‘n Jong
getroude paartjie het in ‘n nuwe woonbuurt ingetrek. Die eerste oggend terwyl
hulle ontbyt eet sien die jong vroutjie die buurvrou terwyl sy haar wasgoed
buite ophang.
“Daardie
wasgoed is nie baie skoon nie,” sê sy aan haar man. “Die buurvrou weet nie hoe
om wasgoed behoorlik te was nie. Miskien moet sy oorskakel na ‘n ander
waspoeier toe.”
Haar man
het opgekyk na die buurvrou se wasgoed, maar het nie ‘n woord gesê nie.
Elke keer
wanneer die buurvrou haar wasgoed op die draad hang het die jong vroutjie
dieselfde opmerkings oor die toestand van die wasgoed.
Ongeveer ‘n
maand later was die jong vroutjie die een oggend uiters verbaas om silwer skoon
wasgoed op die buurvrou se wasgoeddraad te sien, “Kyk! Sy het geleer hoe om
haar wasgoed behoorlik te was. Ek wonder wie het haar bietjie touwys kom maak?”
Haar man
antwoord toe, “Ek het vanoggend bietjie vroeër opgestaan en ons vensters
skoongemaak!”
Dit is
soms ‘n goeie idee om eers te kyk of jou vensters skoon is want wat ons sien terwyl
ons na ander kyk hang grootliks af van die vlekkeloosheid van ons eie vensters
waardeur ons kyk.
Voordat
ons kritiek lewer is dit ‘n goeie idee om onsself eers af te vra of ons in
staat is om eerder die goeie te sien eerder as die slegte in mense met wie ons
verkeer.
No comments:
Post a Comment