Die passasiers in die bus kyk simpatiek na die beeldskone jong vrou wat besig is om die bus trappies versigtig te bestyg met haar wit wandel stok. Nadat sy die bus bestuurder betaal het voel sy met haar hande die posisie van die sitplekke en stap met die gangetjie af tot ongeveer waar oop sitplekke is soos aan haar beduie deur die bus bestuurder. Sy neem plaas op die oop sitplek, sit haar briewetas op haar skoot en laat die wandel stok teen haar been rus. Dit is nou ‘n jaar wat Susan, vier en dertig jaar oud, reeds blind is.
As gevolg van ‘n verkeerde mediese diagnose is Susan blind in beide oë en sy was skielik ingedompel in ‘n wêreld van duisternis, woede, frustrasie en self bejammering. Eens ‘n vurige onafhanklike vrou, voel sy nou verwerp deur die wrede lot wat haar getref het en van haar ‘n kragtelose, hulpelose oorlas gemaak het vir almal om haar.
“Hoe kon dit met my gebeur het?” het sy voortdurend met woede in haar hart gevra. Maar maak nie saak hoeveel sy gehuil, baklei of gebid het nie, het sy die pynlike waarheid besef dat haar sig nooit weer tot haar sou terugkeer nie. ‘n Somber wolk van depressie het oor Susan se eens opgewekte gees gehang. Net om deur elke dag te kom was ‘n oefening in frustrasie en moedeloosheid. Al waaraan sou vasgeklou het was haar man, Markus.
Markus was ‘n offisier in die lugmag en hy het die grond aanbid waarop Susan geloop het. Toe sy haar sig verloor het het hy gesien hoe sy wegsak in wanhoop en hy was vasberade om sy vrou te help om krag en vertroue te kry sodat sy weer onafhanklik kon funksioneer. Markus se militêre agtergrond het hom goed toegerus om sensitiewe situasies te hanteer maar steeds het hy geweet dat dit die moeilikste geveg van sy lewe sou wees. Na maande het Susan gereed gevoel om haar werk te hervat, maar hoe sou sy daar kom? Sy het voorheen altyd die bus gebruik maar was nou te beangs om haar weg in die stad te vind. Markus het aangebied om haar elke dag werk toe te ry alhoewel hulle werksplekke in teenoorgestelde rigtings van die stad was.
Aanvanklik het dit Susan vertroos en Markus se behoefte vervul om sy blinde vrou te beskerm wat so onseker was om die geringste takie te verrig. Baie gou het Markus besef dat die reeling nie sou werk nie want die skedule was chaoties en dit was baie duur. Susan sal moet begin leer om weer met die bus te ry het hy aan homself erken. Maar net die gedagte daaraan om dit aan Susan te noem het hom klaar ineen laat krimp. Sy was steeds so weerloos en kwaad. Hoe sou sy reageer?
Net soos Markus verwag het, Susan was buite haarself van vrees deur net daaraan te dink. “Ek is blind!” het sy verbitterd geantwoord. “Hoe is ek veronderstel om te weet waar ek heengaan of waar ek is? Dit voel of jy my aan my eie lot oorlaat.” Markus se hart was stukkend by die aanhoor van die woorde, maar hy het geweet wat moet gedoen word. Hy het Susan belowe dat hy elke oggend en aand saam met haar op die bus sou ry, vir solank dit nodig sou wees, tot sy gemaklik en vol vertroue is dat sy dit allenig sal kan doen. Dit is presies wat gebeur het. Vir twee hele weke het Markus, geklee in sy militêre uniform, Susan vergesel na en van haar werk af. Hy het haar geleer om te begin staat maak op haar ander sintuie, spesifiek haar gehoor, om te luister waar sy is en om aan te pas by die omgewing. Hy het haar gehelp om bevriend te raak met die bus bestuurders wat haar kon help en ‘n sitplek vir haar kon reserveer. Hy het haar weer laat lag, self op die nie-so-goeie-dae wanneer sy amper val as sy uit die bus klim en haar aktetas laat val. Elke oggend het hulle die rit met bus saam meegemaak en dan het Markus daarvandaan ‘n huurmotor geneem na die militêre basis. Alhoewel die oefening baie meer tydrowend en duurder was as die vorige opsie het Markus geweet dit sal net ‘n kwessie van tyd wees voordat Susan in staat sal wees om allenig met die bus te ry. Hy het in haar geglo, in die Susan wat hy geken het voordat sy haar sig verloor het, wat nie bang was vir ‘n uitdaging nie en wat nooit as te nimmer sou tou opgooi nie.
Eindelik het Susan besluit dat sy reg is vir die bus rit op haar eie. Maandag oggend het aangebreek en voordat sy gaan gooi sy haar arms om Markus, haar tydelike bus ry maat, haar man en beste vriend. Haar oë swel op van die trane uit dankbaarheid vir sy lojaliteit, sy geduld en sy liefde. Sy sê vir hom totsiens en vir die eerste keer gaan hul elkeen hul eie rigting.
Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag ….Elke dag op haar eie het perfek verloop en Susan het nog nooit beter gevoel nie. Sy het dit reggekry! Sy het op haar eie werk toe gegaan! Die Vrydag oggend neem Susan die bus werk toe soos vorige vier dae. Terwyl sy die bus verlaat sê die bus bestuurder, “Man ek beny jou werklikwaar.” Susan was nie seker of die bus bestuurder met haar gepraat het nie, want wie op aarde sal nou jaloers wees op ‘n blinde vrou wat haar dood sukkel om net van ‘n bus af te klim sonder om neer te slaan?
Nuuskierig vra sy die bestuurder, “Hoekom sê jy dat jy my beny?”
Die bestuurder antwoord, “Jy weet, elke oggend vir die afgelope week is daar ‘n aantreklike man in militêre uniform wat op die hoek oorkant die straat staan en jou dophou as jy van die bus afklim. Hy maak seker dat jy veilig oor die straat kom en hou jou dop totdat jy jou kantoorgebou ingaan. Dan blaas hy vir jou ‘n soentjie en gee jou ‘n klein saluut en loop weg. Jy is voorwaar ‘n baie gelukkige dame.”
Trane van blydskap vloei vrylik oor Susan se wange. Want, alhoewel sy hom nie kon sien nie kon sy Markus se teenwoordig aanvoel. Sy was gelukkig, so gelukkig want hy het aan haar ‘n geskenk gegee wat meer kosbaar as sig is, ‘n geskenk wat sy nie nodig het om te sien om te glo nie …. die geskenk van liefde wat lig kan bring waar daar eens net duisternis was.
God waak oor ons op dieselfde manier. Ons mag dalk nie bewus wees van Sy teenwoordigheid nie. Ons mag dalk nie Sy gesig aanskou nie, maar Hy is altyd daar.
Wees geseënd in die gedagte: “God het jou lief….. al kan jy Hom nie altyd sien nie.”
(Mat 28:20) En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

No comments:
Post a Comment