Die stryd was fel, baie soldate het gesneuwel. Ek neem plaas op ‘n klip, ‘n kort afstand vanwaar die eens blink en nuut, nou geroeste, dowwe en ingeduikte helms, borsplate, gordels, beenstutte, skoene, swaarde en skilde op die smeulend rommelhoop gestrooi is. Ekself is nie meer so goed bewapen nie. Ek het iewers in die geveg my gordel, skild en swaard verloor. My borsplaat het ‘n hele paar merkbare duike in. Ek kruip nou maar so bietjie hier by die rommelhoop weg. Ek treur oor my makkers wat geval het en ek vrees want my eie lewe is in gevaar.
My gedagtes moes baie vêr gewees het want dit is eers toe Hy direk voor my staan dat ek van Sy teenwoordigheid bewus geraak het. Ek het geskrik, maar toe ek opkyk na Hom, merk ek trane in Sy oë en hartseer op Sy gesig. Die uitdrukking op Sy gesig het my eie gevoel van verslaenheid weerspieël. Hy het langs my plaasgeneem en my vraend aangekyk. Ek het gedink dat Hy dalk die Vader van een van die gesneuwelde soldate was. Ek het die hele geveg breedvoerig uitgelê. Ek het gepraat en gepraat totdat ek ook my hele lewensverhaal voor Hom uitgestort het. Ek het Hom nie die geleentheid gegee om ‘n enkele word te sê nie, net voort gebabbel. Eers later het ek verleë stilgebly.
Hy het oorgeleun en my hand in Sy Hand geplaas. “Hulle was almal My stryders en kinders” het Hy in Sy sagte rustige stem gesê. “Hulle het so passievol vir die stryd aangemeld. Ek het hulle toegerus met die beste Wapenrusting uit die Hemelse Arsenaal. Hulle het so mooi gelyk, en so hard geoefen. Dit het goed gegaan, maar later het hulle hul paraatheid verloor, die hande het gehang, die knieë het swak geword en die binneste het gesterf.”
Ek het die teleurstelling in Sy stem gehoor. Ek het skaam, nederig en skuldig voor Hom gevoel. Ek wou my hand uit Sy hand wegtrek maar Hy het dit stewig vasgehou. Hy het afgekyk na my met soveel liefde en begrip dat die trane vrylik begin loop het. “Wat moet ek nou doen” het ek deur die trane geprewel.
“My kind, Ek verseker jou dat God julle nooit sou toegerus het met ‘n sterk Hemelse wapenrusting, as die slag wat gelewer word nie eg was nie. Satan is ‘n bekwame generaal. Hy verberg sy soldate agter mure en bome en in loopgrawe. Hy is slu en subtiel. Hy is ook baie geduldig. Hy wag net totdat God se stryders en kinders maar slegs ‘n gedeelte van die wapenuitrusting uittrek. Dan slaan hy toe en hy sal poog om hulle met een hou of pyl neer te fel”
“Opregte gebed, innige geloof en volharding sal weer:
Die Gordel van Waarheid laat skitter en blink,
Die Borsplaat glad poleer en dig rondom die bors laat sluit,
Die Helm laat blink in die son.
Die duike in die Skild uitklop wat deur die vurige pyle van Satan getref is.
Die Swaard van die Gees slyp tot ‘n nuwe glans, dit sal ook krag gee aan jou arm om die Swaard te swaai”.
Hy het my beduie na wapenrusting so entjie weg en daar sien ek my Swaard, Skild en Gordel wat ek verloor het.
“Deur opregte gebed, innige geloof en volharding kan julle hierdie Wapenrusting van God dra tot die dag van julle dood”
“Slegs deur oefening en volharding word julle gelei na oorwinning. Daar is ‘n prys vir elkeen wat oorwin, eerste of laaste. Die prys is ‘n Goue Glorieryke plek by ons Vader in die Hemel”.
Hy het my opgehelp van die klip waar ons gesit het. Hy het nog steeds my hand vasgehou toe ons weggestap het van die verlede af. Hy hou nog steeds my hand vas waar ek die toekoms instap. My hart juig en ek huil van vreugde, want ek het nog ‘n kans gekry.
Elizabeth vd Schyff

No comments:
Post a Comment