Glo jy dat God jou nie net lief het nie maar ook weet presies waar jy is en wat jy elke sekonde van die dag doen?
Ek glo dit verseker na ‘n verstommende gebeurtenis wat ek so paar jaar gelede gehad het. Op daardie stadium het ek en my gesin gery op die snelweg naby Dayton, Ohio. Ons het van die snelweg afgedraai om ‘n breuk te vat en bietjie verversings te koop vir die pad. My vrou Barbara en die kinders het solank aangestap na die restaurant. Ek het skielik ‘n geweldige behoefte ondervind om net bietjie te stap en bene te rek en het vir die vrou en kinders beduie hulle moet solank ingaan ek is nou-nou by hulle. Ek het solank vir my ‘n koeldrank gekoop en verby die motorhawe gestap. Gedagtes van selfbejammering het my gedagtes omvou. Ek is lief vir God, maar ek het leeg gevoel en was swaarmoedig. My beker was leeg.
Skielik ruk die aanhoudende gelui van ‘n naby geleë telefoon my uit my neerslagtige gedagtegang. Dit kom vanaf ‘n telefoonhokkie langs die motorhawe. Was niemand van plan om die telefoon te antwoord nie?
Die geraas van die voertuie by die besige kruising het seker die gelui van die telefoon so verdoof dat die petroljoggie nie die telefoon gehoor het nie, want hy het net aangegaan om sy kliënte te bedien. Min gepla deur die luiende telefoon.
“Hoekom antwoord iemand tog nie die telefoon nie.” Het ek so onderlangs gemompel. Ek het by myself begin redeneer. “Dit mag dalk belangrik wees. Wat as dit ‘n noodgeval is?”
My nuuskierigheid was baie sterker as my argelose houding. Ek het in die telefoon hokkie ingegaan en die foon opgetel.
“Hello,” het ek baie kalm geantwoord terwyl ek ‘n lekker sluk van my koeldrank neem. Die operateur sê: “Lang afstand oproep vir Ken Gaub.”
My oë rek en ek verstik amper aan ‘n stuk ys. Terwyl ek vinnig sluk sê ek, “Jy is seker laf!” Ek besef toe dit is seker nie die regte manier om met die operateur te praat nie voeg ek by, “Dit kan nie wees nie! Ek het net hier verby geloop, niemand gepla nie en die telefoon het net aanhou lui…. “Is Ken Gaub daar?” val die operateur my in die rede, “Ek het ‘n lang afstand oproep vir hom.”
Dit het my ‘n oomblik geneem om beheer te kry oor my gebabbel, maar eindelik antwoord ek, “Ja, hy is hier.”
Terwyl ek wonder oor moontlike verduidelikings en of dit nie een of ander gekskeerdery is nie, vra ek, “Hoe op aarde het jy my in die hande gekry? Ek het toevallig hier verbygeloop terwyl die telefoon gelui het en het dit per toeval beantwoord. Jy is seker nie ernstig nie?”
“Wel,” vra die operateur , “is Mnr Gaub daar of nie?” “Ja, ek is Ken Gaub,” sê ek terwyl ek oortuig is deur haar stemtoon dat die oproep nie ‘n gekskeerdery is nie. Toe hoor ek ‘n ander stem aan die anderkant sê, “Ja , dis hy, skakelbord. Dit is ken Gaub.”
Stomgeslaan luister ek na ‘n vreemde stem wat haarself identifiseer. “Ek is Millie van Harrisburg, Pennsylvania. Jy ken my nie, Mnr Gaub, maar ek is desperaat. Help my asseblief.”
“Wat kan ek vir jou doen?”
Sy begin te huil. Na ‘n rukkie herstel sy en gaan aan. “Ek was op die punt om selfmoord te pleeg, het net klaar ‘n briefie geskryf, toe ek begin om te bid en vir God te vertel dat ek dit nie graag wil doen nie. Toe onthou ek skielik dat ek jou op televisie gesien het en dink by myself, as ek net met jou kan praat, sal jy my kan help. Ek het geweet dit is onmoontlik aangesien ek nie geweet het hoe om jou in die hande te kry nie. Ek weet nie van enige een wat my kon help om jou op te spoor nie. Skielik het ‘n klomp syfers in my gedagtes gekom en ek het dit vinnig neergeskryf.
Op die stadium het sy weer begin huil en ek het saggies gebid dat Vader vir my die wysheid moet gee om haar te help. Sy het aangegaan, Ek het na die nommers gekyk en by myself gedink, ‘Sou dit nie wonderlik wees as God aan my ‘n wonderwerk toestaan en aan my Ken se telefoon nommer kan gee nie.’ Ek het besluit om te probeer om die nommer te bel. Ek kan nie glo ek praat met jou nie. Is jy in jou kantoor in Kalifornië?
Ek antwoord toe, “Dame, ek het nie ‘n kantoor in Kalifornië nie. My kantoor is in Yakima, Washington.”
Effens verbaas vra sy, “Oh regtig, nou waar is jy dan nou?” “Weet jy nie?” vra ek. “Jy is die een wat die oproep gemaak het.”
Sy verduidelik, “Maar ek weet nie eens wat is die area wat ek geskakel het nie. Ek het net die nommer gelui wat ek op die papier geskryf het.”
“Dame, jy sal dit nie glo nie maar ek is in ‘n telefoon hokkie in Dayton, Ohio!”
“Werklik?” roep sy uit. “Wel, nou wat doen jy daar?”
Ek maak ‘n klein grappie met haar, “Wel, ek antwoord die telefoon. Dit het gelui toe ek verbyloop en toe antwoord ek dit maar.”
Wetende dat die ontmoeting slegs deur God beskik kon word, het ek begin om vir die vrou berading te gee. Terwyl sy my vertel van haar wanhoop en frustrasies het die teenwoordigheid van die Heilige Gees die telefoon hokkie oorspoel en aan my woorde van wysheid gegee bo my eie vermoë. Binne ‘n paar minute het sy die gebed van die sondaar gebid en die Een ontmoet wat haar uit die situasie sou lei na ‘n nuwe lewe.
Ek het weggestap van die telefoon hokkie met ‘n grootse gevoel van ons hemelse Vader se bekommernis oor elke kind van Hom. Wat is die astronomiese kanse dat dit kan gebeur? Met al die miljoene telefone en die onberekenbare kombinasies van nommers, is dit slegs ‘n Alwetende God wat veroorsaak het dat die vrou die nommer van die telefoon hokkie op die presiese oomblik gebel het.
Terwyl ek skoon my koeldrank in die hokkie vergeet het en ek wat wil bars van opgewondenheid, stap ek terug na my gesin terwyl ek wonder of hulle die storie sal glo. Miskien moet ek hulle maar liewers nie vertel nie, maar ek kon myself nie keer nie. “Barbara, jy sal dit nie glo nie! God weet presies waar ek is!”
(Jer. 33:3) Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

No comments:
Post a Comment