vernederendste dag van sy lewe wees maar hy het geweet sy vrou is reg.
Hy neem sy leë pot saam na die raadsaal. Toe hy daar aankom is hy uit die veld geslaan oor die groot verskeidenheid van plante wat al die ander jong bestuurders aan die groei gekry het. Hulle was pragtig – in alle vorme en kleure. James sit toe maar sy leë pot op die vloer neer en baie van sy kollegas lag hom uit. ‘n Paar ander voel baie jammer vir hom.
Toe die uitvoerende bestuurder daar aankom, gaan sy oog vinnig oor die hele vertrek terwyl hy al sy jong bestuurders groet.
James probeer maar so ver moontlik agter in die raadsaal wegkruip en so onopsigtelik as moontlik te wees.
“Mense, watter pragtige plante, bome en blomme het julle nie laat groei nie.” sê die UB.
“Vandag sal een van julle aangewys word as die nuwe uitvoerende bestuurder!”
Skielik merk die UB vir James op agter in die raadsaal met sy leë pot. Hy gee toe sy finansiële direkteur opdrag om vir James na vore te bring.
James was verskrik en het by homself gedink, “Die UB weet nou ek is ‘n mislukking! Miskien sal hy my nou ontslaan!”
Toe hy voor by die UB kom vra die vir hom wat het gebeur met sy saad. James vertel hom toe die storie hoe hy gereeld vir die saad gesorg het maar niks wou help dat die saad uitloop en groei nie.
Die UB vra toe vir almal om hul sitplekke in te neem behalwe vir James. Hy kyk toe vir James en kondig toe aan vir al die jong bestuurders teenwoordig, “Hier is julle volgende Uitvoerende Bestuurder! Sy naam is JAMES!”
James kon dit nie glo nie. James kon nie eens sy saad aan die groei kry nie hoe is dit moontlik dat hy die nuwe UB kan wees vra die ander?
Toe sê die UB, “Presies een jaar gelede in dieselfde vertrek het ek vir elkeen van julle ‘n saad gegee. Ek hulle julle gesê om die saad te plant, water te gee, te versorg en dit oor ‘n jaar terug te bring na my. Maar ek het al die sade gekook, hulle is dood – dit is nie moontlik vir hulle om te laat groei nie.”
“Almal van julle, behalwe James, het vir my bome, plante en blomme gebring. Toe julle sien dat julle saad nie uitloop en groei nie het julle die saad wat ek julle gegee het vervang met ‘n ander saad. James was die enigste een met die moed en eerlikheid om aan my ‘n pot te bring met die saad in wat ek hom gegee het. Daarom is hy die een wat die volgende Uitvoerende Bestuurder sal wees.”
As jy eerlikheid plant, sal jy vertrou oes.
As jy goedheid plant, sal jy vriende oes.
As jy nederigheid plant, sal jy grootheid oes.
As jy volharding plant, sal jy tevredenheid oes.
As jy oordenking plant, sal jy perspektief oes.
As jy harde werk plant, sal jy sukses oes.
As jy vergifnis plant, sal jy versoening oes.
As jy geloof in Christus plant, sal jy verlossing oes.
Dus wees baie versigtig wat jy nou plant; dit sal bepaal wat jy later gaan oes.
Twee duisend jaar gelede het Paulus aan die gemeente van Galasiërs ‘n soortgelyke storie geskryf maar net in baie minder woorde
(Gal 6:7) …. want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
(1Pet 1:23) want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
Thursday, January 10, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment