Friday, April 4, 2008

DIE AFSPRAAK


Na 21 jaar van getroude lewe, versoek my vrou my om ’n ander vrou uit te neem vir ete
en ’n fliek. Sy sê sy is lief vir my maar sy weet van hierdie ander vrou wat my lief het
en baie graag tyd saam met my wil spandeer.

Die ander vrou was my moeder, weduwee van 19 jaar. Die eise van my werk en kinders
het slegs toegelaat dat ek haar per geleentheid kon besoek.

Daardie aand het ek haar gekontak en uitgenooi vir ’n ete en ’n fliek. “Wat is fout, is
als reg?” het sy gevra. Sy is die tipe vrou wat onraad vermoed met ’n laataand oproep
en ’n verrassings uitnodiging sien as ’n teken van slegte nuus. “Ek het maar net gedink
dit sal lekker wees om saam met jou tyd te spandeer, net die twee van ons.” stel ek
haar gerus. Sy het vir ’n oomblik daaroor nagedink en toe geantwoord: “Dit sal baie
lekker wees, dankie.”

Vrydag, na werk, ry ek oor om haar te gaan optel. Ek was ’n bietjie angstig. Toe ek by
haar huis stop, sien ek dat sy ook angstig voorkom. Sy wag in die voordeur met haar
jas aan. Sy het haar hare gekrul en het ’n rokkie aangehad wat sy met haar laaste
huweliksherdenking gedra het. Sy het geglimlag en op haar gesig het ’n glans geskyn
soos die van ’n engel.

“Ek het my vriendinne vertel ek gaan saam met my seun uit op ’n afspraak, en hulle was
baie beïndruk met my.” sê sy toe sy in my kar klim, “Hulle kan nie wag om alles van ons
afspraak te hoor nie.”

Ons het by die restaurant ingestap wat, alhoewel nie eksklusief nie, tog warm en
gesellig was. My moeder het by my arm ingehaak asof sy die koningin is. Nadat ons
gaan sit het moes ek die spyskaart vir haar uitlees. Groot druk. Halfpad deur die
name van die disse, kyk ek op en sien hoe sy met ’n nostalgiese glimlag na my staar.
“Ek onthou toe ek altyd vir jou die spyskaart moes lees toe jy klein was.” sê sy. “Maar
dan is dit goed dat moeder kan ontspan en ek ’n guns kan bewys” antwoord ek haar.

Gedurende ete het ons ’n aangename geselskap gevoer, niks buitengewoon nie, sommer
net opgevang met onlangse gebeure in mekaar se lewens. Ons het egter so lekker
gesels dat ons die fliek gemis het.

Toe ons tuis arriver sê sy: “Ek sal weer saam met jou uitgaan, maar slegs as jy my sal
toelaat om jou hierdie keer uit te nooi.” Ek het ingestem.

“Hoe was jou afspraak?” vra my vrou toe ek by die huis kom. “Baie lekker, meer as
wat ek dink het” antwoord ek haar.

’n Paar dae later het my moeder aan ’n massiewe hartaanval gesterf. Dit het so skielik
gebeur dat ek nie eens kans gehad het om vir haar enige iets te kon doen nie. ’n Paar
weke later, ontvang ek ’n koevert deur die pos met ’n afskrif van ’n restaurant
betalingsbewys van dieselfde plek waar ek en my moeder geëet het. Aangeheg is ’n
nota wat lees: “Ek het hierdie rekening vooruit betaal. Ek was nie seker of ek hier sou
wees nie. Nietemin, ek het vir twee persone betaal – vir jou en jou vrou. Jy sal nooit
weet hoeveel daardie aand vir my beteken het nie. Ek is lief vir jou my seun.”

Op daardie oomblik het ek die belangrikheid daarvan verstaan om te sê: “EK IS LIEF
VIR JOU”, terwyl ons nog kan.

(Onbekend)

No comments: