Dit was ‘n buitengewone warm somersdag gewees. Dit het gelyk of almal verligting soek van die hitte op een of ander manier. Die roomys stalletjie was, in die hitte, die natuurlike stop plek vir ‘n ieder en ‘n elk.
‘n Klein meisietjie, wat haar geldjies styf vashou in haar hand, stap die roomys winkel binne. Voordat sy nog ‘n woord kon uiter jaag die winkel assistant haar uit om die teken buite op die deur te gaan lees en buite te bly totdat sy skoene aan haar voete het. Baie verleë en hartseer het sy stadig die roomys winkel verlaat terwyl ‘n groot man haar agtervolg uit die winkel.
Hy hou haar dop terwyl sy buite die winkel staan en die teken lees: “Geen kaal voete toegelaat nie”. Die traantjies het oor haar wangetjies begin rol terwyl sy wegstap van die winkel af. Dien groot man roep na haar om terug te kom. Terwyl hy op die sypaadjie sit trek hy sy paar no 14 skoene uit en sit hulle voor die meisietjie neer en sê: “Hier, klim in hulle in, ek weet jy sal nie met hulle kan loop nie, maar as jy met hulle so sleep sleep loop kan jy jou roomys gaan koop.”
Met die tel hy die meisietjie op en sit haar voete binne in sy skoene. “Vat jou tyd,” sê hy, “ek raak moeg om die hele tyd met my groot skoene te loop en dit sal lekker wees om net hier te sit en rus terwyl ek my roomys eet.” Niemand kon die meisietjie se glinsterende oë mis terwyl sy met die vreeslike groot skoene die winkel binne skuifel tot by die toonbank en haar roomys bestel nie.
Ja, hy was verseker ‘n groot man. Groot maag, groot skoene maar die meeste van als ‘n groot hart.
Wednesday, February 13, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment