My broer Kevin dink dat God onder sy bed bly. Altans dis wat ek hom een nag hoor sê het. Hy was besig om hardop te bid in sy donker slaapkamer, toe ek buitekant sy kamerdeur stop en luister wat hy bid.
“Is u daar, God? vra hy. Waar is U? Ahh, ek sien. Onder my bed.”
Ek het saggies gegiggel en vinnig na my kamer gegaan. Kevin se unieke uitkyk was al menigmale ‘n groot bron van vermaak vir die ander kinders.
Maar daardie aand was daar iets anders wat baie langer in die lug getalm het as die humor. Vir die eerste keer het ek besef hoe anders is die wêreld waarin Kevin leef as ons sin.
Hy is dertig jaar gelede gebore, verstandelik gestremd as gevolg van geboorte komplikasies.
Afgesien van sy grote (hy is 6 voet 2 duim), is daar bitter min dinge waarin hy ‘n volwassene is. Hy redeneer en kommunikeer met die vermoëns van ‘n 7 jarige en so sal dit sy hele lewe wees.
Hy sal heel waarskynlik altyd glo dat God onder sy bed bly en dat vliegtuie in die lug bly omdat engele hulle dra.
Ek onthou hoe ek al gewonder het of Kevin rêrig besef hy is anders as ander mense.
Is hy nooit ontevrede met sy eentonige lewe nie? Op voordat die son nog op is, weg werk toe na die werkswinkel vir die gestremdes, huis toe en gaan stap met die hond, kom terug om sy gunsteling maaltyd, macaroni en kaas te eet en dan later bed toe.
Die enigste variasie in die standaard roetine is op wasdag wanneer hy soos ‘n valk waghou oor die wasmasjien om die wasgoed te was.
Hy lyk nooit ontevrede nie.
Elke oggend stiptelik 07H05 stap hy uit die huis na die bus, angstig om ‘n dag se eenvoudige werk te gaan doen.
Hy vryf sy hande baie opgewonde terwyl die water op die stoof kook vir aand ete. Twee maal ‘n week bly hy laat op om almal se vuil wasgoed bymekaar te maak vir die volgende dag se was sessie. En Saterdae – oh die opgewondenheid van Saterdae!
Dit is die dag wat my pa vir Kevin lughawe toe vat vir ‘n koeldrank terwyl hy kyk hoe die vliegtuie land en opstyg terwyl onderwyl hy hardop spekuleer waarheen elke passasier oppad is.
Kevin skree terwyl hy sy hande klap. Sy afwagting Vrydag aande is so groot dat hy skaars kan slaap van opgewondenheid oor Saterdae se uitstappie. Ek dink nie Kevin weet daar bestaan iets anders daar buite in die wêreld behalwe sy daaglikse roetine en die naweek uitstappies nie.
Hy weet nie wat dit beteken om ontevrede te wees met sy lewe nie. Sy lewe is eenvoudig.
Hy sal nooit weet wat dit beteken om vasgevang te word deur rykdom of mag nie, hy geen nie om watse maak klere hy dra nie of watse tipe kos hy eer nie.
Hy herken nie verskille in mense nie en behandel almal as sy gelyke en as ‘n vriend.
Sy behoeftes is altyd bevredig en hy bekommer hom nooit dat dit dalk eendag in die toekoms nie sal gebeur nie. Sy hande is altyd besig om iets te doen en nooit ledig nie.
Kevin is altyd baie gelukkig as hy maar net kan werk of besig wees. Wanneer hy die skottelgoedwasser uitpak of die mat stofsuig – sy hart en siel is daarin. Hy skrik nie vir enige taak nie en hy sal ook nie sy taak onvoltooid laat nie. Maar wanneer sy werkies almal klaar is dan weet hy ook hoe om te ontspan. Hy is lief vir werk maar dis nie ‘n obsessie by hom nie.
Sy hart is opreg. Hy glo steeds dat elke persoon die waarheid praat. Beloftes moet gehou word. Wanneer jy verkeerd is vra jy om verskoning in plaas van om te argumenteer. Vry van trots en ongeërg oor voorkoms is Kevin nie bang om te huil wanneer hy seer het nie, kwaad is of jammer is nie. Hy is altyd deursigtig en opreg.
En hy vertrou God onvoorwaardelik. Hy word nie ingeperk deur intellektuele redenasies nie en wanneer hy na Christus kom, kom hy as ‘n kind.
Dit blyk tog of Kevin vir God ken – om rêrig vriende met Hom te wees, op ‘n wyse wat vir ons “geleerdes” onverstaanbaar is om te begryp. Dit lyk of God sy beste metgesel is.
In my oomblikke van vertwyfeling en frustrasie in my geloof beny ek die sekuriteit wat Kevin het in sy eenvoudige geloof.
Dit is dan wanneer ek bereid is om te erken dat hy sekere Heiligs Kennis het wat uitstyg bokant my vrae as ‘n sterfling. Dit is ook dan wanneer ek besef dat hy nie die een met die gestremdheid is nie – maar ek.
My verantwoordelikhede, my vrese, my trots, my omstandighede – hulle almal word gestremdhede as ek hulle nie lê aan die voete van Christus nie. Wie weet of Kevin nie dalk dinge verstaan wat ek nooit sal leer nie?
Ten minste het hy sy hele lewe spandeer in die tipe onskuldigheid, om te bid in die donker en word deurweek in die Goedheid en Liefde van die Vader.
Eendag wanneer die geheimenisse van die hemele geopenbaar word sal ons seker eers werklik besef hoe naby God aan ons harte die heeltyd was en hoe God luister na die eenvoudige gebede van ‘n seun wat glo dat God onder sy bed bly.
Kevin sal beslis nie verbaas wees daaroor nie.