Die trein
begin stadig in beweging kom. Die trein is gepak met mense van alle ouderdomme
maar hoofsaaklik werkende mans en vrouens en jong universiteit studente. By die
venster sit ‘n ou man met sy dertig jarige seun.
Soos wat
die trein beweeg is die seun oorstelp van vreugde deur die pragtige landskap
wat hy deur die trein venster waarneem.
“Sien pa,
die prentjie van die rye bome wat in die vêrte wegraak soos wat ons al vinniger
beweeg, dit is te mooi.”
Die optrede
van die dertig jarige seun laat die ander passasiers op die trein effens
kriewelrig voel. Al die passasiers is druk besig om saggies die optrede van die
seun met mekaar te bespreek en spekuleer wat fout is met hom.
“Die
mannetjie lyk of hy ‘n paar varkies kwyt is,” fluister die jong man aan sy
vrou.
Skielik
begin dit te reën. Reën druppels val op die passasiers deur die oop venster.
Die dertig jarige seun is vreeslik opgewonde en sê, “Kyk pa hoe wonderlik is
die reën ...”
Die vrou,
van die jong man wat beweer het dat hy ‘n paar varkies kwyt is, begin baie
geïrriteer te word deur die paar druppels wat op haar val. Sy het ‘n nuwe
snyers pakkie aan en die reën druppels is besig om dit te ruïneer.
Sy snou die
ou man toe, “Kan julle nie sien dit reën nie, maar die venster toe en as jou
seun nie wel voel nie vat hom dokter toe dat hy kan kyk wat fout is met hom
want hy het beslis ‘n skroef of twee los.”
Die ou man
aarsel eers ‘n oomblik en toe in ‘n lae stemtoon antwoord hy, “ Ons kom nou net
van die dokter af. My seun is vanoggend ontslaan uit die hospitaal. Hy was
blind van geboorte af en het sy sig eers ‘n paar dae gelede teruggekry na die
operasie. Reën en die natuur is nuut in sy oë. Vergewe ons asseblief indien ons
u enige ongerief aangedoen het.”
Sekere
dinge wat ons sien mag vir ons reg lyk, volgens ons perspektief, totdat ons die
waarheid te wete kom. Wanneer ons die waarheid leer ken, kan ons reaksie op “ons waarheid” selfs
ons seermaak.
Probeer
eers die probleem te verstaan voordat jy oorhaastig optree.