Friday, July 31, 2009

Akkers en Pampoene


’n Ou gediggie beskryf ’n vrou wat wander deur ’n pragtige grasland terwyl sy die natuur bewonder en die grootheid daarvan oordink. Terwyl sy wandel kom sy op ’n pampoen land af met die mooiste goud-geel pampoene. In die hoek van die land staan daar ’n enorme groot eikeboom.

Terwyl sy gaan sit onder die eikeboom, verwonder sy haar aan die snaaksigheid van die natuur wat kleine akkers plaas aan enorme groot takke en groot pampoene aan sulke klein ranke. Sy dink by haarself, “Hier en daar moes God seker ’n foutjie gemaak het met Sy skepping! Hy moes die klein akkers laat groei het aan die klein ranke en die groot pampoene aan die groot takke van die eikeboom.”

Die vrou strek haarself behaaglik uit terwyl sy haarself regmaak vir ’n kort slapie in die koelte van die pragtige eikeboom. ’n Paar minute nadat sy aan die slaap geraak het skrik sy wakker toe ’n klein akker op haar kop val en wegrol tot by haar voete.

Giggelend vryf sy haar kop terwyl sy by haarself dink, “Op die ou einde wag God tog reg gewees met Sy skepping!”

Monday, July 27, 2009

Oomblikke

Thursday, July 23, 2009

Vergifnis

Monday, July 13, 2009

Tuesday, June 30, 2009

Omhels Onvolmaaktheid


Toe ek nog ’n jong meisie was, het my moeder soms daarvan gehou om ontbyt kos te maak vir aandete. Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na ’n lang, harde dag se werk ontbyt kos aandete gemaak het. Daardie aand het my moeder ’n bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my vader neergesit. Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande roosterbrood gaan opmerk of iets sê daaroor!
Maar al wat my vader gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my moeder te glimlag en my te vra hoe was my dag by die skool. Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie maar ek kan baie goed onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste krieseltjie opgeëet het.

Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my moeder verskoning maak aan my vader vir die gebrande roosterbrood. Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie: “Liefie, ek hou van gebrande roosterbrood.”

Later die aand het ek gegaan om vir vader goeienag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou. Hy het my in sy arms omhels en gesê, “ Debbie, jou moeder het ’n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig moeg. En ’n bietjie gebrande roosterbrood het nog niemand doodgemaak nie!”

Jy weet, die lewe is vol van onvolmaakte dinge........en onvolmaakte mense.
Ek is nie die beste huishoudster of kok nie maar wat ek geleer het oor die jare is om mekaar se foute te aanvaar – en eerder te verbly in mekaar se verskille. Dit is een van die belangrikste sleutel om ’n gesonde, groeiende en gelukkig verhouding te skep

Dit is my gebed vir jou vandag. Dat jy sal leer om die goeie en die slegte van jou lewe te neem en dit te lê voor die voete van Vader Yahweh. Want op die einde is Hy die enigste een wat aan jou ’n verhouding kan gee met ander waar gebrande roosterbrood nie saak maak nie.

Friday, June 26, 2009

Alphabet of a Friend….


(A)ccepts you as you are
(B)elieves in "you"
(C)alls you just to say "HI"
(D)oesn't give up on you
(E)nvisions the whole of you (even the unfinished parts)
(F)orgives your mistakes
(G)ives unconditionally
(H)elps you
(I)nvites you over
(J)ust "be" with you
(K)eeps you close at heart
(L)oves you for who you are
(M)akes a difference in your life
(N)ever Judges
(O)ffer support
(P)icks you up
(Q)uiets your fears
(R)aises your spirits
(S)ays nice things about you
(T)ells you the truth when you need to hear it
(U)nderstands you
(V)alues you
(W)alks beside you
(X)-plains thing you don't understand
(Y)ells when you won't listen and
(Z)aps you back to reality

Thursday, June 25, 2009

Tuis