Monday, November 16, 2015

Tien Lewens Lesse om elke dag uit te Leef









 1) 'n Gebed is nie soos 'n "SPAARWIEL" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "STUURWIEL" wat jou deur jou lewe lei en jou stuur op die regte pad..

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n Klein TRUSPIEËLTJIE? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So Kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, Maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit SLEG gaan, moenie bekommer nie want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is soos DIAMANTE ! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om in te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan in Sy genade en sê, "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir ‘n man, "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Die man antwoord, "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

Thursday, October 29, 2015

Hoe Sterk is jou Toue ?



Die man stap verby ‘n trop olifante wat vasgebind staan. Hy stop skielik en is verbaas dat hierdie enorme diere deur so ‘n dun tou aan die voorpoot vasgehou kan word. Geen kettings, geen hokke, behalwe die dun tou aan die voorpoot en ‘n pen in die grond.
Dit was duidelik dat die olifante, indien hulle wou, maklik kon losbreek van die tou wat hul vashou, maar vir een of ander duistere rede, het hulle nie losgebreek nie.

Hy sien daar naby een van die afrigters van die olifante staan en vra hom hoekom die olifante net daar staan en nie ‘n poging aanwend om los te breek van die toue nie.
“Wel” sê die afrigter, “ terwyl hulle nog baie jonk en heelwat kleiner was het ons presies dieselfde dikte tou gebruik as nou, dit was voldoende om hulle so vas te hou dat hulle nie kon losbreek nie. Soos wat hul groter geword het was hulle so gekondisioneer dat hulle steeds glo hulle kan nie losbreek nie. Hulle glo die tou kan hulle steeds vashou en daarom probeer hulle nie eens meer om los te breek nie.”

Die man was verstom. Hierdie diere kan enige oomblik loskom van die bande wat hulle vashou, maar omdat hulle glo hulle kan nie, is hulle presies waar hulle nou is.

Soos die olifante, hoeveel van ons gaan deur die lewe en glo ons kan nie iets doen nie, slegs omdat ons eenkeer onsuksesvol was toe ons dit probeer het?
Soms het die toue vir ons ‘n verskoning geword sodat ons nie weer hoef te probeer nie en ons skuil agter die verskoning van die toue om onsself nie bloot te stel aan moontlike mislukking nie.

Les: Mislukking is deel van leer. Jy misluk nie omdat jy bestem is om te misluk nie, maar daar is lesse wat jy nodig het om te leer om aan te gaan in die lewe.

SUKSES IS DALK NET EEN MISLUKKING VER. MAAR JY SAL NIE WEET AS JY NIE PROBEER NIE.

Friday, January 9, 2015

Gelykenis van die Twee Knegte





Lank gelede was daar ‘n man wat twee knegte in opleiding gehad het. Op ‘n dag het ‘n rusie tussen die twee ontstaan oor wie was die grootste in die aangesig van hul meester. Hulle gaan na die meester van die huis en vra hom, “My heer, wie van ons twee is die grootste in aansien voor u?”

Die meester van die huis antwoord, “Ek sal dat julle dit vir julself ontdek. Ek sal elkeen van julle ‘n vraag vrae wat julle eerlik en opreg moet beantwoord.”

Die twee knegte staan voor hul meester en hy begin om hulle te ondervra. Aan die eerste kneg vra hy, “Wat doen jy vir my?”

“Meneer, ek werk die hele dag lank in die landerye om graan aan te plant sodat u silo’s gevul kan word met die koring van die oes,” antwoord die eerste kneg. “Dan, in die aand gaan ek die hele huis deur, vul al die lampe met olie en steek hul aan die brand sodat my heer lig het om te sien. Vir dit betaal u my ‘n loon, maar ek hoop dat ek eendag my vryheid sal kan verdien.”

Die meester knik sy kop. Hy draai na die tweede kneg in opleiding an vra, “En wat doen jy vir my?”

“Meneer,” antwoord hy, “Ek is ‘n geleerde man. Ek is goed oorleg in literatuur, musiek, wiskunde en wetenskap. Ek leer u kinders alles wat ek weet sodat hulle eendag u huis kan verlaat en sukses sal behaal in die wêreld daar buite. En wanneer hulle dit wel bereik, hoop ek dat u aan my, my vryheid sal skenk. Intussen betaal u my wel ‘n loon vir dit wat ek doen.”

Weereens knik die meester met sy kop. Hy draai hom na een van sy geringste slawe wat daar naby gestaan het, en vra, “En wat doen jy vir my?”

“U weet dat ek u liefhet, my heer, en my enigste begeerte is om te doen wat u ookal van my verlang,” antwoord die slaaf sonder huiwering. “U het my gekoop en ek weet dat ek ‘n slaaf sal wees vir die res van my lewe, daarom verdien ek nie ‘n loon nie. Maar u is goed en genadig teenoor my, en slaan my nie soos van die ander meesters hul slawe slaan nie. U is wys en regverdig en goed daarom dat ek lief is vir u.”

Die meester van die huis glimlag. “Dan is jy die grootste in aansien van al my knegte en slawe en ek sal jou ‘n vry man maak.”

Toe die ander twee knegte dit hoor, was hul geskok gewees. “Hoekom hy?” roep hulle uit. “Ons doen baie meer werk as wat hy doen. Hy wag rond totdat u hom ‘n opdrag gee, maar ons arbei in u landerye sonder opdrag, leer u kinders en steek die lampe aan. Ons werk sonder ophou en behoort daarvoor vergoed te word.”

“Ja,” antwoord die meester van die huis. “Julle werk in my landerye en doen al die ander dinge wat julle sê. Maar hierdie man wil slegs my dien, nie homself nie. Hy wag geduldig totdat ek hom vertel wat ek gedoen wil hê. Sy getrouheid het hom nog nooit in die steek gelaat nie. Hy het nou sy beloning – sy vryheid. Ek sal hom aanstel as opsigter en julle sal sy knegte wees. Vanweë sy getroue diens aan my – al was hy eenmaal slegs ‘n geringe slaaf – hy is werklik die groter een.”

Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Matt 25)