Sunday, November 13, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (8)


Hoofstuk 41 Oor die moeite van die Lewe.

1 GROOT moeite is toebedeel en ‘n swaar juk op die seun van die Adam, vanaf die dag dat hy uit die skoot van sy moeder voortgekom het, tot die dag wanneer hy terugkeer tot die Moeder van al die lewende:
2 Sy gedagtes en angstige hart, hoopvolle verwagting tot die dag van [sy] dood.
3 Van diegene af wat op ‘n verhewe troon sit, tot die een wat geklee is in stof en as;
4 van hom af wat ‘n tulband en voorhoofversiersel dra, tot die een wat ‘n kleed van vel aanhet:
5 [Dit is alles] slegs naywer, angs en skrik, verskrikking van die dood, rusie en getwis! En die tyd wanneer hy op sy bed rus, verander die slaap van die nag sy kennis.
6 ‘n Rukkie, baie gou, ‘n oomblik is hy stil, en dan word hy soos die see tussen die angste uitgewerp. Mislei deur sy eie gesig is hy soos ‘n vlugteling wat vlug vanweë die agtervolger -
7 nou, opgewek, ontwaak hy van sy slaap, en sy vrees is weg.
8 [Daar is] by alle vlees, sowel adamiet as wilde wese, ja, oor die besoedelde sewevoudig van hierdie dinge:
9 pes en bloed, koors en droogte, verwoesting en verbreking, verdruk-king en dood.
10 Vir die besoedeldes is hierdie dinge geskape, en ter wille van hulle het die vloed gekom.
11 Alle dinge van die Aarde sal na die Aarde terugkeer, en wat van bo is na boontoe.
12 Alles, omkopery en onreg, word vernietig, maar ware onderhandeling bly tot in ewigheid.
13 Die rykdom van die onregverdige sal opdroog soos ‘n rivier, en sal verdwyn met ‘n geraas, soos groot onweer in ‘n donderstorm:
14 met sy aanstorming word rotse weggerol - so kom die buit plotseling tot ‘n einde.
15 Die nageslag van die besoedelde sal nie veel takke voortbring nie, maar is besoedelde wortels op die harde rots.
16 Die onkruid aan die oewer van ‘n stroom sal uitgetrek word voor die gras.
17 Maar Suiwerheid sal tot in ewigheid nie beweeg word nie, en Geregtigheid sal vir altyd vas staan.

Oor die vreugde van die lewe.
18 ‘N LEWE van wyn en sterk drank is soet, maar hy wat ‘n skat vind, is beter as albei.
19 ‘n Seun en ‘n stad hou ’n man se naam in herinnering, maar beter as albei is ‘n onberispelike vrou.
20 Wyn en sterk drank verbly die hart, maar die liefde vir Wysheid is beter as albei.
21 Fluit en harp maak die lied soet, maar beter as albei is ‘n suiwere tong.
22 Skoonheid en prag bekoor die oog, maar beter as albei is aalmoese wat red.
23 ‘n Vriend en ‘n metgesel sal hulle by geleentheid gedra, maar beter as albei is ‘n verstandige vrou.
24 ‘n Broer en ‘n helper in ‘n tyd van nood - maar beter as albei is aalmoese wat red.
25 Goud en silwer laat die voet vas staan, maar beter as albei is suiwer raad.
26 Vermoë en krag laat die hart juig, maar beter as albei is die Vrees van JaHWeH. In die Vrees van JaHWeH is daar geen gebrek nie, en daarmee is daar geen behoefte om steun te soek nie.
27 Die Vrees van JaHWeH is soos ‘n Tuin met vrugte en bedek Hom bo alle glorie.

Oor Dood.
28 MY seun, ‘n bedelaarslewe moet jy nie leef nie, dit is beter om te sterwe as om te bedel.
29 ‘n Man wat na die tafel van ‘n verbasterde kyk, sy lewe kan nie gereken word as ‘n lewe nie. ‘n Besoedeling van die siel is sy lekkernye; ‘n wyse, welopgevoede man sal daarop bedag wees.
30 Vir ‘n man met ‘n sterk begeerte is dit soet om te bedel, maar in sy binneste brand dit soos vuur.

Hoofstuk 42

1 A! DOOD, hoe bitter is die herinnering aan jou vir iemand wat vreedsaam [woon] met sy besittings; vir iemand wat geen bekommernisse het nie, en wat in alles voorspoedig is, en wat nog sy voedsel kan geniet.
2 Welkom! Dood, hoe welkom is jou oordeel vir ‘n man van nood en vir een wat geen krag het nie, wat struikel en in alles verstrik raak, wat gebreek is en hoop verloor het.
3 Moenie Dood se vonnis vrees nie, [dit is] jou bestemming, onthou dat die wat voor jou was en die wat na jou kom.
4 Sy is die vonnis van alle vlees vanweë JaHWeH, en hoe kan jy die Wet van die Hoogste El verwerp? [Of jy] vir ‘n duisend jaar, ‘n honderd jaar of tien jaar [lewe], verwyte sal daar in die Doderyk/Sheol nie wees nie.
5 Die saad van oortreders is verwerplik, en ‘n dwase nakomeling is in die woning van die besoedelde.
6 Van die seun van ‘n onregverdige sal die erfdeel weggeneem word en armoede sal voortdurend met sy saadlyn wees.
7 Die kind sal sy besoedelde vader vervloek, want as gevolg van hom word hy [die kind] verwyt.
8 Wee julle, wettelose manne, wat die Wet van die Hoogste El verlaat het.
9 As julle vermeerder, sal dit tot smart wees en as julle kinders voortbring, sal dit wees tot gesug; en as julle sterwe, sal dit wees tot ‘n vervloeking.
10 Alles wat uit die Aarde is, keer tot die Aarde terug; so gaan die besoedelde van vervloeking tot vernietiging.
11 Treur maar oor ‘n adamiet se liggaam, maar die naam van die oortreder sal uitgeroei word.
12 Gee ag op jou naam, want dit vergesel jou meer as duisende skatte van goud.
13 Die suiwer lewe duur ‘n geringe getal dae, maar ‘n suiwer naam duur vir ewig.
14 Luister, o kinders, na die onderrig aangaande skaamte; Verborge wysheid en ‘n begrawe skat, watter nut het hulle albei?
15 Beter is iemand wat sy dwaasheid verberg as iemand wat sy wysheid verberg.
16 Wees dus skaam volgens hierdie woorde. Want nie elke skaamte is gepas om te bewaar nie, en nie elke vorm van skaamte is verkieslik nie.
17 Skaam jou oor ‘n vader en moeder wat vermeng, oor ‘n valse vors en regeerder;
18 oor ‘n leuenagtige regter en regeerder, oor onregverdigheid voor vergadering en volk; oor ‘n onregverdige handeling teenoor metgesel en vriend,
19 en oor diefstal in die plek waar jy vertoef. [Skaam jou] om die Waarheid van Elohim of Sy Verbond te vergeet, en om te leun met elmboë op die tafel; om ‘n geskenk wat gegee is, nie te bedank nie,
20 om stil te wees teenoor hom wat groet; om ‘n hoer aan te staar,
21 om die gesig van jou vriend weg te draai; om ‘n geskenk of porsie van iemand weg te neem, om by ‘n getroude vrou aan te lê en om jouself besig te hou met haar slavin; en om haar bed te nader,
22 om ‘n vriend onvleiende woorde [toe te spreek], en om ‘n geskenk op te volg met ‘n belediging.
23. Dan sal jy weet wat ware skaamte is, en jy sal Guns vind in die oë van die adamiete.

Hoofstuk 43

1 MAAR oor hierdie dinge moet jy nie skaam wees nie en moet nie oortree deur bang te wees wat ander daarvan sal dink nie.
2 oor die Wet van die Hoogste El en die Verbond, en oor regverdigheid om regverdig te handel teenoor die wetsverbreker,
3 om jou rekening te vereffen teenoor ‘n metgesel en mede-reisiger, en oor die verdeling van ‘n erfenis en ‘n besitting;
4 en oor die akkuraatheid van ‘n weegskaal en gewigte, oor groot of klein winste,
5 oor wins uit transaksies, oor die veelvuldige tugtiging van kinders, en oor die slae op die heupe van ‘n slegte dienskneg dat hy bloei.
6 Om ‘n slegte vrou stil te maak, en vir ‘n plek waar baie hande is, ‘n sleutel te hê.
7 Lewer alles af in nommer en gewig, en laat uitgifte en ontvangste almal op skrif wees.
8 [Moenie skaam wees] om ‘n onnosele en ‘n dwaas en die afgeleefde grysaard wat flikvlooi met jonges tereg te wys nie: so sal jy in die Waarheid ingelig wees, en sal die goedkeuring ontvang van die adamiet.

Oor ‘n dogter.
9 ‘N DOGTER is vir ‘n vader ‘n onsekere skat, ‘n angs wat die loomheid verdryf: in haar jeug, dat sy nie hoerery bedryf nie, en in haar maagdelikheid, dat sy nie gehaat word nie;
10 in haar maagdelikheid, dat sy nie verlei word nie, en in die huis van haar eggenoot, dat sy nie ontrou word nie; in die huis van haar vader, dat sy nie vermeng nie; en in die huis van haar man, dat sy nie onvrugbaar is nie.
11 My seun, rig ‘n wag op oor jou jonge dogter, dat sy vir jou nie ‘n naam maak wat stinkend is nie; ‘n spreekwoord van die stad en ‘n vloek deur die volk, en jou tot skande maak onder die vergadering in die poort nie. In die plek waar sy bly, moet jy geen tralievenster laat wees, of ‘n plek wat uitkyk oor die ingang rondom nie.
12 Aan enige man moet sy nie haar skoonheid wys nie, en in die huis van vroue moet sy nie gesels nie.
13 Want uit die kleed kom die mot voort en uit ‘n vrou die besoedeling van ‘n vrou.
14 Die lompheid van ‘n man is beter as die hoflikheid van ‘n vrou wat skande berei.

Die grootheid van Elohim en Sy wonderdade in die skepping.
15 EK wil tog in herinnering bring die werke van JaHWeH, en dit wat Ek gesien het, wil Ek vertel. Deur die Woord van JaHWeH is SY werke geformeer, en hy wat SY welbehae doen, het HY aangeneem.
16 Die son straal uit oor al wat geopenbaar is, en die Glansrykheid van JaHWeH oor al SY werke.
17 Die apartes van JaHWeH is nie in staat om die wonderbare werke van JaHWeH te vertel nie; [alhoewel] JaHWeH, die Almagtige, Sy leërskare versterk om vas te staan voor Sy Glansrykheid.
18 Die diepte en die hart ondersoek Hy, en Hy deurskou al hulle geheimenisse: want JaHWeH besit alle Kennis en Hy sien die tekens [wat kom] tot in ewigheid.
19 Hy verklaar vergange dinge, toekomstige dinge en openbaar die diepste verborgenhede.
20 Geen insig ontbreek Hom nie, en niks ontgaan Hom nie.
21 Die mag van Sy Wysheid is gevestig, Hy is dieselfde van ewigheid af: niks is toegevoeg en niks is weggeneem nie, en Hy het niemand nodig om [Hom] in te lig nie.
22 Al Sy werke is begeerlik en is soos vonke om te aanskou.
23 Die werke lewe en bly vir altyd, en alles is gehoorsaam.
24 Hulle almal is verskillend, die een van die ander, en Hy het nie een van hulle verniet gemaak nie.
25 Die een deel aan die ander Sy suiwer dinge mee, en wie kan versadig word om die skoonheid te aanskou?

Hoofstuk 44

1 DIE skoonheid van die Hemele is die helder uitspansel, die Hemele self straal Sy Glansrykheid uit.
2 Die son straal hitte uit terwyl hy te voorskyn kom - hoe ontsagwekkend is die werke van JaHWeH!
3 Wanneer hy die middaguur bereik, laat hy die wêreld kook. Voor sy skroeiende hitte, wie kan homself handhaaf?
4 Soos ‘n brandende oond wat die gietsel warm hou, so steek die straal van die son berge aan die brand: ‘n tong van Vuur beëindig die bewoonde [wêreld], en deur Sy Vuur word die oog verbrand.
5 Want groot is JaHWeH wat hom gemaak het, en SY Woord bestier hom.
6 En ook, die maan om te dien in die seisoene as verklaring van tye en as Teken vir die wêreld:
7 deur hulle [word] die Feeste en die vasgestelde tye [bepaal], en die welbehae van die Maker gedurende sy kringloop.
8 Die maand se naam word afgelei van die maan, hoe wonderbaar is sy gedurende haar verandering! ‘n Instrument van die skeppingsleërmagte en ‘n voorwerp van die Hemele wat die uitspansel in vlamme stel vanweë haar glans.
9 Die skoonheid van die Hemele is die glansrykheid van die Sterre en hul lig wat glans tot in die hoogtes van JaHWeH.
10 Volgens die Woord van JaHWeH neem hulle hul verordende plek in, en buig nie neer [in die slaap] gedurende hul nagwake nie.
11 Kyk na die reënboog en loof haar Maker, want sy is buitengewoon skoon in glansrykheid:
12 ‘n kring omring haar in Glansrykheid, en die Hand van Elohim het haar in trotsheid uitgesprei.
13 Sy mat merk [die baan van] die weerlig en bestier die sneeu van sy oordeel.
14 Daarom het Hy ‘n skathuis geskape en laat Hy die wolke vlieg soos ‘n voël.
15 Deur Sy groot Krag maak Hy die wolk sterk, en word die haelstene gebreek.
17 Die geluid van Sy donder laat Sy Aarde in barensnood verkeer,
16 en deur Sy Krag skud Hy die berge. Die vrees vir Hom jaag die suidewind op, die stormwind van die Noorde, die orkaan; en die storm; soos voëls strooi Hy Sy sneeu uit, en soos sprinkane wat sit, is die val daarvan.
18 Die blanke skoonheid [daarvan] verblind die oë, en vanweë sy reën verbaas die hart [hom].
19 En ook die ryp giet Hy uit soos sout, en Hy laat die blomme blom soos saffier.
20 Die koue wind/Gees van die Noorde laat Hy waai, en soos ‘n velsak laat Hy Sy Fontein bevries. Oor elke poel water laat Hy ‘n yskors vorm, en soos ‘n pantser beklee Hy die dam.
21 Die opbrengs van die berge laat Hy brand soos ‘n droogte, en die uitspruitende veld soos ‘n vlam.
22 ‘n Genesing vir alles is die gedrup van die Dou, van die wolke wat neerdaal om verkwikking te bring na die hitte.
23 Deur Sy oorleg het Hy die groot Afgrond laat wegsink, en in die see het Hy eilande geplant.
24 Hulle wat seil op die see, vertel van sy grense, en wanneer Ons ore dit hoor, is Ons verbaas.
25 In hom is wonderlike dinge, die wonders van Sy werk, alle soorte lewende wesens en die groot magte.
26 Vanweë HOM gaan die werk vooruit, en deur SY Woord bestaan alles.
27 Meer as hierdie dinge sal Ons nie toevoeg nie, en die einde van die saak is: HY is alles.
28 Ons sal [Hom] verder groot maak, want Ons kan nie deurgrond nie, want HY is groter as al SY werke.
29 Uitermate ontsagwekkend is JaHWeH, en wonderbaar is SY Krag.
30 Julle wat JaHWeH groot maak, hef op die stem soveel as julle kan, want daar is nog meer! Julle wat [Hom] verhef, vernuwe die krag en moenie moeg word nie, want julle kan HOM nooit deurgrond nie.
31 Wie het Hom gesien dat hy [dit] kan vertel? En wie kan Hom groot gemaak het ooreenkomstig wat Hy is?
32 Die getal van die verborge dinge is groter as hierdie, Ek het maar min van Sy werke gesien.
33 Alle dinge het JaHWeH gemaak en aan die regverdiges het Hy Wysheid gegee.

Hoofstuk 45 Die lof van die vaders van ouds.

1 LAAT Ek nou die lof van roemryke manne verkondig, van Ons vaders in hulle geslagte.
2 Groot Eer het die Hoogste El [aan hulle] toebedeel, en hulle was groot van die dae van ouds af:
3 heersers van die Aarde in hulle koninkryke, en manne van naam in hulle krag; raadgewers in hulle verstandigheid, en mense wat alles gesien het in hulle profesie;
4 vorste van nasies in hulle beleid, en leiers op grond van hulle navorsing; vaardige betogers in hulle geskrifte, en spreukdigters in hulle bewaring van die tradisie:
5 digters van psalms volgens die voorskrif, en die outeurs van spreuke in geskrif;
6 manne van mag en onwankelbaar in sterkte wat rustig woon in hulle plek:
7 al hierdie [manne] het in hulle geslag en in hulle dae hulle eer [ontvang].
8 Sommige van hulle het ‘n naam nagelaat om rond te vertel in hulle erfdeel;
9 maar vir sommige van hulle was daar geen gedagtenis nie, en hulle het opgehou om te wees toe hulle opgehou het; hulle was asof hulle nie was nie, en hulle kinders na hulle.
10 Nogtans was hierdie manne van vroomheid, en hulle verwagting sal nie ophou nie;
11 by hulle saadlyn sal hulle voorspoed bestendig wees, en hulle erfdeel vir hulle kleinkinders.
12 In die Verbond sal hulle saadlyn vas staan, en hulle kinders ter wille van hulle;
13 vir ewig sal hulle gedagtenis voortbestaan, en hulle geregtigheid sal nie uitgewis word nie;
14 hulle liggame word in Vrede versamel, maar hulle naam leef voort van geslag tot geslag.
15 Hulle wysheid word deur die gemeente verhaal, en hulle lof word deur die vergadering vertel.

Henog en Noag.
16 HENOG het met JaHWeH gewandel en is geneem as Teken van Kennis van geslag tot geslag.
17 Noag, die regverdige, is raseg bevind, vir die tyd van vernietiging was hy ‘n plaasvervanger; ter wille van hom was daar ‘n oorblyfsel, en vanweë die Verbond met hom het die vloed opgehou. [Génesis 6:9]
18 As ewige Teken is sy aan hom opgerig om alle vlees [nie weer] te vernietig nie.

Die aartsvaders.
19 ABRAHAM, die vader van ‘n menigte nasies, het op sy eer nie ‘n klad geplaas nie;
20 [hy] het die Gebod van die Hoogste El gehou en ‘n Verbond [besnydenisverbond] met Hom aangegaan: In sy vlees het Hy ‘n Insetting vir hom gemaak, en in beproewing is hy getrou bevind.
21 Daarom het HY aan hom met ‘n eed [die Belofte] bevestig om nasies in sy saadlyn te seën; om sy saad te vermeerder soos die sand van die see, en om hom uitermate te verhoog oor al die nasies; om hulle [sy saadlyn] te laat erwe van see tot see en van die Rivier tot aan die eindes van die Aarde.
22 En ook vir Isak het Hy net so bestendig ter wille van Abraham sy vader; die Verbond van al die voorgangers het Hy hom gegee,
23 en die seën het op die hoof van JisraEl [Jakob] gerus; en Hy het hom bevestig in die seën en sy erfdeel aan hom gegee; en Hy het hom gestel tot stamme [naamlik] om te verdeel in twaalf.

Moshè.
EN Hy het uit hom iemand laat voortkom wat guns in die oë van al wat lewe gevind het.

Monday, November 7, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (7)


Hoofstuk 36

1 HY wat die Wet hou, vermenigvuldig die aanbiedinge,
2 hy wat die Gebod bewaar bring ‘n Vrede-aanbieding.
3 Hy wat goedheid vergoed, is een wat fynmeel aanbied,
4 en hy wat wetsgehoorsaam is, is een wat dank aanbied.
5 Dit is JaHWeH welgevallig as iemand afwyk van die kwaad, en [Hy skenk] vergiffenis as iemand onreg vermy.
6 Moenie voor die Aangesig van JaHWeH met leë hande verskyn nie,
7 want al hierdie dinge is deur die Gebod.
8 ‘n Aanbieding van Geregtigheid maak die altaar vet, en sy aangename reuk is voor die Aangesig van JaHWeH.
9 Die spysbydrae van ‘n regverdige man is welgevallig, en sy gedagtenis sal nie vergeet word nie.
10 Loof en prys JaHWeH met ‘n suiwer oog en moenie die aanbieding van jou hand verminder nie.
11 Laat die gesig in al jou werke straal en wy die tiende met Vreugde.
12 Gee aan Hom soos Sy geskenk is vir jou, met ‘n suiwer oog en volgens wat jou hand verwerf het.
13 Want JaHWeH vergoed en sewevoudig gee Hy aan jou terug.
14 Moenie [probeer] omkoop nie, want Hy sal dit nie aanneem nie,
15 en moenie vertrou op ‘n slagdier van verdrukking nie, want JaHWeH is Regter, en daar is by Hom geen partydigheid nie.
16 Hy betoon geen partydigheid teenoor die arme nie, en die smeekbedes van die verdrukte hoor Hy.
17 Hy verontagsaam nie die geroep van die wese of van die weduwee wanneer sy die klag vermenigvuldig nie.
18 Kruip ‘n traan nie oor die wang,
19 en ‘n gesug teen hom wat haar verneder nie?
20 ‘n Bittere begeerte is sodanige gesug, en sodanige geroep buig die wolke.
21 Die noodgeroep van die arme trek deur die Wolkkolom en rus nie totdat dit [die doel] bereik het nie. Dit sal nie verdwyn totdat Elohim besoeking gedoen het
22 en totdat die regverdige Regter Reg gedoen het nie. Ja, Elohim sal nie vertoef nie, en soos ‘n dappere sal Hy Homself nie bedwing totdat hy die lendene van die wreedaard verpletter,
23 en aan die nasies wraak vergeld het nie; totdat Hy die septer van trotsheid verwyder en die staf van ongeregtigheid volkome afgesny het nie;
24 totdat Hy aan die mens sy daad vergeld en die mens ooreenkomstig Sy oogmerk vergeld het nie;
25 totdat Hy die twissaak van Sy volk gevoer, en hulle blydskap in Sy Verlossing is nie.
26 Goed is Sy Guns in ‘n tyd van verdrukking, soos ‘n reënwolk in ‘n tyd van droogte.

Hoofstuk 37 Gebed vir die Verlossing van JisraEl

1 WEES barmhartig op Ons, O JaHWeH, Ons Elohey en aanskou Ons,
2 en stel U skrik op al die nasies;
3 swaai [U hand] oor die vermengde volk dat hulle U Sterkte mag sien;
4 soos U Uself voor hulle oë onder Ons verhoog het, verglans Uself so voor Ons oë onder Ons,
5 dat hulle mag weet, soos Ons weet, dat daar geen Elohim is behalwe U nie.
6 Vernuwe die tekens en herhaal die wonders, verglans die Hand en versterk die Arm en die Regterhand.
7 Wek die Toorn op, giet uit U Woede, en verneder die verdrukker en werp die vyand uit.
8 Verhaas die einde en bepaal die tyd, want wie sal aan U sê: Wat maak U?
9 Mag die wat ontsnap, in vuurgloed verteer word, en mag hulle wat U volk kwel, ondergang vind.
10 Vernietig die hoof: die slape van Moab, van hom wat sê: Daar is niemand behalwe ek nie!
11 Vergader al die stamme van Jakob dat hulle hul Erfdeel mag ontvang soos in die dae van ouds.
12 O JaHWeH, ontferm U oor die volk wat met U Naam genoem word, oor JisraEl, hulle wat U as eersgeborene genoem het. [JeHôWganan 3:18]
13 Ontferm U oor U Stad van Apartheid, Jerusalem, die plek van U verblyf.
14 Vervul Sion met Majesteit en U Tempel met U Glansrykheid.
15 Gee getuienis aangaande die eerste van U werke en bevestig die gesig wat in U Naam gespreek is.
16 Gee beloning aan hulle wat op U hoop dat U Profete hulleself trou mag betoon.
17 O JaHWeH, U sal die gebed van U knegte hoor, ooreenkomstig U welgevalle oor U volk: dat al die eindes van die Aarde mag weet dat U JaHWeH, die ewige El is. [Génesis 21:33]
Onderskeiding tussen goed en kwaad.
18 ALLE voedsel eet die keel, tog is daar voedsel wat lekkerder is as ander voedsel.
19 Die verhemelte proe die lekkernye wat gegee word, en die verstandige hart die lekkernye van valsheid.
20 ‘n Arglistige hart veroorsaak smart, maar ‘n man van ondervinding weer dit van hom af.
21 ‘n Vrou sal elke man ontvang, tog is die een vrou aanvalliger as die ander.
22 Die skoonheid van ‘n vrou verhelder die aangesig en dit oortref elke begeerlike ding wat die oog sien.
23 En as sy ook nog ‘n strelende tong het, is haar man nie meer geseënd as ander seuns van die Adam nie?
24 Verkry ‘n vrou as die voortreflikste besitting, ‘n hulp en ‘n vesting en ‘n steunpilaar!
25 Sonder ‘n heining word die Wingerd deur brand verwoes, en sonder ‘n vrou [is ‘n man] ‘n swerwer en ‘n doellose.
26 Wie vertrou op ‘n gewapende bende wat van die een stad na die ander snel? So is die man wat geen nes het nie, wat rus net waar dit aand word.

Hoofstuk 38

1 ELKE vriend sê: “Ek het lief” maar daar is ‘n vriend wat slegs ‘n vriend in naam is.
2 Is daar nie ‘n droefheid wat naby aan Dood kom nie? - ‘n boesemvriend wat in ‘n vyand verander het.
3 Wee die slegte man wat sê: “Waarom is ek so geformeer?” om die aangesig van die wêreld met bedrog te vervul.
4 Besoedel is die vriend wat [iemand se] tafel aanskou, [maar] in die tyd van nood opsy staan.
5 ‘n Suiwer vriend stry met die vyand, en teen die teëstanders hou hy die skild.
6 Moenie ‘n metgesel in die stryd vergeet nie en moet hom nie verlaat as jy buit maak nie,
7 Elke raadgewer wuif die hand, tog is daar ‘n raadgewer [wat] die weg na spot [aanwys].
8 Bewaar jouself van ‘n raadgewer en weet vooraf wat sy behoefte is; want ook hy sal homself raadpleeg: Waarom sal dit na hom toe val?
9 En hy sal vir jou sê: Hoe goed is jou saak! Dan sal hy opsy staan om jou armoede te aanskou.
10 Moenie raad inwin by hulle wat teenoor jou staan nie, en verberg jou raad van hom wat naywerig is.
11 Met ‘n vrou oor haar mededingster, en van ‘n stryder oor sy oorlog, met ‘n handelaar oor besigheid, en met ‘n koper oor verkoop; met ‘n slegte man oor liefdadigheid, en ‘n wreedaard oor die welvaart van die skepsel; [met] die swak werker oor sy werk, die onbetroubare wagter oor die uitlewering van die kwade; met die lui dienskneg oor baie werk - moenie op hierdie mense vir enige raad vertrou nie;
12 maar eerder op dié van iemand wat voortdurend vrees, van wie jy weet dat hy die Gebod hou; wie se hart soos jou hart is, wat as jy struikel, hom na jou toe uitstrek.
13 En neem ook kennis van die raad van [jou eie] hart, want jy het niemand wat trouer aan jouself is as sy nie.
14 Die verstand van ‘n adamiet wil aan hom meer bekend maak as sewe wagters op die wagpos.
15 Maar met al hierdie dinge, bid tot JaHWeH dat Hy jou voetstap in die Waarheid mag vasmaak.

Ware en valse wysheid.
16 BEREDENEER die begin van elke daad, en hou raad voor elke aksie.
17 Selfbeheersing verander die planne van die hart en
18 vier takke spruit uit: goed en kwaad en lewe en dood; maar die tong heers volkome oor hulle.
19 Daar is ‘n wyse man wat vir baie wys is, maar vir homself is hy ‘n dwaas.
20 En daar is ‘n wyse wat vanweë sy woord verwerp word en wat van alle genietinge afgesny word.
21 Om guns te wen is nie deur JaHWeH aan hom gegee nie, en hy ontneem homself alle eer.
22 En daar is ‘n wyse wat vir homself wys is, die vrug van sy kennis is in sy mond.
23 En daar is ‘n wyse wat wys is vir sy volk, die vrug van sy kennis is in hulle mond.
25 Die lewe van ‘n man is ‘n getal dae, maar die lewe van Jesurun [JisraEl] is ontelbare dae.
24 Hy wat wys is vir homself, sal hom met genietinge versadig, en almal wat hom sien, sal hom geseënd ag.
26 Hy wat wys is vir sy volk, verkry eer, en sy naam bly tot in die Ewige Lewe.

Oor siekte en die geneesheer.
27 MY seun, in jou lewe beproef jou gestel, en sien toe dat jy wat vir hom sleg is, nie vir hom gee nie.
28 Want nie alles is vir almal goed nie, nie elke gestel maak ‘n keuse van elke voedsel nie.
29 Moenie jouself aan elke plesier gee nie, en moenie jouself stort op alle lekkernye nie;
30 want in die veelheid van plesier skuil siekte, en die buitensporigheid lei tot walging.
31 Deur gebrek aan bestraffing het baie gesterf en bedwelmd geraak, maar hy wat homself oppas, verleng die lewe.

Hoofstuk 39 Oor die geneesheer.

1 BEHANDEL die geneesheer vriendskaplik ter wille van die behoefte aan hom, ook hom het JaHWeH verorden.
2 Van Elohim verkry die geneesheer Wysheid, en van die koning ontvang hy geskenke.
3 Die kennis van die geneesheer verhef sy hoof, en voor edeles stel hy homself.
4 JaHWeH het uit die Aarde medisyne laat voortkom, en laat ‘n man met onderskeidingsvermoë hulle nie verwerp nie.
5 Is die water nie deur hout soet gemaak nie, sodat Hy Sy Almag aan die adamiet kon bekend maak?
6 En Hy het aan die adamiet Insig gegee om hom te verlustig in Sy Almag.
7 Daardeur laat die geneesheer die pyn bedaar,
8 en so berei die apteker ‘n mengsel voor: dat sy werk nie mag ophou nie, en ook nie sy oorvloed onder die seuns van die Adam nie.
9 My seun, in [die tyd van] siekte moet jy nie nalatig wees nie, bid tot JaHWeH, want Hy kan genees.
10 Vlug van die oortreding en was jou hande; en was jou hart van alle ongeregtigheid.
11 Bring ‘n welriekende geur en berei ‘n vetbereiding volgens die uiterste van jou vermoë.
12 En gee ook aan die geneesheer ‘n plek en verwyder hom nie, want ook aan hom is behoefte.
13 Want daar is ‘n tyd wanneer suksesvolle hulp in sy hand is,
14 want ook hy bid tot JaHWeH dat Hy sy diagnose suksesvol sal maak, en die behandeling ter wille van die lewensbehoud.
15 Hy wat die Wet oortree voor sy Maker, laat hy kom onder die hand van die geneesheer.

Oor die rou.
16 MY seun, laat trane vloei oor die dode, betoon jou droefheid en kerm ‘n klaaglied uit. Ooreenkomstig sy Reg, begrawe sy liggaam, en moenie jouself verberg by sy afsterwe nie.
17 Wees bitter [bedroef], My seun, en laat die geklaag volkome wees, en bedryf rou oor hom soos dit hom pas: ‘n dag of twee ter wille van skinderpraatjies, en troos jouself ter wille van jou smart.
18 Uit smart kom ‘n ramp voort, so bou ‘n bedroefde hart die smart.
19 Wanneer dit verbygaan, gaan die smart ook verby, en ‘n ongelukkige lewe is die vervloeking van ‘n hart.
20 Moenie die hart weer tot hom laat terugkeer nie, verwyder die gedagtenis aan hom en dink aan die einde.
22 Dink aan Sy Verordening, want sy is jou Verordening, vir hom gister, maar vir jou vandag.
21 Moenie hom onthou nie, want daar is vir hom geen hoop nie, hoe sal jy hom bevoordeel, terwyl jy jouself benadeel?
23 As die dode rus, dan rus sy nagedagtenis, en troos jouself by die uitgaan van sy siel.

Die waarde van die Skrifgeleerde bo dié van die handwerker.
24 DIE wysheid van die skrywer vermeerder wysheid, en hy wat min besigheid het, kan homself wys maak.
25 Hoe kan hy wys word wat die ossestok hou en hom verlustig in die hantering van die spies, wat beeste lei en osse laat terugkeer, en wie se verkeer met osse is?
26 En sy sorg is om die stal te voltooi, en hy is gretig om die vore te oes.
27 Ook die maker van gravering en van ontwerpe, wat die nag soos die dag deurbring; wat seëlgraverings ingraveer, en wie se kuns dit is om ‘n verskeidenheid ontwerpe te maak; hy is gretig om die gelykenis getrou uit te voer, en sy sorg is om die werk te voltooi.
28 Ook die smid wat by die smeltoond sit en wat die ystervaatwerk waarneem: die vlam van die vuur laat sy vleis bars, en in die hitte van die oond brand hy; na die geluid van die hamer neig hy sy oor en op die vorm van die vaatwerk rig hy sy oë. Hy is gretig om sy werk te voltooi, en sy sorg is om dit presies af te meet.
29 Ook die pottebakker wat by sy werk sit en wat die wiel laat omgaan met sy voete, wat voortdurend in angs is oor sy werk, en volgens getal is alles wat hy doen;
30 hy het pyn in sy arm vanweë die klei, en voor sy voete buig sy krag; hy is gretig om die glasuur te voltooi, en sy sorg is oor die hitte van die smeltoond.
31 Al hierdie [mense] is vaardig met hulle hande, en elkeen is wys met sy handewerk.
32 Sonder hulle kan ‘n stad nie bewoon word nie, en waar hulle ook as vreemdelinge vertoef, sal hulle nie honger kry nie.
33 Maar vir openbare advies sal hulle nie gesoek word nie, en in die vergadering sal hulle geen besondere posisie beklee nie. Op die stoel van die regter sal hulle nie sit nie, en insetting en Reg sal hulle nie onderskei nie. Hulle verklaar nie die onderrig van die Wysheid en verstaan nie die spreuke van die wyses nie.
34 Maar die werk van die wêreld verstaan hulle, en hul aandag is by die praktyk van hul ambag.

Hoofstuk 40

1 HIERTEENOOR staan hy wat homself gee aan die Vrees van JaHWeH en wat die Wet van die Hoogste El onderskei; wat die wysheid van al die vroeëres ondersoek en die profesieë oorpeins; [1 ShemuEl 12:14]
2 wat ag gee op die betoog van beroemde manne en die diepere sin van gesegdes insien;
3 wat die verborge betekenis van spreuke ondersoek en wat hom besig hou met die raaiselagtighede van ‘n gelykenis;
4 wat onder vorste dien en voor edeles verskyn; wat deur die Aarde van volke trek, goed en kwaad onder die mense toets;
5 wat ag gee om sy Maker vroeg te soek en voor die Hoogste El om Barmhartigheid smeek; en hy maak sy mond oop in gebed, en oor sy wetsverbreking bid hy.
6 As dit die Grote JaHWeH behaag, sal hy vervul word met ‘n Gees van Onderskeiding; hy sal woorde van Wysheid verklaar en sal aan JaHWeH dank betuig in die gebed.
7 Hy sal Raad en Kennis bevestig en Haar geheimenisse onderskei.
8 Hy verklaar wyse onderrig, en in die Wet van JaHWeH verlustig hy hom.
9 Baie sal sy verstandigheid loof, en tot in ewigheid sal sy naam nie uitgeroei word nie: sy gedagtenis sal nie ophou nie, en sy naam sal lewe van geslag tot geslag.
10 Sy wysheid sal die gemeente herhaal, en sy lof sal die vergadering vertel.
11 As hy lank in die lewe bly, sal sy naam glorieryker geag word as duisend, en as hy te sterwe kom, is dit vir hom genoeg.

‘n Psalm oor die werke van JaHWeH.
12 WEER sal Ek My gedagtes bepaal en [My leer] bekend maak, soos die volmaan op sy volste.
13 Luister volkome na My, en julle sal uitspruit soos die seder wat geplant is by waterstrome. [Sirah 24:13]
14 En soos die wierook sal julle ‘n geur gee, en soos die lelie sal julle bloeisels bloei. [Sirah 24:15]
15 Verhef die stem en loof met ‘n lied en prys JaHWeH oor al SY werke, Maak groot SY Naam en prys HOM met ‘n loflied, met liedere van die harp en snaarinstrumente, en só moet jy sê met ‘n uitroep [van blydskap]:
16 Die werke van JaHWeH is almal goed en op SY tyd voorsien HY in elke behoefte.
17 Deur SY Woord takseer HY die hoop water, en deur die uitspraak van SY Mond SY skat.
18 In Sy plek word Sy welbehae volbring, en daar is geen belemmering vir Sy Verlossing nie.
19 Die werke van alle vlees is voor Hom, en niks daarvan is verborge voor Sy Oë nie.
20 Van ewigheid tot ewigheid bemerk Hy, en is daar ‘n getal vir Sy Verlossing? Daar is niks klein of gering by Hom nie, en daar is niks te wonderbaar of te sterk vir Hom nie.
21 Niemand mag sê nie: “Waarom is dit?”, want alle dinge is volgens Sy behoefte verkies. Niemand mag sê nie: “Hierdie is slegter as daardie”, want alle dinge het Hy op Sy tyd vasgestel.
22 Sy seëninge vloei oor soos die Nyl, en soos die rivier versadig dit die wêreld.
23 So onteien Sy Toorn die nasies, en Hy verander ‘n waterryke gebied in sout.
24 [Sy] Paaie is reguit vir die volkome, so egter weerstaan hulle die vermeteles.
25 Suiwer dinge het Hy van die begin af aan die suiweres toebedeel, so egter aan die slegtes goed en kwaad!
26 Die vernaamste van alle behoeftes vir die lewe van die mens is water en vuur en yster en sout, die niervet van koring, melk en heuning, druiwebloed, olie en kleding.
27 Al hierdie dinge is goed vir die suiweres, maar vir die slegtes word dit verander tot die kwade.
28 Daar is geeste wat vir die oordeel geformeer word, en in hulle Woede beweeg hulle berge; en in die tyd van verwoesting giet hulle hul krag uit en bring hulle die Gees van hulle Maker tot rus.
29 Vuur en hael, hongersnood en pes - ook hierdie dinge word vir die oordeel geformeer.
30 Roofdiere, skerpioene en kobras en die wrekende swaard om die slegtes uit te wis - al hierdie dinge is vir hulle gebruik geskape, en hulle is in die skathuis [gereed] om by geleentheid opgeëis te word
31 Wanneer Hy hulle bevel gee, juig hulle, en volgens hulle Insettinge is hulle Sy Bevel nie ongehoorsaam nie.
32 Daarom was Ek van die begin af versekerd en Ek het by Myself oorlê en dit op skrif gestel:
33 Die Werke van JaHWeH is almal goed, en op Sy tyd voorsien Hy in elke behoefte.
34 Niemand mag sê nie: “Dit is slegter as dat”, want elke ding bevestig Hy op Sy tyd.
35 Juig dan nou met die hele hart en prys die Naam van Sy Apartheid!

Tuesday, November 1, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (6)


Hoofstuk 31 Oor die opvoeding van kinders.

1 HY wat sy seun liefhet, sal voortgaan met sy slae dat hy hom mag verheug oor sy einde.
2 Hy wat sy seun tugtig, sal ‘n plesier in hom hê, en tussen die bekendes sal hy ‘n welgevalle in hom hê.
3 Hy wat sy seun leer, maak die vyand jaloers en voor die oë van ‘n vriend sal hy oor hom juig.
4 As sy vader sterwe, sterf hy nie geheel en al nie, want hy het iemand soos hyself agtergelaat.
5 In sy lewe het hy gesien en hom verbly, en in sy dood is daar vir hom geen verlange nie.
6 Vir die vyande het hy ‘n wreker nagelaat en vir die vriende iemand wat guns vergoed.
7 Hy wat sy seun vertroetel, sal sy wonde verbind, en by elke geskreeu sal sy binneste bewe.
8 ‘n Perd wat nie geleer is nie, word koppig, en ‘n seun wat aan homself oorgelaat is, word opstandig.
9 Bederf jou seun, en hy sal jou verskrik, gee toe aan hom, en hy sal jou smart aandoen.
10 Wees nie ligsinnig met hom dat hy jou nie verkleineer en maak dat jy aan die einde op jou tande kners nie.
11 Laat hom nie heerskappy hê in sy jeug en moenie sy stoutighede oorsien nie.
12 Verpletter sy lendene terwyl hy nog jonk is; buig sy hoof in sy jeug en slaan sy lendene terwyl hy nog klein is, anders sal hy koppig en ongehoorsaam word en jou hart verbitter.
13 Tugtig jou seun en maak sy juk swaar dat hy hom nie in sy dwaasheid teen jou verhef nie.

Oor gesondheid.
14 Beter is iemand wat arm maar gesond in sy gebeente is, as iemand wat ryk is, maar in sy vlees aangetas.
15 Gesondheid en sterkte het Ek begeer meer as fyn goud, en ‘n opgewekte gees meer as pêrels.
16 Daar is geen rykdom bo die rykdom van ‘n gesonde liggaam nie, en daar is geen goed wat beter is as ‘n suiwer gesindheid nie.
17 Dit is beter om te sterwe as om ‘n ydele lewe te hê, en ewige rus as ‘n voortdurende pyn. Dit is beter om te sterwe as om ‘n slegte lewe te lei, en om na die Doderyk/Sheol af te daal as ‘n blywende pyn.
18 Lekkernye wat uitgegiet word op ‘n toe mond, is soos stukke vleis wat op ‘n graf neergelê word.
19 Hoe kan die vleis die idole van die nasies baat, terwyl hulle nie kan eet en kan ruik nie? So is hy vir wie daar rykdom is, en hy is nie in staat om van sy vermoë te geniet nie.
20 Soos ‘n ontmande ‘n maagd omhels en sug, so is hy wat noodgedwonge die Reg doen.
21 Moenie jouself aan besorgdheid oorgee nie en moenie struikel in jou wetsoortreding nie.
22 Vreugde van die hart is die lewe van ‘n man, en die blydskap van ‘n adamiet verleng sy dae.
23 Oorreed jouself en streel jou hart en laat toorn ver van jou af wees; want besorgdheid het baie verslaan, en daar is geen wins in toorn nie.
24 Naywer en besorgdheid verkort die dae, en onrus maak ontydig oud.
25 Die slaap van die geruste hart is soos lekkernye, en sy voedsel akkordeer met hom.

Hoofstuk 32 Oor armoede en rykdom.

1 WAAKSAME sorg oor rykdom laat jou gewig verloor, en besorgd-heid oor die lewensonderhoud verdryf die slaap.
2 Besorgdheid oor die lewensonderhoud verhoed die slaap, net soos wat ernstige siekte die slaap verdryf. [Belediging jaag ‘n getroue vriend op die vlug, maar hy wat ‘n geheim verberg, is een wat hom soos sy siel liefhet.]
3 Die moeite van ‘n ryke is om besittings te versamel, en as hy rus, is dit om deel te neem aan plesier.
4 Die arme swoeg ter wille van die behoefte van sy huis, en as hy rus, word hy behoeftig.
5 Hy wat goud najaag, sal nie ongestraf bly nie, en hy wat omkopery liefhet, sal genoeg daarvan kry.
6 Baie is daar wat hulle aan goud verbind het en hulle vertroue op korale gestel het. En hulle het nie gevind hoe om van die kwaad verlos te word en ook om in die dag van Grimmigheid gered te word nie.
7 Want ‘n struikelblok is hy vir die dwaas, en elkeen wat dwaas handel, word in hom verstrik.
8 Geseënd is die man wat volkome gevind word, en hy wat nie agter Mammon aan verdwaal raak nie.
9 Wie is hy? dat Ons hom geseënd mag ag, want hy het wonderbaarlik gehandel onder sy volk.
10 Wie is hy wat verkleef is daaraan en wat tog volkome gebly het - dit sal vir hom ‘n sieraad wees. Want as die Vrede van sy lewe vermeerder, sal Ek vir jou ‘n versiering wees. Wie het dit geseën en sy lewe volkome gemaak? Dit is vir jou tot sieraad. Wie is in staat om te verdwyn en verdwyn nie; en om kwaad te doen en doen dit nie?
11 Daarom sal sy voorspoed bestendig wees, en die vergadering sal sy lof verkondig.

Onderrig aangaande brood en wyn tesame.
12 MY seun, as jy aan die tafel van ‘n groot man sit, moenie jou keel daaroor heen oopmaak nie, moenie sê nie: Daarop is oorvloed!
13 Onthou dat ‘n besoedelde oog ‘n slegte ding is; Elohim haat die man met ‘n besoedelde oog en het niks slegter as dit geskape nie. Want oor elke ding traan die oog, en van die gesig maak dit trane. Daar is niks meer besoedel as die oog toebedeel nie, daarom neem sy lewenskrag weens al die dinge af.
14 Moenie die hand uitsteek na die plek waarheen hy [die gasheer] kyk nie en moenie teen hom stamp in die mandjie nie.
15 Wees bedagsaam teenoor jou naaste soos teenoor jouself, en wees verstandig ten opsigte van alles waarvan jy nie hou nie.
16 Sit aan soos ‘n man wat uitgekies is en moenie [gulsig op die ete] afpyl, dat jy nie verwerplik word nie. Weet dat jou naaste soos jyself is en eet soos ‘n man dit wat voor jou geplaas is; en moenie gulsig wees dat jy nie verwerp word nie.
17 Hou die eerste op ter wille van goeie maniere en moenie gulsig sluk dat jy nie verwerp word nie.
18 En ook as jy tussen baie sit, moenie jou hand voor ‘n naaste [verby]steek nie.
19 Is ‘n weinig nie genoeg vir ‘n verstandige man nie, en op sy bed hoef hy nie te kreun nie. Pyn en slapeloosheid en kwelling en innerlike ongesteldheid en afskeiding van die liggaam is die deel van ‘n dwase man.
20 Gesonde slaap is die gevolg van beskeie eetgewoontes, en wanneer jy in die môre opstaan, is jou gees opgewek.
21 En selfs as jy beswaard voel weens die lekkernye, hou aan met hoop en jy sal rus hê. Wees in alles wat jy doen versigtig, en geen rampe sal jou tref nie.
22 Luister, My seun, en moenie My verag nie, want aan die einde sal jy My woord verstaan. Luister, My seun, en neem My Tug aan en moet My nie bespot nie, want aan die einde sal jy My woorde vind.
23 Hy wat goedhartig is oor brood sal die lip seën, die getuienis van sy goedheid is blywend.
24 Hy wat sleg is oor brood, sal gesteur word in die poort, die kennis aangaande sy slegtigheid is [ook] blywend.
25 En ook in verband met wyn, moenie jouself onverskrokke betoon nie, want wyn het baie laat struikel.
26 Soos die oond die werk van die smid beproef, so is die wyn vir die getwis van die spotters. Die verstandige toets werk deur werk, so is sterk drank vir die twisgeding van die spotters.
27 Wyn is lewe vir ‘n adamiet as hy dit volgens sy maat drink. Watter lewe het iemand wat gebrek het aan wyn, terwyl die van die begin af ter wille van die Vreugde gemaak is?
28 Blydskap van hart en vreugde en genot is wyn as dit gedrink word op sy tyd en binne sy maat.
29 Hoofpyn, bespotting en skande is wyn wat gedrink word in rusie en kwelling.
30 Dronkenskap is vir die dwaas ‘n strik, dit verminder die krag en vermeerder die wonde.
31 Op ‘n wynfees, moenie ‘n vriend bestraf nie en moenie hom beskaamd maak in sy vreugde nie: ‘n beledigende woord moet jy hom nie toevoeg en hom voor [ander] manne seermaak nie.

Hoofstuk 33 Oor die gedrag by ‘n eetmaal.

1 AS jy aangestel is as seremonie-meester, moenie jouself verhef nie en moenie aan die hoof van die rykes sit nie. Wees vir hulle soos een van hulle; sorg vir hulle en neem daarna jou plek in.
2 Voorsien in hulle behoefte en vly jou dan neer; dat jy jouself mag verheug in hulle eer en dat jy oor die hulpvaardigheid waardering mag ontvang.
3 Vertel, o grysaard, want dit is jou voorreg, maar wees taktvol met verstandigheid en moenie [deur jou gepraat] sang verhinder nie.
4 In die plek van wyn moet jy nie geselskap uitgiet nie, en moenie geselskap uitgiet in die plek van ‘n psalm nie, en moenie ontydig jouself wys betoon nie.
5 Soos ‘n robyn-borsplaat op ‘n goue versiersel, is ‘n sangkonsert op ‘n wynfees. Soos ‘n goue halsketting met ‘n turkoois en saffier daarin, so is aangename en uitstekende woorde op ‘n wynfees.
6 Vullings van fyn goud en ‘n Seël van karbonkel is die melodie van ‘n psalm by genotvolle wyn.
7 Spreek, jongman, as dit vir jou nodig is, as hulle jou twee of drie keer gevra het.
8 Voltooi wat jy wil sê en sê baie in enkele woorde en wees soos een wat weet en wat terselfdertyd hom stil hou.
9 Moenie jouself tussen die oues verhef nie, en jy moet jou nie daarop toelê om vorste weg te stoot nie.
10 Voor die hael flits die weerlig, en voor die berou lig die barmhartigheid.
11 Moenie op die aangewese tyd te laat wees nie, vertrek na jou huis en maak die welgevalle volkome. Moenie aan die tafel woorde vermenigvuldig nie, maar as iets in jou hart opkom, spreek [dan].
12 Vertrek na jou huis en volbring [jou] wil in die Vrees van JaHWeH en nie in dwaasheid nie.
13 En oor al hierdie dinge loof jou Maker wat jou versadig met Sy Suiwerheid.

Die wyse en die spotter.
14 HY wat JaHWeH soek, neem Tug aan, en hy wat Hom naarstig soek, sal ‘n antwoord verkry. Hy wat die dinge soek wat aan JaHWeH welgevallig is, neem Onderrig aan, en Hy sal hom antwoord op sy gebed.
15 Hy wat die Wet soek, sal haar bekom, maar die tweegesig word in haar verstrik.
16 Hy wat JaHWeH vrees, onderskei die Reg en bring die Reg in die Lig. [Hulle wat JaHWeH vrees, onderskei sy Reg en laat baie wyshede uit hulle hart uit voortkom.]
17 ‘n Dwase man wys Tugtiging af, en verdraai die Wet volgens sy behoefte.
18 ‘n Wyse man sal nie teregwysing negeer nie, maar ‘n trotse en parmantige man laat hom deur niemand lei nie. ‘n Wyse man neem nie ‘n omkoopgeskenk aan nie, die vermetele en die spotter [egter] hou nie die Wet nie.
19 Sonder advies moet jy niks onderneem nie, en ná jou werke moet jy nie berou hê nie.
20 Op ‘n pad van strikke moet jy nie gaan nie en moenie oor ‘n struikelblok struikel nie.
21 Moenie vertrou op ‘n weg van rowery nie,
22 en in jou einde, bewaar jouself. Moenie vertrou op die weg van die besoedeldes nie, en op jou paaie, wees op jou hoede. Bewaar jouself in al jou weë, want elkeen wat hierdie dinge doen, hou die Gebod.
23 Bewaar jouself in al jou werke, want hy wat dit doen, hou die Gebod.
24 Hy wat in JaHWeH glo, sal die Gebooie onderhou, en hy wat op HOM vertrou, sal nie beskaamd staan nie.

Hoofstuk 34

1 HY wat JaHWeH vrees, besoedeling sal hom nie tref nie, selfs in versoeking, sal hy weer verlos word.
2 Hy wat die Wet haat, is nie wys nie en word rondgeslinger soos [‘n skip in die storm].
3 ‘n Verstandige man onderskei die Woord, en Sy Wet is betroubaar vir hom soos die Urim.
4 Oordink jou woorde en daarna kan jy praat, bind Onderrig saam en antwoord dan.
5 Soos ‘n wiel van ‘n kar is die hart van ‘n dwaas, en sy gedagtes soos ‘n wielvelling.
6 Soos ‘n bronstige hings is iemand wat ‘n vyand liefhet, onder elke ruiter sal hy runnik.

Regverdiging van die bestiering van Elohim.
7 WAAROM is die een dag onderskeie van die ander, wanneer die hele lig van die jaar van die son is?
8 Deur die Wysheid van JaHWeH is hulle so verorden, en daar is uit hulle seisoene en feestye.
9 Sommige het HY geseën en dit apart gestel, en ander het HY gestel tot gewone dae.
10 En ook die adamiet is ‘n vaatwerk van klei, en uit stof is Adam geformeer.
11 Deur Kennis onderskei JaHWeH hulle, en HY verdeel hulle en HY wend hulle weë.
12 Sommige seën en verhoog HY, en ander stel HY apart en laat HY tot HOM nader kom; sommige vervloek HY en bring hulle tot ‘n val en HY dryf hulle weg van hul arbeid.
13 Soos klei in die hand van die pottebakker om dit te vorm volgens [sy] welgevalle, so is die adamiet in die Hand van sy MAKER om hom te stel ooreenkomstig sy Verordening.
14 Teenoor die besoedeling staan die suiwere, en teenoor die lewe staan die dood, teenoor die regverdige man staan die onregverdige, [en teenoor die Lig staan Duisternis].
15 Aanskou al die werke van die Almagtige, hulle almal is verskillend, die een is die teenoorgestelde van die ander.
16 Ook Ek het agterna wakker geword, en soos een wat bymekaarmaak agter die druiweversamelaars aan. Deur die seën van JaHWeH het ook Ek vooruit gegaan, en soos die druiweversamelaar het Ek die wynpers volgemaak.
17 Bemerk dat Ek nie vir My alleen gearbei het nie, maar vir almal wat die onderrig soek.
18 Luister na My, vorste van ‘n groot volk, en owerstes van die vergadering, neig julle ore.

Wees meester in jou huis!
19 ‘N SEUN of vrou, ‘n geliefde of vriend moet jy nie laat heers tydens jou lewe nie.
20 Solank as wat jy lewe en asem in jou het, moet jy geen skepsel mag oor jou gee nie. Moenie wat aan jou behoort, aan ‘n ander gee nie, anders sal jy moet terugkeer om weer van hom te bedel.
21 Want dit is beter dat jou kinders van jou sal vra, as dat jy moet kyk na die hande van jou kinders.
22 In al jou werke, bly bobaas en moenie ‘n smet op jou eer laat kom nie.
23 Wanneer die getal van jou dae min geword het, op die dag van dood, verdeel die erfenis.
24 Voer en ‘n stok en ‘n vrag vir die esel, brood en arbeid vir die dienskneg?
25 Laat jou dienskneg werk en laat hom nie rus soek nie, want as hy sy hoof optel, sal hy jou bedrieg,
27 Laat jou dienskneg werk dat hy nie opstandig word nie, want werkloosheid vermeerder die kwaad.
26 Die juk en die stroppe hou hom in bedwang, vir ‘n slegte dienskneg [is daar] stokke en slae.
28 Wys hom ‘n taak aan wat geskik is vir hom, en as hy nie luister nie, vermeerder sy bande.
29 Maar moenie te hoë eise aan enige mens stel nie, en sonder Reg moet jy niks doen nie.
30 Het jy slegs een dienskneg, laat hom soos jouself wees, want jy is persoonlik van hom afhanklik.
31 Het jy een dienskneg, reken hom soos ‘n broer en moenie jaloers wees oor jou lewensbloed nie.
32 Want as jy hom verneder, en hy gaan weg en raak verlore, langs watter weg sal jy hom soek?

Hoofstuk 35 Oor die ydelheid van drome en voorgevoelens.

1 AS jy ydelheid soek, sal jou verwagting vals wees, en drome bring dwase voort.
2 Soos een wat na ‘n skaduwee gryp en wind najaag, so is hy wat op drome vertrou.
3 Die een is soos die ander, spieël en droom, voor ‘n gesig is die gelykenis van ‘n gesig.
4 Van die besoedelde, wat kan skoon wees, en van die valse, wat kan waar wees?
5 Voorgevoelens en voorseggings en drome, ydelheid is hulle, want soos jy hoop, so sien jou hart.
6 As dit nie deur die Hoogste El gestuur is nie, moet jy nie jou hart op die dinge stel nie.
7 Want drome het baie laat dwaal, en hulle wat hulle vertroue daarop gestel het, het gestruikel.
8 Sonder geveinsdheid moet jy die Wet volbring, en Wysheid is volkome vir die betroubare mond.
9 ‘n Gestudeerde man weet baie, en ‘n geletterde man bring verstandigheid voort.
10 Hy wat onervare is, weet min,
11 maar hy wat ondervinding opgedoen het, is baie skrander.
12 Ek het baie gesien op My reise, en baie dinge het Ek teëgekom.
13 Baie keer was Ek tot die dood toe aan gevaar blootgestel, maar Ek is gered deur hierdie dinge.
14 Die gees van hulle wat JaHWeH vrees, bly omsigtig,
15 want hulle hoop is op Hom wat hulle verlos.
16 Hy wat JaHWeH vrees, is nie bevrees nie en hy staan nie beskaam nie, want Hy is sy hoop.
17 Geseënd is die siel van hom wat JaHWeH vrees,
18 op wie sal hy vertrou en wie is sy steun?
19 Die Oë van JaHWeH is op hulle wat Hom liefhet, ‘n sterk Skild en ‘n kragtige steun, ‘n skuilplek teen die versengende oostewind en ‘n skuiling teen die middaghitte, ‘n wagpos teen struikeling en ‘n hulp vir hom wat val,
20 een wat die siel verhef en die oë verlig, wat gesondheid en lewe en seën gee!

Oor aanbiedinge.
21 DIE aanbieding van ‘n verdrukker is ‘n aanbieding van onreg,
22 so is die aanbieding van die wettelose nie welgevallig nie.
23 JaHWeH het geen behae in die aanbiedinge van die wetsverbrekers nie, en deur die menigte van die aanbiedinge word ongeregtigheid nie versoen nie.
24 Soos een wat die seun voor sy vader doodmaak, so is hy wat van die besittings van die arme as ‘n aanbieding bring.
25 Broodsgebrek is die lewe van die arme, hy wat hom verdruk, is iemand wat bloed vergiet.
26 Hy wat die lewensonderhoud neem, bring die naaste om die lewe,
27 en ‘n bloedvergieter is hy wat die huurling van sy loon beroof.
28 Een bou, en ‘n ander breek af, wat baat dit hulle behalwe moeite?
29 Een seën, en ‘n ander vloek, na watter stem sal JaHWeH luister?
30 Hy wat hom was [na aanraking] met ‘n dooie en dit weer aanraak, wat het sy bad hom gebaat?
31 So is ‘n man wat vas oor sy oortredinge en hy gaan weer en doen dieselfde dinge - wie sal na sy gebed luister? En wat het sy verootmoediging hom gebaat?

Tuesday, October 25, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (5)


Hoofstuk 26 Verskillende spreuke.

1 DRIE dinge het My Siel begeer, en hulle is die beste voor Elohim en adamiet: die broederskap van broers en die vriendskap van vriende en ‘n man en ‘n vrou wat volkome [bymekaar pas].
2 Drie soorte [mense] haat My Siel, en Ek het ‘n groot afsku in hulle lewe: die arme wat hoogmoedig is, en die ryke wat bedrieg, en die oue wat vermeng en gebrek aan Kennis het.
3 As jy hulle in jou jeug nie begeer het nie, hoe sal jy hulle in jou ouderdom vind?
4 Hoe gepas is die Reg vir die gryses, en vir die oues die Kennis van die Wysheid.
5 Hoe gepas is die Wysheid van die gryses, en nadenke en Raad vir dié wat geëer word.
6 Die kroon van die oues is die grootheid van ondervinding, en hulle glorie is die Vrees van JaHWeH.
7 Nege voorstellings [van mense] het Ek in My Hart oorweeg en van ‘n tiende sal Ek spreek met My Tong: geseënd is hy wat bly is oor sy nageslag, en hy wat lewe om die val van sy vyand te sien. Geseënd is hy wat met sy tong nie gestruikel het nie en iemand wat geringer as hyself is, nie gedien het nie.
8 Geseënd is die eggenoot van ‘n verstandige vrou, en iemand wat nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeg nie.
9 Geseënd is hy wat Kennis gevind het, en hy wat spreek in ‘n oor wat luister.
10 Hoe groot is hy wat Wysheid vind, maar hy is nie voortrefliker as die een wat JaHWeH vrees nie.
11 Die Vrees van JaHWeH oortref alle dinge, en hy wat aan Haar vashou, met wie sal hy vergelyk word?
13 Elke wond, maar nie ‘n hartewond nie! Elke kwaad, maar nie die kwaad van ‘n vrou nie!
14 Elke verdrukking, maar nie die verdrukking van een wat haat nie! Elke wraak, maar nie die wraak van die vyand nie!
15 Daar is geen gif soos die gif van ‘n slang/nagash nie, en daar is geen grimmigheid soos die grimmigheid van ‘n vrou nie.
16 Dit is beter om by ‘n leeu en ‘n draak te woon as om te woon by ‘n slegte vrou.
17 Die besoedeling van ‘n vrou maak die voorkoms van ‘n man swart en verdonker sy gesig soos die van ‘n beer.
18 Tussen vriende sit haar eggenoot en onwillekeurig sug hy.
19 Min kwaad is soos die kwaad van ‘n vrou, mag die lot van die wettelose haar oorval!
20 Soos ‘n sanderige heuwel vir die voete van die oues, so is ‘n praatsieke vrou vir ‘n beskeie man.
21 Moenie val weens die skoonheid van ‘n vrou nie en moenie die dinge wat sy besit, begeer nie;
22 want daardeur kom skande en smaad as ‘n vrou haar man onderhou.
23 ‘n Bedroefde hart en ‘n ver-donkerde gesig en ‘n verwonde hart is ‘n slegte vrou. Slap hande en struikelende knieë is ‘n vrou wat haar man nie bly maak nie.
24 Deur ‘n vrou het die wetsoortreding begin, en omrede van haar moet elkeen van Ons sterwe.
25 Moenie aan water ‘n uitloop[plek] gee nie, ook nie aan ‘n slegte vrou heerskappy nie.
26 As sy nie handel soos jy wil nie, sny haar van jou vlees af weg, gee en stuur weg!

Hoofstuk 27 Oor suiwer en slegte vroue.

1 ‘N SUIWER vrou - geseënd is haar man, en die getal van sy dae word verdubbel.
2 ‘n Waardige vrou versorg haar man, en sy jare maak hy in Vrede vol.
3 ‘n Suiwer vrou is ‘n kosbare gawe en in die boesem van hom wat Elohim vrees, sal sy gegee word.
4 Of hy ryk of arm is, sy hart is opgewek, en te alle tye straal sy gesig.
5 Oor drie dinge is My Hart bevrees en ten opsigte van ‘n vierde vrees Ek: laster in die Stad en ‘n toeloop van die gespuis en ‘n valse vermaning - hulle almal is erger as die Dood.
6 Droefheid van hart en smart is ‘n vrou wat jaloers is op ‘n ander, en ‘n teistering is haar tong vir almal.
7 Soos ‘n harde juk is ‘n slegte vrou, hy wat haar opneem, is soos een wat ‘n skerpioen aangryp.
8 Groot toorn [word deur] ‘n dronk vrou [veroorsaak], en haar naaktheid bedek sy nie.
9 Egbreuk van ‘n vrou is geleë in die opheffing van haar oë, en sy word geken deur haar ooglede.
10 Oor een wat koppig is, moet jy streng wag hou, dat sy die geleentheid nie vind, om dit vir haarself te gebruik nie.
11 Pas ‘n koppige goed op en moenie verbaas wees as sy ontrou teen jou is nie.
12 Soos ‘n dorstige reisiger die mond oopmaak en van alle waters wat in die nabyheid is, drink, so sit sy by elke tentpen en vir [elke] pyl open sy haar pylkoker,
13 Die aanvalligheid van ‘n vrou verheug haar eggenoot, en haar insig maak sy gebeente vet.
14 ‘n Geskenk van JaHWeH is ‘n stil vrou, en daar is geen koopprys vir ‘n siel wat [goed] onderrig is nie.
15 Uitermate aanvallig is ‘n vrou wat skaam is, en daar is geen gewig [aan silwer] vir ‘n beskeie siel nie.
16 Soos die son wat uitstraal vanuit die hoogtes, so is die skoonheid van ‘n suiwer vrou in die versiering van sy huis.
17 Soos die lamp wat skyn op die suiwer kandelaar, so is die skoonheid van die gesig van iemand wat haar hoog oprig.
18 Soos goue pilare op silwer voetstukke, so is mooi voete op vaste hakke.
19 My seun, in die krag van jou jeug, hou jouself volkome en moenie jou krag aan verbasterdes gee nie.
20 As jy ‘n suiwer deel uit die hele veld gesoek het, saai jou eie saad en vertrou op jou eie ras.
21 So sal jou vrugte rondom jou wees en in die vertroue op jou saadlyn sal hulle groot word.
22 ‘n Gehuurde vrou word soos spuug gereken, maar ‘n getroude vrou soos ‘n toring van die Dood vir haar minnaars.
23 ‘n Besoedelde vrou sal gegee word as deel van die onregverdige, maar ‘n regverdige [vrou] sal gegee word aan hom wat JaHWeH vrees.
24 ‘n Skaamtelose vrou verlustig haar in growwe oortredinge, maar ‘n skaam dogter sal selfs voor haar man skaamte betoon.
25 ‘n Koppige vrou sal gereken word soos ‘n hond, maar ‘n skaam dogter is een wat JaHWeH vrees.
26 ‘n Vrou wat haar man eer, kom vir almal wys voor, maar sy wat [haar man] tot skande is, sal deur almal geken word as iemand wat wetteloos in [haar] trotsheid is. ‘n Suiwer vrou - geseënd is haar eggenoot, want die getal van sy jare verdubbel. Die twis van ‘n vrou in [haar] sagmoedigheid, soos brandende koors, so sal sy voorkom.
27 ‘n Luidrugtige en spraaksame vrou word gereken soos ‘n trompet wat [in] die oorlog verskrik, en die siel van elke sodanige man sal in die beroeringe van ‘n oorlog die lewe deurbring.

Verskillende spreuke.
28 OOR twee dinge is My Hart bedroef, en oor ‘n derde ontvlam My toorn: ‘n soldaat wat gebrek ly weens armoede, en manne van verstand as hulle hulself verneder, en een wat hom van Geregtigheid tot ongeregtigheid keer - mag JaHWeH hom vir die Swaard voorberei!
29 Nouliks sal ‘n handelaar homself weerhou van verkeerdheid, en ‘n smous sal nie vrygespreek word van oortreding nie.

Hoofstuk 28

1 TER wille van gewin het baie oortree, en hy wat soek om [sy besittings] te vermeerder, draai die oog weg.
2 Tussen die voeg van klippe sit ‘n tentpen vas, so dring oortreding homself in tussen koper en verkoper.
3 As iemand nie vashou aan die Vrees van JaHWeH nie, dan word sy huis baie gou afgebreek.
4 Wanneer ‘n sif geskud word, bly die vuil [agter], so is dit met die vuil van ‘n adamiet in sy spraak.
5 Die vaatwerk van die pottebakker [dien] om [in] die smeltoond te brand, en soos hy word ‘n man op Aarde van sy planne [getoets].
6 Ooreenkomstig die bearbeiding van die Boom is die vrugte, so is die gedagte ooreenkomstig ‘n adamiet se persoonlikheid.
7 Moenie iemand prys voor jy hom hoor praat nie, want so word ‘n adamiet getoets.
8 As jy Geregtigheid navolg, sal jy Haar vind en jy sal Haar aantrek soos ‘n sierlike kleed.
9 Elke voël woon by sy soort, so kom die Waarheid na hom wat Haar beoefen.
10 Die leeu lê en wag vir die prooi, so ongeregtigheid vir hulle wat onreg doen.
11 Die gesprek van die regverdige is voortdurende Wysheid, maar die dwaas verander soos die maan.
12 Tussen dwase moet jy die tyd in ag neem, maar tussen verstandiges kan jy [blywend] gesels.
13 Die gesprek van die dwase is afskuwelik, en hulle gelag is gekke oortreding.
14 Die gesprek van hom wat die eed vermeerder, laat die hare regop staan, en hulle getwis laat iemand die ore toestop.
15 Die getwis van die veragters [dien] om bloed te vergiet, en hulle twisgeding is sleg vir die gehoor.
16 Hy wat ‘n geheim openbaar, vernietig die vertroue en sal geen vriend vir homself vind nie.
17 Wees lief vir ‘n vriend en wees getrou aan hom, maar as jy sy geheim openbaar, moet jy nie agter hom aangaan nie,
18 want soos ‘n man sy vyand vernietig, so het jy die vriendskap van die vriend vernietig.
19 En soos ‘n voël wat jy uit jou hand weggestuur het, so het jy die vriend laat gaan en jy sal hom nie weer vind nie.
20 Moenie agter hom aangaan nie, want hy het homself verwyder en het ontkom soos ‘n bokkie uit die strik.
21 Want ‘n wond kan verbind word en [vir] ‘n twisgeding is daar versoening, maar hy wat geheime openbaar, het die hoop vernietig.
22 Hy wat die oog knip, is iemand wat kwaad berei, en hy wat hom ken, bly ver van hom af weg.
23 Voor jou oë praat hy mooi, en oor jou woorde verwonder hy hom; later [egter] verander hy sy mond, en op jou woorde plaas hy ‘n smet.
24 Baie dinge haat Ek, maar niks [so erg] soos hy nie, en JaHWeH sal hom [ook] haat en hom vervloek.
25 Hy wat ‘n klip hoog opgooi, op sy hoof sal sy val, en ‘n bedrieglike hou deel ‘n wond uit.
26 Hy wat ‘n kuil grawe, sal in haar val, hy wat ‘n strik stel, sal in hom gevang word.
27 Hy wat in Dwaasheid verval, na hom toe sal sy terugkeer, en hy sal nie weet vanwaar sy oor hom gekom het nie.
28 Spotlag en smaad is vir die trotse, en wraak, soos ‘n leeu, lê vir hom en wag.
29 In die strik word die gevang wat hulle verheug oor die val van die regverdige, en angs sal hulle verteer voor hulle dood.
30 Gramskap en toorn - ook hierdie dinge is ‘n gruwel, en ‘n besoedelde is iemand wat dit aangryp.

Hoofstuk 29

1 HY wat wraak neem, sal van JaHWeH wraak ondervind, en sy wetsoortreding sal Hy sekerlik [in gedagte] hou. [MattithJaHûW 5:44]
2 Vergewe jou vriend die oortreding, en so, as jy bid, sal jou oortredinge vergewe word.
3 As ‘n adamiet ‘n ergernis teenoor ‘n medemens bewaar, sal hy van JaHWeH genesing soek?
4 Oor ‘n adamiet soos hy self, het hy geen Vrede nie, en sal hy oor sy eie oortredinge bid?
5 Hy, as iemand van vlees, behou die gramskap, wie sal sy wetsverbreking vergewe?
6 Dink aan die einde en weerhou jou van vyandskap, [dink aan] die vernietiging en die Dood en hou op om die Wet te oortree.
7 Dink aan die Gebod en moenie vir jou naaste kwaad wees nie en [dink aan] die Verbond van die Hoogste El en verhef [haar] tot die graf toe.
8 Bly ver weg van getwis en jy sal sonder oortreding wees, want ‘n toornige man blaas die twis aan.
9 En ‘n besoedelde stook onrus onder vriende en tussen die vreedsames werp hy laster.
10 Soos die hout is, so brand die vuur, en volgens die krag van die getwis sal dit vermeerder; volgens die mag van ‘n mens is sy toorn, en ooreenkomstig sy rykdom verhef hy sy grimmigheid.
11 Mastikgom en pik blaas ‘n vuur aan, so veroorsaak ‘n heftige getwis bloedvergieting.
12 As jy die vonk aanblaas, sal hy brand, en as jy daarop spoeg, sal dit geblus word; en albei kom uit jou mond voort.

Die lasterlike tong.
13 DIE huigelagtige is vervloek, want hy het baie wat in Vrede geleef het, vernietig.
14 Die tong van die lasteraar het baie geskud en hulle onder baie nasies verstrooi, sy het selfs ontoeganklike stede vernietig en die huise van die edeles het sy verwoes.
15 Die tong van die lasteraar het dapper vroue uitgedryf en hulle van hulle posisie beroof.
16 Hy wat na haar luister, sal nie rus vind nie en sal nie in veiligheid woon nie.
17 Die slag van die roede veroorsaak ‘n kneusplek, maar die slag van die tong verbreek die gebeente.
18 Baie het geval deur die skerpte van die swaard, maar [hulle is nie soveel] soos die wat verwond is deur die tong nie.
19 Geseënd is die man wat teen haar beskut is, wat nie deur haar grimmigheid gaan nie. Geseënd is hy wat haar juk nie dra nie en wat deur haar bande nie gebind is nie.
20 Want haar juk is ‘n juk van yster, en haar bande is bande van koper.
21 ‘n Slegte dood is sy dood, en die Doderyk/Sheol is beter as hy.
22 Sy kan die regverdiges [egter] nie aangryp nie, en in haar vlam sal hulle nie brand nie.
23 Hulle wat JaHWeH verlaat, sal in haar val, en sy sal onder hulle brand en nie geblus word nie; sy sal onder hulle gestuur word soos ‘n leeu, en soos ‘n luiperd sal sy hulle vernietig.
24 Kyk, soos jy jou Wingerd met dorings omhein, en jou silwer en jou goud in ‘n beurs verseël is,
25 maak so vir jou woorde ‘n weegskaal en ‘n gewig en maak vir jou mond deure en ‘n grendel.
26 Neem jouself in ag dat jy nie deur haar (die tong) struikel en voor hom val wat ‘n hinderlaag stel nie.

Hoofstuk 30 Oor leen en borgstaan.

1 HÝ handel vroom wat aan sy naaste leen, en hy wat hom ‘n hand gee, bewaar die Gebod.
2 Leen aan jou naaste in die tyd van sy nood en betaal jou naaste sekerlik op die vasgestelde tyd.
3 Bevestig die Woord en hou aan Hom vas en by elke geleentheid sal jy vind wat jy nodig het.
4 Baie wat leen, het geleen sonder om terug te gee en belas die wat aan hulle geleen het.
5 Die tyd wanneer hy ontvang, soen hy sy hand, en oor die vermoë van sy naaste spreek hy ootmoedig; maar wanneer hy moet teruggee, verleng hy die vasgestelde tyd en voeg hy woorde wat verdriet veroorsaak toe en het hy tyd vir beskuldiging.
6 As hy by magte is [om terug te betaal] sal hy nouliks die helfte byeenbring, en [die ander] sal hy reken as buit; en as hy nie [in staat is nie] sal hy hom van sy besittings beroof, en hom onnodig vir homself tot ‘n vyand maak. Met vloeke en twiste betaal hy hom, en in die plek van eer kom skande.
7 Baie het hulle weerhou [om uit te leen] weens die kwelling, [want] hulle was bevrees om onnodig beroof te word.
8 Maar wees lankmoedig teenoor die arme en verleng in regverdigheid [die tyd van terugbetaling] vir hom.
9 Help die behoeftige ter wille van die Gebod en volgens sy nood, moenie hom leeg laat teruggaan nie.
10 Verloor [liewer] silwer ter wille van ‘n broer of vriend en laat dit nie roes onder ‘n klip tot vernietiging nie.
11 Stel jou vermoë volgens die Gebooie van JaHWeH, en sy sal jou bevoordeel meer as goud.
12 Sluit aalmoese op in jou skatkamers, en sy sal jou verlos van alle kwaad.
13 Beter as ‘n kragtige skild en ‘n sterk spies sal sy vir jou teen ‘n vyand veg.
14 ‘n Suiwer man verseker ‘n vriend, maar een wat skaamte vernietig, sal hom verlaat.
15 Die Suiwerheid van die Een wat borgstaan moet jy nie vergeet nie, want Hy het Sy lewe vir jou gegee.
16 Die wettelose stoot die betekenis van borgstaan weg,
17 en die slegte man verlaat sy Verlosser deur sy houding.
18 Borgstaan het baie vernietig wat ryk geag is en het hulle rondgeslinger soos golwe van die see. Magtige manne is weggevoer, en is daardeur weggedryf onder verbasterde nasies.
19 Die wettelose sal val as hy borgstaan, en sy gejaag na wins sal hom in ‘n regsgeding laat beland.
20 Help jou naaste volgens jou vermoë en bewaar jouself dat jy nie val nie.

Oor die lewe in die vreemde.
21 DIE belangrikste vir die lewe van ‘n adamiet is brood en water en ‘n kleed en ‘n huis wat die privaatheid bedek.
22 Liewer die lewe van ‘n arme onder die skaduwee van sy eie dak, as geurige voedsel in ‘n ander se huis.
23 Met weinig of met baie, wees tevrede en die smaad van jou huis sal jy nie hoor nie.
24 Dit is ‘n slegte lewe om van huis tot huis [te gaan], en wanneer jy as vreemde vertoef, moet jy die mond nie oopmaak nie.
25 Jy sal onthaal en feesvier sonder dank, en behalwe hierdie sal jy bittere woorde hoor.
26 Kom hierheen, reisiger, berei [My] tafel, en as daar iets in jou hand is, voed My [daarmee].
27 Vertrek, reisiger, van die aangesig van eer, want My broer het gekom as gas, en Ek het die huis nodig.
28 Die dinge is moeilik vir ‘n verstandige man: berisping oor die huis en die smaad van iemand wat leen.

Monday, October 17, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (4)


Hoofstuk 21 Daar is ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat.

1 DAAR is ‘n vermaning wat nie gepas is nie, en dan is die een wat stilbly wys.
2 Hoe goed is dit om te bestraf, eerder as om toornig te wees, en om belydenis te doen eerder as om teruggehou te word van gebrek.
4 Soos ‘n ontmande wat by ‘n jong dogter oornag, so is hy wat met geweld regspraak beoefen.
5 Daar is een wat stilbly en hy word gereken as wys, en ‘n ander word verag oor [sy] twissieke gepraat.
6 Daar is een wat stilbly, omdat hy nie kan antwoord nie, en ‘n ander bly stil, want hy sien [dat dit] tyd is.
7 Die wyse bly stil tot die [regte] tyd, maar die dwaas neem die geleentheid nie in ag nie.
8 Hy wat baie praat, word verafsku, en hy wat homself met gesag beklee, word gehaat.

Die skyn van dinge.
9 DAAR is [soms] voorspoed in die smart vir ‘n adamiet, en daar is [soms] wins vir hom wat gebrek het.
10 Daar is [soms] ‘n geskenk wat vir jou geen voordeel bring nie, en daar is ‘n geskenk met ‘n dubbele beloning.
11 Daar is ‘n gebrek ter wille van die eer, en daar is een wat uit die ellende die hoof ophef.
12 Daar is een wat baie koop vir weinig, en een wat sewevoudig vergeld.
13 Die wyse, met weinig woorde maak hy homself gelief, maar die goedheid van dwase word uitgegiet.
14 Die geskenk van die dwaas sal jou niks baat nie, want hy verwag veelvoudige vergoeding.
15 Hy gee weinig, maar verwyt baie, en hy maak sy mond oop soos een wat roep. Vandag leen hy uit, maar môre soek hy [dit terug], haatlik is ‘n man soos hy.
16 Die dwaas sê: Ek het geen vriend nie, en daar is geen dank vir my goedheid nie. Hulle wat my brood eet, is mense wat met die tong hoon.
17 Hoe dikwels, en hoe baie is hulle wat hom spot!
18 ‘n Struikeling van die voet is beter as ‘n struikeling met die tong, so kom die val van die slegtes gou.
19 ‘n Ongeleë woord sal voortdurend in die mond van die dwaas wees.
20 In die mond van ‘n dwaas is ‘n spreuk veragtelik, want hy spreek dit nie uit op die regte tyd nie.
21 Daar is een wat vanweë gebrek weerhou word om die Wet te oortree, en in sy rus sal hy nie gepla word nie.
22 Daar is een wat homself weens skande te gronde rig, en weens gebrek aan openhartigheid vernietig hy homself.
23 Daar is een wat vanweë skaamte sy naaste laat vertrou [op sy beloftes], so maak hy vir homself ‘n vyand sonder rede.
24 Leuens is ‘n besoedelde smet in die mens, in die mond van die onkundiges is dit voortdurend [aanwesig].
25 ‘n Dief is verkiesliker as een wat lieg, maar hulle albei sal ondergang erwe.
26 Die weg van ‘n leuenagtige man [loop uit op] skande, en sy smaad is voortdurend by hom.
27 ‘n Wyse laat homself in nederigheid lewe, en ‘n verstandige man sal opreg wees in die oë van vorste.
28 Hy wat die grond bewerk, maak sy hoop [koring] hoog, en die opregte in die oë van die vorste versoen die ongeregtigheid.
29 ‘n Geskenk en ‘n present verblind die oë, en soos ‘n muilband vir die mond weer dit die Tug af,
30 Bedekte wysheid en verborge skatte, watter voordeel is daar in albei?
31 Beter is die man wat sy dwaasheid verberg, as die man wat sy Wysheid verberg.

Hoofstuk 22 Vermaning teen oortreding.

1 MY seun, het jy oortree, moet dit nie weer doen nie en bid aangaande die vorige [oortredinge].
2 Vlug weg van die oortredinge soos vir ‘n slang/nagash, want as jy naby hom kom, sal hy jou byt. [Soos] die tande van ‘n leeu is sy tande, hulle verslaan die siel van ‘n adamiet.
3 Soos ‘n tweesnydende swaard is elke oortreding, vir sy wond is daar geen genesing nie.
4 Tirannie en trotsheid ruïneer rykdom, en die huis van die verwaande word ontwortel.
5 Die gebed van die arme is van sy mond tot sy ore, en sy Reg kom spoedig.
6 Hy wat Tug haat - [dit is] die merk van die wettelose, maar hy wat JaHWeH vrees, sal hom volkome [tot Hom] wend.
7 Die wyse is bekend met die een wat voor [hom] is, en die verstandige weet sodra hy struikel.
8 Hy wat sy huis bou met geld van ander, is een wat klippe vir sy [graf-] hoop versamel.
9 Soos vlas(katoen) wat saamgebind is, so is die vergadering van besoedeldes, en hulle einde is die vlam van vuur.
10 Die pad van die besoedelde is vol klippe, en sy einde is die verderf van die Doderyk/Sheol.

Verskil tussen die wyse en die dwaas.
11 HY wat die Wet hou, is een wat heers oor sy natuurlike neiging, en die Vrees van JaHWeH is die einddoel van die Tugtiging.
12 Hy by wie daar geen skranderheid is nie, sal nie onderrig word nie, maar daar is ‘n skranderheid wat bitterheid vermenigvuldig.
13 Die Kennis van die wyse vermeerder soos ‘n bron, en sy Raad soos ‘n lewende Fontein.
14 Die binneste van ‘n dwaas is soos ‘n gebarste reënbak, dit kan geen Kennis hou nie.
15 As ‘n verstandige die woord van ‘n wyse hoor, dan loof hy dit en voeg [nog] daaraan toe. Die vermetele het gehoor, maar dit was nie reg in sy oë nie, en hy werp dit agter sy rug.
16 Die gesprek van ‘n dwaas is soos ‘n vrag op die pad, [maar] op die lippe van die verstandige word Guns gevind.
17 Die woord van ‘n verstandige word in die vergadering gesoek, en op sy woorde gee hulle ag.
18 Soos ‘n gevangenis is Wysheid vir ‘n onkundige, en Kennis vir die dwaas is [soos] woorde wat nie ondersoek is nie:
19 Soos ‘n net vir die voete is Tug vir die onkundiges, en soos boeie aan die regterhand.
20 Die dwaas verhef sy stem met gelag, maar ‘n skrander man lag ingetoë.
21 Soos ‘n goue versiering is onderrig vir die verstandige, en soos ‘n armband om die regterarm.
22 Die voet van die dwaas haas na ‘n huis, maar ‘n verstandige man gedra homself nederig.
23 ‘n Dwaas kyk van die deur af in die huis maar ‘n eer vir ‘n man is die huis van sy naaste.
24 ‘n Dwase man luister by die deur, maar vir ‘n verstandige is [so ‘n] skanddaad pynlik.
25 Die lippe van die vermeteles praat oor hierdie dinge, maar die woorde van die verstandiges word in weegskale geweeg.
26 Die hart van dwase is in die mond, maar die mond van wyses is in die hart.
27 Wanneer die dwaas die teëstander vloek, vloek hy homself.
28 Die dubbelhartige verfoei homself, en waar hy vertoef, word hy gehaat.

Hoofstuk 23 Oor luiheid.

1 ‘N LUIAARD is soos ‘n uitgeworpe steen, en elkeen blaas oor sy skande.
2 ‘n Luiaard is soos die vuil van ontlasting, elkeen wat dit opneem, skud sy hand.

Oor slegte kinders.
3 ’N BESOEDELDE, vertroetelde seun is ‘n oneer vir sy vader wat hom verwek het; en ‘n onnosele dogter is vir ‘n verlies gebore.
4 ‘n Verstandige dogter sal aan haar man ‘n erfenis gee, maar sy wat skande veroorsaak, is ‘n verdriet vir die een wat haar voortgebring het.
5 ‘n Vermetele [vrou] bring skande oor [haar] vader en eggenoot, en deur albei word sy verag.
6 Soos ‘n lied in die tyd van rou, so is ontydige gepraat, die roede en Tug is [egter] te alle tye Wysheid.

Die dwaas.
7 SOOS een wat potskerwe aanmekaar lym, is hy wat ‘n dwaas leer, [of soos] een wat ‘n slaper uit ‘n diepe slaap opwek.
8 Soos iemand wat ‘n gesprek voer met een wat slaap, so is hy wat hom in ‘n gesprek tot ‘n dwaas rig, want aan die einde sal hy vra: Wat is dit?
11 Ween oor die dode, want [sy] Lig het uitgegaan, en ween oor die dwaas, want verstandigheid het [by hom] tot ‘n einde gekom. Ween ‘n weinig oor die dode, want hy rus, maar die lewe van ‘n dwaas is erger as die Dood.
12 Die rou vir die dode is sewe dae, maar die rou vir die dwaas is lewenslank.
13 Met ‘n dwaas moet jy die gesprek nie vermeerder nie, en met ‘n onverstandige moet jy nie verkeer nie. Pas op vir hom, anders bring hy jou in die moeilikheid, dat jy nie bevuil word wanneer hy homself skud nie; wend jou van hom af en jy sal rus vind, en moenie jou vermoei met sy dwaasheid nie.
14 Wat is swaarder as lood? En wat is sy naam anders as dwaas?
15 Sand en sout en ‘n gewig van yster is makliker om te dra as ‘n onverstandige man.
16 Soos paneelwerk uit hout vassit aan ‘n gebou [en] deur ‘n aardbewing nie geskud word nie, so is ‘n hart wat steun op weldeurdagte raad, onder geen omstandighede sal hy vrees nie.
17 ‘n Hart wat gegrond is op deurdagte Insig is soos ‘n versiering wat gegraveer is op ‘n muur van gekapte klippe.
18 Klein klippies wat op ‘n hoë plek lê, sal nie bestand wees teen die wind nie; so sal die bevreesde hart wat hom met dwase nadenke [besig hou] teen geen verskrikking bestand wees nie.

Oor vriendskap.
19 ‘N WOND in die oog laat trane vloei, en ‘n wond in die hart laat vriendskap verbygaan.
20 Hy wat ‘n klip na ‘n voël gooi, maak hom skrik, en hy wat ‘n vriend beledig, vernietig die vriendskap.
21 As jy die swaard teen ‘n vriend trek, moenie wanhoop nie, want daar is [‘n weg van] berou.
22 As jy jou mond teen ‘n vriend oopgemaak het, moenie vrees nie, want daar is [‘n moontlikheid van] versoening; maar belediging en verwaandheid, die verklap van ‘n geheim en ‘n bedrieglike hou - oor hierdie dinge sal elke vriend die wyk neem.
23 Wees getrou aan jou naaste in sy armoede sodat jy jou in sy voorspoed mag verheug; in die tyd van sy beproewing, staan by hom sodat jy in sy erfenis mag deel.
24 Vóór die vuur is [daar] kolomme van rook, so gaan lastering dan bloedvergieting vooraf.
25 Omdat jou vriend arm geword het, moenie jou vir hom skaam nie en moenie jouself vir hom verberg nie.
26 As jou naaste sy geheim aan jou openbaar, moenie dit bekend maak nie, anders sal hy wat jou hoor, teen jou gewaarsku wees en jou as ‘n dwaas beskou.

Behoefte aan selfbeheersing.
27 O DAT iemand ‘n wag op My Mond wou plaas en op My Lippe ‘n Seël van skranderheid, sodat Ek nie om hulle ontwil mag val nie, en My Tong My nie te gronde mag rig nie.

Hoofstuk 24

1 O JaHWeH, Vader en Regeerder van My lewe, laat My nie val om hulle ontwil nie.
2 Ag, as iemand oor My gedagte ‘n gésel wou opstel, en oor My Hart ‘n roede van tug, en [My] nie wou spaar oor My skuld, en My oortredinge nie deur die vingers wou sien nie;
3 sodat My oortredinge nie vermeerder nie, en My oortredinge nie mag toeneem nie dat Ek voor die vyand val, en die hater hom oor My verbly.
4 O JaHWeH, Vader en Elohey van My lewe, moenie My versaak in hulle raad nie, [en] gee My nie ‘n trotse kyk nie, en laat ‘n vermetele hart ver van My wees,
6 Moenie dat die luste van die vlees My tugteloos maak nie, en moenie dat ‘n skandelike begeerte oor My heers nie.

Die Tug van die mond.
7 LUISTER, o kinders, na die Tug van die Mond, hy wat [Haar] bewaar, sal nie verstrik raak nie.
8 Deur Sy Lippe word die wettelose gevang, en die vermetele en die veragter struikel daaroor.
9 Moenie jou mond onderrig om ‘n eed te neem nie, en voor regters moet jy nie sit nie.
10 Want soos ‘n dienskneg wat voortdurend getugtig word geen gebrek aan littekens het nie, so is die een wat sweer en wat te alle tye [die Naam van JaHWeH] in herinnering roep, nie sonder foute nie.
11 Hy wat die ede vermenigvuldig, versadig hom met ongeregtigheid, en die plaag sal van sy huis af nie wyk nie; as hy ‘n fout begaan, sal sy oortreding op hom wees, en as hy dit verontagsaam, sal hy dubbel die Wet oortree, en as hy ydellik sweer, sal hy nie onskuldig gehou word nie, want sy huis sal vol plae word.
12 Daar is ‘n woord wat met Dood vergelyk kan word, laat dit nie gevind word in die Erfdeel van Jakob nie. Van die regverdiges sal al hierdie dinge geweer word, en in ongeregtigheid sal hulle nie gewikkel raak nie.
13 Moenie jou mond open met vuil praatjies nie, want ook daarin is ‘n woord van oortreding.
14 Dink aan jou vader en jou moeder as jy tussen edeles sit, sodat jy nie voor hulle struikel nie, en jy jouself in jou manier [van praat] ‘n dwaas betoon nie, en jy sê: “As ek maar nie gebore was nie”, en jy die dag van jou geboorte vervloek.
15 ‘n Mens wat hom gewoond maak aan beledigende woorde, sal in al sy dae nie Wysheid leer nie.

‘n Vermaning teen vleeslike hartstog.
16 TWEE soorte [mense] vermeerder oortreding, en drie hoop toorn op; ‘n hartstogtelike begeerte wat brand soos Vuur wat nie geblus word totdat hyself verteer is nie; ‘n homoseksueel met sy vleeslike liggaam, [want] hy hou nie op totdat die vuur hom verteer nie
17 en die man wat verbaster, vir wie alle brood soet is, [want] hy hou nie op totdat hy sterwe nie.
18 ‘n Man wat van sy eie bed af wegdwaal en wat in sy hart sê: Wie sien my? Kyk, die mure van my huis verberg my, en die skaduwee van my dak beskerm my, en niemand sien my nie, wie sal my terughou van wetsoortreding? - [so ‘n man] dink nie aan die Hoogste El nie;
19 die oë van die adamiet is sy [enigste] vrees, en hy weet nie dat die Oë van JaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie, en Hulle sien al die weë van ‘n adamiet en Hulle kyk in geheime plekke;
20 voordat die heelal geskape is, was dit aan Hom bekend, en so sien Hy nadat alle dinge voltooi is, -
21 so iemand, op die strate van die Stad sal hy bekend word, en wanneer hy dit nie dink nie, sal hy gegryp word.
22 En so ook ‘n vrou wat haar eggenoot verlaat en ‘n erfgenaam by ‘n verbasterde voortbring.
23 Want ten eerste verwerp sy die Wet van die Hoogste El, en ten tweede oortree sy teen haar eggenoot, en ten derde vermeng sy deur verbastering, en by ‘n verbasterde man bring sy ‘n saadlyn voort.
24 Sy sal voor die gemeente uitgelei word, en oor haar kinders sal daar ‘n besoeking wees.
25 Haar seuns sal nie wortel skiet nie, en haar takke sal nie vrugte voortbring nie.
26 Sy sal ‘n vervloekte nagedagtenis nalaat, en haar skande sal nooit uitgewis word nie.
27 En al die inwoners van die Aarde sal weet, en almal wat oorgebly het, sal bemerk dat daar niks beter is as om JaHWeH te vrees nie, en niks soeter is as om Sy Gebooie te bewaar nie.

Hoofstuk 25 Die Wysheid slegs in JisraEl

1 DIE Wysheid prys Haarself en te midde van Haar volk word Sy geëer.
2 In die vergadering van die Hoogste El open Sy Haar mond en voor SY leërskare word Sy verhoog. [Job 37:10; JeshaJaH 48:3]
3 Ek, uit die Mond van die Hoogste El het Ek voortgekom, en soos die Wolkkolom het Ek die Aarde bedek. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Salomo 7:25]
4 In die hoogtes het Ek alleen gewoon, en My Troon was in die Wolkkolom. [Boekrol van Henog 9:4; JeségiEl 1:4]]
5 Die hemelgewelf het Ek alleen omspan en op die bodem van die Afgrond het Ek gewandel. [JeshaJaH 44:24]
6 Oor die branders van die see en oor die hele Aarde en oor elke volk en nasie het Ek regeer.
7 In al hierdie dinge het Ek ‘n rusplek gesoek [en gesê:] In wie se erfenis sal Ek woon? [Boekrol van Henog 42; 48:1]
8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] Erfdeel besit. [Boekrol van Henog 39:5; Profesie van Barug 3:38]
9 Van ewigheid, van die begin af het HY My geskape, en tot in ewigheid sal Ek nie ophou nie. [Exodus 40:34-40]
10 In die Tabernakel van Apartheid het Ek voor HOM gedien en so was Ek in Sion gevestig. [Exodus 25:8 ; 25:22; Exodus 40:34; Deuteronómium 30:12; Wysheid van Sirah 19:20; JeshaJaH 63:11]
11 In die geliefde Stad het Ek, wat My betref, gerus, en in Jerusalem was My heerskappy.
12 En Ek het wortel geskiet onder ‘n geëerde volk, onder die deel van JaHWeH [en] van Sy erfenis.
13 Soos ‘n seder op die Libanon is Ek verhef, en soos ‘n Olyfboom op die gebergte van Hermon. [Spreuke van Salomo 3:18; Boekrol van Henog 28:1-3]
14 Soos ‘n palmboom in Engedi is Ek verhef, en soos roosplante in Jerigo; soos ‘n groen Olyfboom in die Laagland, ja, Ek is verhef soos ‘n plataan by die waters. [Exodus 30:22-38]
15 Soos kaneel en geurige kalmoes en soos uitgesoekte mirre het Ek ‘n geur gegee; soos galbanum en naeltjies en storaksgom en soos wierook [was Ek] in die Tabernakel. [Exodus 30:24-34; Levítikus 8:10; Psalm 45:8; 2 Ezra 2:12]
16 Ek, soos ‘n terpentynboom het Ek My takke uitgestuur, en My takke was takke van Eer en Guns.
17 Ek was soos ‘n Wingerdstok wat Guns laat uitspruit, en My blomme is die vrug van Glansrykheid en glorie. [Psalm 80:8; 128:3]
18 Ek is die Moeder van regverdige Liefde, en Vrees, en Kennis, en die Belofte van Apartheid: Daarom is Ek, wat vir ewig bestaan, gegee aan al My kinders wat na Hom genoem is.
19 Kom na My toe, julle wat My begeer, en versadig julle met My opbrengs.
20 Want My gedagtenis is soeter as heuning, en My Erfenis as ‘n heuningkoek.
21 Hulle wat My eet, sal nog honger wees, en hulle wat My drink, sal nog dors hê.
22 Hy wat na My luister, sal nie beskaamd staan nie, en werke wat deur My [verrig word], sal nie vernietig word nie.
23 Al hierdie dinge is die Boek van die Verbond van Elohim, die Hoogste El, die Wet wat Moshè Ons beveel het as ‘n Erfdeel vir die vergadering van Jakob. [Exodus 24:7]
24 Moenie beskaam om sterk te wees in JaHWeH nie sodat Hy jou mag aanneem; kleef aan Hom, want die Almagtige JaHWeH is El alleen en naas Hom is daar geen Verlosser nie.
25 wat die Pison met Wysheid vervul, en die Tigris in die dae van die nuwe vrugte;
26 wat verstandigheid laat vloei soos die Eufraat, en soos die Jordaan in die dae van die oes;
27 wat Onderrig laat oorvloei soos die Nyl, en soos die Gihon in die dae van die druiwe-oes.
28 Die eerste [adamiet] het Haar nie volkome geken nie, en so sal die laaste Haar nie kan naspeur nie;
29 want Haar Insig is groter as die see, en Haar Raad is groter as die Afgrond.
30 Ook is Ek soos ‘n stroom van ‘n rivier en soos ‘n waterkanaal in ‘n Tuin het Ek te voorskyn gekom;
31 Ek het gesê: Ek sal My Tuin natlei, en Ek sal My Tuinbedding versadig [met water] ; en kyk, die stroom het vir My geword tot ‘n rivier, en My rivier het geword tot ‘n see.
32 Nog sal Ek Onderwysing soos die môre laat skyn en Ek sal Haar laat uitstraal tot in die verte.
33 Nog sal Ek Onderrig soos profesie uitgiet en Ek sal Haar nalaat vir verre geslagte.
34 Kyk, want Ek het nie vir My alleen geswoeg nie, maar vir almal wat My soek.

Monday, October 10, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (3)


Hoofstuk 16 Nikswerd kinders.

1 MOENIE die skoonheid van nikswerd seuns begeer nie en moenie jou verbly oor bedorwe kinders nie.
2 En ook as hulle voorspoedig is, moenie trots op hulle wees as daar by hulle nie die Vrees van JaHWeH is nie.
3 Moenie vertroue stel in hulle lewe nie en maak nie staat op hulle einde nie; want die einde sal vir hulle nie goed wees nie; want een wat doen, is beter as die begeerte van duisend, en om kinderloos te sterwe as hy wat baie waardelose kinders en ‘n onbeskaamde saadlyn het.
4 Deur een kinderlose wat JaHWeH vrees, word ‘n Stad bewoon, maar van ‘n trouelose saadlyn word sy verlate.
5 Baie dinge soos hierdie het My oog gesien, en magtiger dinge as hierdie het My oor gehoor.

Die Woede van JaHWeH teen die wettelose.
6 IN die vergadering van die wetteloses word ‘n Vuur aangesteek, en te midde van ‘n afvallige volk brand die Grimmigheid.
7 Hy vergewe nie die Prinse/Sterre van ouds wat vanmelewe in hulle krag opgestaan het nie.
8 En Hy spaar nie die verblyfplekke van Lot wat hulleself in hul trotsheid te buite gegaan het nie.
9 Hy spaar [ook] nie die volk van die banvloek nie, hulle wat betrap was as gevolg van hulle ongeregtigheid.
10 So [het dit gebeur met] die seshonderdduisend voetgangers wat verdelg was in die trotsheid van hulle hart.
11 En inderdaad as daar een was wat sy nek verhard het, dan was dit ‘n wonder as hy nie gestraf is nie. Want dade van Barmhartigheid en Toorn is by Hom, en Hy vergewe en Hy verskoon, maar op die wetteloses laat Hy Sy Toorn rus.
12 So groot as sy dade van Barm-hartigheid, so is sy Tug, [elke] man oordeel Hy volgens sy dade.
13 Die wettelose sal nie met sy buit ontkom nie, en Hy sal nie toelaat dat die begeerte van die regverdige vir ewig uitbly nie.
14 Vir elkeen wat wetsgehoorsaam is, is daar loon, en elke mens sal volgens sy werke voor Hom verskyn.
15 JaHWeH het die hart van Farao verhard, wat HOM nie geken het nie, [en] wie se werke openbaar was onder die Hemele.
16 SY dade van Barmhartigheid word gesien deur al SY skepsels, en SY Lig en SY Lof het HY aan die adamiet toebedeel.

Hoofstuk 17 Die soewereiniteit van Elohim.

1 MOENIE sê nie: Van JaHWeH is hy verborge, en in die hoogte, wie sal my gedenk? Onder ‘n aansienlike volk word ek nie geken nie, en wat is my siel onder die tallose geeste van al die seuns van die Adam en alles wat in haar is?
18 Kyk, die Hemele en die hemels van die Hemele en die Afgrond en die Aarde, wanneer Hy hulle besoek, dan is hulle in beroering.
19 Ja, die vastighede van die berge en die fondamente van die wêreld, wanneer Hy na hulle kyk, bewe hulle grootliks.
20 Geen hart kan hierdie dinge betrag met verdienstelikheid nie: Wie kan Sy Weë bedink?
21 Dit is ‘n stormwind wat geen adamiet kan waarneem nie, want die grootste deel van Sy werke is verborge.
22 Wie kan Sy daad van Geregtigheid verklaar, wie kan Haar verdra? Want Sy Verbond is ver weg en die oordeel van alle dinge is aan die einde.
23 Hulle wat geen verstand het nie, bedink hierdie dinge, en ‘n dom man bepeins dit.
24 Luister na My en neem My Insig aan en gee ag op My woorde.
25 Ek sal volgens maat lering gee en met oorleg sal Ek My kennis aankondig,
26 Soos JaHWeH SY werke van die begin af geskep het, het HY volgens hulle lewe hul deel gegee.
27 U het vir ewig hulle werke vasgestel en hulle heerskappy tot in hulle geslagte, hulle het nie honger en is nie vermoeid nie, en hulle hou nie op van hulle werke nie.
28 Die een bemoei hom nie met die ander nie, en hulle kom nooit in opstand teen SY Woord nie.
29 En hierna het JaHWeH na die Aarde gekyk en Hy het haar volgemaak met sy suiwer dinge.
30 Met elke lewende wese het Hy Sy Adamah[adamiet se Aarde] volgemaak, en na haar keer hulle terug.

Hoofstuk 18 Die adamiet as skepsel van Elohim.

1 JaHWeH het die adamiet uit die Adamah[adamiet se Aarde] geformeer en Hy sal hom sekerlik na haar laat terugkeer.
2 ‘n [Bepaalde]] aantal dae en tyd het Hy aan hulle gegee, en Hy het hulle laat heers oor alles wat op [die Aarde] is.
3 Soos Homself het Hy hulle met mag beklee en as Sy beeld het Hy hulle gemaak.
4 En Hy het die skrik vir hulle op alle vlees gelê en hulle [gestel] om te heers oor diere en voëls.
6 Hy het tong èn oë èn ore geformeer, en ‘n hart het Hy hulle gegee om te verstaan. [Openbaring van Henog 11:40-41]
7 Met Kennis en Insig het Hy hulle gevul, goed en kwaad het Hy hulle geleer.
8 Hy het Sy Oog op hulle harte geplaas om hulle die grootheid van Sy werke te laat sien,
9 dat hulle die grootheid van Sy werke mag vertel
10 en die Naam van Sy Apartheid mag prys.
11 Hy het voor hulle Kennis gestel, en die Wet van die lewe het Hy hulle laat erwe.
12 ‘n Ewige Verbond het Hy met hulle opgerig, en Sy Verordeninge het Hy hulle bekend gemaak.
13 Die grootheid van Sy Glansrykheid het hulle oë gesien, en die lieflikheid van Sy Stem het hulle oor gehoor.
14 En Hy het vir hulle gesê: Bewaar julle van elke valsheid, en Hy het hulle bevel gegee, elkeen oor sy naaste.
15 Hulle weë was gedurig voor Hom, hulle was nie voor Sy Oë verborge nie.
17 Oor elke volk het Hy ‘n vors aangestel, maar die deel van JaHWeH is JisraEl.
19 Al hulle werke is soos die son voor Hom, en Sy Oë [rus] gedurig op hulle weë.
20 Hulle wetsverbreking is vir Hom nie verborge nie, en al hulle oortredinge is voor die Aangesig van JaHWeH.
22 Die Geregtigheid van ‘n man is soos ‘n seëlring by Hom, en die Medelye teenoor die adamiet bewaar Hy soos ‘n oogappel.
23 Agterna sal Hy opstaan en hulle beloon, en hulle beloning sal Hy op hulle hoofde wend.
24 Nogtans, aan hulle wat berou het, skenk Hy ‘n terugkeer, en Hy is hulle barmhartig wie se hoop vernietig is.
Oproep tot bekering.
25 KEER terug tot JaHWeH en laat ongeregtigheid na, smeek voor SY Aangesig en verminder die ergernis.
26 Wend jou tot JaHWeH en keer jou af van Ongeregtigheid en haat grootliks die gruwelikheid.
27 Wie sal JaHWeH in die Doderyk/Sheol loof in die plek van dié wat lewe en wat majesteit gee?
28 Danksegging verdwyn van die dode soos van een wat nie is nie, [maar] die ware lewende prys JaHWeH.
29 Hoe groot is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH en Sy vergiffenis vir hulle wat na Hom terugkeer.
30 Want nie alle dinge kan in die adamiet wees nie, want is die seun van die Adam nie ‘n kind van die Dood nie?
31 Wat skyn meer as die son? Ook hy word duisternis, en [hoeveel te meer die] kwaad wat die neiging van vlees en bloed is?
32 JaHWeH besoek die leërskare in die hoogte, ja, die seuns van die Adam van stof en as.


Hoofstuk 19 Die werke van JaHWeH.

1 HY wat ewig lewe, het alle dinge tesame geskep.
2 JaHWeH alleen is die Regverdige.
4 Wie is in staat om Sy werke te bereken, en wie sal Sy magtige dade ondersoek?
5 Die mag van Sy Grootheid, wie kan dit vertel? en wie kan aan Hom toevoeg om Sy gunsbewyse te bereken?
6 Niemand kan [iets] wegneem en niemand kan toevoeg nie, en niemand kan die wonderbaarlike dinge van JaHWeH ondersoek nie.
7 As die adamiet aan sy einde gekom het, dan het hy eers begin, en wanneer hy rus, dan is hy verslae.
8 Wat is die adamiet en wat is sy doel? Wat is goed of sleg vir hom?
9 Die getal van die dae van die adamiet [is baie] as dit vermeerder het tot honderd jaar.
10 Soos ‘n druppel van die see en ‘n korreltjie sand, so is duisend jaar in die dae van die ewigheid.
11 Daarom was JaHWeH lankmoedig oor hulle en het Hy Sy dade van Barmhartigheid oor hulle uitgestort.
12 Hy het gesien en geweet dat hulle einde besoedeld sal wees, daarom het Hy Sy vergiffenis vermenigvuldig.
13 Die dade van barmhartigheid van die adamiet is teenoor sy naaste, maar dade van Barmhartigheid van JaHWeH [gaan uit] na alle vlees, terwyl Hy vermaan en tugtig en leer en teruglei, soos ‘n herder sy kudde.
14 Oor hulle wat Sy Tug aanvaar, ontferm Hy Hom, en oor hulle wat wakker is oor Sy oordele.

Suiwer dade.
15 MY seun, moenie ‘n klad bring oor jou suiwer dade nie, en by elke geskenk moet jy nie deur ‘n woord smart veroorsaak nie.
16 Breek dou nie die droogte nie? So is ‘n woord beter as ‘n geskenk.
17 Is ‘n woord nie beter as ‘n geskenk nie? Maar hulle albei behoort by ‘n man van vroomheid.
18 ‘n Dwaas verag sonder Barmhartigheid, en die gawe van die afgunstige verwoes die oë.

Bedagsaamheid.
19 LEER voordat jy praat, voor jy siek is, soek ‘n geneesheer.
20 Voor die gereg, ondersoek jouself, en in die tyd van beproewing sal jy vergiffenis vind.
21 Voordat jy struikel, verneder jouself, en in die tyd van oortreding, bekeer jouself.
22 Moenie nalaat om ‘n Gelofte op sy tyd te betaal nie, en moenie wees soos die wat JaHWeH versoek nie. [Númeri 30; Prediker 5:4]
23 Voor jy bid, berei jouself voor, en moenie wees soos een wat JaHWeH versoek nie.
24 Dink aan die Woede op die laaste dag, en in die tyd van wraak aan die verberging van [Sy] Aangesig.
25 Dink aan die tyd van honger in die dae van versadiging, aan armoede en gebrek in die dae van rykdom.
26 Van die môre tot die aand verander die tyd, en alle dinge snel verby voor die Aangesig van JaHWeH.
27 ‘n Wyse man is gedurig versigtig, en in die dae van oortreding gee hy nie aanstoot nie.
28 Elke verstandige ken Wysheid, en aan hom wat Haar gevind het, sal Sy dank betuig.
29 Hulle wat verstandig is in woorde, is ook hulle wat wys handel en wat gepaste raaisels uitspreek.
30 Agter jou begeerte moet jy nie aangaan nie en weerhou jou van jou begeerlike dinge.
31 As jy die begeerte van jou siel volbring, sal die vreugde van die vyand jou vind.
32 Moenie jou verheug oor ‘n weinig weelde nie, want dubbel is sy armoede.
33 Moenie ‘n losbandige en ‘n dronkaard wees nie, of anders sal daar niks in die beurs wees nie.

Hoofstuk 20

1 HY wat dit doen, sal nie ryk word nie, en hy wat die klein dingetjies verag, sal volkome verarm.
2 Wyn en vroue maak die hart wellustig, en hy wat hoere aankleef, sal te gronde gaan.
3 Wurms en maaiers sal hom erf en ‘n ongevoelige siel bring vernietiging oor homself.
4 Hy wat gebrek aan Insig het, is haastig om te vertrou, en hy wat oortree, oortree teen homself.
5 Hy wat hom verheug oor die kwaad, sal vernietig word, hy wat sy tong in toom kan hou, sal lewe sonder struweling;
6 en hy wat geklets haat, sal minder besoedeling hê.

Oor praatjies.
7 MOET nooit ‘n woord herhaal nie, en niemand sal jou van laagheid beskuldig nie;
8 moenie tot vriend of vyand [daarvan] spreek nie, en as dit nie vir jou ‘n oortreding is nie, moet dit nie openbaar nie,
9 dat hy wat jou hoor, jou nie haat en jou as ‘n besoedelde beskou nie.
10 Het jy iets gehoor? Laat dit saam met jou sterwe, wees moedig, dit sal jou nie laat bars nie.
11 Weens ‘n woord verduur die dwaas pyn, soos iemand in barensweë vanweë ‘n kind.
12 Soos ‘n pyl in ‘n vlesige dy steek, so is ‘n woord in die ingewande van ‘n dwaas.

Vermanings teenoor ‘n vriend.
13 VERMAAN ‘n vriend dat hy geen [kwaad] doen nie, en as hy dit gedoen het, dat hy daarmee nie voortgaan nie.
14 Vermaan ‘n vriend dat hy geen [kwaad] praat nie, en as hy gepraat het, dat hy dit nie herhaal nie.
15 Vermaan ‘n vriend, want hoeveel laster is daar nie, en moenie op elke woord staatmaak nie.
16 Daar is iemand wat struikel, maar nie opsetlik nie, en wie het met sy tong nog nie oortree nie?
17 Vermaan die vriend voordat jy [hom] dreig, en gee plek aan die Wet van die Hoogste El.

Wysheid teenoor skranderheid.
20 ALLE Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en alle Wysheid is die onderhouding van die Wet en die Kennis van Sy Almagtigheid.
22 Kennis van die kwaad is geen Wysheid, en die raad van die wetteloses is geen Verstandigheid nie.
23 Daar is skranderheid, en dit is ‘n gruwel, en daar is iemand wat dom is, [maar] sonder oortreding.
24 Vrees vir Elohim is beter as ‘n gebrek aan Kennis, as iemand wat baie Kennis het, maar die Gebod van die Hoogste El oortree.
25 Daar is ‘n subtiele [vorm van] skranderheid, maar dit is vals, en daar is iemand wat slinks optree om ‘n regsbeslissing te verkry.
26 Daar is iemand wat geboë [en] bedroef voortgaan, maar in sy binneste is hy vol bedrog.
27 [Daar is] iemand met ‘n neerslagtige gesig wat homself stilhou, maar wanneer hy nie bemerk word nie, kry hy die oorhand oor jou.
28 En [daar is] iemand wat weens gebrek aan mag weerhou word van oortreding, as hy geleentheid vind, sal hy kwaad doen.
29 Uit sy voorkomste word ‘n man geken, en hy wat Insig het, word geken aan sy selfbeheersing.
30 Die kleding van ‘n man en die lag van die tande en die gang van ‘n mens maak hom bekend.