Friday, March 14, 2008

My Wêreld het Verander


Die kollege het gesluit vir die Desember vakansie en was baie ingenome om ‘n kinderoppasser werk te kry vir die vakansie.
Ek het die vier en ‘n half jarige dogtertjie, Maddie, opgepas. Ek en Maddie het elke dag na middag ete parkie toe gegaan. Sy was versot op die swaaie en glyplank en sy kon ure speel op die twee apparate.
Sy was ‘n baie goedhartige kind en het my telkens verras deur haar liefde vir ander mense. Beide haar ouers was dieselfde – hulle het altyd so ‘n heerlike rustigheid omtrent hulle – ek het altyd gewonder hoekom hulle so anders is.

Op ‘n dag toe ek vir Maddie op die swaai stoot hoor ons ‘n klompie kinders uitbundig lag. Ons sien toe die groepie kinders is almal versamel rondom een van die park bankies. Maddie wou ophou swaai en gaan kyk waarvoor die klompie kinders so lag. Ons stap toe oor na die groepie kinders en met die kom een van die seuntjies aangehardloop en sê: Kom kyk na hierdie snaakse ou vrou! Sy is vuil, stink en sit en huil!”

Maddie ignoreer die seuntjie en stap na die bankie waar die ou vrou sit. Sy het gelyk of sy so ongeveer sestig jaar oud kan wees maar sy kon maklik ook heelwat jonger gewees het. Dit het gelyk of die lewe haar baie stief behandel het en dat sy al baie swaarkry gesien het in haar lewe. Die seuntjie was reg, sy het gestink en was baie vuil gewees.

My onmiddellike gedagte was om Maddie aan die hand te gryp en te maak dat ons wegkom van die vrou af. Voordat ek nog iets kon doen was Maddie klaar by die bankie en het haar tuisgemaak langs die vrou en haar hand vasgehou.
Die vrou het afgekyk na Maddie en geglimlag. Vir ‘n paar oomblikke was die vrou glad nie meer vuil en onwelriekend nie maar mooi. Al die ander kinders het uiteindelik geloop en Maddie het die vrou ‘n drukkie gegee en ook geloop.

Oppad huis toe het Maddie ‘n vrolike deuntjie geneurie, haar ou gewone gelukkige self, met nie ‘n enkele sorg in die wêreld nie.
Ek het gewag dat sy iets oor die ou vrou moes sê, maar nie ‘n enkele woord nie. Uiteindelik, toe ons by die huis kom kon ek dit nie meer uitstaan nie. Ek gaan na Maddie en vra haar, “Maddie, hoekom het jy dit gedoen?” “Wat gedoen Julie?” vra sy. Ek sê, “Hoekom het jy na die ou vrou gegaan en haar hand vasgehou? Al die ander kinders het of vir haar gelag of was bang vir haar, maar nie jy nie, jy het langs haar gaan sit!”

Maddie kyk na my en sê, “Julie, Jesus sou nie daardie ou vrou so behandel het nie. Almal het gelag en Jesus net so behandel soos die klomp gemaak het met die ou vrou en kyk wat het Hy gedoen! Hy het op die kruis vir ons gesterf. Elke keer wat ek so iemand sien wat bespot word gaan ek altyd na hulle toe en vertel hulle dat Jesus lief is vir hulle. Dit laat my altyd beter voel!”

Hier staan ek – ‘n twintig jarige kollege student – veronderstel om geleerd te wees. Maar hier is ‘n 4 en ‘n halfjarige dogtertjie wat soveel meer as ek weet. Dit is wat haar so anders gemaak het!! Dit was Christus.
Jesus ons Messias het na hierdie koue, vuil wêreld gekom en is vertrap, bespot, gegesel en steeds het Hy vir ons gesterf. Ek het die dag verander en die wêreld lyk nou heel anders vir my. Net omdat ‘n vier en ‘n halfjarige dogtertjie vir my gewys het wat dit regtig beteken om lief te hê.

No comments: