Twee mans, beide van hulle ernstig siek het ‘n kamer gedeel in die hospitaal. Die een man kon elke middag vir ‘n uur regop sit in sy bed om die vog op sy longe te dreineer. Sy bed was langs die kamer se enigste venster. Die ander man moes die heeltyd plat op sy rug lê in die bed. Die mans het ure aaneen gesels oor hul vrouens, kinders, familie, hul huise hul werk, hul betrokkenheid in die weermag en waar hulle oral met vakansie was.
Elke middag wanneer die man in die bed by die venster regop kon sit het hy aan sy kamermaat beskryf wat alles kon sien wat buite aangaan.
Die man in die ander bed het begin te leef vir die uurtjie in die middag, want dit was sy kykie in die wêreld daar buite deur die oë van sy kamermaat. Die beskrywing van kleur en aktiwiteite daar buite het sy dag opgehelder.
Die venster het uitgekyk oor ‘n pragtige meer. Swane en eende het op die water gespeel terwyl die kinders hul klein seilbootjies laat vaar op die water. Jong verliefdes stap hand aan hand tussen die pragtige kleure spel van blomme in die park. In die vêrte kon jy die pragtige horison son met die son wat besig is om sy kop te laat sak agter die stads geboue.
Terwyl die man by die venster aan sy kamermaat al die dinge in die fynste detail beskryf het die man aan die anderkant van die kamer sy oë gesluit en in sy verbeelding die prentjies gevorm soos sy maat dit beskryf.
Een warm somermiddag het die man by die venster ‘n parade wat verby beweeg het aan sy maat beskryf.
Alhoewel die ander man nie die orkes kon hoor nie – kon hy dit sien in sy geestesoog soos sy maat dit in besonderse fyn detail beskryf.
Dae en weke het verby gegaan.
Een oggend, terwyl die dag suster water bring om hulle te bad, tref sy die lewelose liggaam van die man by die venster aan. Hy het rustig in sy slaap gesterf. Sy was baie hartseer en het die hospitaal portiere geroep om die liggaam te verwyder.
Toe die geleentheid hom voordoen het die ander man vir die suster gevra of hulle hom kan skuif na die bed by die venster. Die suster was maar te bly om hom te skuif en nadat sy seker gemaak het hy is gerieflik het sy geloop.
Stadig en met groot moeite en pyn het hy homself opgelig en gestut op een elmboog sodat hy weer sy eerste kykie kan kry na die wêreld daar buite.
Met groot inspanning het hy om so kon draai dat hy by die venster kon uitkyk.
Die venster het uitgekyk op ‘n soliede muur. Die man vra toe aan die suster wat sy oorlede vriend kon besiel het om sulke pragtige tonele daarbuite aan hom te kon beskryf terwyl jy niks behalwe die muur kon sien nie.
Die suster antwoord toe dat die man blind was en dat hy nie eens die muur kon sien nie.
Sy sê toe, “Miskien wou hy jou net bemoedig het.”
Les: Een van die mooiste karakter trekke van liefde is om ander te bemoedig en te vertroos terwyl jyself in pyn verkeer.
Monday, February 18, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment