Ouma, so negentig plus jare oud, het kragteloos op die stoep bank gesit. Sy het nie beweeg nie, net daar gesit met geboë hoof en gestaar na haar hande. Toe ek langs haar gaan sit het dit nie eens gelyk of sy my opgemerk het nie en ek het gewonder of sy in die haak is.
Uiteindelik, nie soseer om haar te pla nie maar om net te hoor of sy reg is vra ek haar, Is alles reg? Sy lig haar kop op en glimlag vir my. “Ja, my kind, ek is reg en dankie dat jy vra.” Antwoord sy in ‘n sterk helder stem.
“Ek het nie bedoel om ouma te pla nie, maar ouma het so ingedagte na ouma se hande gestaar en ek wou net seker maak alles is nog reg.” verduidelik ek aan haar.
“Het jy al ooit na jou hande gekyk,” vra sy. “Ek bedoel regtig na jou hande gekyk?”
Ek het stadig my hande oopgemaak en afgekyk na hulle. Ek het hulle omgedraai, palms op en toe na onder. Nee, ek skat ek nog nooit regtig so intens na my hande opgelet nie terwyl ek probeer bepaal wat die punt is wat ouma wil maak.
Ouma glimlag en begin die storie te vertel: “Stop en dink vir ‘n oomblik na oor die hande wat jy het, hoe goed hulle jou al gedien het deur al die jare van jou lewe. Die hande, alhoewel vol plooie, bewend en swak is en was die gereedskap wat ek deur my hele lewe gebruik het om die lewe aan te gryp en te omhels.”
“Hulle het gekeer en my val gestuit as kleuter elke keer wat ek gestruikel of geval het. Hulle sit kos in my mond en trek vir my klere aan. As ‘n kind het my moeder my geleer om hulle saam te hou in gebed. Hulle het my skoene vasgemaak en my stewels opgetrek. Hulle het my man vasgehou en my trane afgedroog to hy weg is oorlog toe.”
“Hulle was al vuil, vol skrape, rou van wonde, geswel en gebuig. Hulle was dom en onervare toe ek my pasgebore seun wou vashou. Versier met my trouring het hulle vir die hele wêreld gewys dat ek getroud is en iemand spesiaal lief het. Hulle het my briewe aan hom geskryf en gebewe en geruk toe ek my ouers en my eggenoot begrawe het.”
“Hulle het my kinders en my kleinkinders vasgehou, my bure vertroos en in ‘n vuis geskud van woede wanneer ek nie verstaan nie.”
“Hulle het my gesig bedek, my hare gekam en die res van my liggaam gewas en gereinig. Hulle was taai en nat, gebuig en gebreek, uitgedroog en gebars. En tot op hede wanneer die meeste van my nie meer so lekker funksioneer nie hou hierdie hande my op, lê my neer en steeds is hulle gevou in gebed.”
“Die hande is die kenteken van waar ek oral was en die hardheid van die lewe. Maar die belangrikste, dit sal die hande wees waarna God sal uitreik en neem wanneer Hy my huistoe lei. Met my hande sal Hy my optel aan Sy sy en daar sal die ek die hande gebruik om die aangesig van ons Verlosser aan te raak.”
Ek sal nooit weer na my hande op die dieselfde wyse kyk nie. Maar ek onthou dat God uitgereik het en ouma se hande geneem het en haar huistoe gelei het.
Wanneer my hande vol pyne of seer is of wanneer ek die gesigte van my kinders of my man streel dink ek aan ouma. Ek weet sy is gestreel, vertroetel en vasgehou deur die hande van God
Ek self, wil die aangesig van God aanraak en Sy hande voel op my gesig.
(Psa 28:2) Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom.

No comments:
Post a Comment