Laasnag was nou weer een van daardie nagte wat 'n spesifieke gedagte in jou kop is en dit maal en gaan te kere - so was dit die ryk man en die Koninkryk van God (spesifiek die gelykenis van die kameel en die oog van die naald).
Baie keer as mens dink aan ryk dan dink mens net aan geld en besitting maar in die geval was daar heelwat ander dinge wat die persoon "ryk" gemaak het en voorkom het dat hy die Vader se Ryk kon ingaan.
Die volgende prentjie het die heeltyd voor my afgespeel: Daar is ‘n stapper met 'n klomp bagasie op sy rug wat hy dra terwyl hy besig is om die berg te bestyg op sy staptog. Langs die pad is hier en daar ‘n bordjie wat die pad aanwys met die woorde’ “Volg die pad na die Land van die Koning” Op 'n sekere stadium het hy by 'n kom in die berg gekom. Voor hom was die volgende massiewe berg wat hy moes oor. Voor hom is daar 'n baie nou tonnel wat hy moet deurgaan om aan die anderkant uit te kom - die is die enigste manier - hy kan nie om of bo oor nie en aan die anderkant wil hy uitkom. By die tonnel staan daar 'n man wat vir hom vertel dat die is die enigste pad om aan die anderkant uit te kom en hy sal nie glo hoe wonderlik dit aan die anderkant is nie, maar om deur te gaan sal hy al die bagasie moet afpak en daar los want jy kan nie deurgaan met bagasie nie.
Aanvanklik wil die stapper niks weet van enige bagasie aflaai nie want hy kan dit dalk nodig kry aan die anderkant alhoewel die man by die tonnel se ingang hom verseker het dat hy nie die bagasie gaan nodig kry aan die anderkant nie.
Die stapper wil met alle geweld net deur maar elke keer haak die bagasie vas en hy kan nie in die tonnel nie. Die man langs die tonnel vra vir hom of hy hom kan help om van die bagasie af te haal - hy sê ja en laat toe dat net so een stuk bagasie op 'n slag afgehaal word en dan probeer hy weer, maar dit bly dieselfde storie van vashaak en te min spasie. So het dit aangehou totdat die stapper net die klere aan sy lyf gehad het toe kon hy in die tonnel pas om deur te gaan.
Die bagasie wat ons so met ons dra is ons "rykdom" en die rykdom is nie geld of besittings nie maar goed soos hoogmoed, liefdeloosheid, onbarmhartigheid, ens - in die hedendaagse wêreld word dit oral gepredik dat dit bates is wat noodsaaklik is vir die selfbehoud van die eie ek - dus word dit vir die persoon 'n bate - 'n rykdom. Die persoon wat by die tonnel staan is ons Redder Messias wat die bagasie vir ons verwyder - maar Hy het met groot geduld die stapper toegelaat om die bagasie stuk vir stuk af te haal en weer te pas totdat alles afgehaal is.
Die rigtingwyser bordjies is die ander gelowiges, hulle wys net, hulle praat nie, ‘n stille getuie van die pad wat gevolg moet word, die bordjies het geen nota by van haal jou bagasie af nie. Soms raak ons so voortvarend in ons strewe om mense te lei na Christus dat ons maklik die eer vir onself wil neem as ‘n persoon tot bekering kom. Bekering is die werk van die Heilige Gees en ons moet waak om nie op Sy terrein te oortree nie ons moet slegs die pad aanwys, Vader sal die res doen.
Dit het my net weereens laat besef hoe smal is die pad werklik wat lei na die Koninkryk van ons Vader en dat jy nie daar kan ingaan met wêreldse bagasie nie. Daar was ook nie baie stappers om deur te gaan nie.
Dit bly vir my eenvoudig net te wonderlik hoe Vader ons lesse kom leer deur Sy Heilige Gees en dit is vir my ook tekenend dat ons in die laaste dae is want Vader het gesê dat Hy ons deur Sy Heilige Gees self sal kom leer in die laaste dae.
Ek het die beeld wat ek ontvang het aan ‘n vriend vertel en na ‘n lang gesprek het hy die volgende aan my gesê wat baie treffend was: Hy het die meeste van sy bagasie afgepak voor die Meester maar net ingeval iets sou verkeerd loop het hy ‘n tou vasgemaak om sy lyf en aan sekere van die bagasie om dit deur die tonnel te wil sleep sodra hy aan die anderkant uitkom, maar die bagasie bly vashaak binne die tonnel en dit is duidelik dat die tonnel geen bagasie sal duld nie op watter manier jy dit ookal wil deursleep nie.
Die vraag is watter bagasie hou jou vandag terug? En is jy bereid dat Hy vir jou help om dit af te haal?
Wednesday, December 19, 2007
Monday, December 17, 2007
God Is Onder My Bed
My broer Kevin dink dat God onder sy bed bly. Altans dis wat ek hom een nag hoor sê het. Hy was besig om hardop te bid in sy donker slaapkamer, toe ek buitekant sy kamerdeur stop en luister wat hy bid.
“Is u daar, God? vra hy. Waar is U? Ahh, ek sien. Onder my bed.”
Ek het saggies gegiggel en vinnig na my kamer gegaan. Kevin se unieke uitkyk was al menigmale ‘n groot bron van vermaak vir die ander kinders.
Maar daardie aand was daar iets anders wat baie langer in die lug getalm het as die humor. Vir die eerste keer het ek besef hoe anders is die wêreld waarin Kevin leef as ons sin.
Hy is dertig jaar gelede gebore, verstandelik gestremd as gevolg van geboorte komplikasies.
Afgesien van sy grote (hy is 6 voet 2 duim), is daar bitter min dinge waarin hy ‘n volwassene is. Hy redeneer en kommunikeer met die vermoëns van ‘n 7 jarige en so sal dit sy hele lewe wees.
Hy sal heel waarskynlik altyd glo dat God onder sy bed bly en dat vliegtuie in die lug bly omdat engele hulle dra.
Ek onthou hoe ek al gewonder het of Kevin rêrig besef hy is anders as ander mense.
Is hy nooit ontevrede met sy eentonige lewe nie? Op voordat die son nog op is, weg werk toe na die werkswinkel vir die gestremdes, huis toe en gaan stap met die hond, kom terug om sy gunsteling maaltyd, macaroni en kaas te eet en dan later bed toe.
Die enigste variasie in die standaard roetine is op wasdag wanneer hy soos ‘n valk waghou oor die wasmasjien om die wasgoed te was.
Hy lyk nooit ontevrede nie.
Elke oggend stiptelik 07H05 stap hy uit die huis na die bus, angstig om ‘n dag se eenvoudige werk te gaan doen.
Hy vryf sy hande baie opgewonde terwyl die water op die stoof kook vir aand ete. Twee maal ‘n week bly hy laat op om almal se vuil wasgoed bymekaar te maak vir die volgende dag se was sessie. En Saterdae – oh die opgewondenheid van Saterdae!
Dit is die dag wat my pa vir Kevin lughawe toe vat vir ‘n koeldrank terwyl hy kyk hoe die vliegtuie land en opstyg terwyl onderwyl hy hardop spekuleer waarheen elke passasier oppad is.
Kevin skree terwyl hy sy hande klap. Sy afwagting Vrydag aande is so groot dat hy skaars kan slaap van opgewondenheid oor Saterdae se uitstappie. Ek dink nie Kevin weet daar bestaan iets anders daar buite in die wêreld behalwe sy daaglikse roetine en die naweek uitstappies nie.
Hy weet nie wat dit beteken om ontevrede te wees met sy lewe nie. Sy lewe is eenvoudig.
Hy sal nooit weet wat dit beteken om vasgevang te word deur rykdom of mag nie, hy geen nie om watse maak klere hy dra nie of watse tipe kos hy eer nie.
Hy herken nie verskille in mense nie en behandel almal as sy gelyke en as ‘n vriend.
Sy behoeftes is altyd bevredig en hy bekommer hom nooit dat dit dalk eendag in die toekoms nie sal gebeur nie. Sy hande is altyd besig om iets te doen en nooit ledig nie.
Kevin is altyd baie gelukkig as hy maar net kan werk of besig wees. Wanneer hy die skottelgoedwasser uitpak of die mat stofsuig – sy hart en siel is daarin. Hy skrik nie vir enige taak nie en hy sal ook nie sy taak onvoltooid laat nie. Maar wanneer sy werkies almal klaar is dan weet hy ook hoe om te ontspan. Hy is lief vir werk maar dis nie ‘n obsessie by hom nie.
Sy hart is opreg. Hy glo steeds dat elke persoon die waarheid praat. Beloftes moet gehou word. Wanneer jy verkeerd is vra jy om verskoning in plaas van om te argumenteer. Vry van trots en ongeërg oor voorkoms is Kevin nie bang om te huil wanneer hy seer het nie, kwaad is of jammer is nie. Hy is altyd deursigtig en opreg.
En hy vertrou God onvoorwaardelik. Hy word nie ingeperk deur intellektuele redenasies nie en wanneer hy na Christus kom, kom hy as ‘n kind.
Dit blyk tog of Kevin vir God ken – om rêrig vriende met Hom te wees, op ‘n wyse wat vir ons “geleerdes” onverstaanbaar is om te begryp. Dit lyk of God sy beste metgesel is.
In my oomblikke van vertwyfeling en frustrasie in my geloof beny ek die sekuriteit wat Kevin het in sy eenvoudige geloof.
Dit is dan wanneer ek bereid is om te erken dat hy sekere Heiligs Kennis het wat uitstyg bokant my vrae as ‘n sterfling. Dit is ook dan wanneer ek besef dat hy nie die een met die gestremdheid is nie – maar ek.
My verantwoordelikhede, my vrese, my trots, my omstandighede – hulle almal word gestremdhede as ek hulle nie lê aan die voete van Christus nie. Wie weet of Kevin nie dalk dinge verstaan wat ek nooit sal leer nie?
Ten minste het hy sy hele lewe spandeer in die tipe onskuldigheid, om te bid in die donker en word deurweek in die Goedheid en Liefde van die Vader.
Eendag wanneer die geheimenisse van die hemele geopenbaar word sal ons seker eers werklik besef hoe naby God aan ons harte die heeltyd was en hoe God luister na die eenvoudige gebede van ‘n seun wat glo dat God onder sy bed bly.
Kevin sal beslis nie verbaas wees daaroor nie.

Sunday, December 16, 2007
Bloedrivier Gelofte
Gelofte
(Afrikaans)
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag
soos 'n sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.
Gelofte
(Nederlands)
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Friday, December 14, 2007
Die Dooie Kersie
‘n Man het ‘n klein dogtertjie gehad – sy enigste en die appel van sy oog. Hy het vir haar geleef – sy was sy hele bestaan. Sy het siek geword en self die beste dokters kon haar nie gesond kry nie. Hy het soos ‘n waansinnige geword en sou die hele aarde skuif as hy maar net sy dogtertjie gesond kon kry.
Sy beste pogings en al die geld in die wêreld kon nie die kindjie gesond kry nie en sy is later dood. Die vader was ontroosbaar van droefheid. Hy het ‘n verbitterde kluisenaar geword wat homself afgesluit het van sy vele vriende en familie. Hy het geweier om aan enige aktiwiteit van die gemeenskap deel te neem wat hom in kontak sou bring met sy ou vriende en daar was geen belangstelling om sy lewe terug te verander soos voor die afsterwe van sy geliefde kind nie.
Maar een nag het hy ‘n droom gehad.
Hy was in die Hemel en het gekyk na ‘n prag skouspel van al die klein kinder engele. Hulle het geloop in, wat gelyk het soos ‘n oneindige, lang ry verby die Groot Wit Troon van God. Elke kinder engel het ‘n kersie gedra. Hy het opgemerk dat die een kindjie se kersie was dood gewees.
Toe merk hy eers op dat die kindjie met die dooie kers was sy geliefde dogtertjie. Terwyl die parade van pragtige kinder engele stilstaan hardloop hy na haar en tel haar en sy arms en druk haar styf vas teen hom en vra haar, “Hoe is dit my liefling dat jou kers die enigste een is wat dood is tussen al die engele?” Vader, Hul steek gereeld my kersie aan die brand maar jou trane doof elke keer die vlammetjie uit.”
Net toe word hy wakker van sy droom. Die les was glashelder gewees en die gevolge onmiddellik. Vanaf daardie uur was hy nie meer ‘n kluisenaar nie maar het opgewek gemeng met al sy vriende en familie.
Nie langer sal hy toelaat dat sy trane die kersie van sy geliefde blus nie.
(PSA 56:13) (56:14) want U het my siel gered van die dood—ja, my voete van struikeling—om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.

Thursday, December 13, 2007
Ek het Gevra
Ek het gevra vir krag sodat ek kon presteer
Toe maak Hy my swak sodat ek kan leer
Ek het gevra vir gesondheid sodat ek groot dinge kon verrig
Toe gee Hy genade sodat ek kan besef daar is 'n beter plig
Ek het gevra vir rykdom sodat ek geluk kon koop
Toe gee Hy armoede om my van my hoogmoed te stroop
Ek het gevra vir mag sodat ander my kan prys
Toe gee Hy my die wysheid om Sy liefde te kan wys
Ek het gevra vir alles in die lewe sodat ek dit kon geniet
Toe gee Hy my 'n hart wat ten spyte van die lewe vreugde kan bied
Ek het niks ontvang waarvoor ek gevra het nie
Maar in Sy oneindige wysheid, liefde en genade het Hy my meer gegee as waarvoor ek ooit kon hoop.
Want selfs al gaan ek deur donker dieptes hoef ek nou nie meer bang te wees nie.
U is by my.
By U is ek veilig.
U goedheid en liefde is my huis en my hart.
Nou kyk ek op na die berge en weet U is daar.
U sal my beskerm teen alle gevaar.
Nou.
Altyd.
Gestuur deur Kerneels

Wednesday, December 12, 2007
Middagete saam met God
‘n Klein seuntjie wou graag vir God ontmoet. Hy het geweet dit sal ‘n lang reis wees na God se blyplek en daarom het hy in sy tassie ‘n groot pak aartappelskyfies en ses koeldranke ingepak voordat hy die reis aangepak het.
Nadat hy so drie straatblokke van die huis af weg is ontmoet hy ‘n ou dame in die parkie. Sy was besig om net te staar na die duiwe. Die seuntjie het langs haar gaan plaasneem op die bankie en sy tassie oopgemaak. Hy wou net ‘n sluk van sy koeldrank vat toe hy sien maar die ou dame lyk bra honger. Hy offer toe vir haar van sy aartappelskyfies. Sy het dit baie dankbaar aanvaar en vir hom geglimlag.
Haar glimlag was so mooi vir die seun dat hy dit graag weer sou wou sien en toe offer hy vir haar een van sy koeldranke. Weereens glimlag sy vir hom. Die seun was verheug oor haar glimlag. So het hulle die hele middag gesit, skyfies geëet, koeldrank gedrink en geglimlag maar sonder om ‘n woord vir mekaar te sê.
Toe dit begin skemer raak besef die seun dat hy baie moeg is en staan op om terug te keer na sy huis, na ‘n paar tree draai en om en hardloop vinnig na die ou dame en gee haar ‘n drukkie. Sy gee vir hom haar grootste glimlag ooit.
Die seun se ma was verras met die uitdrukking van blydskap op haar seun se gesig toe hy die huis binnekom. Sy vra toe vir hom, “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig laat lyk?” Hy antwoord, “Ek het middagete saam met God gehad.” Maar voordat sy ma kon reageer, voeg hy by, “ Weet ma wat? Sy het die mooiste glimlag wat ek nog ooit gesien het.”
Intussen het die ou dame , oorstelp van blydskap, ook by haar huis aangekom. Haar seun was verras oor die uitdrukking van vrede wat op sy ma se gesig te bespeur was. Hy vra, “Moeder, wat het jy vandag gedoen wat jou so bly gemaak het?” Sy antwoord, “Ek het aartappelskyfies geëet en koeldrank gedrink saam met God in die parkie.”
Maar voordat hy kon reageer voeg sy by, “Jy weet, hy is baie jonger as wat ek verwag het.”
Te veel kere onderskat ons die krag van ‘n aanraking, ‘n glimlag, ‘n gawe woordjie, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment of die kleinste gebaar van omgee wat alles die potensiaal het om ‘n lewe om te keer.
Mense kom in ons lewe vir ‘n rede, ‘n seisoen of ‘n leeftyd! Koester hulle almal met dieselfde entoesiasme!
Geniet ‘n middagete saam met God…..

Tuesday, December 11, 2007
Die Vullis vragmotor
Hoe gereeld laat jy toe dat ander mense jou gemoedstoestand beïnvloed? Laat jy toe dat ‘n swak bestuurder, ongeskikte kelner, ‘n norse baas of ‘n onsensitiewe medewerker jou dag ruïneer? So iets kan jou hele dag omkrap en jou in ‘n slegte bui laat vir ‘n groot gedeelte van die dag. Maar, dit is waar die onderskeiding van die suksesvolle persoon intree naamlik, hoe vinnig kan jy jou fokus terugkry na so insident op dit wat belangrik is.
Sestien jaar gelede het ek die les geleer, agter in ‘n huurmotor. Dit is wat gebeur het. Ek het ‘n huurmotor gekry en was oppad na die stasie. Terwyl ons in die linkerkantste baan ry, is daar skielik ‘n swart motor wat vanuit ‘n parkeer ruimte voor ons inry. Die huurmotor bestuurder het baie vinnig gerem en die motor het begin gly, ons het die motor met centimeters gemis.
Die bestuurder van die swart motor ruk sy kop agtertoe en begin in die vreeslikste taal ons uit te skel. My huurmotor bestuurder het net vir die ander bestuurder geglimlag en gewaai. Hy was werklik opreg vriendelik met hom. Ek vra toe vir hom, “Hoekom het jy dit gedoen? Die ou het amper jou motor afgeskryf en ons amper hospitaal toe gestuur. Dit is wat die huurmotorbestuurder vir my gesê het wat ek nou noem, “Die Wet van die Vullis vragmotor”.
Baie mense is soos vullis vragmotors. Hulle hardloop rond vol vullis, vol frustrasie, vol woede en vol van teleurstelling. Soos wat die vullis ophoop soek hulle ‘n plek waar hulle dit kan stort. As jy hulle toelaat sal hulle dit op jou stort. Indien iemand dit wel op jou stort moet dit nie persoonlik opneem nie. Glimlag, waai, wens hulle voorspoed toe en gaan aan. Jy sal baie bly wees jy het dit gedoen.
So dit was dit, “Die Wet van Vullis vragmotors”. Ek begin te dink hoeveel keer laat ek toe dat vullis vragmotors reg bo oor my ry? Hoeveel keer neem ek hulle gestorte vullis en versprei dit weer aan ander mense by die werk, by die huis en op straat? Dit was die dag waarop ek besluit het tot hiertoe en nie verder nie, ek gaan dit nie meer doen nie. Ek het begin om die vullis vragmotors raak te sien.
Ek sien hulle nou al aankom, ek sien die vrag vullis wat hulle dra en ek sien dat hulle dit wil kom stort. Soos my huurmotorbestuurder, maak ek dit nie ‘n persoonlik ding nie, ek glimlag net, waai, wens hulle voorspoed toe en beweeg aan.
Die geheim om ‘n gelukkige en suksesvolle dag te ervaar is om nie toe te laat dat ander mense se vullis vragmotors jou lewe oorneem of beheer nie.
Die lewe is te kort om elke oggend met verwyte op te staan, dus ….. wees lief vir diegene wat jou goed behandel en die res, ignoreer hulle en vergeet daarvan.

Subscribe to:
Posts (Atom)