Monday, July 14, 2008

Die Wyse Vrou


‘n Wyse vrou wat deur die berge op reis was het, het in ‘n bergstroompie ‘n baie kosbare edelsteen opgetel. Die volgende dag ontmoet sy ‘n ander reisiger wat honger en moeg was. Die wyse ou vrou het haar reissak oopgemaak om haar kos saam met die honger reisiger te deel.
Die honger reisiger het die kosbare edelsteen in die wyse vrou se reissak opgemerk en aan haar gevra of sy nie die edelsteen aan hom wil gee nie. Sy het dit gedoen sonder aarseling.

Die reisiger is daar weg, baie ingenome met die goeie geluk wat hom te beurt geval het. Hy het geweet die edelsteen se waarde is van so ‘n aard dat hy vir die res van sy lewe hom nie meer sal hoef te kwel oor geld nie.

Maar, na ‘n paar dae, keer hy terug na die wyse vrou om die kosbare edelsteen aan haar terug te gee. “Ek het gedink,” sê hy. “Ek weet hoe waardevol die edelsteen is, maar ek gee dit terug in die hoop dat jy aan my iets anders kan gee wat meer waardevol is. Gee aan my wat binne jouself is, wat gemaak het dat jy die kosbare edelsteen aan my gegee het.”

Soms is dit nie rykdom wat jy het nie, maar wat binne jouself is wat ander nodig het.

No comments: