Wednesday, August 29, 2012

Die Waarheid oor Mislukking


Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses behaal het nie.

Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.

Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.

Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander manier moet benader.

 Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer ’n nuwe begin te maak.

Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.

Wednesday, August 22, 2012

’n Leuse Vir Die Wat Swaarkry


Ek het YaHWeH gevra vir krag, sodat ek in die lewe kon bereik...
Ek het swakheid verkry, sodat ek kon leer om nederig te gehoorsaam...
                    
Ek het gevra vir gesondheid, sodat ek groot dinge kon doen.
Ek is kranklik gemaak, sodat ek beter dinge kon doen.

Ek het gevra vir rykdom, sodat ek gelukkig kan wees.
Ek is armoede gegee, sodat ek wys mag wees.

Ek het gevra vir mag, sodat ek deur mense geëer kan word.
Ek het nederigheid gekry, sodat ek YaHWeH nodig het.

Ek het gevra vir alle dinge, sodat ek die lewe kon geniet.
Ek het lewe gekry, sodat ek alle dinge kan geniet.

Ek het niks gekry waarvoor ek gevra het nie, maar alles wat ek voor gehoop het.

Tuesday, August 14, 2012

Toe Jy Dink Ek Kyk Nie.


Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy my eerste teken prentjie teen die yskas vassit en ek wou onmiddellik nog ’n ander een teken.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ’n rondloper katjie kos gee, en ek het geleer dat dit goed is om lief te wees vir diere.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak my gunsteling koek vir my, en ek het geleer dat die klein dingetjies kan die spesiale dingetjie wees in die lewe.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gehoor hoe jy bid en ek het geweet daar is ’n God met wie ek altyd kan praat en ek het geleer om YaHWeH te vertrou.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien jy maak ’n maaltyd en neem dit vir ’n siek vriendin en ek het geleer dat ons moet help omsien na ons medemens.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou tyd en geld gee aan die wat glad nie het nie en ek het geleer die wat iets het om te gee dit moet gee aan die medemens wat nie het nie.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy ons huis versorg en almal in die huis en ek het geleer dat ons moet omsien daarna wat aan ons gegee is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jy jou verantwoordelikhede hanteer, selfs wanneer jy nie goed gevoel het nie en ek het geleer dat ek verantwoordelik sal moet vir alles wat ek doen wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien hoe jou trane vloei oor jou wange en ek het geleer dat dinge soms seermaak, maar dis in orde om te huil.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek gesien dat jy vir my omgee en wil hê dat ek alles moet wees waartoe ek in staat is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek die meeste lewens lesse geleer wat ek nodig het om ’n goeie en produktiewe persoon te wees wanneer ek groot is.

Toe jy dink ek kyk nie, het ek na jou gekyk en wou vir jou sê. “Dankie, vir al die dinge wat ek gesien het terwyl jy gedink het ek kyk nie.”

Monday, August 6, 2012

Om te Gou Moed op te Gee


Die jong man ontmoet die wyse ou man wat langs die pad sit. Die jongman vra die wyse ou man, “Watter rigting is die pad na sukses?”

Die wyse ou man met die groot grys baard praat nie ’n woord nie, maar beduie net met sy vinger na ’n plek wat ’n ent daarvandaan is.

Die jongman, baie opgewonde oor die moontlikheid van vinnige en maklike sukses, trek op ’n draf stappie daar weg in die rigting wat die wyse ou man beduie het. Skielik, is daar net ’n luide “KADOEF” hoorbaar. Uiteindelik, kom die jongman kruppel, vol skrape en effens bedwelmd by die wyse ou man aan. Hy neem aan dat hy dalk die wyse ou man se boodskap verkeerd verstaan het. Hy herhaal sy vraag aan die wyse ou man, wat weereens in stilte in die dieselfde rigting beduie.

Gehoorsaam stap die jongman weereens in die aangewese rigting. Hierdie keer is die KADOEF oorverdowend soos die jongman homself disnis val. Toe die jongman terug kruip is hy bebloed, sy klere geskeur, vol blou en pers kolle en baie geïrriteerd. “Ek het jou gevra watter rigting is die pad na sukses!” skreeu hy op die wyse ou man “ek  het die rigting gevolg soos jy beduie het en al wat ek daarvoor gekry het, was KADOEF soos ek val! Niks meer van hierdie beduiery nie! Praat!”

Slegs toe begin die wyse ou man te spreek en sê die volgende aan die jongman, “Sukses IS in die rigting wat ek jou beduie het. Dis net ’n klein entjie anderkant KADOEF. Jy moes net opstaan en aangehou het na die val.”

Wednesday, August 1, 2012

Wie is Ek ?


Jou beste vriend of  grootste vyand, ek is jou grootste metgesel. Ek is jou grootste helper of jou swaarste las. Ek sal jou op die pad vorentoe deurdra of jou aftrek tot op die bodem van mislukking. Ek is geheel en al onder jou bevel.

Helfte van die dinge wat jy doen, kan jy net sowel aan my oordra en ek sal dit vinnig en effektief afhandel. Ek word baie maklik bestuur, maar jy moet streng wees met my. Wys my presies hoe jy ’n ding gedoen wil hê en na ’n paar lesse sal ek dit outomaties verrig. Ek is die dienskneg van alle vername manne, maar helaas, van die grootste mislukkings ook.

Die wat vernaam is, ek het hulle vernaam gemaak. Die wat mislukkings is, ek het hulle mislukkings gemaak. Ek werk met die presisie van ’n wetenskaplike en met die passie van ’n patriot. Jy kan my gebruik vir profyt of vir mislukking, dit maak glad nie aan my saak nie.
Neem my, leer my, wees streng met my en ek sal die wêreld aan jou voete plaas. Maar wees ongeërg met my en ek sal jou vernietig.

Wie is ek?

Ek is gewoonte !

Wednesday, July 18, 2012

Hoe Hanteer JY Teenspoed?


’n Jong dogter kla teenoor haar pa oor haar lewe en hoe moeilik dit vir haar was. Sy het nie geweet hoe sy dit gaan maak nie en wil net moed opgee oor al die teenspoed wat sy ervaar. Sy was moeg om te sukkel en te veg vir alles. Net sodra die een probleem opgelos is dan duik die volgende op.

Haar pa, ’n kok, neem haar na sy kombuis en plaas drie kastrolle met water in op die stoof.
Spoedig kook die water in die kastrolle.

In die een kastrol plaas haar pa wortels, in die ander eiers en in die laaste gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.

Die dogter byt haar onderlip en wonder ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Na ongeveer ’n halfuur stap hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die wortels uit die kastrol en plaas dit in ’n opskep bak. Hy haal die eiers uit die kastrol en plaas hulle in ’n ander opskep bak. Hy neem ’n opskep lepel en versigtig skep hy van die koffie af in ’n kommetjie.

Hy draai na sy dogter en vra. “Skattebol, wat sien jy?”

Selfvoldaan antwoord sy. “Wortels, eiers en koffie.”

Hy neem haar hand nader aan die opskep bak en vra haar om aan die wortel te vat en te voel hoe hulle voel. Jy maak so en merk op dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers te neem en dit te dop. Nadat al die doppe af, bevoel sy die hard gekookte eier. Laastens vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe.

Verwonderd vra sy. “Wat beteken dit nou alles, Pa?”

 Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”

“Die wortel in ingegaan sterk, hard en onbuigsaam. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”

“Die eiers was breekbaar en broos. ’n Dun buite laag bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard geword.”

“Maar die koffiebone daarenteen is uitsonderlik. Na die kookwater behandeling het dit sterker en ryker geword.”

“Watter een is jy?” vra hy sy dogter.

Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
 
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?

Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?

Of is jy die eier, wat begin het met ’n sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n dood, ’n egskeiding, ’n verbrokkelde verhouding, ’n aflegging by die werk word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde maar binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees.
 
Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge op erger word, word jy beter. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou lofprysing. Wanneer jou uur die donkerste is verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning YaHWeH tot ’n nuwe heerlike vlak.

Hoe hanteer jy vandag teenspoed?

Is jy die wortel, eiers of koffieboon?

Tuesday, July 10, 2012

’n Voorsmakie van Wysheid


Die bejaarde leermeester het begin moeg word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit om sout te gaan haal.

Toe die leerling terugkom met die sout gee die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in ’n glas water te gooi en dit dan te drink.

“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.

“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl hy die mond vol soutwater uitspuug.

Die ou leermeester glimlag en vra vir die jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi. Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester, “Drink nou van die meer se water.”

Terwyl die water van die jong leerling se ken afdrup vra die ou leermeester hom, “Hoe smaak dit?”

“Vars en verfrissend,” antwoord die leerling.

“Kon jy die sout proe in die water?” vra die ou leermeester.

“Nee,” antwoord die jong leerling.

Die ou leermeester gaan sit langs die jong leerling en neem die jongman se hande in syne en sê, “Kom dat ek jou vandag leer oor die sout:”

“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde. Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe hang af van die houer waarin ons dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou....
Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”

Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.