‘n Filosofie professor staan voor sy klas met ‘n paar items voor hom op sy lessenaar. Met die aanvang van sy klas, het hy woordeloos, ‘n leë inmaak fles opgetel en voortgegaan om die fles te vul met klein rotse van so ongeveer 5cm in deursnee.
Hy vra toe aan die studente of die fles vol is. Hulle almal stem saam dat die fles vol rotse is. Die professor tel toe ‘n dosie met klein klippies op en gooi dit in die fles. Hy het die fles liggies geskud. Die klein klippies het toe soos verwag in die oop spasies tussen die rotse ingerol.
Weereens vra hy die studente of die fles vol is. Hulle stem almal weer saam terwyl hulle onderlang lag.
Die professor tel toe ‘n dosie met sand op en gooi dit binne in die fles. Die sand het alle oorblywende openinge tussen die rotse en klippies opgevul.
“Nou,” sê die professor, “Ek wil hê dat julle hierdie fles moet sien as jou lewe. Die rotse is die belangrike dinge – soos jou God, jou eggenoot, jou kinders, jou familie, jou gesondheid – enigiets wat so belangrik is vir jou dat as jy dit sou verloor jy feitlik vernietig sal wees.”
“Die klippies is die ander dinge wat saak maak soos jou werk, jou huis, jou vriende.”
“Die sand is al die ander dinge. Die klein goedjies.”
“Indien jy die sand eerste in die fles plaas sal jy nie al die klippies en rotse ingepas kry nie. Dieselfde geld vir jou lewe. Indien jy al jou energie en tyd spandeer op die klein dinge sal jy nooit plek hê vir die dinge wat werklik belangrik is in die lewe nie.”
“Gee aandag aan die dinge wat krities is vir jou eie geluk. Leer jou Skepper intiem ken, speel met jou kinders, gee aandag aan jou eggenoot se behoeftes, sien om na jou gesondheid. Daar sal altyd tyd wees vir die minder belangrike.
“Gee eerste aandag aan die rotse – die dinge wat regtig saakmaak. Kry jou prioriteite reg. Die res is maar net sand.”

2 comments:
Pragtig gelofteboer! 'n Gedagte wat mens beslis daagliks saam met jou kan dra.
Ja dit is so waar, maar ek het die storie op 'n ander manier gehoor wat minder van 'n boodskap was en meer lagwekkend ...
een van die studente in die storie staan toe op en maak 'n blikkie bier in die fles leeg en se ... "dit maak nie saak hoe vol jou lewe is nie, daar is altyd plek vir bier!"
Post a Comment