Wednesday, November 8, 2017

Skilpad en die Haas. Wie het die Resies Gewen.



Eendag het ‘n skilpad en ‘n haas ‘n argument gehad oor wie was die vinnigste. Hulle het besluit dat die enigste manier om die geskil te besleg, was ‘n resies tussen die twee. Hulle het ooreengekom op ‘n roete en het die resies begin.

Die haas spring weg met ‘n spoed en hardloop fluks vir ‘n wyle, spoedig is haas ver voor skilpad en besluit dat sy voorsprong so ver is dat hy maar so bietjie onder die koelte boom kan sit en rus voordat hy verder gaan met die resies. Terwyl haas gemaklik in die koelte van die boom sit, raak hy aan die slaap. Skilpad wat al waggelende aangestap kom het haas spoedig ingehaal en verby gegaan, die resies voltooi en bewys dat hy die onbetwiste kampioen van die resies was. Haas het wakker geskrik en besef dat hy die resies verloor het.

Die kruks van die storie is dat stadig en bestendig die resies wen. Dit is die weergawe van die storie waarmee ons almal groot geword het en mee bekend is.

Maar onlangs, het iemand my ‘n meer interessante weergawe van die storie vertel. Dit vervolg:

Die haas was baie teleurgesteld omdat hy die resies verloor het en het bietjie self ondersoek gaan doen. Hy het besef dat hy die resies verloor het omdat hy te selfversekerd was, nalatig en laks. As hy nie dinge as vanselfsprekend aanvaar het nie, was daar nie ‘n manier wat skilpad hom kon wen het nie. Haas het die skilpad weer uitgedaag vir nog ‘n resies. Skilpad het ingestem.

Hierdie keer het haas vinnig weggespring en heelpad sy vinnige pas gehandhaaf sonder om tussenin te stop om te rus. Haas het die resies met ‘n paar kilometers gewen.

Kruks van die storie? Vinnig en Volhard sal altyd Stadig en Bestendig klop.

Maar die storie eindig nie hier nie.

Die skilpad het so bietjie gaan nadink oor die resies en besef dat hy geen kans staan om die resies in die huidig formaat te wen nie. Na heelwat oorweging besluit skilpad  om haas weer uit te daag tot ‘n resies, maar met ‘n effens ander roete as die vorige twee resiese. Die haas het ingestem en hulle spring weg.

Haas besluit sommer met die wegspring om te hou by sy nuwe leuse van volhardend en vinnig. Hy hardloop so vinnig sy vier beentjie hom kan dra en spoedig kom hy by ‘n breë rivier. Die einstreep was ‘n paar kilometer aan die oorkant van die rivier. Haas het op die wal gaan sit en wonder wat om volgende te doen. Intussen kom skilpad aangewaggel, loop in die rivier, swem na die rivierbank aan die oorkant, hou aan met sy waggel stappie en eindig die resies.

Kruks van die storie? Eerstens identifeer jou sterk basiese bevoegdhede en verander die speelveld om aan te pas by jou sterkste eienskappe.

Steeds eindig die storie nie hier nie.

Haas en skilpad het teen hierdie tyd al redelike goeie vriende geword en hulle het saam besin oor al die resiese wat hulle met mekaar meegeding het. Beide het besef dat die laaste resies baie beter gehardloop kon word. Hulle besluit om die laaste resies weer te hardloop, maar die keer sal hulle dit as ‘n span hardloop.

Hulle spring weg maar die keer dra haas vir skilpad tot by die rivier se oewer. Daar het skilpad weer oorgeneem en swem oor die rivier met haas op sy rug. By die oorkanste oewer klim haas af en en dra weer vir skilpad tot by die eindstreep. Altwee is gelyk oor die wenstreep. Beide ondervind ‘n groter gevoel van bevrediging as met enige van die vorige resiese.

Kruk van die storie? Dit is goed om individueel briljant te wees en om sterk basies eienskappe te besit, maar indien jy nie in staat is om in ‘n span te werk en al die ander spanlede se sterk eienskappe te benut nie, sal jy altyd ondergemiddeld presteer. Want daar sal altyd omstandighede wees waarin jy swak vaar en iemand anders beter kan doen as jy.

Spanwerk is hoofsaak geskoei op Omstandigheids Leierskap, om die persoon met die mees relevante basies bevoegdheid toe te laat om die leierskap funksie vir die taak te vervul.

Daar is nog ‘n paar lesse te leer uit die verhaal. Onthou dat nie een van hulle, haas of skilpad, moed opgegee het nadat hulle die resies verloor het nie. Haas het besluit om harder te werk en meer moeite in te sit na sy eerste mislukking. Skilpad het sy strategie verander want hy het alreeds gewerk so hard hy kon.

In ons daaglikse oorlewing stryd, wanneer ons mislukking in die gesig staar, is dit soms nodig om harder te werk en meer moeite in te sit. Soms is dit nodig om ons strategie te verander en iets anders te probeer En soms is dit noodsaaklik om beide te doen.

Haas en skilpad het ‘n ander belangrike les geleer. Wanneer ons ophou om teen mekaar te kompeteer as teenstanders en eerder saam te kompeteer teen die situasie, vaar beide baie beter.

3 comments:

Unknown said...

Die dialoog oor haas en skilpad

Iminathi said...

Ek lief die haas en die skilpad

Anonymous said...

Haas en Skilpad is n baie interessante dialoog om te lees 🌼