Friday, December 24, 2010
Thursday, December 23, 2010
So Bietjie Uitspan
Vir die van julle wat gereeld die blog lees, ek gaan volgende week so bietjie uitspan (hmmmm by die huis, en kyk hoeveel ek van die mamma lysie kan doen - kom, kom, julle weet mos, daardie een teen die kombuis deur van alles wat in en om die huis gedoen moet word).
Gun wonder sommige sien uit om weer te gaan werk nie sodat hulle bietjie kan rus - hahaha.
Die van julle wat op reis is reis veilig en die wat vir die kinders gaan kuier geniet dit en as die klein kinders te erg raak, bederf hulle want terug by die huis sal ma en pa moet bontstaan.
Voorspoed vir die nuwejaar en vergeet maar van al onbenullige voornemens, hulle frustreer jou in elk geval net so vir die eerste 2 weke.
Groete en seenwense vir almal.
Thursday, December 16, 2010
Wát soek die heiliges nog daar.
Kyk ʼn volk staan nou in ondenkbaar groot gevaar.
Maar as ʼn gruwelmengelmoes kom hul bymekaar.
Om in eenheid saam te trek, ʼn heilige geloftelaer.
So staan konserwatief ook liberaal in eenheid daar.
As ʼn groot gruwel die suiwer Boer en vrymesselaar.
So staan die waarheid en die leuen saam as ʼn paar.
In ʼn Nimrodstempel terwyl hulle na ʼn sonkol staar.
Aanbid hul die wêreldgod Ra, wat op ʼn boek verjaar.
In ʼn Monument luister hulle na ʼn ou heilige verhaal.
Terwyl Satan saam in hierdie heilige maaltyd baljaar.
Roep ʼn groot Engel: slegs dit heilig word nou gespaar.
Maar wat soek die verseëldes tussen die liberale daar.
Kyk, so staan ʼn volk nou in ondenkbaar groot gevaar,
Die eendag roep hulle die V.N om hulle te kom spaar.
Maar op geloftedag vra hulle God om hulle te bewaar.
So raak Elohim se laaste geduld met hierdie volk klaar.
Eens het God hulle voorouers- in groot gevaar gespaar.
Ja, met hulle vyande speel Elohim in groot getalle klaar.
Terwyl hul nageslag in verbastering met die vyand baljaar.
Staan hulle in hulle duisende op heilige geloftedag daar.
Die engele vra so verslae: wát soek die heiliges nog daar.
Was dit nie vir die verseëling- was ook hulle nie bewaar.
Oor `n verbreekte gelofte- word hierdie volk nie gespaar.
Judith de Beer
Donderdag 16 Desember 2010 08:00
Wednesday, December 15, 2010
Groot Verskil
Die baas dryf sy mense.
Die leier inspireer hulle....
Die baas maak staat op gesag.
Die leier maak staat op welwillendheid.....
Die baas boesem vrees in.
Die leier straal liefde uit.......
Die baas sê, “Ek”.
Die leier sê, “Ons”.....
Die baas wys wie is verkeerd.
Die leier wys wat is verkeerd.......
Die baas weet hoe dit gedoen moet word.
Die leier weet hoe om dit te doen..........
Die baas vereis respek.
Die leier kry respek.......................
Friday, December 10, 2010
“Besig”
Eendag was daar ’n baie sterk houtkapper wat werk gesoek het by die hout handelaar. Werk was op daardie stadium maar redelik skaars gewees en die houtkapper was baie toegewyd in sy werk. Die hout handelaar het besluit om die werk aan die houtkapper te gee en die vergoeding was buitengewoon goed gewees en die werksomstandighede baie aangenaam.
Vir die redes was die houtkapper vas beslote om aan die hout handelaar te bewys dat hy goed is in sy werk en dat hy dankbaar is vir die geleentheid wat hy hom gebied het om te werk. Die hout handelaar gee aan die houtkapper ’n baie goeie byl en neem hom na die area waar hy moet werk.
Die eerste dag het die houtkapper agtien bome gevel en bewerk sodat hulle reg is vir die verwerkings aanleg. “Geluk,” sê die hout handelaar, “dit is voorwaar ’n prestasie, hou so aan!”
Baie gemotiveerd deur die hout handelaar se lof woorde, probeer die houtkapper nog harder die volgende dag, maar hy kon slegs vyftien bome vel en bewerk. Die derde dag probeer hy nog harder maar hy kon slegs tien bome vel en bewerk.
Dag na dag het hy al minder en minder bome gevel.
“Ek is seker dat ek besig is om al swakker te word,” het die hout kapper by homself gedink. Hy gaan na die hout handelaar en maak verskoning vir sy werksprestasie en sê aan hom dat hy nie kan verstaan wat aangaan nie.
“Wanneer laas het jy jou byl skerp gemaak?” vra die hout handelaar.
“Skerp gemaak? Ek het nie tyd om my byl skep te maak nie. Ek was te besig om te probeer om die bome af te kap...........”
Kap jy vandag miskien nog met ’n stomp byl ?
Staan net so klein bietjie stil en neem tyd om jou byl skerp te maak.
Wednesday, December 8, 2010
Die Wassing.
Jy vra My na die doop- groot sowel as klein en of dit deur middel van
onderdompeling of besprinkeling moet geskied. Maar Ek sê vir jou dat
julle voorgeskrewe doop bloot ʼn baie flou en daarby nog ʼn valse
afskynsel van die oorspronklike is, omdat die hedendaagse handeling
daarvan hemelsbreed van die eerste verskil.
So word daar byvoorbeeld na Johannes as die doper (onderdompelaar)
verwys, terwyl daar in sy leeftyd na hom as Johannes die wasser verwys
was. Deur jul kerkleerstellings se vasgestelde leer word daar in jul
doopritueel van die volgende doopsformulier woorde gebruik gemaak;
"Ek doop jou in die naam van die vader, die seun en die heilige gees"
wat heeltemal niksseggend is, omdat dit nêrens spesifiseer wat die
betrokke god se identiteit of sy naam is nie.
Waar die korrekte woorde behoort te wees " kyk, jy word tot ʼn nuwe
en ʼn skoon mens gewas deur die ewige onverganklike Naam van jou
enige El, YaHWeH, die groot EK IS, waarna jy van jou sonde gereinig sal
wees deur die gestorte bloed van Sy enig-gebore Seun YaHshua,
sodat ook jy nou deur Hom kan uitroep; "Abba Vader" -waarna Hy oor jou
sal uitstort die kragvolle werking van sy ewig Aparte-Heilige Gees.
Maar Ek sê vir julle dat ook hierdie wassing (doop) hoe korrek ookal
uitgevoer van geen waarde sal wees, indien die betrokke 'gewaste' nie
hierdie uiters heilige woorde vir ewig ʼn onlosmakende deel van hulle self
sal maak nie.
Waar dit die groot- of die kleindoop aangaan, kan ouers bloot in ʼn belofte
onderneem om die kind na die beste van hul vermoë, in die weë van hul
God op te voed, waarna hul as volwassenes self uit eie keuse ʼn besluit
oor die heilige wassing (doop) kan maak.
Judith de Beer
Vrydag 3 Desember
Tuesday, December 7, 2010
Waar Niemand jou Kan Sien nie.
Lank gelede was opvoeding en geloof so hand aan hand dat baie van die leermeesters was hoogs gelowige manne gewees.
So ’n leermeester was teenwoordig in die klein dorpie, hy was wel bekend aan al die inwoners en baie geliefd.
Hy het vier studente gehad, maar dit het gelyk of hy meer trots was op die een student in die besonder. Sy ander drie studente het dit agtergekom en het op ’n dag besluit om die ou leermeester oor die voortrekkery te konfronteer.
Die ou leermeester was besonder wys en besluit dat hy aan hulle ’n toets sal gee sodat hulle hul eie antwoord op hul vraag te wete kan kom. Hy roep al vier die studente en gee aan elkeen ’n hoender. Hy deel hulle mee dat hy wil hê hulle moet elkeen sy hoender neem na ’n plek waar niemand hulle sal kan sien nie, die hoender doodmaak, dit versteek en terugkeer na die skool.
Al vier neem hul hoender en vertrek haastig in verskillende rigtings. Dit het nie lank geneem vir die drie studente, wat die leermeester gevra het oor die voortrekkery, om terug te keer na die skool nie.
Soos wat die dag besig was om uit te loop het die drie studente die spot begin dryf met die vierde student omdat hy nog nie terug is van die eenvoudige taak wat hulle opgelê is nie. Hulle het hom as ’n dwaas gereken omdat hy nie eens so ’n eenvoudige taak kon uitvoer nie.
Teen ongeveer middernag keer die vierde student eers terug na die skool, met die hoender steeds in sy arms. Die ander drie studente bars uit van die lag en vra aan die leermeester hoe is dit moontlik dat die student wat nie sy taak kon uitvoer sy gunsteling student kan wees?
Die ou leermeester draai om na die vierde student en vra, “verduidelik aan ons hoekom jy steeds met jou hoender in jou arms rondloop.”
Hy antwoord............ “vergewe my leermeester, maar ek kon nie ’n plek vind om te doen wat u my beveel het nie, want oraloor waar ek gegaan het daar was YaHWeH teenwoordig en het Sy alsiende oë my dopgehou!”
Die ou leermeester draai na die drie studente, glimlag en stap weg om te gaan slaap.
Thursday, December 2, 2010
Die Pottebakker se nederige klei.
My Elohim U is die Pottebakker en ek net die nederige klei.
So dikwels sou ek protesteer wanneer die lewe my wou brei.
My Elohim U is my Raadsman ewig altyd goed en toegewy.
So getrou, ja volmaak het U my ewigheidstoekoms toeberei.
My Elohim U is die Tuinier wat my grond vrugbaar voorberei.
Vir my- ʼn onvrugbare Vyeboom, wat geestesvrugte moet kry.
My Elohim U is my Verlosser, aan ʼn kruis het U vir my gely.
Sodat ek as swakke sondaar ook die ewige lewe kan verkry.
My Elohim U is My Lig waarmee ek die donkerte kan bestry.
U breek my bindende boeie- U maak my onvoorwaardelik vry.
My Elohim U is my Geneesheer; in my kwale staan U my by.
Van elke siektetoestand maak U my in gees en liggaam vry.
My Elohim U is my Koning en ek U kneg wat my in U verbly.
In U Heilige hofhouding- daar wil ek so graag vir ewig altyd bly.
My Elohim U is my Priester- in U tempel staan U Gees my by.
Ja, U tempel in my eie hart, waar ek altyd in kontak met U bly.
My Elohim U is my Leidsman wat my na my wedergeboorte lei.
Waar ek my altyd in U Liefdeswysheid en ook Vrede kan verbly.
My Elohim U is My Goeie Vader, wat my geduldig- sorgsaam ly.
Sodat ek my weg na U Huishouding, ja, die Vaderhuis kan kry.
My Elohim U is die groenweivelde waar U skape so rustig wei.
Waar geen boosheid, roofdier of wolf hul as prooi beet kan kry.
My Elohim U is die Pottebakker en ek is net die nederige klei.
Laat ek nooit weer protesteer, wanneer U riglyne, my sou brei.
Judith de Beer
Dinsdag 30 November 2010
Tuesday, November 30, 2010
Thursday, November 25, 2010
Die Twee Klippies
Eendag lank gelede in ’n klein gehuggie was daar ’n boer wat ’n groot som geld geskuld het aan die dorpie se geldskieter.
Die geldskieter was reeds baie oud en nou nie eintlik iets vir die oog nie. Hy het baie gehou van die boer se pragtige dogter en sou enigiets doen om met haar te kon trou. Hy maak toe ’n voorstel aan die boer; hy sou die al die boer se skuld afskryf indien hy met sy dogter mag trou. Beide die boer en sy dogter was gewalg met die geldskieter se voorstel.
Die uitgeslape geldskieter stel toe voor dat hulle die “voorsienigheid” moet toelaat om oor die aangeleentheid te besluit. Hy stel toe voordat hy sal ’n swart klippie en ’n wit klippie in die leë geldsak plaas, dan moet die dogter ’n klippie uit die sak haal.
Indien sy die swart klippie kies, sal sy met hom trou en hy sal haar vader se skuld afskryf.
Indien sy die wit klippie kies, hoe sy nie met hom te trou nie en hy sal steeds haar vader se skuld afskryf.
Indien sy weier om ’n klippie te kies, sal hy haar vader in die tronk laat opsluit vir die skuld.
Die opsies wat die geldskieter voorgestel het laat die boer en sy dogter nie juis met enige keuse nie. Hulle het op ’n klip bestrooide paadjie in die boer se land gestaan en gesels. Terwyl hulle staan en gesels buks die geldskieter af en tel twee klippies op en plaas dit in die leë geldsakkie.
Terwyl hy die klippies optel en in die geldsak plaas het die meisie opgemerk dat hy twee swart klippies opgetel en in die geldsak gegooi het.
Die geldskieter gee toe opdrag aan die boer se dogter om ’n klippie uit die sakkie te kies.
Die meisie het drie moontlikhede gehad om te oorweeg:
Sy kon weier om ’n klippie te kies – maar sy is bewus wat die gevolg daarvan sal wees.
Die meisie moet bewys daar is twee swart klippies in die sak – maar op so ’n wyse dat die geldskieter nie agterkom sy is bewus van sy knoeiery nie.
Sy kies ’n swart klippie uit die sak en offer haarself op terwille van haar vader.
Sy het so ’n wyle gedink en druk toe haar hand in die sakkie en haal ’n klippie uit. Sonder om na die klippie te kyk maak sy of sy baie onhandig is en laat die klippie val in die klippie bestrooide paadjie. Onmiddellik is die klippie verlore tussen al die ander klippies in die paadjie.
“O, hoe onhandig van my,” sê sy. “Maar dit maak nie saak nie, as jy in die sakkie kyk na die klippie wat oor is, sal jy kan bepaal watter klippie ek gekies het.”
Aangesien die oorblywende klippie swart is, moet dit aanvaar word dat die klippie wat sy gekies het wit was.
Die geldskieter kon dit nie waag om sy oneerlikheid te openbaar nie anders sou die landdros hom opsluit vir bedrog.
Op die wyse het die boer ontkom aan sy skuld en sy aan ’n huwelik wat nie gebou is op liefde nie.
Les:
Selfs baie moeilike probleme het ’n oplossing. Die dilemma is deesdae dat mense nie ’n poging aanwend om intens te soek na ’n geskikte oplossing nie. Dis makliker om moed op te gee as om die brein daardie bietjie harder te laat werk.
Ons kan maar gaan kyk na vandag se jongmense, baie van hulle probeer nie eens die probleem oplos nie, hulle hardloop direk na pa en ma en gooi die probleem in hulle skoot. En wonder bo wonder – ons is so stupid – ons probeer dit vir hulle oplos.
Liewe Pa en Ma laat hulle maar bietjie sukkel want jy doen hulle nie so groot guns as wat jy dink nie. Laat die kinders eers kom met hulle oplossing en jy kan help om dit vir hulle te verfyn totdat dit perfek pas vir die probleem.
Tuesday, November 23, 2010
Die Slang en die Paddas
In die dam het daar ’n klompie paddas gewoon. Hulle was baie vriendelik met mekaar asook met al die ander diere in die woud. Omdat hulle geen vyande gehad het nie kon hulle die heeldag rondplas en spring in die dam. Selfs die koning en koningin padda het ’n luilekker lewe gehad en kon die heeldag rondgelê en kwaak.
Eendag kom daar ’n ou en verswakte slang verby die dam geseil. Hy stop toe hy die klomp paddas in die dam sien baljaar en dans. Die slang dink by homself, “Goeiste, watter feesmaal kan ek nie hier geniet nie! Kyk net die groot aantal paddas wat hier is. Ek kan myself knuppeldik vreet aan die klomp. Maar ai, wat sal ek doen, ek is so oud en swak. Ek sal een of ander slim plan moet beraam om hulle te vang.”
Nadat hy sy plannetjie fyn uitgewerk het seil hy stilletjies na die dam en gaan lê doodstil onder een van die bome.
Twee jong prins paddas, wat baie spelerig was, sien die slang onder die boom lê en besluit om nader te gaan en te kyk wat is fout met die slang. Die twee paddas kom baie versigtig nader en raak aan die slang se lyf, sy lyf maak so effense beweginkie. Die twee prins paddas spring dadelik so paar treë weg, maar die slang bly doodstil lê.
Die een padda vra aan die ander, “Hoe is dit dat ons nog nooit die slang vantevore hier gesien het nie?” “Ek weet nie,” antwoord die ander een, “maar ek dink hy is dood, dié dat hy so stil lê.”
Terwyl hulle twee so bespiegel oor die herkoms van die slang en of hy dood is of wat, maak die slang sy oë oop en fluister saggies aan hulle, “Moet nie skrik nie. Ek is te oud om enige kwaad aan julle te doen. Ek is vervloek, daarom is ek onskadelik en is my lot om julle te dien. Spring op my en ek sal julle koninklike vervoer wees. Van vandag af sal ek julle dra waar julle ook al wil wees.”
Aanvanklik was die twee prins paddas maar baie skepties oor die slang se woorde maar hy het so onskadelik en opreg voor gekom dat hulle kort voor lank op die slang se rug spring en hy het hulle vir ’n heerlike rit geneem.
Intussen het die koning padda na hulle geroep, “Kinders, waar is julle? Dis tyd dat julle huis toe kom.”
Die twee prins paddas spring vinnig van die slang se rug af en hardloop huis toe terwyl die ou slang hyg om sy asem terug te kry nadat hy die twee paddas klaar vir hul pret rit geneem het.
Intussen het die twee prins paddas baie opgewonde na hul koningin ma gehardloop om die storie van die slang rit te vertel. Sy was so geskok toe sy die twee se wedervaringe met die slang hoor dat sy hulle onmiddellik beveel het om nie weer naby die slang te kom nie. Sy het die koning padda ingelig oor die kinders se ondervinding en hy het hulle dadelik beveel dat hulle hom die slang moet gaan wys.
Die prins paddas gaan na die slang en pleit by hom dat hy hulle weer vir ’n rit op sy rug sal neem sodat hulle pa kan sien hy is onskadelik. Sommer gou het die slang die koning padda ook vir ’n rit op sy rug geneem.
Terwyl die ander paddas die petalje gadeslaan waarsku hulle die koning padda, “Asseblief koning, moet dit nie doen nie. Die slang kan nooit ons vriend wees nie. Dit sal ons almal nog eendag doodmaak.”
Maar die koningin padda antwoord baie snedig, “Net omdat die slang julle nie op ’n rit wil neem nie en hy slegs bedoel is om die koninklike familie te dien, is julle jaloers.”
Nou het dit ’n daaglikse roetine geword vir die koninklike paddas om vir ’n rit te gaan om die dam op die slang se rug.
Eendag voel die slang baie swak, so swak dat hy nie die koning op sy rit om die dam kon neem nie. Die koning vra aan die slang, “Wat is fout met jou? Jy is vandag baie traag en swak.”
Die slang antwoord, “Ek het u en u gesin reeds die laaste maand gedien, as die koninklike vervoermiddel, maar ek het nog niks geëet nie. Ek voel nou baie swak.”
Die koning vra die slang, “Wat is dit wat jy graag sal wil eet?”
Die slang antwoord, “Daar is so baie paddas in u koninkryk. Ek sal graag een padda ’n dag wou eet om my honger te stil en weer my kragte op te bou.”
Vir ’n oomblik was die koning onkant gevang deur die vreemde versoek van die slang maar hy het besef dat hy so baie onderdane het wat in die dam rondspring dat een ’n dag geen verskil sal maak nie. Met dié, gee hy toe aan die slang se versoek. So het die slang begin om een padda op ’n dag te eet. Baie gou het die slang al sterker begin word en die getalle van die paddas in die dam baie minder.
Die slang het nou so gewoond geraak daaraan om een padda per dag te kry vir ete dat toe daar geen paddas meer in die dam was nie het hy eers die prins paddas geëet en toe die koning en die koningin paddas.
Die dam het geen paddas meer gehad nie en hulle gekwaak en spelery in die water het vir ewig stil geword.
Les:
Dit is so maklik om betrokke te raak in wat verkeerd is en dit begin soms met baie klein dingetjies wat op die oog af onskuldig voorkom maar hulle kan baie gou hand uitruk en jou hele lewe verwoes.
Friday, November 19, 2010
Die stryd van die oorblyfsel
Ek sien die smart van ʼn volk – hulle oë wat so met trane blink.
Ek sien ʼn geknakte riet, moeg aan die beker van gal gedrink.
Ja, ʼn wanhopige volk wat dink dat Ek nie meer aan hul dink.
Ek sien ʼn klein oorblyfsel wat op hul laaste krag nader hink.
Met ʼn strydlied wat uitdagend oor Afrika se vlakte weerklink.
Hulle hou omhoog ʼn gelofte geskryf in bloed in plaas van ink.
Met engele wat ʼn traan wegpink oor hul wat weier om te sink.
Terwyl My eie hand hul nou vriendelik so simpatiek naderwink.
Kyk, Ek stuur hul die profeet Elia om die weg na My te kan vind.
Ja, hy sal terugbring die hart van die vaders, sowel as die kind.
Vir elke verseëlde om die pad na die Vaderhuis nou terug te vind.
Sodat Ek self sorgsaam die wonde van My oorblyfsel kan verbind.
Maar kyk, die goddelose word voor die voet deur die dood verslind.
Sodat die gruwel, vermeteles nou in die ewige afgrond kan ontbind.
Om as waardelose stoppels vir ewig weg te kan waai in die wind.
Ja, die sogenaamde verligtes met soveel selfvertroue- tog so blind.
Judith de Beer
Donderdag 18 November 2010 17:46
Thursday, November 18, 2010
Tuesday, November 16, 2010
Die Jakkalsie en die Slagyster
Die klein jakkalsie was nou gespeen en dit was tyd dat hy moes leer om vir homself te sorg. Ma jakkals moes eers vir klein jakkals al die gevare in die woud gaan uitwys voordat hy vir homself kan begin sorg.
Vroeg die oggend draf ma jakkals en klein jakkals reeds die woud binne opsoek na iets om te eet. Vir klein jakkals het dit gevoel of die nag hopeloos te lank was, want teen dagbreek was hy al dood van die honger. Gister was daar nie veel om te eet nie en ma jakkals het vir hom net twee muise gevang wat hy kon eet.
Ma jakkals gaan staan ’n rukkie stil en snuif met snoet in die lug om die reuk op te tel van enige prooi wat dalk in die omgewing mag wees. Klein jakkalsie druk ook sy neus in die lug en snuif so al wat hy kan.
Wag ’n bietjie, hy ruik iets, yip, dit ruik soos kos, bietjie oud maar dit ruik beslis na iets wat hy nog kan eet.
Voordat ma jakkals nog kan keer spring klein jakkals weg en hardloop na die omgewing van waar die reuk kom. Tussen twee klein struike lê die dooie hasie. Sjoe, hoe gelukkig kan ek wees, dink klein jakkals en dit nogal op my eerste jagtog. Ma jakkals gaan beslis baie trots wees op my dat ek so vinnig kan leer om te jag.
Klein jakkals wou net die hasie gryp toe ma jakkals hom agter die nek gryp en weg sleep van die hasie af. “Maar.... maar.... hoekom kan ek nie die hasie vang en eet nie?” vra klein jakkalsie. “Hmmm ek dink sy is jaloers omdat ek die hasie kon kry voor haar,” dink hy by homself.
Ma jakkals sê vir klein jakkals, “Wanneer jy so ’n maklike prooi sien moet jy eers mooi kyk of dit nie dalk ’n lokval kan wees nie.” “’n Lokval, wat is dit?” vra klein jakkals. “Dit is wanneer iemand iets baie lekkers binne ’n slagyster plaas en sodra jy daaraan gaan proe dan klap die slagyster toe. Die slagyster kan jou baie ernstig beseer en selfs doodmaak.” vertel ma jakkals.
“Kom ons bespied eers die omgewing en probeer eers uitvind of daar nie vreemde reuke en ander tekens in die omgewing is wat dalk vir ons kan wys dit is ’n lokval nie.”
Klein jakkals is nie baie lus om die haas te los nie, sê nou maar net ’n ander jakkals kom steel die haas terwyl hulle besig is om die omgewing te ondersoek, dan is hy hierdie lieflike maaltyd kwyt. Hy sal maar maak of hy die omgewing ondersoek en sodra hy ’n kans kry sal hy die haas gryp, hy is nog jonk en baie rats. Klein jakkals is seker hy sal die haas kan gryp voordat die slagyster toeklap. Terwyl ma jakkals die omgewing fynkam maak klein jakkals of hy ook alles beruik en ondersoek, maar hy bly nie vêr van die hasie af nie. Hy wonder of sy miskien reg kan wees oor die slagyster, maar dan moes die slagyster mos klaar afgegaan het as die hasie daarbinne sit, dink hy by homself.
Miskien moet hy die hasie met sy poot probeer nadersleep, op die manier kan dit dalk veilig wees.
Toe ma jakkals nie vir klein jakkals kyk nie steek hy sy voorpoot suutjies uit en kry die hasie aan sy agterpoot gehaak. Hy begin baie stadig te trek, niks gebeur nie, dit kan dalk werk.
Die volgende oomblik klap die slagyster.
Die slagyster knyp twee van klein jakkals se trone vas. Klein jakkals begin verskriklik te tjank. Die pyn is verskriklik. Ma jakkals kom aangehardloop.
“Hoekom het jy nie vir my geluister toe ek jou gewaarsku het oor die moontlike slagyster nie?” vra sy.
“Ek het gedink dat ek dit saggies kon nadersleep sonder om die slagyster af te sit.” antwoord klein jakkals tussen die getjank deur.
Ek weet dit is baie seer maar jy sal moet probeer om jou tone uit die slagyster uit te trek voordat die een wat die slagyster gestel het hier aankom, want hy sal jou beslis doodmaak.
Klein jakkalsie trek aan sy poot, maar dit is so seer, hy wil dit net vir ’n klein rukkie los dat die kloppende pyn kan bedaar. Ma jakkals draai al in die rondte om klein jakkals, maar daar is net mooi niks wat sy kan doen nie.
In die vêrte hoor ma jakkals die geblaf van honde wat besig is om nader te kom, sy weet presies wat dit beteken. Die slagyster steller is op pad om na sy slagysters te kom kyk. As klein jakkalsie nie nou kan uitkom nie is hy gedoem.
Ma jakkals kerm by klein jakkals dat hy ’n laaste desperate poging sal moet aanwend anders gaan dit te laat wees.
Klein jakkals knyp sy oë styf toe en gee een geweldige ruk aan sy voorpoot. Hy voel hoe die twee toontjies uit skeur uit sy vleis, maar hy is los. Die bloed stroom uit die gapende wond waar die twee toontjies eers was. Maar nou is daar nie tyd om sy wonde te lek nie, hulle sal moet hardloop anders gaan die honde hulle vang.
Ma jakkals en klein jakkals het net-net ontvlug van die honde en die slagyster steller.
Ma jakkals moes vir die volgende klompie dae eers weer vir klein jakkals sorg omdat hy nie kon jag nie. In die tyd het sy baie tyd spandeer om hom te vertel van al die gevare wat daar skuil. Hierdie keer was klein jakkalsie se ore wawyd oop en hy het mooi geluister na alles wat ma jakkals hom vertel het.
Klein jakkals se poot was net amper mooi gesond toe ma jakkals terugkeer van haar jagtog. Sy het baie hartseer gelyk en klein jakkals wou weet wat is verkeerd. Sy sê vir klein jakkals dat hy moes saamkom, daar is iets wat sy hom wil gaan wys. Hulle draf so tien minute die woud in en kom by ’n groot opening in die woud. Daar in die middel van die opening sien klein jakkals iets lê. Wat kan dit wees?, wonder hy.
Hulle stap nader, die ding wat daar lê beweeg nie, maar die ding lyk baie bekend. Dit is ’n ander klein jakkals wat daar lê. Toe hulle by die jakkals kom sien klein jakkals dat die jakkalsie is gevang in ’n slagyster, maar die slagyster het hom aan die kop gevang en sy nek gebreek.
Ma jakkals begin vir klein jakkals te vertel dat die grootste gevaar wat daar bestaan is die natuurlike instink wat hulle het. Hulle weet dat daar gevaar aan verbonde is met so ’n maklike prooi en dat dit ’n lokval kan wees, maar van nature sal hulle neig om die prooi te gaan vat. Indien jy nie leer om die lokvalle te vermy nie sal jy nie lank oorleef in die woud nie.
Niks is maklik nie, as iets te maklik lyk is die kanse baie groot dat dit ’n lokval is en die versoeking van ’n maklike maaltyd is altyd daar om jou te verlei sodat jy in die slagyster trap. Dit is wat die slagyster steller wil hê jy moet doen. Hy maak staat op jou natuurlike geneigdheid. Die enigste uitweg is om daardie natuurlike geneigdheid te laat staan want dit kan jou lewe kos.
Les:
Ons as mense het ook die natuurlike geneigdheid om te sondig en ons val so maklik in die verleier se slagyster. Soms kom ons lig daarvan af en ander kere kan dit ons lewe kos. Die enigste manier is om die geneigdheid tot sonde voor Majesteit YaHWeH te kom plaas sodat Hy ons kan verlos en ons ’n ander weg kan kom leer. Ons moet net bereid wees om te luister en te doen. Dan kan ons ’n ryk en genade vervulde lewe leef.
Monday, November 15, 2010
Thursday, November 11, 2010
YaHWeH en die Spinnekop
Gedurende die Tweede wêreld oorlog, op ’n eiland in die middellandse see, het ’n Amerikaanse soldaat geskei geraak van sy peloton. Die geveg was baie intens en te midde van die rook en die kruisvuur het hy kontak verloor met sy kamerade.
Alleen in die woud, kon hy die vyandige troepe hoor aankom in sy rigting. Terwyl hy vlug vir behoorlike skuiling en voldoende kamoeflering, is hy teen die randjie op waar daar heelwat klein grotte is. Vinnig kruip hy in een van die grotte in. Alhoewel hy veilig vir die oomblik is, besef hy dat wanneer die vyand eers op die koppie is, sal hulle vinnig al die grotte deursoek en hom maklik in die hande kry. As hulle hom eers het, dan is sy doppie geklink.
Terwyl hy wag, begin hy te bid, “Dierbare Majesteit YaHWeH, indien dit U wil is beskerm my asseblief. Wat ook al U wil is, ek het U lief en vertrou U. Amen.”
Nadat hy gebid het lê hy en luister hoe die vyand naderkom. Hy dink by homself, dit lyk nie of Vader hom gaan help om uit dié een te kom nie. Met dié sien hy ’n spinnekop wat besig is om sy web te spin oor die ingang van die grot.
Terwyl hy die spinnekop dophou, hoe hy die een sydraad bo oor die ander spin in die komplekse web, hoor hy hoe die vyand al nader kom, opsoek na hom.
Hah, dink hy. Wat ek nodig het, is ’n klipmuur voor die grot se ingang en Vader stuur my ’n spinnekop web. YaHWeH moet beslis ’n sin vir humor hê.
Terwyl die vyand al nader kom, kyk hy vanuit die donkerte van sy skuilplek hoe hulle die een grot na die ander deursoek.
Terwyl hulle aangestap kom na die grot waarbinne hy skuil, maak hy gereed om homself tot die bitter einde toe te verdedig. Tot sy verbasing het hulle net so eenmaal in die rigting van die grot geloer waarin hy skuil en aangeloop.
Skielik besef hy, met die spinnekop web voor die ingang van die grot lyk dit of niemand in die grot ingegaan het vir ’n lank tyd nie.
Majesteit YaHWeH vergewe my, bid die jong soldaat, ek het vergeet dat by U is ’n spinnekop web baie sterker as ’n klipmuur.
Wednesday, November 10, 2010
O’ Vader onthou U verbond.
O’ Vader wat woon in die hemel ons kyk om ons rond.
Sien ons trane, ja luister na die klaaglied uit ons mond.
In wrede moorde soveel onskuldiges wat wreed omkom.
Ons staan alleen niemand wat omgee- dit is die slotsom.
Ja, ons kosbare lewe is minder werd as die van ʼn hond.
Om verminkte lyke, heilige bloed in die dood vasgeklont.
O’ Vader wat woon in die hemel so kyk ons om ons rond.
Sien ons trane, ja luister na die klaaglied, uit ons mond.
Kyk ons bloed- soveel bloed roep om wraak uit die grond.
In moord en verkragting, O’ God ons volk lê diep verwond.
Soveel vergruisde lyke lê in grafte nou oral in die land rond.
Onthou O’ Vader- eens het U met ons gesluit ʼn verbond.
Ons Vader wat woon in die hemel, ons kyk om ons rond.
Sien ons trane, ja luister na die klaaglied uit ons mond.
Mans, vroue en kinders lê geslag, meeste van hul blond.
Terwyl Raka onversadigbaar om meer blanke bloed grom.
Roep uit die grond die bloed van ʼn volk: God U moet kom.
Anders kom geheel U volk in die stof van Suid-Afrika om.
Onse Vader wat woon in die hemel ons kyk om ons rond.
Ons erken ons foute, ook sonde, ons was ʼn regte vabond.
Maar ons roep om U genade ons bly U volk van U verbond.
Ons kosbare bloed roep as martelare nou vanuit die grond.
Oor ʼn verwronge regstelsel, staan ons stil, totaal verstom.
Laat daarom U arm van Geregtigheid op die aarde neerkom.
Judith de Beer
Dinsdag 9 November 2010 18.10
Tuesday, November 9, 2010
Die Drie Poppe
Die wyse man het drie poppe aan die prins gegee as ’n geskenk. Die prins was nie beïndruk deur dié geskenk nie.
“Is ek miskien ’n meisie dat jy vir my drie poppe gee?” vra hy.
“Dit is ’n geskenk vir ’n toekomstige koning,” sê die wyse man. “Indien jy die poppe van naderby bekyk sal jy sien dat elke pop ’n gaatjie in hul oor het.”
“En wat daarvan?”
Die wyse man oorhandig aan hom ’n stukkie tou.
“Druk dit in die gaatjie by die oor van elke pop,” sê hy.
Geamuseerd, tel die prins die eerste pop op en druk die toutjie by die pop sê oor in. Dit kom toe by die ander oor uit.
“Dit is een tipe persoon,” sê die wyse man. “Wat jy ook al vir hom vertel of sê kom by die ander oor uit sonder dat hy enigsins ag slaan op dit wat jy hom vertel.”
Die prins tel die tweede pop op en ryg die toutjie by die pop sê oor in. Die toutjie kom toe by die pop se mond uit.
“Dit is die tweede tipe persoon, sê die wyse man. “Wat jy hom ook al vertel, gaan vertel hy net so oor aan ander.”
Die prins tel die derde pop op en herhaal die proses. Die toutjie kom nêrens te voorskyn nie.
“Dit is die derde tipe persoon,” sê die wyse man.” Wat jy hom ook al vertel sluit hy binne homself op. Dit kom nooit weer te voorskyn”
“Wat is die beste tipe persoon?” vra die prins.
In plaas van ’n antwoord oorhandig die wyse man aan die prins ’n vierde pop.
Toe die prins die toutjie by die oor inryg kom dit by die ander oor uit. “Doen dit weer.” beveel die wyse man.
Die prins herhaal die proses. Die keer kom die toutjie by die mond uit.
Toe hy die toutjie die derde keer inryg, kom dit glad nie uit nie.
“Dit is die beste tipe persoon,” sê die wyse man. “Om betroubaar te wees moet ’n man weet wanneer om nie te luister nie, wanneer om stil te bly en wanneer om wel te praat.”
Friday, November 5, 2010
Die Boom en Gewoontes
’n Ryk man het die ou leermeester versoek om sy seun onder sy sorg te neem en hom sovêr te kry om van sy slegte gewoontes ontslae te raak.
Die ou leermeester het die jong man vir ’n wandeling deur die tuin geneem.
Skielik stop hy en vra die seun om ’n klein plantjie wat in die tuin groei uit te trek. Die seun neem die plantjie tussen sy voorvinger en duim en trek dit met gemak uit. Hulle stap vêrder in die tuin en die ou leermeester vra die seun om ’n bietjie groter plantjie uit te trek. Die jongeling trek effens harder en die plant kom uit met wortel en al.
“Trek nou die een uit,” sê die ou leermeester terwyl hy beduie na ’n groterige struik in die tuin. Die seun moes al sy kragte inspan om die struik uit te trek en hy kon die struik ook maar net-net uittrek.
“Neem nou die een,” sê die ou leermeester terwyl hy na ’n koejawel boom beduie. Die seun gryp die koejawel boom aan die stam en probeer dit uittrek. Hoe hy ook al probeer, die koejawel boom gee nie skiet nie.
“Ek,.... Dit is onmoontlik,” sê die seun terwyl hy hyg om sy asem terug te kry na die inspanning.
“So is dit met slegste gewoontes” sê die ou leermeester. “Wanneer hulle jonk is, is dit maklik om hulle uit te trek en van ontslae te raak maar wanneer hulle eers gevestig is en behoorlik wortel geskiet het, kan hulle nie sommer ontwortel word nie.”
Die seun het die les van die ou leermeester verstaan en sy lewe verander om die slegte gewoontes sommer klein-klein uit te trek.
Tuesday, November 2, 2010
“Dapper” Dawie
Die jong klomp het op ’n dag besluit om ’n uitstappie te onderneem in die berge. Dit was ’n pragtige sonskyn dag en almal het besluit dat hulle by Susan se huis bymekaar sal kom en daarvandaan sal vertrek vir die berg uitstappie.
Die berg was nie ’n kleintjie nie en hier en daar was daar baie gevaarlike plekke met steil kranse en mens moet twee plekke deur grotte kruip om aan te gaan met die bergpaadjie na die kruin.
Die groepie het uit vier jongmense bestaan, Susan, Annetjie, Dawie en Wouter. Dawie was die voortvarende een van die groep. Annetjie en Wouter was maklik beïnvloedbaar en het hulle maar laat lei deur die sterkste een in die groep. Susan aan die anderkant was seker van haarself en sy het haar nie maklik laat beïnvloed deur die groep nie.
Voor hul vertrek roep Susan se ma haar en sê dat hulle van die stap-lampe moet saamneem op hul staptog, mens weet nooit wat kan gebeur daar in die berg nie. Die weer kan in ’n ommesientjie verander of iets gebeur en hulle kom dalk nie voor donker van die berg af nie. In die twee grotte is dit ook baie donker en mens kan maklik gly en val.
Susan se ma was nie baie ingenome met die staptog nie maar sy het besef dat Susan al groot is en dat dit tyd is dat sy die leisels so bietjie sal moet skiet gee.
Susan wou eers teëstribbel maar sy het baie gou haar ma se argument ingesien en verstaan dat enige iets op hierdie staptog kan gebeur. Saam met hulle bagasie vir die staptog sou die dra van die stap-lampe ietwat ongemaklik wees maar die voordele indien iets gebeur is verreweg beter as die bietjie ongerief.
Die stap-lampe was darem nie te groot nie en sou net genoeg lig geen vir een persoon om sy pad te sien.
Dawie het volstrek geweier om ’n stap-lamp te neem. Sy argument is dat hulle jonk en sterk is en dat hulle die staptog gou sal afhandel, hulle behoort inteendeel nog voor vier uur die middag by die huis te wees. Annetjie was begeesterd deur Dawie se selfvertroue, sy het heimlik baie van hom gehou. Dit sou dalk haar aansien in Dawie se oë laat daal indien sy nou ’n stap-lamp sou neem, want dit sal lyk of sy geen vertroue in hom het nie. Sy het vas geglo dat Dawie sal toesien dat niks met haar op die staptog sal gebeur nie.
Wouter was twyfelagtig of hy ’n stap-lamp moes neem, dit sou ongerieflik wees en kan hom soos ’n sussie laat lyk in die oë van sy vriend, maar die stap-lamp sou darem gemoedsrus gee indien iets skeefloop met die staptog. Na lang oorweging besluit Wouter om maar tog ’n stap-lamp te neem. Dawie het niks gesê nie maar Wouter kon die spot in sy oë sien en die klein trekkie van ’n spottende glimlag om sy mondhoeke.
Vreemd genoeg het die stap-lamp aan Wouter ’n mate van vertroue gegee en hy het hom nie verder gesteur aan wat sy vriend dink nie.
Almal was nou gereed vir ekspedisie “berg klim” en vrolik vertrek die jong klomp van Susan hulle se huis af. Dit was so vyf kilometer se stap voordat hulle die voet van die berg bereik het. Die stap op die oop vlakte was gemoedelik en almal het uitbundig gelag en gesels.
Die bergpaadjie is vir die eerste kilometer nie te steil nie maar nou moet hulle begin om agter mekaar te stap want die paadjie is maar smal. Dawie stap heel voor want hy het sommer self besluit dat hy die geselskap sal lei en die pas sal aangee. Hy word gevolg deur Annetjie en dan deur Susan en Wouter. Die stap-lampe maak dat hulle twee nie so vinnig kan vorder as Dawie en Annetjie nie.
Dawie is ietwat geïrriteerd met die twee wat agter loop en toe hulle die volgende gedeelte, wat meer steil en moeilik is, vra hy vir Annetjie en Wouter of hulle nie maar die lampe wil los nie. Hy sê hulle kan mos sien dat hulle nou al ’n hele rukkie stap en daar is geen teken van slegte weer nie. Susan weier volstrek en sê dat sy maar sal aankarring met haar lampie. Wouter begin al so effens twyfel, maar nie genoeg om hom te oortuig om van sy lamp afstand te doen nie.
Sowat ’n uur later bereik hulle die eerste van die grotte waardeur hulle moet gaan. Die koeligheid van die grot was ’n baie welkome verligting van die hitte. Hulle besluit om eers so rukkie te vertoef en asem te skep. Dawie begin weer met sy relaas oor die onnodigheid van die lampe. Sy argument is dat dit nog sowat 3 ure se stap na die kruin is, hulle kan dus so ongeveer 12 uur op die kruin wees en weer 3 uur terug by die grot. Indien hulle nou hul stap-lampe hier los dan kan hulle dit weer kom kry wanneer hulle terugkom. Sonder die stap-lampe sal hulle miskien ook bietjie vinniger kan stap. In elk geval met die mooi weer wat hulle ervaar is die grotte nie so donker nie en kan mens met min moeite die paadjie nog sien.
Dawie se argument is baie oortuigend en Wouter besluit dat hy sy stap-lamp hier sal los en weer sal kry met die terugkom slag. Susan daarenteen weier om haar stap-lamp te los. Die weer mag miskien nou mooi en pragtig lyk maar dit kan na die tweede grot sommer gou verander na die mees grusame stormweer. Sy is nie bereid om die kans te waag nie. Die ander drie is glad nie gelukkig met haar besluit nie en besluit dat hulle sal stap teen die pas wat vir hulle gerieflik is en as sy nie kan bybly nie dan is dit maar haar saak.
Susan is baie hartseer oor die houding wat haar vriende nou skielik openbaar, dit was veronderstel om ’n heerlike uitstappie te wees en mekaar se geselskap en kameraadskap te geniet. Noudat sy nie bereid is om afstand te doen van haar
stap-lamp nie, is sy die een wat hulle terughou en hul pret bederf.
Die groepie vertrek na die kortstondige rus in die grot. Dawie heel voor gevolg deur Annetjie en Wouter. Susan was heel laaste. Baie gou het Susan begin agter raak by die voorste drie en sy kon met die beste wil onder die son nie byhou met hulle pas nie. Sy kon ’n effense moedswilligheid by hulle bespeur met die pas wat hulle stap. Hulle wou haar wys net hoe stadig raak sy omdat sy nie haar stap-lamp wil los nie.
Susan kon voel hoe die trane opwel in haar oë en die hartseer haar oorweldig oor die moedswilligheid van haar vriende, maar steeds was sy nie bereid om afstand te doen van haar stap-lamp nie.
Binne ’n uur het die voorste drie reeds die volgende grot bereik en kon hulle eers bietjie uitrus in die koeligheid. Na tien minute kom Susan eers by die grot aan. Dawie en sy maats is reeds besig om op te pak en die res van die roete aan te durf na die piek van die berg. Hulle ignoreer haar terwyl sy uitasem haar rugsak en stap-lamp eenkant neersit om bietjie te rus van die vermoeiende stap. Hulle loer net so vlugtig in Susan se rigting begin die laaste gedeelte van die staptog aan te pak.
Dawie, Annetjie en Wouter was skaars vyftien minute se stap van die laaste grot toe die onweerswolke oor die berg se piek begin val. Die weer het baie skielik opgekom en die wind was yskoud. Annetjie was baie beangs en het Dawie se hand gegryp.
Annetjie het by Dawie begin pleit dat hulle moet omdraai en teruggaan maar Dawie was vasbeslote om die piek te bereik. Indien hulle nou sou terugdraai sal dit beteken dat Dawie sal moet erken dat hy dalk verkeerd was oor die weer.
Daardie plesier sal hy Susan nie gun nie.
In elk geval was die piek nog sowat vyftien minute se stap vêr gewees. Na ’n verdere vyf minute se stap het die onweerswolke reeds dig saamgepak en was dit baie moeilik om die bergpaadjie te sien.
Die stormwind het klein klippies en sand van die steil hange laat neerreën op hulle, Wouter en Annetjie was baie benoud, Dawie ook, maar hy sou dit nooit erken nie. Die wind het nou met geweldige krag oor die berg gekom en elke dan en wan het die rukwinde gedreig om hulle oor die afgrond van die steil bergpaadjie te ruk. Hulle moes vasklou aan die rotswande vir hul lewens.
Dawie het voortgebeur teen die wind in, hy kon nie meer die paadjie voor hom sien nie en het met sy voete gevoel vir enige obstruksies in die pad. Elkeen was nou aangewese op homself en moes met albei hande vasklou aan die rotswande.
Wouter en Annetjie het besluit dat hulle gaan omdraai, miskien kan hulle dalk nog die grot haal. Dawie het gesê dat hy nie sal omdraai nie, hulle kan maar as hulle wil, maar hy laat hom die onderkry deur ’n ou stormpie nie. Wouter en Annetjie het skaars omgedraai of hulle hoor die angswekkende gil van Dawie. Hy kon nie die paadjie sien nie en het gestruikel en oor die afgrond gestort.
Wouter en Annetjie het met skuifel treetjies hul weg gevoel terug na die grot toe, krampagtig het hul vingers geklou aan al wat ’n skeurtjie en gaatjie in die rotswand is.
Susan was reg vir die laaste gedeelte van die staptog, toe sy by die anderkant van die grot uitkom, merk sy die onweer wat skielik opgesteek het. Sy het gou besef dat hierdie nie net ’n paar wolkies is wat vinnig gaan oorwaai nie, sy bly al lank genoeg in die omgewing om te weet dat die weer swaar reën, hale en sneeu kan bring. Sy het vinnig haar stap-lampie afgehaal en aan die brand gesteek. en terug gestap in die grot. Mens kan nie glo hoe vinnig dit donker geword het nie, skaars vyf minute gelede kon jy nog redelik goed sien wat aangaan in die grot en nou is dit stikdonker, jy kan skaars jou hand voor jou oë sien.
Susan is nou baie dankbaar vir haar stap-lampie en dat sy hardkoppig bly vasklou het aan haar beginsel om nie die stap-lampie agter te laat nie. Sy het dieper die grot in gegaan om weg te kom van die snerpende koue en reën.
Intussen is Wouter al baie spyt dat hy hom laat ompraat het om sy stap-lampie agter te laat by die eerste grot. Hy sal enige iets doen om daardie besluit van hom ongedaan te maak. As hulle net die grot kan bereik, dan kan hulle daar skuil totdat iemand hulle kom red. Hy en Annetjie was sowat vyf minute weg van die grot en hulle was reeds deurnat van die ysige reën wat in vlae oor hul uitsak. Nou en dan kon hy voel hoe stukke hael hom kasty teen sy rug en nek. Annetjie was in trane van benoudheid en hartseer oor Dawie wat oor die afgrond gestort het. Sy was in skok en al haar handelinge was soos die van ’n robot, net so nou en dan kon sy Wouter se bemoedigende woorde hoor, “Klou vas en kom agter my aan, ons kan dit maak, dis nie meer te vêr nie!
Dit was nog net ’n paar treë na die ingang van die grot, Wouter kon sien dat Annetjie reeds doodmoeg is en dat sy nie meer kan vashou aan die rotswande nie. Hy het sy hand uitgesteek om haar aan die arm beet te kry. Hy het skaars aan haar arm gevat toe hy voel hoe sy struikel en val. Wouter val op sy knieë en gryp haar met albei hande, hy kon haar aan haar rugsak beetkry. Sy vinger pyn van die vashou aan die rotswande en die koue maar hy klou aan die rugsak. Haar tenger lyfie hang oor die afgrond en dis net die bande van die rugsak wat haar teëhou dat sy nie na benede stort nie.
Sy is moeg, moeg van die baklei teen die storm, moeg van baklei om by veiligheid te kom, moeg gehuil oor haar vriend Dawie. Sal sy nie maar net los en hoop daar is ’n vinnige einde aan alles nie?
Wouter hou vas en begin Annetjie baie stadig op te trek. Dis ’n moeilike taak met die rugsak wat nat is want dit is effe glad. Na ’n paar minute se inspanning kry Wouter vir Annetjie opgetrek sodat sy langs hom sit op die bergpaadjie.
Hande-viervoet kruip hulle na die grot terwyl die rotse en klippe hulle bene en hande stukkend sny.
Na ’n paar minute bereik hulle die beskerming van die grot. Albei sit en huil van dankbaarheid dat hulle die veiligheid van die grot bereik het.
Susan hoor bokant die geloei van die wind die geroep van Wouter. So vinnig as wat die lig van haar stap-lampie haar toelaat om te loop stap sy na die grot ingang. Daar tref sy Wouter en Annetjie aan, albei yskoud en bebloed van die kruipery na die grot.
Die twee is te dankbaar vir die liggie van Susan se stap-lampie en dis asof hulle weer nuwe moed skep deur die lig en warmte van Susan se stap-lampie.
Gou verbind Susan hul wonde en probeer hulle twee toemaak met die handdoek wat sy saamgebring het in haar rugsak. Wouter en Annetjie vertel van die tragedie wat gebeur het met Dawie en hoe spyt is hulle dat hulle maar nie na haar geluister het nie.
Wouter en Annetjie wil net weet hoe hulle nou gaan maak om af te kom van die berg af, maar Susan sê dat hulle net rustig moet wag. Haar vader sal binnekort na hulle kom soek, want hy sal haar nooit alleen los nie.
Hulle is baie bekommerd oor wat hulle gaan doen wanneer die stap-lampie se liggie doodgaan maar weereens verseker Susan hulle dat die stap-lampie se liggie nie sommer sal doodgaan nie, want haar vader maak doodseker dat daar genoeg krag in die lampie is vir die hele tog wat hulle moes stap en nog meer.
Les:
Ons elkeen gaan deur die lewe op hierdie staptog, soms is die pad maklik en ander kere moeilik. Soms is dit mooiweer en sonskyn en ander kere is dit onweer en gevaar. Maar aan ons elkeen word die stap-lampie van Vader YHWH aangebied. Dit is ons keuse of ons die stap-lampie (waaragtige geloof in ons Majesteit YHWH) wil neem of nie. Op die lewenspad wat ons wandel lyk dit soms of die “stap-lampie” ons baie stadig maak en ons vriende hou nie daarvan dat die lampie ons terughou nie. Soms wil ons vriende hê dat ons die lampie langs die pad moet los en ander kere vertrou ons hulle blindelings want hulle woorde van oortuiging klink so opreg en logies.
Maar dit gebeur ook dat wanneer die storms kom en ons het nie Vader se stap-lampie geneem nie, dat ons, ons lewe kan verloor, dan is dit ewiglik te laat. Soms kom ons met ons lewe daarvan af en kry ons ’n tweede kans.
Ons kan nie die lewenspad aanpak sonder ons “stap-lampie” nie. Wanneer die lewens storme ons oorweldig en ons moet skuiling soek moet ons geduldig wag op ons Majesteit YHWH, Hy sal ons kom soek en kry en ons moet glo dat Hy ons lamp genoegsaam opgevul het met olie vir die hele staptog en nog meer.
Psalm 18:28 Want U laat My Lamp skyn; JaHWeH My Elohey verlig My Duisternis.
Psalm 119:105 U Woord is ’n lamp vir My voet en die Lig van My pad.
Spreuke 6:23 Want die Gebod is ’n lamp en die Wet is ’n Lig en die Teregwysing van die Tug ’n Weg tot die lewe,
Spreuke 13: 9 Die Lig in die regverdige brand vrolik, maar die lamp in die besoedelde gaan dood.
Thursday, October 28, 2010
Die Siklus van Boosheid
Eendag was daar ’n koning wat geweldig wreed en onregverdig was, tot so mate dat sy onderdane daarna verlang het dat hy moet sterf of onttroon word. Hy was vol boosheid.
Maar, op ’n dag, tot al sy onderdane se verbasing kondig die koning aan dat hy ’n nuwe blaadjie omgeslaan het.
“Geen wreedheid en onregverdigheid in my koninkryk meer nie.” Was sy belofte aan al die onderdane en hy het sy woord gestand gedoen.
Hy het sodanig verander dat al die onderdane hom die “Sagmoedige Koning” later genoem het.
Maande na sy dramatiese ommekeer het een van sy raadgewers genoeg moed bymekaargeskraap om die koning te vra wat het die verandering teweeggebring.
Die koning antwoord, “Terwyl ek op my perd deur die koninklike woud gery het sien ek ’n jakkals wat deur ’n hond gejaag word. Die jakkals het die hond net-net ontglip maar nie voordat die hond hom aan die been gebyt het nie en hom vir die res van die jakkals se lewe mank sal laat nie. Later terwyl ek in die dorpie inry sien ek dieselfde hond daar. Hy was besig om vir ’n man te blaf. Terwyl ek die petalje gadeslaan sien ek hoe die man ’n groot klip optel en na die hond gooi en sy been breek.
Die man het nie vêr gevorder in die straat toe ’n perd hom skop nie. Sy knie was vergruis en hy het in die pad geval en krul van die pyn. Hy sou vir die res van sy lewe nie die been kan gebruik nie.
Die perd het weg begin hardloop maar val toe in ’n gat en breek sy been. Sy eienaar moes die perd kom uitsit.
“Terwyl ek alles oordink wat ek die dag gesien het, het ek besef dat ‘boosheid bring nog meer boosheid voort’ en as ek aangaan in my bose weë dan sal die boosheid my self later inhaal. Dis hoekom ek besluit het om te verander.”
Die raadgewer is daar weg, oortuig daarvan dat die tyd nou ryp was om die koning te onttroon en die heerskappy vir homself te gryp. Hy was so verdiep in die beplanning dat hy nie die trappe voor hom opgemerk het nie. Hy het by die trappe afgestort en sy nek gebreek.
Monday, October 25, 2010
Wat jy saai....
Koning Kratas het gevoel dat hy alles het wat enige mens maar kan begeer, nie net vanweë sy rykdom en sy lojale koninklike wag nie maar oor sy pragtige koningin, Martina. Sy was die volmaaktheid in sy ryk gewees, beeldskoon en baie wys.
Aan die regterhand van die koning het sy gesit en hom gehelp met die uitoefening van die regspraak in die koninkryk. Jy kon nie die kyk in haar deurdringende oë ontglip indien jy ’n misdaad begaan het nie. Sy het altyd geweet wie is die oortreder en wie die slagoffer.
Maar buiten vir haar groot wysheid en kennis van mense was sy baie berig vir haar vrygewigheid aan die armes. Haar hand was altyd oop om te gee aan hulle wat nie het nie. Koningin Martina was baie hoog geag in die hele koninkryk omdat sy soveel empaties gehad het met die siekes en die armes.
Vêr van die koninklike paleis was daar ’n man wat vasgevang was in groot armoede en geen manier om dit te ontsnap nie. Serta het alles verloor, selfs die grond waarop hy en sy gesin gewoon het. Vanweë sy hoë ouderdom kon hy nie werk nie en was hy daarop aangewese om te bedel vir oorlewing om sy vrou en kinders te onderhou. Elke oggend het hy van deur na deur gegaan opsoek na werk, kos of geld. Die goedheid van die mense het altyd gesorg dat hy genoeg gehad het om huis toe te neem vir die versorging van sy gesin.
Maar Serta was bietjie self gesentreerd. Sy wêreld het eerste by hom begin gevolg deur sy gesin en dan die res.
Van wat hy gekry het deur sy bedelary het hy eers geëet en gedrink na hartelus en van dit wat oorgebly het, het hy huis toe geneem. Die roetine van eie versorging eerste het hy baie goed weggesteek deurdat hy ’n baie jammerlike gesig opgesit het sodra hy by die huis aankom.
Eendag terwyl hy heerlik smul aan ’n bord rys wat hy gekry het by ’n nederige woning hoor hy dat koningin Martina binnekort hier verby sal gaan. Haar groothartigheid was ook welbekend aan Serta en hy het geweet as hy sy jammerlike gesig kan opsit en aan haar wys hoe arm hy is en hoe swaar hy kry sal sy miskien vir hom ’n sak met goue munte gee. Genoeg sodat hy vir die res van sy lewe nie meer hoef te bedel nie en genoeg sal hê om kos en voorrade vir sy hele gesin te koop.
Hy het gedink dat hy van die munte wat hy sou kry vir hom sou kon versteek en die res aan sy vrou kon gaan wys. Op die manier kon hy steeds aangaan om sy eie selfsugtige behoeftes te bevredig.
Hy hardloop na koningin Martina se koets en smeek die soldate om hom toe te laat om met die koningin te praat. Terwyl Martina die argumente buite die koets hoor trek sy die gordyntjie van die koets venster weg en vra aan Serta wat soek hy.
Serta gaan op sy knieë en loof die koningin vir haar goedheid en haar wysheid. Hy sê aan Martina dat hy gehoor het van haar groot medelye met die armes en of sy tog nie simpatie kan betoon met ’n arm bedelaar nie.
Martina se oë vernou effens en sy vra aan Serta wat sal hy in ruil aan haar gee. Verras deur so ’n vraag van die koningin, kyk hy af na die bord rys in sy hand. Met ’n baie swaar gemoed skraap hy ’n paar korrels rys uit sy bord en gee dit aan die koningin.
Koningin Martina tel die ryskorrels, vyf ryskorrels in totaal en sy kyk na die vol bord rys in Serta se hande. Sy antwoord, “Daar sal aan jou gegee word wat jou toekom.”
Met dié gee sy die koetsier opdrag om te vertrek.
Serta verwens die koningin hier diep in sy binneste. Hy het nooit gedink dat die gebeure hulle so sal afspeel nie. Hoe kon sy vir hom iets in ruil vra terwyl sy niks vir hom gegee het nie ?
Stomend van woede stap hy huis toe en gee die bord rys aan sy vrou. By die voorstoep van hul klein huisie sien hy ’n sak staan. Sy vrou sê dat mans van die koninklike wag die sak hier aangebring het.
Hy maak die sak oop en vind dat dit vol rys is. Hy druk sy hand dieper in die sak tussen die rys korrels en voel ’n harde metaal voorwerp. Dit was ’n goue munt. Serta was nou vreeslik opgewonde.
Gou keer Serta die sak rys daar op die stoep uit en vind vyf goue munte in die sak. Een vir elke korrel rys wat hy aan koningin Martina gegee het.
As hy maar net sy hele bord rys aan die koningin gegee het, kon sake soveel ander gewees het. Hy kon nou ’n hele sak vol goue munte gehad het.
2 Kor 9:6
Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
Gal 6:7
Moenie dwaal nie; YHWH laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Wednesday, October 20, 2010
Die Weerkaatsing
Daar was ’n koning wat vir sy dogter die mooiste diamant halssnoer laat maak het vir haar een en twintigste verjaarsdag. Dit was ’n baie besonderse halssnoer waarvan die gelyke nie te vinde was in die hele land nie. Voordat die prinses die halssnoer kon ontvang is dit gesteel. Die koning het sy hele paleis wag en al sy onderdane opdrag gegee om na die halssnoer te soek, maar die soektog het niks opgelewer nie. Die koning besluit om ’n beloning van R 50 000.00 uit te loof vir die een wat die halssnoer opspoor. Dit het al die onderdane aangespoor om onverpoos te soek na die halssnoer want die beloning sal die ontvanger daarvan in staat stel om gemaklik te leef vir die res van sy lewe.
Eendag stap ’n klerk langs die riviertjie huis toe. Die rivier was agter ’n klompie vervaardigings werkswinkels en was erg besoedel van al die afloopsels vanaf die werkswinkels en was vreeslik vuil en stinkend. Terwyl die klerk langs die rivier loop sien hy ’n glinstering in die water. Terwyl hy naderstaan om te sien wat dit is sien hy dis die halssnoer waarna die koning so soek. Hy kan sy geluk nie glo nie, want die R 50 000.00 sal so baie vir hom en sy gesin beteken.
Hy gaan sit op sy hurke langs die water en probeer met ’n stok in die water krap om die halssnoer op te tel maar hy kry allerhande gemors aan die stok behalwe die halssnoer.
Hy besluit om sy arm in die water te druk om die halssnoer by te kom, maar steeds kry hy niks nie. Later is hy met klere en al in die water. Hy sien die halssnoer in die water maar hy kan net nie die halssnoer in die hande kry nie.
Baie moedeloos klim hy later uit die stinkende water uit en trek sy skoen uit om die modder water uit te kry. Terwyl hy sy vuil modder skoene probeer skoonmaak sien hy weer die glinstering van die halssnoer in die water. Hierdie keer is hy vasbeslote om die halssnoer in die hande te kry en duik in die water in. Kop onder die water voel hy deur die modderslyk op die bodem van die rivier vir die halssnoer. Na ’n halfuur se soektog besluit hy om maar moed op te gee. Baie mismoedig sleep hy homself uit die water en gaan sit op die rivier wal.
Hy kon soveel dinge doen met die geld, want dit gaan moeilik in die huis en hulle oorleef skaars dag na dag.
Op daardie stadium kom daar ’n man verby gestap, hy gaan staan langs die klerk en vra waarna soek hy so dringend in die vuil, stinkende rivier. Dit moet werklik baie kosbaar of hoë nood wees wat maak dat iemand in die rivier sal klim. Die klerk wil nie vir die man vertel van die halssnoer nie, want netnou is hy in die rivier in en kry dalk die halssnoer. Nee, die geheim sal hy vir homself hou.
Die man kon sien dat die klerk glad nie gelukkig is nie en in ’n baie kalm en rustig stem sê die man vir die klerk dat hy maar sy bekommernis met hom kan deel, hy sal sy geheim aan geen ander oordra nie. Die sagtheid in die man se stem en die kyk van deernis in sy oë maak dat die klerk nie anders kan as om die man te vertrou nie. Die klerk skraap al sy moed bymekaar en vertel die van die halssnoer en die beloning wat die koning daarvoor uitloof. Verder vertel hy hoe hy die halssnoer in die water sien maar hy kan dit op geen manier in die hande kry nie, met elke poging van hom misluk hy.
Die man gaan sit toe langs die klerk en plaas sy hand op sy skouer. “Vriend, miskien moet jy eers bietjie opkyk na bo, in die takke van die bome, voordat jy kyk in die vuil water van die rivier.” Sê die man bemoedigend aan die klerk. Die klerk kyk op en sowaar, daar hang die halssnoer in die takke van die boom. Hy het die hele tyd probeer om die refleksie van die ware halssnoer in die water te vang.
So probeer die mens ook soms die heerlikheid van YHWH te soek in die aardse instellings soos die kerke, die predikant, die wyksbyeenkoms en al wat hy daar sien is die refleksie van die werklike maar om die werklike te vind moet hy sy oog na bo rig.
Psalm 121
1 EK slaan My oë op na die berge: waar sal My Hulp vandaan kom?
2 My Hulp is van JaHWeH wat Hemele en Aarde gemaak het.
3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
4 Kyk, die Bewaarder van JisraEl sluimer of slaap nie.
5 JaHWeH is jou Bewaarder; JaHWeH is jou Skaduwee aan jou regterhand.
6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7 JaHWeH sal jou bewaar van alle besoedeling; jou siel sal Hy bewaar.
8 JaHWeH sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
Monday, October 18, 2010
Maklik Versus Moeilik
Maklik is dit om ’n plekkie in iemand se adres boekie te kry.
Moeilik is om ’n plekkie in iemand se hart te kry.
Maklik is om die foute van ander te oordeel.
Moeilik is om jou eie foute te erken.
Maklik is om te praat sonder om te dink.
Moeilik is om die tong in toom te hou.
Maklik is om iemand seer te maak vir wie jy lief is.
Moeilik is om die wonde te heel.
Maklik is om ander te vergewe.
Moeilik is om vergifnis te vra.
Maklik is om reëls neer te lê.
Moeilik is om hulle te volg.
Maklik is om oorwinning te vier.
Moeilik is om nederlaag te aanvaar met waardigheid.
Maklik is om met ’n vrag te struikel.
Moeilik is om op te staan ....
Maklik is om die lewe elke dag te geniet.
Moeilik is om aan dit egte waarde te gee.
Maklik is om te bid elke aand.
Moeilik is om die hand van YHWH te sien in die swaarkry.
Maklik is om iets aan iemand te beloof.
Moeilik is om die belofte na te kom.
Maklik is om te sê, ek het lief.
Moeilik is om dit elke dag te wys.
Maklik is om ander te kritiseer.
Moeilik is om jouself te verbeter bo kritiek.
Maklik is om foute te maak.
Moeilik is om van hulle te leer.
Maklik is om te ween oor ’n verlore liefde.
Moeilik is om daarvoor so te sorg dat dit in die eerste plek nie verlore raak nie.
Maklik is om te dink om jouself te verbeter.
Moeilik is om op te hou dink en tot aksie oor te gaan.
Maklik is om die ergste van almal te dink.
Moeilik is om aan ander die voordeel van die twyfel te gee.
Maklik is om te ontvang.
Moeilik is om te gee.
Maklik is om vriende te hou met mooi woorde.
Moeilik is om hul te hou deur dade.
Maklik om die te lees.
Moeilik om te volg.
Friday, October 15, 2010
Ons eie Keuse
So baie keer gebeur dit in ons lewens dat ons die gevolge van ons dade moet dra en dan is dit baie maklik om die skuld te verplaas na iemand anders of te sê maar dis YHWH se wil dat die of daardie oor my gekom het.
Dit is baie moeilik om te erken dat die fout by ons lê en dat ons nou die gevolge moet dra van ons optrede.
Sirah verwoord hierdie scenario pragtig veral in vers 16 – voor jou is uitgegiet vuur en water, maak self jou keuse. Die vuur gaan jou beslis brand indien dit jou keuse is en die water kan jou dors les en bied aan jou lafenis vir jou siel.
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah
Hst 15
Eie verantwoordelikheid.
11 MOENIE sê: “Van JaHWeH is my oortreding” nie, want wat Hy haat, het Hy nie gemaak nie. [Wysheid van Salomo 11:24; Maleagi 1:3]
12 Moenie sê: “Dit is Hy wat my verlei het” nie, want daar is geen noodsaak vir manne van geweld nie.
13 Besoedeling en gruwelikheid word deur JaHWeH gehaat, en Hy laat nie toe dat dit hulle teëkom wat Hom vrees nie.
14 Elohim het van die begin af die adamiet geskape en Hy het hom in die mag van sy vrye wil gestel.
15 As jy behae [in Hom] het, kan jy die Gebod hou, en dit is verstandig om Sy Welbehae te doen. As jy op Hom vertrou, sal jy inderdaad lewe.
16 Uitgegiet voor jou is vuur en water, strek jou hand uit na wat jy begeer,
17 Voor die adamiet is lewe en dood, wat hy begeer, sal aan hom gegee word.
18 Oorvloedig is die Wysheid van JaHWeH, magtig in Krag en Een wat alles sien.
19 Die Oë van Elohim sien SY werke, en HY ken elke daad van ‘n man.
20 Hy het die adamiet nie beveel om te oortree nie en Hy het nie sterkte gegee aan leuenaars nie, en Hy ontferm Hom nie oor diegene wat ydele dinge doen, of oor hom wat geheime openbaar maak nie.
Ons elkeen het ‘n keuse om te maak – die vuur of die water – ons kan nie besluitloos bly nie want die hand moet ons uitstrek na een van die twee.
Waarna reik jy vandag ? en kan jy die gevolge dra van jou keuse ?
Thursday, October 14, 2010
Die Waterpomp
Daar was eendag ’n man wat ’n baie goeie vriend gehad het. Die vriend het baie swaar gekry op sy grondjie waar hy ’n bestaans boerdery probeer voer. Hy het ’n erge tekort aan water gehad, hy het wel ’n put, maar kon nie die water uit die put kry in sy groete beddings en sy drinkwater tenk nie.
Die man het ’n ekstra waterpomp gehad en het dit aan sy vriend gegee en gesê, “Hier, neem die pomp vir jou.
Sy vriend was oorstelp van vreugde want nou kon hy water kry om te drink en om sy tuin te red van die droogte.
Die volgende dag maak die man ’n draai by sy vriend om uit te vind hoe dit gaan. Sy vriend groet skaars en beskuldig die man, “Die pomp gee geen water nie. Jy het vir my gejok.”
Die man vra, “Het jy die pomp aan die krag gekoppel ?”
“Nee.”
“Druk die elektriese koord by die kragsok in en jy sal al die water hê wat jy verlang.”
Die volgende dag kom die man weer by sy vriend ’n draai maak om te sien hoe dit met hom gaan. “Jy het gejok,” val die vriend sommer met die deur in die huis. “Ek het die pomp se elektriese koord by die kragsok ingesit en steeds is daar geen water nie.”
“Het jy ’n pyp vanaf die pomp laat afsak in die water van die put sodat die pomp die water kan uitpomp ?”
“Nee.”
“Laat ’n pyp afsak in die water vanaf die pomp en jy sal al die water kry wat nodig is.”
Die volgende dag besoek hy weer sy vriend om te sien of daar enige vordering is maar sy vriend begin weer met, “Jy het gejok, ek het steeds nog geen water nie.”
“Het jy die pomp eers gebloei om al die lug uit te kry ?”
“Nee,!”
“Bloei eers die pomp en jy sal beslis water hê om te drink.”
Die volgende dag besoek hy weer sy vriend en die is in ekstase oor al die water wat hy het.
Die vriend vra, “Het ek jou nie die waarheid vertel nie ?”
“Ja, sê die man.
“Nou hoekom het jy my ’n leuenaar genoem ?”
“Dis hoe dit vir my gelyk het, ek het nie besef dat dit my eie onkunde was wat jou woorde as ’n leuen vir my laat klink het nie.”
Hoeveel keer het ons nie al in ons haas en onkunde iemand anders tot leuenaar gemaak om net later uit te vind dat dit ons eie arrogansie en onnoselheid was wat eintlik die oorsaak was.
Spreuke 18:
6. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
7. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy siel.
Tuesday, October 12, 2010
As Môre Nooit Kom Nie.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou sou sien aan die slaap raak,
sou ek jou stywer toegemaak het en Vader gevra het om jou siel te bewaak.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou sou sien uitstap by die deur,
sou ek jou ’n druk en soen gee en jou terug roep vir nog meer.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou stem sou hoor,
sou ek dit opneem en oor en oor terugspeel want daardeur is ek bekoor.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou sou kon vasdruk en soen,
sou ek jou ’n ekstra minuut of twee vashou en vertel wat jou liefde aan my doen.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ons saam ’n dag kan spandeer,
sou jy my met stokke en swaarde van jou nie kon wegkeer.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou kon vertel dat ek jou bemin,
sou ek dit aan jou duidelik vertel dat selfs gister en vandag se vertel was te min.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek jou sou sien glimlag,
sou ek ’n foto neem om daarna te kyk elke oomblik van die dag.
As ek geweet het dit is die laaste keer wat ek ..................
Wat sou jy graag hier wil invoeg ? ? ?
Sou ek ...........
Wat sou jy doen ? ? ?
Wie van ons weet wat die dag van môre vir ons of ons geliefdes inhou en kan elke dag nie die dag wees wat daar geen môre is nie.
Doen vandag alles asof daar geen môre is nie, want al wat môre kan oorbly is die spyt van wat ek nie vandag gedoen het nie.
Tuesday, October 5, 2010
Die Beskadigde Skildery
Eendag was ’n wel bekende skilder besig om die laaste afrondings te doen aan sy skildery. Die skildery was voorwaar ’n pragstuk en sou uitgestal word by die koning se jaarlikse banket in die paleis.
Die skilder was so vasgevang in sy skilderwerk dat hy onbewustelik ’n paar treë agteruit getree het om die 2 x 4 meter grote skildery te betrag. Hy het nie terug gekyk terwyl hy terugtree nie en elke nou en dan gee hy nog ’n paar ekstra tree terug om ’n geheel prentjie van die skildery te kry. Hy het so bly terugloop totdat sleg een treetjie weg was van die rand van die kant van die hoë gebou waarop hy geskilder het.
’n Man het gesien wat die skilder besig was om te doen en was op die punt om vir hom te skreeu dat hy moet pasop, maar besef baie gou dat die skilder dalk kan skrik en na benede stort. Die man hardloop na die skildery en gryp die skilder se verf palet en kwas en begin wild strepe oor die skildery te verf. Die skildery was geruïneer.
Toe die skilder sien wat die man besig was om te doen, raak hy baie kwaad en storm op die man af om hom aan te rand en weg te kry van sy pragtige skildery. Die ander omstanders gryp die skilder vas en draai hom om sodat hy kan sien waar hy gestaan het en hoe naby was hy daaraan om van die gebou af te val.
Somtyds is ons beplanning so pragtig uitgewerk en ons het die toekoms doek beskilder met die mooiste verwagtinge en uitgewerkte planne dat ons selfs kan glo dat daar niks mee verkeerd kan gaan nie. Dan skielik kom YHWH en vernietig die pragtige skildery wat ons vir onsself uitgewerk het en met veel moeite geskilder het.
Die rede ........ Hy is die een wat kan sien watter gevaar lê daar vir ons voor.
Soms is ons woedend en verwyt die Almagtige vir dit wat Hy aan ons skildery gedoen het. Maar een ding moet ons in gedagte hou: YHWH voorsien slegs die beste vir ons, Sy kinders, en sal enigiets doen, selfs ons skildery bederf, om te keer dat ons oor die afgrond van verderf sal stort.
Friday, October 1, 2010
GRANDPARENT JOKES
So ietsie om ons Vrydag mee op te kikker.
She was in the bathroom, putting on her makeup, under the watchful eyes of her young granddaughter, as she'd done many times before. After she applied her lipstick and started to leave, the little one said, "But Grandma, you forgot to kiss the toilet paper good-bye!"
_____________________
My young grandson called the other day to wish me Happy Birthday. He asked me how old I was, and I told him, 62. My grandson was quiet for a moment, and then he asked, "Did you start at 1?"
_____________________
After putting her grandchildren to bed, a grandmother changed into old slacks and a droopy blouse and proceeded to wash her hair. As she heard the children getting more and more rambunctious, her patience grew thin. Finally, she threw a towel around her head and stormed into their room, putting them back to bed with stern warnings. As she left the room, she heard the three-year-old say with a trembling voice, "Who was THAT?"
_____________________
A grandmother was telling her little granddaughter what her own childhood was like. "We used to skate outside on a pond. I had a swing made from a tire. It hung from a tree in our front yard. We rode our pony. We picked wild raspberries in the woods." The little girl was wide-eyed, taking this all in. At last she said, "I sure wish I'd gotten to know you sooner!"
_____________________
My grandson was visiting one day when he asked, "Grandma, do you know how you and God are alike?" I mentally polished my halo and I said, "No, how are we alike?'' "You're both old," he replied.
_____________________
A little girl was diligently pounding away on her grandfather's word processor. She told him she was writing a story. "What's it about?" he asked. "I don't know," she replied. "I can't read."
_____________________
I didn't know if my granddaughter had learned her colors yet, so I decided to test her. I would point out something and ask what color it was. She would tell me and was always correct. It was fun for me, so I continued. At last, she headed for the door, saying, "Grandma, I think you should try to figure out some of these colors yourself!"
_____________________
When my grandson Billy and I entered our vacation cabin, we kept the lights off until we were inside to keep from attracting pesky insects. Still, a few fireflies followed us in. Noticing them before I did, Billy whispered, "It's no use Grandpa. Now the mosquitoes are coming after us with flashlights.."
_____________________
When my grandson asked me how old I was, I teasingly replied, "I'm not sure." "Look in your underwear, Grandpa," he advised. "Mine says I'm 4 to 6."
_____________________
A second grader came home from school and said to her grandmother, "Grandma, guess what? We learned how to make babies today." The grandmother, more than a little surprised, tried to keep her cool. "That's interesting." she said. "How do you make babies?" "It's simple," replied the girl. "You just change 'y' to 'i' and add 'es'."
_____________________
Children's Logic: "Give me a sentence about a public servant," said a teacher. The small boy wrote: "The fireman came down the ladder pregnant." The teacher took the lad aside to correct him. "Don't you know what pregnant means?" she asked. "Sure," said the young boy confidently. "It means carrying a child."
_____________________
A grandfather was delivering his grandchildren to their home one day when a fire truck zoomed past. Sitting in the front seat of the fire truck was a Dalmatian dog. The children started discussing the dog's duties. "They use him to keep crowds back," said one child. "No," said another. "He's just for good luck." A third child brought the argument to a close. "They use the dogs," she said firmly, "to find the fire hydrants."
_____________________
A 6-year-old was asked where his grandma lived. "Oh," he said, "she lives at the airport, and when we want her, we just go get her. Then, when we're done, we take her back to the airport."
Wednesday, September 29, 2010
Die Vrees van YaHWeH
Miskien is daar ’n klomp van julle wat gereeld die blog lees en wat die boek Wysheid van Sirach (Sirah) ken of andersins bekend as die Boek van Ekklesiastikus. Die boek is geskryf in ongeveer 200 B.C.
In die Skrif het ons geleer dat die beginsel van wysheid is die vrees van YaHWeH, baie interessant is dat daar op vele plekke gepraat word van die vrees van YaHWeH en nie die vrees vir YaHWeH nie.
In die Bybel word die vrees van YaHWeH nêrens so pragtig omskryf soos in Hoofstuk 2 van die Wysheid van Sirach. Hierdie is die hele beginsel van wysheid en lewe saamgevat in 18 verse.
Ons elkeen het ons gunsteling skrif gedeelte wat altyd vir ons baie kosbaar en wonderlik is, dit spreek tot ons diepste wese.
Ek is seker dat as julle die hoofstuk gelees het, sal jul dit sekerlik ook voeg by een van jul gunsteling gedeeltes.
Betekenis en kenmerk van die Vrees van JaHWeH.
Hoofstuk 2
1. MY seun, as jy nader kom om JaHWeH te dien, berei jouself voor vir die versoeking.
2. Stel jou hart [reg] en wees sterk en moenie bevrees wees in die tyd van kwelling nie.
3. Kleef aan Hom vas en moet Hom nie laat gaan nie, sodat jy groot mag wees aan die einde van jou [lewe].
4. Aanvaar al wat oor jou kom en wees geduldig in siekte en armoede.
5. Want in vuur word goud getoets, en die adamiet wat aanvaarbaar is, in die oond van beproewing.
6. Stel jou vertroue in Hom, en Hy sal jou help, hoop op Hom, en Hy sal jou weë reguit maak.
7. Julle wat JaHWeH vrees, wag op Sy Guns en moenie wegdraai nie, sodat julle nie val nie.
8. Julle wat JaHWeH vrees, vertrou op Hom, en julle beloning sal nie faal nie.
9. Julle wat JaHWeH vrees, wag vir die suiwer [dinge] en vir ewigdurende Vreugde en Guns.
10. Aanskou die vroeëre geslagte en kyk, wie het in JaHWeH geglo en is beskaam? Of wie het in Sy Vrees gestaan en is bedrieg? Of wie het Hom aangeroep, en het Hy Homself vir hom verberg?
11. Want barmhartig en vol Medelye is JaHWeH en Een wat wetsverbreking vergewe en wat red in die tyd van benoudheid.
12. Wee die wankelmoediges en diegene met slap hande en die wettelose wat op dubbele weë gaan.
13. Wee die weekhartige, want hy sal nie glo nie, daarom sal hy nie beskut word nie.
14. Wee julle wat die hoop vernietig het, want wat sal julle doen as JaHWeH [julle] besoek?
15. Hulle wat JaHWeH vrees, sal Sy woorde nie ongehoorsaam wees nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Sy Weë bewaar.
16. Hulle wat JaHWeH vrees sal Sy welbehae soek, en hulle wat Hom liefhet, sal met die Wet vervul wees.
17. Hulle wat JaHWeH vrees, sal hulle hart voorberei en voor Hom sal hulle hulself verootmoedig.
18. Laat Ons tog val in die Hand van JaHWeH en nie in die hand van die mens nie. Want soos Sy grootheid, so is ook Sy Guns, en soos Sy Naam, so is Sy dade.
Monday, September 27, 2010
“NOOD NOMMERS”
Nood Nommers kan direk geskakel word.
Geen operateurs hulp word benodig nie.
NOOD TELEFOON NOMMERS:
Wanneer jy vertroosting soek, . . . . .
Bel --- Joh. 14
Wanneer mense jou in die steek laat, . . . . .
Bel --- Psalm 27
Indien jy oorvloediglik vrug wil dra, . . . . .
Bel --- Joh. 15
Wanneer jy gesondig het, . . . . .
Bel --- Psalm 51
Wanneer jy bekommerd is, . . . . .
Bel --- Mat 6: 19 – 34
Wanneer jy in gevaar is, . . . . .
Bel --- Psalm 91
Wanner dit voel of YaHWeH vêr van jou is, . . . . .
Bel --- Psalm 139
Wanneer ons geloofs oë bietjie blind is, . . . . .
Bel --- Heb. 11
Wanneer jy alleen en beangs is, . . . . .
Bel --- Psalm 23
Wanneer jy verbitterd en sinies is, . . . . .
Bel --- 1 Kor. 13
Vir Paulus se geheim om gelukkig te wees, . . . . .
Bel --- Kol 3: 12 – 17
Om ware geloof te verstaan, . . . . .
Bel --- 2 Kor. 5: 15 – 19
Wanneer jy voel dat almal teen jou is, . . . . .
Bel --- Rom 8: 31
Wanneer jy rus en vrede soek, . . . . .
Bel --- Mat 11: 25 – 30
Wanneer dit voel of die wêreld in beheer is, . . . . .
Bel --- Psalm 90
Wanneer jy voel dat die vlees oor jou heers, . . . . .
Bel --- Rom 8: 1 – 30
Wanneer jy die huis verlaat om te gaan werk of te reis, . . . . .
Bel --- Psalm 121
Wanneer jy voel dat jou gebede beperk en selfsugtig is, . . . . .
Bel --- Psalm 67
Vir ’n gulde geleentheid, . . . . .
Bel --- Jes. 55
Wanneer jy bemoediging soek vir ’n taak, . . . . .
Bel --- Josh 1
Hoe om met jou medemens klaar te kom, . . . . .
Bel --- Rom 12
Wanneer jy dink aan beleggings en opbrengs, . . . . .
Bel --- Mark 10
Wanneer jy depressief is, . . . . .
Bel --- Psalm 27
Wanneer dit lyk of alles net reg loop vir die goddelose, . . . . .
Bel --- Psalm 37
Wanneer mense onvriendelik is, . . . . .
Bel --- Joh. 15
Wanneer jy vind dat die wêreld klein word en jy groot, . . . . .
Bel --- Psalm 19
ALTERNATIEWE NOMMERS
Om vrees te hanteer, . . . . .
Bel --- Psalm 34: 7
Vir sekuriteit, . . . . .
Bel --- Psalm 121: 3
Vir versekering, . . . . .
Bel --- Mark 8: 35
Vir hulp, . . . . .
Bel --- Psalm 145: 19
Alle lyne is oop 24 uur, sewe dae van die week.
Voed jou geloof en twyfel sal sterf van honger.
Subscribe to:
Posts (Atom)