Jare gelede het ‘n gewilde koning onderhoude gevoer met voornemende troon draers. Die ses troon draers sou verantwoordelik wees daarvoor om sy draagbare troon oor groot afstande te dra op sy reise deur sy koninkryk.
Vir elke kandidaat het hy die vraag gevra: “As jy my dra op ‘n bergpaadjie, hoe naby aan die rand van die afgrond sal jy kan loop?”
Sommige van die kandidate het geantwoord, “U majesteit, ek is so sterk ek sal maklik ‘n half meter van die rand van die afgrond kan loop.” Ander het trots verklaar, “Nie alleenlik is ek baie sterk nie maar ek kan ook baie goed balanseer en sal maklik dertig sentimeter van die rand van die afgrond kan loop.”
Slegs ‘n paar het verklaar, “U majesteit, ek sal nie naby aan die rand van die afgrond gaan nie. Hoekom sal ek u kosbare lewe in gevaar wil stel deur naby aan die rand van die afgrond te gaan?”
Raai wie het die werk gekry?
Ons leef in ‘n wêreld vandag waar daar meer afgronde as gelyk vlaktes bestaan. Ons spandeer ‘n groot gedeelte van ons dag binne stapafstand van allerhande afgronde en kranse soos: versoekinge van die vlees, hebsug, immorele vermaak, buite egtelike verhoudings, verslawings soos drank, rook, dobbel, noem maar op, etiese kompromieë.
In plaas daarvan om eerder so ver as moontlik weg te bly van die voor die hand liggende gevare ter wille vanonsself en ons families, laat ons soms die vyand van ons siel toe om ons nader te lok aan die afgrond om net so bietjie beter te kan sien. Ons proe soms net te veel van dit wat die wêreld die mens bied.
Josh McDowell sê, “Ek sal eerder ‘n reëling op die berg bou as om ‘n ambulans beskikbaar te hê onder in die vallei.”
Maar soms is dit beter om maar liewers glad nie die reëling te toets nie want dit mag jou dalk net nie genoegsaam keer nie. Veiligheid reëlings is nie daar om te keer nie maar eerder om jou weg te stuur van die gevaar.
As jy so terugkyk op jou lewe, watter “afgronde” maak jou nuuskierig. Watter van die “afgronde” het jy die grootste stryd mee om te vermy of daar weg te bly?
Vra God se hulp om vroegtydig die “afgronde en kranse” te sien en die gesonde verstand om so ver moontlik daarvan weg te vlug.
(Jes 1:4) Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het Yahweh verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
(Jes 1:5) Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
(Jes 1:6) Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
(Jes 1:7) Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
(Jes 1:8) En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad.

No comments:
Post a Comment