Wednesday, June 25, 2008

God se Koffie


‘n Groep oud studente, waarvan die meeste die hoogste sport in hul beroep bereik het, het ‘n besoek gereël by hul ou universiteit’s professor. Die geselskap het vinnig ontaard in ‘n kla sessie oor die spanning van hul werk en lewens.

Die professor het sy gaste koffie aangebied en is kombuis toe en keer terug met ‘n groot ketel koffie en ‘n verskeidenheid koppies. Die koppies het gewissel van porselein, glas, kristal, sommige wat baie goedkoop lyk, ander wat baie duur lyk en sommige wat besonders mooi was. Hy het sy gaste genooi om hulself te help met die koffie.

Toe al die oud studente ‘n koppie koffie in die hand het, sê die ou professor:

“As julle sal oplet sal julle sien dat al die mooi, duur koppies gebruik is en die wat oorgebly het op die skinkbord is die gewone goedkoop koppies. Terwyl dit vir manne van julle status normaal is om slegs die beste vir julself te wil hê, is dit ook die bron van julle probleme en spanning.

Wees verseker dat die koppie opsigself gee kwaliteit tot die koffie toevoeg nie. In die meeste gevalle is dit net ‘n kwessie van die koppie wat duurder is en in ander gevalle verberg dit nog die inhoud van dit wat ons drink.

Wat julle almal regtig verlang het was koffie, nie die koppie nie, maar bewustelik het julle almal gegaan vir die beste koppies…… Toe begin julle verder mekaar se koppies te beloer om te sien wie het die beste koppie gekry.

Nou dink so bietjie na oor die volgende: Die lewe is die koffie; die werk, geld, aansien in die gemeenskap is die koppies. Hulle is slegs gereedskapstukke wat die lewe insluit en omvou. Die tipe koppie wat ons het bepaal nie of verander nie die kwaliteit van die lewe wat ons leef nie.

Soms gebeur dit dat ons slegs konsentreer op die koppie en sodoende vergeet om die koffie te geniet wat God aan ons voorsien het.”

God berei vir ons die koffie, nie die koppies nie….. Geniet jou koffie!

“Die gelukkigste mense het nie die beste van alles nie. Hulle maak slegs die beste van dit wat hulle het.”

No comments: