Monday, July 14, 2008

Die Wyse Vrou


‘n Wyse vrou wat deur die berge op reis was het, het in ‘n bergstroompie ‘n baie kosbare edelsteen opgetel. Die volgende dag ontmoet sy ‘n ander reisiger wat honger en moeg was. Die wyse ou vrou het haar reissak oopgemaak om haar kos saam met die honger reisiger te deel.
Die honger reisiger het die kosbare edelsteen in die wyse vrou se reissak opgemerk en aan haar gevra of sy nie die edelsteen aan hom wil gee nie. Sy het dit gedoen sonder aarseling.

Die reisiger is daar weg, baie ingenome met die goeie geluk wat hom te beurt geval het. Hy het geweet die edelsteen se waarde is van so ‘n aard dat hy vir die res van sy lewe hom nie meer sal hoef te kwel oor geld nie.

Maar, na ‘n paar dae, keer hy terug na die wyse vrou om die kosbare edelsteen aan haar terug te gee. “Ek het gedink,” sê hy. “Ek weet hoe waardevol die edelsteen is, maar ek gee dit terug in die hoop dat jy aan my iets anders kan gee wat meer waardevol is. Gee aan my wat binne jouself is, wat gemaak het dat jy die kosbare edelsteen aan my gegee het.”

Soms is dit nie rykdom wat jy het nie, maar wat binne jouself is wat ander nodig het.

Friday, July 11, 2008

"May God grant you always......


"May God grant you always......

A sunbeam to warm you,
a moonbeam to charm you,
a sheltering Angel so nothing can harm you.
Laughter to cheer you.
Faithful friends near you.
And whenever you pray,
Heaven to hear you."


Irish Blessing

Skool Telefoon Opsies………Kaliforniese Skool


“Hello! U is nou by die outomatiese antwoord diens van u skool. Ten einde u in staat te stel om met die regte onderwyser in kontak te kom, luister asb. eers na al die opsies voordat u die keuse maak:

- Om te jok hoekom jou kind nie vandag by die skool kan wees nie – Druk 1

- Om verskoning te maak hoekom jou kind nie sy huiswerk gedoen het nie –
Druk 2

- Om te kla oor wat ons doen – Druk 3

- Om personeel te vloek - Druk 4

- Om uit te vind oor inligting wat reeds per kennisgewing in u kind se huiswerk boek aangestuur is – Druk 5

- Indien u verlang dat ons u kind moet grootmaak – Druk 6

- Indien u graag wil uitreik en iemand klap of slaan – Druk 7

- Om te versoek dat u kind oorgeplaas word na ‘n ander onderwyser, vir die derde maal die jaar – Druk 8

- Om te kla oor die busvervoer – Druk 9

- Om te kla oor die kos wat die skool voorsien – Druk 0
- Indien u besef dat dit die werklike lewe is en dat u kind verantwoordelik is en rekenskap moet gee vir sy / haar eie gedrag, klas werk en huiswerk. Dat nie net die onderwyser te blameer is vir u kind se gebrek aan moeite met sy / haar skoolwerk nie – Lui af en geniet u dag!

Thursday, July 10, 2008

Val


"Dit is nie hoe ons val nie maar eerder hoe ons onsself van die grond af optel wat ons karakter definieer."

Daaglikse Wyshede

Die wat hier lees het seker nou al agtergekom dat die daaglikse inspirasie stukkies eintlik elke 2de dag inspirasie is aangesien ek probeer (as niks voorval en die Genade my toelaat) om Maandae, Woensdae en Vrydae inspirasie stukkies te plaas.
Ek wil nou die ander dae tussenin, Dinsdae en Donderdae en miskien Sondae inspirerende wyshede en spreekwoorde plaas - sal ons maar sê, tussenin vullertjies. Ek sal sover moontlik hulle vertaal sodat ons dit ook in ons eie Moedertaal dit kan waardeer. Indien die "punch line" verlore sal gaan tydens vertaling sal ek dit eerder in engels hou.

Laat weet maar of julle daarvan hou of nie.

"In die lewe kan jy nooit te goed of te opreg wees nie want almal wat jy ontmoet dra 'n sware las. Indien jy jou dag so spandeer dat jy uitdrukking gee aan jou goedheid en opregtheid teenoor almal wat jy ontmoet, sal jy 'n gevoel van warmte en blydskap agterlaat. Daarmee sal jy help om ander se laste ligter te maak waarmee hulle worstel."

Brian Tracy

Wednesday, July 9, 2008

Rotse en Sand


‘n Filosofie professor staan voor sy klas met ‘n paar items voor hom op sy lessenaar. Met die aanvang van sy klas, het hy woordeloos, ‘n leë inmaak fles opgetel en voortgegaan om die fles te vul met klein rotse van so ongeveer 5cm in deursnee.

Hy vra toe aan die studente of die fles vol is. Hulle almal stem saam dat die fles vol rotse is. Die professor tel toe ‘n dosie met klein klippies op en gooi dit in die fles. Hy het die fles liggies geskud. Die klein klippies het toe soos verwag in die oop spasies tussen die rotse ingerol.

Weereens vra hy die studente of die fles vol is. Hulle stem almal weer saam terwyl hulle onderlang lag.

Die professor tel toe ‘n dosie met sand op en gooi dit binne in die fles. Die sand het alle oorblywende openinge tussen die rotse en klippies opgevul.

“Nou,” sê die professor, “Ek wil hê dat julle hierdie fles moet sien as jou lewe. Die rotse is die belangrike dinge – soos jou God, jou eggenoot, jou kinders, jou familie, jou gesondheid – enigiets wat so belangrik is vir jou dat as jy dit sou verloor jy feitlik vernietig sal wees.”

“Die klippies is die ander dinge wat saak maak soos jou werk, jou huis, jou vriende.”

“Die sand is al die ander dinge. Die klein goedjies.”

“Indien jy die sand eerste in die fles plaas sal jy nie al die klippies en rotse ingepas kry nie. Dieselfde geld vir jou lewe. Indien jy al jou energie en tyd spandeer op die klein dinge sal jy nooit plek hê vir die dinge wat werklik belangrik is in die lewe nie.”

“Gee aandag aan die dinge wat krities is vir jou eie geluk. Leer jou Skepper intiem ken, speel met jou kinders, gee aandag aan jou eggenoot se behoeftes, sien om na jou gesondheid. Daar sal altyd tyd wees vir die minder belangrike.

“Gee eerste aandag aan die rotse – die dinge wat regtig saakmaak. Kry jou prioriteite reg. Die res is maar net sand.”

Monday, July 7, 2008

Ek Glo…..


Ek glo-
Dit maak nie saak hoe ‘n goeie vriend iemand is nie, so nou en dan gaan hulle jou seermaak en ons moet hulle daarvoor vergewe.

Ek glo-
Dat ware vriendskap hou aan om te groei self oor die langste afstande.
Dieselfde geld vir ware liefde.

Ek glo-
Dat jy iets in ‘n oomblik kan doen wat jou hartseer vir ‘n leeftyd kan besorg.

Ek glo-
Dit sal my ‘n lang tyd neem om die persoon te word wat ek graag wil wees.

Ek glo-
Dat jy altyd geliefdes moet totsiens groet met liefdevolle woorde. Dit mag dalk die laaste keer wees wat jy hulle sien.

Ek glo-
Dat jy nog lank kan aangaan nadat jy al wou moed opgee.

Ek glo-
Dat ons verantwoordelik is vir wat ons doen, maak nie saak hoe ons voel nie.

Ek glo-
Dat óf jy beheer jou houding óf jou houding beheer jou.

Ek glo-
Dit maak nie saak hoe warm en stomend ‘n verhouding aanvanklik is nie, die passie verminder later dan beter daar iets wees om die plek daarvan in te neem.

Ek glo-
Dat helde is mense wat doen wat gedoen moet word wanneer dit nodig is ongeag die gevolge.

Ek glo-
Dat geld ‘n swak manier is om telling te hou.

Ek glo-
Dat ek en my beste vriend kan enigiets of absoluut niks doen en nog steeds die beste tyd saam geniet.

Ek glo-
Dat soms is dit die mense wat jy verwag wat jou gaan skop terwyl jy lê, die is wat jou weer ophelp.

Ek glo-
Dat soms wanneer ek kwaad is, ek die reg het om kwaad te wees, maar dit gee my nie die reg om wreed te wees nie.

Ek glo-
Dat net omdat iemand jou nie liefhet op die manier wat jy dit graag wil hê nie, beteken dit nie dat hulle jou nie liefhet met alles wat hulle het nie.

Ek glo-
Dat rypheid het meer te doen met die tipe en verskeidenheid ondervinding wat jy gehad het en wat jy daaruit geleer het en minder te doen met die aantal verjaarsdae wat jy al gevier het.

Ek glo-
Dat dit nie altyd genoeg is om deur ander vergewe te word nie
Soms moet jy leer om ook jouself te vergewe.

Ek glo-
Dit maak nie saak hoe erg jou hart gebreek is nie, die wêreld stop nie vir jou verdriet nie.

Ek glo-
Dat ons opvoeding en agtergrond ons mag beïnvloed wie ons is, maar ons is verantwoordelik vir wie ons word.

Ek glo-
Dat net omdat twee mense stry en baklei, beteken nie dat hulle nie lief is vir mekaar nie. Omdat hulle nie stry en baklei beteken ook nie die teendeel nie.

Ek glo-
Dat jy nie so gretig moet wees om ‘n geheim uit te vind nie. Dit mag jou lewe vir altyd verander.

Ek glo-
Dat twee mense na presies dieselfde ding kan kyk en steeds twee verskillende goed sien.

Ek glo-
Dat jou lewe in ‘n kwessie van ure verander kan word deur mense wat jy glad nie eens ken nie.

Ek glo-
Dat alhoewel jy mag dink jy het niks meer om te gee nie, sal ‘n vriend in nood na jou uitroep en jy sal die krag vind om uit te help.
Ek glo-
Dat kwalifikasies teen die muur maak glad nie van jou ‘n goeie mens nie.

Ek glo-
Dat die mense vir wie jy die meeste omgee in die lewe is die essensie van jou bestaan. Vertel hulle vandag hoeveel jy hulle liefhet en wat hulle vir jou beteken.