Thursday, February 23, 2012

Die Odes van Salomo (4)


Ode 8

Die Wysheid besing die Vader, die Seun en haar kinders.
1MAAK oop, maak oop julle harte met jubeling tot JaHWeH, en laat julle liefde oorvloei van die hart na die lippe,
2 om vrugte voort te bring vir JaHWeH, ‘n lewe van Apartheid, en om met waaksaamheid te spreek in SY Lig.
3 Rig julle op en staan orent, julle wat eens weggesink het:
4 Julle wat stil was, spreek, want julle Mond is geopen:
5 Julle wat verag was, rig julself van nou af aan op, want julle Geregtigheid is opgerig;
6 Want die Regterhand van JaHWeH is met julle en Hy is julle Helper:
7 En Vrede is vir julle voorberei, nog voor julle oorlog begin het.
8 Luister na die woord van Waarheid, en ontvang die Kennis van die Hoogste El.
9 Julle vlees sal nie weet wat Ek vir julle sê nie, ook nie julle kleding wat Ek aan julle bekend maak nie.
10 Bewaar My Verborgene, julle wat deur Haar onderhou word:
11 Bewaar My Geloof, julle wat deur Haar onderhou word;
12 En begryp My Kennis, julle wat My deur die Waarheid ken.
13 Wees lief vir My met toege-neentheid, julle wat bemin.
14 Want Ek wend nie My Aangesig af van hulle wat Myne is nie, omdat Ek hulle ken;
15 En voordat hulle ontstaan het, het Ek hulle waargeneem; en My Seël op hul aangesigte geplaas.
16 Ek het hul liggaamsdele gefor-meer; en My borste het Ek vir hulle voorberei, sodat hulle My melk van Apartheid mag drink en daardeur mag lewe.
17 Hulle was vir My welbehaaglik en Ek skaam My nie vir hulle nie;
18 Want hulle is My eie werke, en die Krag van My denke.
19 Wie, derhalwe sal teen My werke opstaan? Of wie is hy wat nie onderdanig aan hulle is nie?
20 Ek het hulle verstand en hart geformeer. En hulle is Myne; en Ek het My uitverkorenes aan My regterhand geplaas.
21 En My Geregtigheid gaan voor hulle uit; hulle sal nie geskei word van My Naam nie, want Sy is met hulle.
22 Bid en gaan in alle erns voort in die Liefde van JaHWeH, julle wat geliefdes is, in die Geliefde Een; julle wat bewaar word, in Hom wat weer gelewe het; julle wat verlos is, in Hom wat verlos is;
23 En julle sal onverderfbaar bevind word deur al die eeue, vanweë die Naam van jul Vader.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 9

‘n Ode deur die Wysheid van die Seun
1 OPEN julle ore en Ek sal tot julle spreek:
2 Gee julle siele aan My, sodat Ek ook Myself aan julle kan gee,
3 die Woord van JaHWeH en SY wil, die apartheidsdoel wat HY beplan het aangaande SY Gesalfde.
4 Want in die Wil van JaHWeH is julle lewe, en julle rasegtheid is onverderfbaar.
5 Word verryk in JaHWeH die Vader en ontvang die bewussyn van die Hoogste El: Wees sterk en wees verlos deur SY Barmhartigheid.
6 Want Ek verkondig Vrede aan julle, Sy rasegtes, sodat nie een van dié wat hoor in die oorlog sal val nie,
7 en dat hulle wat Hom geken het, nie mag vergaan nie, en dat hulle wat Hom ontvang het, nie beskaamd sal staan nie.
8 Waarheid is ‘n ewige Kroon; geseënd is diegene wat Haar op hul hoofde plaas,
9 ‘n Steen van groot waarde; want die oorloë is as gevolg van die Kroon;
10 En Geregtigheid het Haar geneem, en Haar aan julle gegee.
11 Sit die Kroon op in die ware Verbond van JaHWeH; en almal wat oorwin het, sal in Sy Boek opgeskryf word;
12 Want Sy Boek is die oorwinning wat julle s’n is; en Hy sien julle daarvoor en Hy begeer dat julle verlos word.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Tuesday, February 14, 2012

U, my Elohim…


O' my Abba Vader U is my sit en staan en ook my kom en gaan- en soos wat
ek dit daar in my eenvoud tog goed kan verstaan- is U die Ewige Lewe in my
ewige voortbestaan, ja, vir ewig altyd met U, my Maker saam.

My Elohim U is die hartklop van geheel my bestaan, ook is U die lewegewende suurstof wat daar deur my gaan. U is my lag- U is my vreugde maar in my
weemoed- ook my eensaam traan. U is my bitter pyn wanneer U as my Vader
my soms seer tugtig en vermaan- sodat ek die essensie van my bestaan goed
tot my voordeel kan verstaan. O’ ek sien in U ʼn enkel goue koringkorrel maar
U ook in al die gesonde graan, ja, U voed die kleinste organisme en geheel
ʼn wêreld tot hulle voortbestaan.

U is Liefde op Liefde so oneindig groot dat niemand dit werklik ooit mooi sal kan verstaan. U is my Redder- met U kosbaar bloed vir ons gestort- het U vir ons deur
die doderyk gegaan daarom sal ek in die oomblik wanneer my liggaam sterwend
moet vergaan, U sien daar waar U my tegemoet kom op U goue hemellaan en
terwyl U- U arm van Goddelike Liefde ook om my sal slaan- daar gaan ek van
suiwer saligheid skoon daarvan wil vergaan.

O’ my Elohim U is die lewende bloed wat daar deur my are gaan- U is genade
sonder grens of weerga wat uit U onuitputlike Bron oor alle lewe gaan. U is
my ewige troue Vriend wat deur dik en dun altyd by my staan en U is my
Leidsman wat U nooit vir hierdie kleine sondaar skaam. O’ my Elohim in
hierdie gruweltyd sonder toekoms waar almal vra; waar kom ons hulp
vandaan, Is U my Redder, ja, my Redder- wat my vyande kom verslaan.

Judith de Beer
http://www.openbaringe.co.za/

Monday, February 13, 2012

Die Odes van Salomo (3)


Ode 7

Ode deur die Bruid oor die Seun en die VADER.

1 SOOS die verloop van toorn oor besoedeling, so is die verloop van Vreugde oor die Geliefde Een; en Hy bring van die vrugte in sonder teëstand.
2 My Vreugde is in JaHWeH, en My rigting is na Hom: Hierdie Weg van My is mooi;
3 Want Ek het ‘n Helper in JaHWeH. Hy maak Homself sonder teësinnigheid aan My bekend in Sy edelmoedigheid; want in Sy Suiwerheid sit Hy Sy Majesteit eenkant.
4 Hy het soos Ek geword, sodat Ek Hom sou aanvaar: In voorkoms het Hy soos Ek gelyk, sodat Ek My in Hom sou klee.
5 En Ek het nie gebewe toe Ek Hom aanskou nie, want Hy het deernis met My gehad.
6 Hy het geword soos My natuur, sodat Ek Hom kon leer ken, en soos My gestalte, sodat Ek nie van Hom sou wegdraai nie.
7 Die VADER van Kennis gee die Woord van Kennis:
8 HY wat Wysheid geskep het, is wyser as Haar werke;
9 en HY wat My geskape het voordat Ek ontstaan het, het geweet wat Ek sou doen wanneer Ek daar was.
10 Daarom het HY My jammer gekry deur SY groot Medelye, en het My toegelaat om van HOM te vra, en om van SY Slagdier te ontvang;
11 Want Hy is onverderfbaar, die voleinding van die eeue en hulle VADER.
12 HY het Hom toestemming verleen om te verskyn aan hulle wat Syne is, dat hulle Hom kon herken wat hulle gemaak het en sodat hulle nie dalk mag dink dat hulle deur hulself ontstaan het nie.
13 Want HY rig Sy Weg na Kennis: HY het haar lank en breed gemaak en haar raseg gemaak;
14 En HY het op haar die Voetsole van SY Lig geplaas, en Hy het van die begin tot die einde gegaan;
15 Want HY is deur Hom bedien, en HY het ‘n welbehae in die Seun.
16 En omrede van Sy Verlossing sal Hy besit neem van alles; Die Hoogste El sal geken word deur SY apartes,
17 om hulle wat psalms oor die koms van die Meester het, bekend te maak, sodat hul Hom tegemoet kan gaan en vir Hom mag sing, met vreugde en met die harp van vele klanke.
18 Die sieners sal voor Hom uitgaan, en voor Hom gesien word;
19 En hulle sal JaHWeH in Sy Liefde prys, want Hy is naby en Hy sien.
20 En haat sal van die Aarde verwyder word, en sal verdrink saam met afguns;
21 Want Dwaasheid is vernietig, omdat die Kennis van JaHWeH gekom het.
22 Diegene wat sing, sal sing van die Barmhartigheid van JaHWeH, die Hoogste El, en hulle sal hul psalms aanbied;
23 Hul hart sal soos die dag wees en die klank van hul stemme soos die wye skoonheid van JaHWeH. Niks wat lewe sal onkundig of stom wees nie;
24 Want Hy het aan Sy skepping ‘n Mond gegee, om die Stem van die Mond oop te maak en Hom te loof.
25 Loof Sy Krag en maak bekend Sy Barmhartigheid.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Thursday, February 2, 2012

Die Odes van Salomo (2)


Ode 6
Die Gees van Apartheid.
1 SOOS die wind oor die harp beweeg en die snare spreek,
2 so spreek die Gees van JaHWeH in my liggaamsdele, en ek spreek deur Haar Liefde.
3 Want Sy vernietig alles wat vreemd is en alles is van JaHWeH.
4 Want so was Sy van die begin af, en so sal Sy wees tot aan die einde;
5 Sodat niks Hom sal teëstaan nie, en niks teen Hom sal opstaan nie.
6 JaHWeH het die Kennis omtrent Homself vermeerder, en ywer dat die dinge bekend sal wees wat deur Sy Barmhartigheid aan ons gegee is.
7 Hy het vir ons Sy lofprysinge tot Sy Naam gegee: Ons gees prys Sy Gees van Apartheid.
8 Want ‘n stroom gaan uit en word ‘n groot en breë rivier, want hy verpletter en breek alles op en voer dit weg van die Tempel;
9 En die mense kan dit nie bedwing nie, ook nie die bedrewenheid van hulle wat water beheer nie;
10 Want hy kom oor die hele Aarde en vul alles op;
11 Almal wat dors op die Aarde het, drink en hulle dors hou op en is gelês;
12 Want dié drank kom van die Hoogste El.
13 Daarom, geseënd is die Bedieners van daardie drank, diegene wat toevertrou is met Sy water:
14 Hulle verkwik die droë lippe en dié wat nie meer wilskrag het nie, tel Hy op;
15 Die Siele van dié wat naby aan die dood is, hou hulle terug van die dood;
16 En ledemate wat neergeval het, trek Hy self weer reguit en rig hulle op:
17 Hy verleen krag aan hulle verskyning en Lig aan hul oë;
18 Want elkeen ken hulle in JaHWeH, en deur die waters lewe hulle vir ewig.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Monday, January 30, 2012

Die Merk van die Dier


Daar is soms baie spekulasie rondom die merk van die Dier. Gaan dit ’n fisiese merk wees soos met ’n mikroskyfie, Verichip, of is dit iets heeltemal anders?

Mense wag ook eers vir die koms van die “merk” van die dier dan sal hulle gou hul saak regmaak dan is alles reg en sal hul nie in die verderf kom nie.

Ten einde meer kennis te verkry oor hierdie onderwerp moet ons kyk na die volgende paar verse waar voorhoof en/of die woord hand betrokke is.

Ex 28:36 Verder moet jy ‘n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op ‘n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN YAHWEH.
Ex 28:37 En maak dit vas aan ‘n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.
Ex 28:38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig—al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die YaHWeH welgevalle mag vind.

Open 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
Open 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Open 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde.

Open 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Yahshua en oor die woord van YaHWeH, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Yahshua Messiah die duisend jaar lank.

As ons kyk na die stukke en watter rol die voorhoof en die hand speel kan dit ook die volgende betekenis hê:

Aäron moes die goue plaatjie dra van, HEILIG AAN YAHWEH en dit sou beteken dat die heiligheid van YaHWeH voortdurend oordenk moes word en dat dit die verstand en denke moes oorheers..

In Openbaring 14:9 word eers gepraat van – die dier en sy beeld aanbid EN die merk dra op sy voorhoof OF hand – dus is sy denke en verstands optrede gewei aan die dier en sy beeld. Maar daar staan ook OF hand en dit verteenwoordig die doen van boosheid. So nou begin ons te sien dit gaan nie net oor die doen van boosheid wat die hand verteenwoordig nie maar ook die oordenking van boosheid wat die voorhoof beteken. Nou verstaan mens dalk ook beter van die wyse en dwase maagde. Die dwase maagde kon dalk geen boosheid gedoen het nie maar dit wel bedink het en Vader het gesê, gaan weg want ek ken julle nie.

Mat 25:10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
Mat 25:11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
Mat 25:12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
Mat 25:13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

of die gedeelte in Lukas

Luk 13:23 Toe sê iemand vir Hom: Meester, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle:
Luk 13:24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
Luk 13:25 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Meester, Meester, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
Luk 13:26 Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
Luk 13:27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!
Luk 13:28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van Elohim sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.


Openbaring 17:5 - die naam op die voorhoof – Verborgenheid, .... – dit is net die teenoorgestelde van wat YaHWeH is – dus speel die verstand en denke hier ’n geweldige belangrike rol en dit verteenwoordig dan ook die wil of die keuse wat mens uitoefen, want die keuse word gemaak vanuit die verstand – dus kies of vir YaHWeH of die hoer van Babilon.

Openbaring 20:4 - sien ons weer – die dier en sy beeld nie aanbid het nie EN die merk op hul voorhoof EN hand (dis nie wees soos in vers 14:9 OF nie maar wel EN) nie ontvang het nie.
Dus mag die dier of sy beeld nie aanbid gewees het nie en jy mag nie die boosheid bedink EN gedoen het nie, hulle sal leef as konings gedurende die 1000 jarige vrederyk.

Die illusie dat dit net ’n fisiese merk gaan wees is baie gevaarlik omdat mense daardeur mislei word en hulle dink dat hulle net sal weier om die merk te vat dan is hulle reg en veilig maar die probleem is hul mag dalk nie ’n fisiese merk aanvaar nie maar hulle het reeds die merk van die dier op hul voorhoof (verstand) of op hul hand (hul optrede).

Luk 21:34 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
Luk 21:35 Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
Luk 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Mag Vader julle behoed om nie deur die leuen mislei te word nie.
Amein.

Thursday, January 26, 2012

Om Liefde te Verstaan en te Leef


Het die gedagte ook al by jou opgekom dat dinge soveel makliker kon gewees het as ons eenvoudig verplig was om slegs YHWH lief te hê? Dan sou daar geen versoeking, geen afvalligheid en geen struikeling plaasgevind het nie.

Die gedagte het al ’n paar keer by my opgekom, veral aan die einde van ’n moeilike dag wanneer ek besef dat my optrede nie getuig het van die Liefde van die Ewige Skepper in my nie.

Maar as ons geen keuse gehad het om lief te hê nie, sou ons dit nog kon omskryf as liefde? Ek dink die wonder van die liefde is juis daarin geleë dat dit vrywilliglik is en dat ons ’n keuse maak om lief te hê of nie.

As ons kyk na die woorde van die digter in Odes van Salomo Hst. 3 vers 4: Wie kan die liefde verstaan, behalwe hy wat liefde ontvang.
Ons kan nie Vader YHWH se volle liefde verstaan totdat ons toegelaat dat Vader aan ons die liefde openbaar het nie. Ons moet dit eers ontvang om dit te herken en dan sal ons in staat wees om terug lief te hê.

’n Pasgebore baba ken nie die volheid van sy moeder se liefde nie totdat sy hom of haar in haar arms neem en teen haar vasdruk en liefkoos met ’n sagte soentjie op sy of haar voorkoppie. As hulle kon praat sou mens sekerlik woorde kon hoor soos, “Ahhh, is dit wat liefde is, nou weet ek wat dit is en ek kan ook liefhê.”

Maar saam met die liefde wat daar nou in ons hart is, moet ons hele lewe verander, jy kan nie die hart verander sonder om dit in die hele wese agter te kom nie.

Nou kom die probleem, leef ons elke dag soos ons hart is of behoort te wees.?

As jy die vraag moet antwoord: elke keer wat jy vandag met iemand gesels het, dink jy daardie persoon sou kon sê, ek ken vir Pietie of vir Sannie, maar vandag kon ek die lig en liefde van die Almagtige in hom of haar sien? Daar was meer as net Pietie of Sannie teenwoordig. Indien nie dan het ons die krag van die Gees in onsself verberg en het ons wese nie gespreek daarvan wat in ons hart is nie.

Dan dink ons dadelik aan die spreekwoord: waarvan die hart van vol is loop die mond van oor.
Wat het vandag uit jou mond uitgegaan? want dit is wat in jou hart is.

Elke dag staan ons skuldig en aangekla voor die aangesig van die Almagtige want liederlik het ons sy liefde verraai en versmaad.
Gelukkig is daar vergifnis en genade by Majesteit YHWH. Laat ons vandag skyn soos die lamp bo op die maat emmer vir elkeen wat in die donkerte van die wêreld wandel.

Odes van Salomo 3:
3 Want ek sou nie geweet het hoe om JaHWeH lief te hê as Hy my nie liefgehad het nie.
4 Wie kan die liefde verstaan, behalwe hy wat liefde ontvang?

Monday, January 23, 2012

Die Odes van Salomo (1)


‘n Ode is ‘n Liriese lofgedig oor ‘n verhewe onderwerp

Hier is seker van die mooiste lofliedere van vrede en blydskap wat die wêreld oor beskik. Maar hul presiese oorsprong, datum wanneer geskryf en presies deur wie geskryf is steeds onbekend.

Die odes is afkomstig van ‘n baie antieke Siriese geskrif, dit blyk of dit vertaal is vanuit die oorspronklike Grieks na Siries. Daar bestaan hewige debat oor die eerste gebruik van die lofliedere maar die mees aanvaarbare blyk te wees dat dit gebruik is deur die nuut gedoopte gelowiges van die eerste eeu.

Ons het die vertaling van die oorspronklike odes te danke aan J. Rendel Harris wat die odes as volg beskryf het:
“There does not seem to be anything about which everyone seems agreed unless it be that the Odes are of singular beauty and high spiritual value.”


Ode 1
1 JaHWeH is soos ‘n Krans op My hoof en Ek sal Hom nie verlaat nie.
2 Die Krans van Waarheid is vir My gevleg, en Sy het U takke binne My laat bot;
3 Want Sy is nie soos ‘n verwelkte krans wat nie uitbot nie:
4 Maar U is lewendig op My hoof en U het op My gebot.
5 U vrugte is vol en raseg: Hulle is vol Verlossing.

Ode 2 is verlore.

Ode 3
1 ...... Ek beklee.
2 MY ledemate is met Hom, ek hang aan Hom en Hy het my lief;
3 Want ek sou nie geweet het hoe om JaHWeH lief te hê as Hy my nie liefgehad het nie.
4 Wie kan die liefde verstaan, behalwe hy wat liefde ontvang?
5 Ek het die Uitverkorene lief, my siel het Hom lief; en waar Sy rus is, daar is ek ook.
6 Ek sal nie ‘n vreemdeling wees nie, want die Hoogste El en die barmhartige Meester koester geen wrok nie.
7 Ek is verenig met Hom, want die geliefde het die Geliefde Een gevind, omdat ek daardie Seun liefhet, sal ek ‘n seun word.
8 Want hy wat verbind is met Hom wat nie sterf nie, hy sal ook onsterflik word.
9 Hy wat in U glo, sal ‘n lewende wese word.
10 Sy is die Gees van Waarheid van JaHWeH wat die mense Sy Weë leer.
11 Wees wys, en verstaan en wees opmerksaam.
Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!

Ode 4
1 GEEN sterfling verander U Apartheidsplek nie, o my Elohey, en daar is geeneen wat hom sal verander en op ‘n ander plek sit nie,
2 Want geeneen het enige gesag oor hom nie; want U het U Apartheidsplek bedink voordat U plekke gemaak het:
3 Wat ouer is, sal nie verander word deur die wat jonger as hy is nie. U het U Hart, o JaHWeH, aan U getroues gegee.
4 U sal nooit onbekwaam wees nie, ook sal U nie vrugteloos wees nie.
5 Want een uur van U Waarheid is beter as al die dae en jare.
6 Want wie sal hom beklee met U Guns en verwerp word?
7 Want U Seël is bekend, en U skepsele is bekend met Haar,
8 en die Leërskare hou Haar, en die uitverkore Hoofboodskappers is met Haar beklee.
9 U het vir ons gemeenskap met U gegee: Dit is nie asof U ons nodig het nie, maar eerder dat ons U nodig het.
10 Sprinkel U dan oor ons U Dou, en open U ryk Fonteine wat vloei met melk en heuning vir ons.
11 Want by U is geen berou, dat U berou sal hê oor enigiets wat U beloof het nie;
12 En die einde is aan U bekend.
13 Want wat U gee, skenk U mildelik, sodat U dit nie van nou af aan sal terugneem nie; want alles is aan U, as die Elohim, bekend,
14 en is van die begin af voor U gereed gemaak en U, my Elohey, het alles gemaak.
15 Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!

Ode 5
Ode deur die Kneg van JaHWeH
1 EK dank U, o JaHWeH, omdat Ek U liefhet.
2 0, Hoogste El, verlaat My nie, want U is My hoop.
3 Ek ontvang U Barmhartigheid vrylik: Ek sal deur Hom leef.
4 My agtervolgers sal kom, maar hulle sal My nie sien nie:
5 ‘n Donker wolk sal voor hul oë kom, en ‘n ondeursigtige mis sal donkerte oor hulle bring;
6 Hulle sal nie die Lig hê om te sien nie, sodat hulle My nie sal gryp nie.
7 Hulle plan sal dwaasheid word, en dit wat hulle saamgesweer het, sal terugkom op hul eie hoofde;
8 Want hulle het ‘n plan uitgedink, maar dit sal vir hulle tot niks kom nie;
9 Hulle het besoedelde planne gesmee, maar dis bevind dat dit tevergeefs was.
10 Want My hoop is gevestig op JaHWeH, en Ek sal nie vrees nie;
11 Omdat JaHWeH My redding is, sal Ek nie bevrees wees nie.
12 Hy is soos ‘n Kroon op My hoof, en Ek sal nie wankel nie;
13 Selfs as alles sou wankel, sal Ek vasstaan;
14 Selfs as alles wat sigbaar is, vergaan, sal Ek nie sterf nie:
15 Want JaHWeH is met My en Ek is met Hom.
Halalu-JaHH / Prys jul JaHH!