Daar was eens op ‘n tyd ‘n klip kapper wat baie ontevrede was met homself en met sy stand in die lewe.
Een dag stap hy verby ‘n ryk koopman se huis. Deur die oop ingangshek, sien hy al die pragtige besittings van die ryk koopman en al die vername gaste wat hom besoek. “Hoe groot moet die koopman tog nie wees nie” dink hy by homself. Hy het baie afgunstig geword en gewens hy kon soos die koopman wees.
Tot sy grootste verbasing word hy skielik die koopman wat meer luukshede en mag geniet as wat hy ooit van kon gedroom het. Maar saam met dit is ook die veragting en afguns van die wat minder ryk is as hyself.
Nie lank daarna kom ‘n baie vername amptenaar verby, wat rondgedra word in ‘n pragtige drastoel. Hy word gevolg deur vele van sy ondergeskiktes en begelei deur soldate wat op dromme slaan. Elke een, maak nie saak hoe ryk, moes laag buig voor die optog buig. “Hoe vernaam is die amptenaar tog” dink hy. “Ek wens dat ek so vername amptenaar kon wees.”
Toe word hy die vername amptenaar, wat rondgedra word in sy prag drastoel, wat gevrees en gehaat word deur sy volgelinge en die mense op straat. Dit was ‘n baie warm somers dag en die vername amptenaar het baie ongemaklik begin voel in die drastoel wat ontsettend warm begin word het. Hy kyk toe op na die son. Dit skyn trots bo in die hemelruim, geensins gepla deur die amptenaar se teenwoordigheid. “Hoe geweldig is die son nie” dink hy. “Ek wens dat ek die son kan wees.”
Toe word hy die son wat gewelddadig skyn op almal, die veld verbrand en vervloek word deur die boere en die arbeiders. Maar ‘n groot donker wolk het tussen hom en die aarde inbeweeg sodat sy strale nie meer op alles onder op die aarde kon skyn nie. “Hoe kragtig is die storm wolk tog nie” dink hy. “Ek wens dat ek so ‘n wolk kan wees.”
Toe word hy die wolk, wat die velde en dorpies oorstroom en verwens word deur alle bewoners. Maar gou vind hy dat hy weggestoot word deur ‘n groot krag naamlik die wind. “Hoe sterk is die wind tog nie” dink hy. “Ek wens dat ek die wind kan wees.”
Toe word hy die wind, wat die teëls van huise se dakke af waai, bome ontwortel en gevrees en gehaat word deur almal onder hom. Na ‘n wyle waai hy teen iets vas wat nie wil beweeg nie, maak nie saak hoe hard hy daarteen waai nie. ‘n Massiewe rotsblok. “Hoe statig is die rots tog nie” dink hy. “Ek wens ek was die rots.”
Toe word hy die rots, wat kragtiger is enige iets op aarde. Maar terwyl hy daar staan hoor hy die gekap van ‘n hamer op ‘n bytel wat ingedryf word in die rots en hy voel hoe hy verander word.
“Wat kan tog meer kragtiger as ek wees, die groot rots?” dink hy.
Hy kyk toe af na onder en sien daar aan die onderkant die figuur van ‘n klip kapper.
(Ecc 5:18) (5:17) Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
Monday, January 21, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment