Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses
behaal het nie.
Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.
Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.
Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te
probeer.
Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander
manier moet benader.
Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.
Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer
’n nuwe begin te maak.
Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.
Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.