Friday, July 31, 2009
Akkers en Pampoene
’n Ou gediggie beskryf ’n vrou wat wander deur ’n pragtige grasland terwyl sy die natuur bewonder en die grootheid daarvan oordink. Terwyl sy wandel kom sy op ’n pampoen land af met die mooiste goud-geel pampoene. In die hoek van die land staan daar ’n enorme groot eikeboom.
Terwyl sy gaan sit onder die eikeboom, verwonder sy haar aan die snaaksigheid van die natuur wat kleine akkers plaas aan enorme groot takke en groot pampoene aan sulke klein ranke. Sy dink by haarself, “Hier en daar moes God seker ’n foutjie gemaak het met Sy skepping! Hy moes die klein akkers laat groei het aan die klein ranke en die groot pampoene aan die groot takke van die eikeboom.”
Die vrou strek haarself behaaglik uit terwyl sy haarself regmaak vir ’n kort slapie in die koelte van die pragtige eikeboom. ’n Paar minute nadat sy aan die slaap geraak het skrik sy wakker toe ’n klein akker op haar kop val en wegrol tot by haar voete.
Giggelend vryf sy haar kop terwyl sy by haarself dink, “Op die ou einde wag God tog reg gewees met Sy skepping!”
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment