Om trots te wees op mens se prestasies
verteenwoordig nie hoogmoed nie. Dit verteenwoordig blydskap in nederigheid.
“Die
kwaliteit van die werk en die kwaliteit van die werker is onlosmaaklik deel van
mekaar.”
“Half-hartige
pogings produseer nie halwe resultate nie; dit produseer geen resultate nie.”
Drie mense
was besig om steen messelwerk te doen. ‘n Verbyganger vra aan hulle wat is
hulle besig om te doen.
Die eerste
een antwoord:
“Kan jy nie sien ek is besig om geld te
verdien om aan die lewe te bly nie?”
Die tweede
een antwoord:
“Kan jy nie sien ek is besig om steen
messelwerk te doen nie?”
Die derde
een antwoord:
“Ek is
besig om ‘n pragtige monument te bou.”
Hier is
drie mense wat presies dieselfde werk doen maar totaal verskillende
perspektiewe handhaaf oor dit wat hulle doen. Hulle al drie het drie
verskillende benaderings ten opsigte van die werk wat hulle doen.
En sal hul
benadering tot hul werk hul prestasie beïnvloed?
Die
antwoord is ‘n baie besliste – Ja.
Uitnemendheid
word eers bereik wanneer die ondernemer trots is om slegs sy beste te lewer.
Elke taak is ‘n self-beeld van die persoon wat die werk doen, ongeag wat die
taak is, hetsy dit motor was is, om die vloer te vee of om die huis te verf.
Doen dit reg
die eerste keer, elke keer. Die beste versekering vir môre is ‘n werk goed
gedoen vandag.
Michelangelo
het ‘n lang tyd aan ‘n standbeeld gewerk. Hy het geweldig baie tyd spandeer om
elke klein detailtjie weer oor te gaan en te verseker dat dit is soos hy dit
wil hê. ‘n Omstander het gedink die klein veranderinkies is onbenullig en het
vir Michelangelo gevra hoekom hy sy tyd daarmee mors.
Michelangelo
het geantwoord:
“Kleinigheid
maak dit perfek en perfek is nie ‘n kleinigheid nie.”
Die meeste
mense vergeet hoe vinnig jy ‘n taak verrig het, maar hulle onthou hoe goed jy
die taak verrig het.
No comments:
Post a Comment