Tuesday, October 25, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (5)


Hoofstuk 26 Verskillende spreuke.

1 DRIE dinge het My Siel begeer, en hulle is die beste voor Elohim en adamiet: die broederskap van broers en die vriendskap van vriende en ‘n man en ‘n vrou wat volkome [bymekaar pas].
2 Drie soorte [mense] haat My Siel, en Ek het ‘n groot afsku in hulle lewe: die arme wat hoogmoedig is, en die ryke wat bedrieg, en die oue wat vermeng en gebrek aan Kennis het.
3 As jy hulle in jou jeug nie begeer het nie, hoe sal jy hulle in jou ouderdom vind?
4 Hoe gepas is die Reg vir die gryses, en vir die oues die Kennis van die Wysheid.
5 Hoe gepas is die Wysheid van die gryses, en nadenke en Raad vir dié wat geëer word.
6 Die kroon van die oues is die grootheid van ondervinding, en hulle glorie is die Vrees van JaHWeH.
7 Nege voorstellings [van mense] het Ek in My Hart oorweeg en van ‘n tiende sal Ek spreek met My Tong: geseënd is hy wat bly is oor sy nageslag, en hy wat lewe om die val van sy vyand te sien. Geseënd is hy wat met sy tong nie gestruikel het nie en iemand wat geringer as hyself is, nie gedien het nie.
8 Geseënd is die eggenoot van ‘n verstandige vrou, en iemand wat nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeg nie.
9 Geseënd is hy wat Kennis gevind het, en hy wat spreek in ‘n oor wat luister.
10 Hoe groot is hy wat Wysheid vind, maar hy is nie voortrefliker as die een wat JaHWeH vrees nie.
11 Die Vrees van JaHWeH oortref alle dinge, en hy wat aan Haar vashou, met wie sal hy vergelyk word?
13 Elke wond, maar nie ‘n hartewond nie! Elke kwaad, maar nie die kwaad van ‘n vrou nie!
14 Elke verdrukking, maar nie die verdrukking van een wat haat nie! Elke wraak, maar nie die wraak van die vyand nie!
15 Daar is geen gif soos die gif van ‘n slang/nagash nie, en daar is geen grimmigheid soos die grimmigheid van ‘n vrou nie.
16 Dit is beter om by ‘n leeu en ‘n draak te woon as om te woon by ‘n slegte vrou.
17 Die besoedeling van ‘n vrou maak die voorkoms van ‘n man swart en verdonker sy gesig soos die van ‘n beer.
18 Tussen vriende sit haar eggenoot en onwillekeurig sug hy.
19 Min kwaad is soos die kwaad van ‘n vrou, mag die lot van die wettelose haar oorval!
20 Soos ‘n sanderige heuwel vir die voete van die oues, so is ‘n praatsieke vrou vir ‘n beskeie man.
21 Moenie val weens die skoonheid van ‘n vrou nie en moenie die dinge wat sy besit, begeer nie;
22 want daardeur kom skande en smaad as ‘n vrou haar man onderhou.
23 ‘n Bedroefde hart en ‘n ver-donkerde gesig en ‘n verwonde hart is ‘n slegte vrou. Slap hande en struikelende knieë is ‘n vrou wat haar man nie bly maak nie.
24 Deur ‘n vrou het die wetsoortreding begin, en omrede van haar moet elkeen van Ons sterwe.
25 Moenie aan water ‘n uitloop[plek] gee nie, ook nie aan ‘n slegte vrou heerskappy nie.
26 As sy nie handel soos jy wil nie, sny haar van jou vlees af weg, gee en stuur weg!

Hoofstuk 27 Oor suiwer en slegte vroue.

1 ‘N SUIWER vrou - geseënd is haar man, en die getal van sy dae word verdubbel.
2 ‘n Waardige vrou versorg haar man, en sy jare maak hy in Vrede vol.
3 ‘n Suiwer vrou is ‘n kosbare gawe en in die boesem van hom wat Elohim vrees, sal sy gegee word.
4 Of hy ryk of arm is, sy hart is opgewek, en te alle tye straal sy gesig.
5 Oor drie dinge is My Hart bevrees en ten opsigte van ‘n vierde vrees Ek: laster in die Stad en ‘n toeloop van die gespuis en ‘n valse vermaning - hulle almal is erger as die Dood.
6 Droefheid van hart en smart is ‘n vrou wat jaloers is op ‘n ander, en ‘n teistering is haar tong vir almal.
7 Soos ‘n harde juk is ‘n slegte vrou, hy wat haar opneem, is soos een wat ‘n skerpioen aangryp.
8 Groot toorn [word deur] ‘n dronk vrou [veroorsaak], en haar naaktheid bedek sy nie.
9 Egbreuk van ‘n vrou is geleë in die opheffing van haar oë, en sy word geken deur haar ooglede.
10 Oor een wat koppig is, moet jy streng wag hou, dat sy die geleentheid nie vind, om dit vir haarself te gebruik nie.
11 Pas ‘n koppige goed op en moenie verbaas wees as sy ontrou teen jou is nie.
12 Soos ‘n dorstige reisiger die mond oopmaak en van alle waters wat in die nabyheid is, drink, so sit sy by elke tentpen en vir [elke] pyl open sy haar pylkoker,
13 Die aanvalligheid van ‘n vrou verheug haar eggenoot, en haar insig maak sy gebeente vet.
14 ‘n Geskenk van JaHWeH is ‘n stil vrou, en daar is geen koopprys vir ‘n siel wat [goed] onderrig is nie.
15 Uitermate aanvallig is ‘n vrou wat skaam is, en daar is geen gewig [aan silwer] vir ‘n beskeie siel nie.
16 Soos die son wat uitstraal vanuit die hoogtes, so is die skoonheid van ‘n suiwer vrou in die versiering van sy huis.
17 Soos die lamp wat skyn op die suiwer kandelaar, so is die skoonheid van die gesig van iemand wat haar hoog oprig.
18 Soos goue pilare op silwer voetstukke, so is mooi voete op vaste hakke.
19 My seun, in die krag van jou jeug, hou jouself volkome en moenie jou krag aan verbasterdes gee nie.
20 As jy ‘n suiwer deel uit die hele veld gesoek het, saai jou eie saad en vertrou op jou eie ras.
21 So sal jou vrugte rondom jou wees en in die vertroue op jou saadlyn sal hulle groot word.
22 ‘n Gehuurde vrou word soos spuug gereken, maar ‘n getroude vrou soos ‘n toring van die Dood vir haar minnaars.
23 ‘n Besoedelde vrou sal gegee word as deel van die onregverdige, maar ‘n regverdige [vrou] sal gegee word aan hom wat JaHWeH vrees.
24 ‘n Skaamtelose vrou verlustig haar in growwe oortredinge, maar ‘n skaam dogter sal selfs voor haar man skaamte betoon.
25 ‘n Koppige vrou sal gereken word soos ‘n hond, maar ‘n skaam dogter is een wat JaHWeH vrees.
26 ‘n Vrou wat haar man eer, kom vir almal wys voor, maar sy wat [haar man] tot skande is, sal deur almal geken word as iemand wat wetteloos in [haar] trotsheid is. ‘n Suiwer vrou - geseënd is haar eggenoot, want die getal van sy jare verdubbel. Die twis van ‘n vrou in [haar] sagmoedigheid, soos brandende koors, so sal sy voorkom.
27 ‘n Luidrugtige en spraaksame vrou word gereken soos ‘n trompet wat [in] die oorlog verskrik, en die siel van elke sodanige man sal in die beroeringe van ‘n oorlog die lewe deurbring.

Verskillende spreuke.
28 OOR twee dinge is My Hart bedroef, en oor ‘n derde ontvlam My toorn: ‘n soldaat wat gebrek ly weens armoede, en manne van verstand as hulle hulself verneder, en een wat hom van Geregtigheid tot ongeregtigheid keer - mag JaHWeH hom vir die Swaard voorberei!
29 Nouliks sal ‘n handelaar homself weerhou van verkeerdheid, en ‘n smous sal nie vrygespreek word van oortreding nie.

Hoofstuk 28

1 TER wille van gewin het baie oortree, en hy wat soek om [sy besittings] te vermeerder, draai die oog weg.
2 Tussen die voeg van klippe sit ‘n tentpen vas, so dring oortreding homself in tussen koper en verkoper.
3 As iemand nie vashou aan die Vrees van JaHWeH nie, dan word sy huis baie gou afgebreek.
4 Wanneer ‘n sif geskud word, bly die vuil [agter], so is dit met die vuil van ‘n adamiet in sy spraak.
5 Die vaatwerk van die pottebakker [dien] om [in] die smeltoond te brand, en soos hy word ‘n man op Aarde van sy planne [getoets].
6 Ooreenkomstig die bearbeiding van die Boom is die vrugte, so is die gedagte ooreenkomstig ‘n adamiet se persoonlikheid.
7 Moenie iemand prys voor jy hom hoor praat nie, want so word ‘n adamiet getoets.
8 As jy Geregtigheid navolg, sal jy Haar vind en jy sal Haar aantrek soos ‘n sierlike kleed.
9 Elke voël woon by sy soort, so kom die Waarheid na hom wat Haar beoefen.
10 Die leeu lê en wag vir die prooi, so ongeregtigheid vir hulle wat onreg doen.
11 Die gesprek van die regverdige is voortdurende Wysheid, maar die dwaas verander soos die maan.
12 Tussen dwase moet jy die tyd in ag neem, maar tussen verstandiges kan jy [blywend] gesels.
13 Die gesprek van die dwase is afskuwelik, en hulle gelag is gekke oortreding.
14 Die gesprek van hom wat die eed vermeerder, laat die hare regop staan, en hulle getwis laat iemand die ore toestop.
15 Die getwis van die veragters [dien] om bloed te vergiet, en hulle twisgeding is sleg vir die gehoor.
16 Hy wat ‘n geheim openbaar, vernietig die vertroue en sal geen vriend vir homself vind nie.
17 Wees lief vir ‘n vriend en wees getrou aan hom, maar as jy sy geheim openbaar, moet jy nie agter hom aangaan nie,
18 want soos ‘n man sy vyand vernietig, so het jy die vriendskap van die vriend vernietig.
19 En soos ‘n voël wat jy uit jou hand weggestuur het, so het jy die vriend laat gaan en jy sal hom nie weer vind nie.
20 Moenie agter hom aangaan nie, want hy het homself verwyder en het ontkom soos ‘n bokkie uit die strik.
21 Want ‘n wond kan verbind word en [vir] ‘n twisgeding is daar versoening, maar hy wat geheime openbaar, het die hoop vernietig.
22 Hy wat die oog knip, is iemand wat kwaad berei, en hy wat hom ken, bly ver van hom af weg.
23 Voor jou oë praat hy mooi, en oor jou woorde verwonder hy hom; later [egter] verander hy sy mond, en op jou woorde plaas hy ‘n smet.
24 Baie dinge haat Ek, maar niks [so erg] soos hy nie, en JaHWeH sal hom [ook] haat en hom vervloek.
25 Hy wat ‘n klip hoog opgooi, op sy hoof sal sy val, en ‘n bedrieglike hou deel ‘n wond uit.
26 Hy wat ‘n kuil grawe, sal in haar val, hy wat ‘n strik stel, sal in hom gevang word.
27 Hy wat in Dwaasheid verval, na hom toe sal sy terugkeer, en hy sal nie weet vanwaar sy oor hom gekom het nie.
28 Spotlag en smaad is vir die trotse, en wraak, soos ‘n leeu, lê vir hom en wag.
29 In die strik word die gevang wat hulle verheug oor die val van die regverdige, en angs sal hulle verteer voor hulle dood.
30 Gramskap en toorn - ook hierdie dinge is ‘n gruwel, en ‘n besoedelde is iemand wat dit aangryp.

Hoofstuk 29

1 HY wat wraak neem, sal van JaHWeH wraak ondervind, en sy wetsoortreding sal Hy sekerlik [in gedagte] hou. [MattithJaHûW 5:44]
2 Vergewe jou vriend die oortreding, en so, as jy bid, sal jou oortredinge vergewe word.
3 As ‘n adamiet ‘n ergernis teenoor ‘n medemens bewaar, sal hy van JaHWeH genesing soek?
4 Oor ‘n adamiet soos hy self, het hy geen Vrede nie, en sal hy oor sy eie oortredinge bid?
5 Hy, as iemand van vlees, behou die gramskap, wie sal sy wetsverbreking vergewe?
6 Dink aan die einde en weerhou jou van vyandskap, [dink aan] die vernietiging en die Dood en hou op om die Wet te oortree.
7 Dink aan die Gebod en moenie vir jou naaste kwaad wees nie en [dink aan] die Verbond van die Hoogste El en verhef [haar] tot die graf toe.
8 Bly ver weg van getwis en jy sal sonder oortreding wees, want ‘n toornige man blaas die twis aan.
9 En ‘n besoedelde stook onrus onder vriende en tussen die vreedsames werp hy laster.
10 Soos die hout is, so brand die vuur, en volgens die krag van die getwis sal dit vermeerder; volgens die mag van ‘n mens is sy toorn, en ooreenkomstig sy rykdom verhef hy sy grimmigheid.
11 Mastikgom en pik blaas ‘n vuur aan, so veroorsaak ‘n heftige getwis bloedvergieting.
12 As jy die vonk aanblaas, sal hy brand, en as jy daarop spoeg, sal dit geblus word; en albei kom uit jou mond voort.

Die lasterlike tong.
13 DIE huigelagtige is vervloek, want hy het baie wat in Vrede geleef het, vernietig.
14 Die tong van die lasteraar het baie geskud en hulle onder baie nasies verstrooi, sy het selfs ontoeganklike stede vernietig en die huise van die edeles het sy verwoes.
15 Die tong van die lasteraar het dapper vroue uitgedryf en hulle van hulle posisie beroof.
16 Hy wat na haar luister, sal nie rus vind nie en sal nie in veiligheid woon nie.
17 Die slag van die roede veroorsaak ‘n kneusplek, maar die slag van die tong verbreek die gebeente.
18 Baie het geval deur die skerpte van die swaard, maar [hulle is nie soveel] soos die wat verwond is deur die tong nie.
19 Geseënd is die man wat teen haar beskut is, wat nie deur haar grimmigheid gaan nie. Geseënd is hy wat haar juk nie dra nie en wat deur haar bande nie gebind is nie.
20 Want haar juk is ‘n juk van yster, en haar bande is bande van koper.
21 ‘n Slegte dood is sy dood, en die Doderyk/Sheol is beter as hy.
22 Sy kan die regverdiges [egter] nie aangryp nie, en in haar vlam sal hulle nie brand nie.
23 Hulle wat JaHWeH verlaat, sal in haar val, en sy sal onder hulle brand en nie geblus word nie; sy sal onder hulle gestuur word soos ‘n leeu, en soos ‘n luiperd sal sy hulle vernietig.
24 Kyk, soos jy jou Wingerd met dorings omhein, en jou silwer en jou goud in ‘n beurs verseël is,
25 maak so vir jou woorde ‘n weegskaal en ‘n gewig en maak vir jou mond deure en ‘n grendel.
26 Neem jouself in ag dat jy nie deur haar (die tong) struikel en voor hom val wat ‘n hinderlaag stel nie.

Hoofstuk 30 Oor leen en borgstaan.

1 HÝ handel vroom wat aan sy naaste leen, en hy wat hom ‘n hand gee, bewaar die Gebod.
2 Leen aan jou naaste in die tyd van sy nood en betaal jou naaste sekerlik op die vasgestelde tyd.
3 Bevestig die Woord en hou aan Hom vas en by elke geleentheid sal jy vind wat jy nodig het.
4 Baie wat leen, het geleen sonder om terug te gee en belas die wat aan hulle geleen het.
5 Die tyd wanneer hy ontvang, soen hy sy hand, en oor die vermoë van sy naaste spreek hy ootmoedig; maar wanneer hy moet teruggee, verleng hy die vasgestelde tyd en voeg hy woorde wat verdriet veroorsaak toe en het hy tyd vir beskuldiging.
6 As hy by magte is [om terug te betaal] sal hy nouliks die helfte byeenbring, en [die ander] sal hy reken as buit; en as hy nie [in staat is nie] sal hy hom van sy besittings beroof, en hom onnodig vir homself tot ‘n vyand maak. Met vloeke en twiste betaal hy hom, en in die plek van eer kom skande.
7 Baie het hulle weerhou [om uit te leen] weens die kwelling, [want] hulle was bevrees om onnodig beroof te word.
8 Maar wees lankmoedig teenoor die arme en verleng in regverdigheid [die tyd van terugbetaling] vir hom.
9 Help die behoeftige ter wille van die Gebod en volgens sy nood, moenie hom leeg laat teruggaan nie.
10 Verloor [liewer] silwer ter wille van ‘n broer of vriend en laat dit nie roes onder ‘n klip tot vernietiging nie.
11 Stel jou vermoë volgens die Gebooie van JaHWeH, en sy sal jou bevoordeel meer as goud.
12 Sluit aalmoese op in jou skatkamers, en sy sal jou verlos van alle kwaad.
13 Beter as ‘n kragtige skild en ‘n sterk spies sal sy vir jou teen ‘n vyand veg.
14 ‘n Suiwer man verseker ‘n vriend, maar een wat skaamte vernietig, sal hom verlaat.
15 Die Suiwerheid van die Een wat borgstaan moet jy nie vergeet nie, want Hy het Sy lewe vir jou gegee.
16 Die wettelose stoot die betekenis van borgstaan weg,
17 en die slegte man verlaat sy Verlosser deur sy houding.
18 Borgstaan het baie vernietig wat ryk geag is en het hulle rondgeslinger soos golwe van die see. Magtige manne is weggevoer, en is daardeur weggedryf onder verbasterde nasies.
19 Die wettelose sal val as hy borgstaan, en sy gejaag na wins sal hom in ‘n regsgeding laat beland.
20 Help jou naaste volgens jou vermoë en bewaar jouself dat jy nie val nie.

Oor die lewe in die vreemde.
21 DIE belangrikste vir die lewe van ‘n adamiet is brood en water en ‘n kleed en ‘n huis wat die privaatheid bedek.
22 Liewer die lewe van ‘n arme onder die skaduwee van sy eie dak, as geurige voedsel in ‘n ander se huis.
23 Met weinig of met baie, wees tevrede en die smaad van jou huis sal jy nie hoor nie.
24 Dit is ‘n slegte lewe om van huis tot huis [te gaan], en wanneer jy as vreemde vertoef, moet jy die mond nie oopmaak nie.
25 Jy sal onthaal en feesvier sonder dank, en behalwe hierdie sal jy bittere woorde hoor.
26 Kom hierheen, reisiger, berei [My] tafel, en as daar iets in jou hand is, voed My [daarmee].
27 Vertrek, reisiger, van die aangesig van eer, want My broer het gekom as gas, en Ek het die huis nodig.
28 Die dinge is moeilik vir ‘n verstandige man: berisping oor die huis en die smaad van iemand wat leen.

Monday, October 17, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (4)


Hoofstuk 21 Daar is ‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat.

1 DAAR is ‘n vermaning wat nie gepas is nie, en dan is die een wat stilbly wys.
2 Hoe goed is dit om te bestraf, eerder as om toornig te wees, en om belydenis te doen eerder as om teruggehou te word van gebrek.
4 Soos ‘n ontmande wat by ‘n jong dogter oornag, so is hy wat met geweld regspraak beoefen.
5 Daar is een wat stilbly en hy word gereken as wys, en ‘n ander word verag oor [sy] twissieke gepraat.
6 Daar is een wat stilbly, omdat hy nie kan antwoord nie, en ‘n ander bly stil, want hy sien [dat dit] tyd is.
7 Die wyse bly stil tot die [regte] tyd, maar die dwaas neem die geleentheid nie in ag nie.
8 Hy wat baie praat, word verafsku, en hy wat homself met gesag beklee, word gehaat.

Die skyn van dinge.
9 DAAR is [soms] voorspoed in die smart vir ‘n adamiet, en daar is [soms] wins vir hom wat gebrek het.
10 Daar is [soms] ‘n geskenk wat vir jou geen voordeel bring nie, en daar is ‘n geskenk met ‘n dubbele beloning.
11 Daar is ‘n gebrek ter wille van die eer, en daar is een wat uit die ellende die hoof ophef.
12 Daar is een wat baie koop vir weinig, en een wat sewevoudig vergeld.
13 Die wyse, met weinig woorde maak hy homself gelief, maar die goedheid van dwase word uitgegiet.
14 Die geskenk van die dwaas sal jou niks baat nie, want hy verwag veelvoudige vergoeding.
15 Hy gee weinig, maar verwyt baie, en hy maak sy mond oop soos een wat roep. Vandag leen hy uit, maar môre soek hy [dit terug], haatlik is ‘n man soos hy.
16 Die dwaas sê: Ek het geen vriend nie, en daar is geen dank vir my goedheid nie. Hulle wat my brood eet, is mense wat met die tong hoon.
17 Hoe dikwels, en hoe baie is hulle wat hom spot!
18 ‘n Struikeling van die voet is beter as ‘n struikeling met die tong, so kom die val van die slegtes gou.
19 ‘n Ongeleë woord sal voortdurend in die mond van die dwaas wees.
20 In die mond van ‘n dwaas is ‘n spreuk veragtelik, want hy spreek dit nie uit op die regte tyd nie.
21 Daar is een wat vanweë gebrek weerhou word om die Wet te oortree, en in sy rus sal hy nie gepla word nie.
22 Daar is een wat homself weens skande te gronde rig, en weens gebrek aan openhartigheid vernietig hy homself.
23 Daar is een wat vanweë skaamte sy naaste laat vertrou [op sy beloftes], so maak hy vir homself ‘n vyand sonder rede.
24 Leuens is ‘n besoedelde smet in die mens, in die mond van die onkundiges is dit voortdurend [aanwesig].
25 ‘n Dief is verkiesliker as een wat lieg, maar hulle albei sal ondergang erwe.
26 Die weg van ‘n leuenagtige man [loop uit op] skande, en sy smaad is voortdurend by hom.
27 ‘n Wyse laat homself in nederigheid lewe, en ‘n verstandige man sal opreg wees in die oë van vorste.
28 Hy wat die grond bewerk, maak sy hoop [koring] hoog, en die opregte in die oë van die vorste versoen die ongeregtigheid.
29 ‘n Geskenk en ‘n present verblind die oë, en soos ‘n muilband vir die mond weer dit die Tug af,
30 Bedekte wysheid en verborge skatte, watter voordeel is daar in albei?
31 Beter is die man wat sy dwaasheid verberg, as die man wat sy Wysheid verberg.

Hoofstuk 22 Vermaning teen oortreding.

1 MY seun, het jy oortree, moet dit nie weer doen nie en bid aangaande die vorige [oortredinge].
2 Vlug weg van die oortredinge soos vir ‘n slang/nagash, want as jy naby hom kom, sal hy jou byt. [Soos] die tande van ‘n leeu is sy tande, hulle verslaan die siel van ‘n adamiet.
3 Soos ‘n tweesnydende swaard is elke oortreding, vir sy wond is daar geen genesing nie.
4 Tirannie en trotsheid ruïneer rykdom, en die huis van die verwaande word ontwortel.
5 Die gebed van die arme is van sy mond tot sy ore, en sy Reg kom spoedig.
6 Hy wat Tug haat - [dit is] die merk van die wettelose, maar hy wat JaHWeH vrees, sal hom volkome [tot Hom] wend.
7 Die wyse is bekend met die een wat voor [hom] is, en die verstandige weet sodra hy struikel.
8 Hy wat sy huis bou met geld van ander, is een wat klippe vir sy [graf-] hoop versamel.
9 Soos vlas(katoen) wat saamgebind is, so is die vergadering van besoedeldes, en hulle einde is die vlam van vuur.
10 Die pad van die besoedelde is vol klippe, en sy einde is die verderf van die Doderyk/Sheol.

Verskil tussen die wyse en die dwaas.
11 HY wat die Wet hou, is een wat heers oor sy natuurlike neiging, en die Vrees van JaHWeH is die einddoel van die Tugtiging.
12 Hy by wie daar geen skranderheid is nie, sal nie onderrig word nie, maar daar is ‘n skranderheid wat bitterheid vermenigvuldig.
13 Die Kennis van die wyse vermeerder soos ‘n bron, en sy Raad soos ‘n lewende Fontein.
14 Die binneste van ‘n dwaas is soos ‘n gebarste reënbak, dit kan geen Kennis hou nie.
15 As ‘n verstandige die woord van ‘n wyse hoor, dan loof hy dit en voeg [nog] daaraan toe. Die vermetele het gehoor, maar dit was nie reg in sy oë nie, en hy werp dit agter sy rug.
16 Die gesprek van ‘n dwaas is soos ‘n vrag op die pad, [maar] op die lippe van die verstandige word Guns gevind.
17 Die woord van ‘n verstandige word in die vergadering gesoek, en op sy woorde gee hulle ag.
18 Soos ‘n gevangenis is Wysheid vir ‘n onkundige, en Kennis vir die dwaas is [soos] woorde wat nie ondersoek is nie:
19 Soos ‘n net vir die voete is Tug vir die onkundiges, en soos boeie aan die regterhand.
20 Die dwaas verhef sy stem met gelag, maar ‘n skrander man lag ingetoë.
21 Soos ‘n goue versiering is onderrig vir die verstandige, en soos ‘n armband om die regterarm.
22 Die voet van die dwaas haas na ‘n huis, maar ‘n verstandige man gedra homself nederig.
23 ‘n Dwaas kyk van die deur af in die huis maar ‘n eer vir ‘n man is die huis van sy naaste.
24 ‘n Dwase man luister by die deur, maar vir ‘n verstandige is [so ‘n] skanddaad pynlik.
25 Die lippe van die vermeteles praat oor hierdie dinge, maar die woorde van die verstandiges word in weegskale geweeg.
26 Die hart van dwase is in die mond, maar die mond van wyses is in die hart.
27 Wanneer die dwaas die teëstander vloek, vloek hy homself.
28 Die dubbelhartige verfoei homself, en waar hy vertoef, word hy gehaat.

Hoofstuk 23 Oor luiheid.

1 ‘N LUIAARD is soos ‘n uitgeworpe steen, en elkeen blaas oor sy skande.
2 ‘n Luiaard is soos die vuil van ontlasting, elkeen wat dit opneem, skud sy hand.

Oor slegte kinders.
3 ’N BESOEDELDE, vertroetelde seun is ‘n oneer vir sy vader wat hom verwek het; en ‘n onnosele dogter is vir ‘n verlies gebore.
4 ‘n Verstandige dogter sal aan haar man ‘n erfenis gee, maar sy wat skande veroorsaak, is ‘n verdriet vir die een wat haar voortgebring het.
5 ‘n Vermetele [vrou] bring skande oor [haar] vader en eggenoot, en deur albei word sy verag.
6 Soos ‘n lied in die tyd van rou, so is ontydige gepraat, die roede en Tug is [egter] te alle tye Wysheid.

Die dwaas.
7 SOOS een wat potskerwe aanmekaar lym, is hy wat ‘n dwaas leer, [of soos] een wat ‘n slaper uit ‘n diepe slaap opwek.
8 Soos iemand wat ‘n gesprek voer met een wat slaap, so is hy wat hom in ‘n gesprek tot ‘n dwaas rig, want aan die einde sal hy vra: Wat is dit?
11 Ween oor die dode, want [sy] Lig het uitgegaan, en ween oor die dwaas, want verstandigheid het [by hom] tot ‘n einde gekom. Ween ‘n weinig oor die dode, want hy rus, maar die lewe van ‘n dwaas is erger as die Dood.
12 Die rou vir die dode is sewe dae, maar die rou vir die dwaas is lewenslank.
13 Met ‘n dwaas moet jy die gesprek nie vermeerder nie, en met ‘n onverstandige moet jy nie verkeer nie. Pas op vir hom, anders bring hy jou in die moeilikheid, dat jy nie bevuil word wanneer hy homself skud nie; wend jou van hom af en jy sal rus vind, en moenie jou vermoei met sy dwaasheid nie.
14 Wat is swaarder as lood? En wat is sy naam anders as dwaas?
15 Sand en sout en ‘n gewig van yster is makliker om te dra as ‘n onverstandige man.
16 Soos paneelwerk uit hout vassit aan ‘n gebou [en] deur ‘n aardbewing nie geskud word nie, so is ‘n hart wat steun op weldeurdagte raad, onder geen omstandighede sal hy vrees nie.
17 ‘n Hart wat gegrond is op deurdagte Insig is soos ‘n versiering wat gegraveer is op ‘n muur van gekapte klippe.
18 Klein klippies wat op ‘n hoë plek lê, sal nie bestand wees teen die wind nie; so sal die bevreesde hart wat hom met dwase nadenke [besig hou] teen geen verskrikking bestand wees nie.

Oor vriendskap.
19 ‘N WOND in die oog laat trane vloei, en ‘n wond in die hart laat vriendskap verbygaan.
20 Hy wat ‘n klip na ‘n voël gooi, maak hom skrik, en hy wat ‘n vriend beledig, vernietig die vriendskap.
21 As jy die swaard teen ‘n vriend trek, moenie wanhoop nie, want daar is [‘n weg van] berou.
22 As jy jou mond teen ‘n vriend oopgemaak het, moenie vrees nie, want daar is [‘n moontlikheid van] versoening; maar belediging en verwaandheid, die verklap van ‘n geheim en ‘n bedrieglike hou - oor hierdie dinge sal elke vriend die wyk neem.
23 Wees getrou aan jou naaste in sy armoede sodat jy jou in sy voorspoed mag verheug; in die tyd van sy beproewing, staan by hom sodat jy in sy erfenis mag deel.
24 Vóór die vuur is [daar] kolomme van rook, so gaan lastering dan bloedvergieting vooraf.
25 Omdat jou vriend arm geword het, moenie jou vir hom skaam nie en moenie jouself vir hom verberg nie.
26 As jou naaste sy geheim aan jou openbaar, moenie dit bekend maak nie, anders sal hy wat jou hoor, teen jou gewaarsku wees en jou as ‘n dwaas beskou.

Behoefte aan selfbeheersing.
27 O DAT iemand ‘n wag op My Mond wou plaas en op My Lippe ‘n Seël van skranderheid, sodat Ek nie om hulle ontwil mag val nie, en My Tong My nie te gronde mag rig nie.

Hoofstuk 24

1 O JaHWeH, Vader en Regeerder van My lewe, laat My nie val om hulle ontwil nie.
2 Ag, as iemand oor My gedagte ‘n gésel wou opstel, en oor My Hart ‘n roede van tug, en [My] nie wou spaar oor My skuld, en My oortredinge nie deur die vingers wou sien nie;
3 sodat My oortredinge nie vermeerder nie, en My oortredinge nie mag toeneem nie dat Ek voor die vyand val, en die hater hom oor My verbly.
4 O JaHWeH, Vader en Elohey van My lewe, moenie My versaak in hulle raad nie, [en] gee My nie ‘n trotse kyk nie, en laat ‘n vermetele hart ver van My wees,
6 Moenie dat die luste van die vlees My tugteloos maak nie, en moenie dat ‘n skandelike begeerte oor My heers nie.

Die Tug van die mond.
7 LUISTER, o kinders, na die Tug van die Mond, hy wat [Haar] bewaar, sal nie verstrik raak nie.
8 Deur Sy Lippe word die wettelose gevang, en die vermetele en die veragter struikel daaroor.
9 Moenie jou mond onderrig om ‘n eed te neem nie, en voor regters moet jy nie sit nie.
10 Want soos ‘n dienskneg wat voortdurend getugtig word geen gebrek aan littekens het nie, so is die een wat sweer en wat te alle tye [die Naam van JaHWeH] in herinnering roep, nie sonder foute nie.
11 Hy wat die ede vermenigvuldig, versadig hom met ongeregtigheid, en die plaag sal van sy huis af nie wyk nie; as hy ‘n fout begaan, sal sy oortreding op hom wees, en as hy dit verontagsaam, sal hy dubbel die Wet oortree, en as hy ydellik sweer, sal hy nie onskuldig gehou word nie, want sy huis sal vol plae word.
12 Daar is ‘n woord wat met Dood vergelyk kan word, laat dit nie gevind word in die Erfdeel van Jakob nie. Van die regverdiges sal al hierdie dinge geweer word, en in ongeregtigheid sal hulle nie gewikkel raak nie.
13 Moenie jou mond open met vuil praatjies nie, want ook daarin is ‘n woord van oortreding.
14 Dink aan jou vader en jou moeder as jy tussen edeles sit, sodat jy nie voor hulle struikel nie, en jy jouself in jou manier [van praat] ‘n dwaas betoon nie, en jy sê: “As ek maar nie gebore was nie”, en jy die dag van jou geboorte vervloek.
15 ‘n Mens wat hom gewoond maak aan beledigende woorde, sal in al sy dae nie Wysheid leer nie.

‘n Vermaning teen vleeslike hartstog.
16 TWEE soorte [mense] vermeerder oortreding, en drie hoop toorn op; ‘n hartstogtelike begeerte wat brand soos Vuur wat nie geblus word totdat hyself verteer is nie; ‘n homoseksueel met sy vleeslike liggaam, [want] hy hou nie op totdat die vuur hom verteer nie
17 en die man wat verbaster, vir wie alle brood soet is, [want] hy hou nie op totdat hy sterwe nie.
18 ‘n Man wat van sy eie bed af wegdwaal en wat in sy hart sê: Wie sien my? Kyk, die mure van my huis verberg my, en die skaduwee van my dak beskerm my, en niemand sien my nie, wie sal my terughou van wetsoortreding? - [so ‘n man] dink nie aan die Hoogste El nie;
19 die oë van die adamiet is sy [enigste] vrees, en hy weet nie dat die Oë van JaHWeH tienduisend maal ligter as die son is nie, en Hulle sien al die weë van ‘n adamiet en Hulle kyk in geheime plekke;
20 voordat die heelal geskape is, was dit aan Hom bekend, en so sien Hy nadat alle dinge voltooi is, -
21 so iemand, op die strate van die Stad sal hy bekend word, en wanneer hy dit nie dink nie, sal hy gegryp word.
22 En so ook ‘n vrou wat haar eggenoot verlaat en ‘n erfgenaam by ‘n verbasterde voortbring.
23 Want ten eerste verwerp sy die Wet van die Hoogste El, en ten tweede oortree sy teen haar eggenoot, en ten derde vermeng sy deur verbastering, en by ‘n verbasterde man bring sy ‘n saadlyn voort.
24 Sy sal voor die gemeente uitgelei word, en oor haar kinders sal daar ‘n besoeking wees.
25 Haar seuns sal nie wortel skiet nie, en haar takke sal nie vrugte voortbring nie.
26 Sy sal ‘n vervloekte nagedagtenis nalaat, en haar skande sal nooit uitgewis word nie.
27 En al die inwoners van die Aarde sal weet, en almal wat oorgebly het, sal bemerk dat daar niks beter is as om JaHWeH te vrees nie, en niks soeter is as om Sy Gebooie te bewaar nie.

Hoofstuk 25 Die Wysheid slegs in JisraEl

1 DIE Wysheid prys Haarself en te midde van Haar volk word Sy geëer.
2 In die vergadering van die Hoogste El open Sy Haar mond en voor SY leërskare word Sy verhoog. [Job 37:10; JeshaJaH 48:3]
3 Ek, uit die Mond van die Hoogste El het Ek voortgekom, en soos die Wolkkolom het Ek die Aarde bedek. [Odes van Salomo 30:5; Wysheid van Salomo 7:25]
4 In die hoogtes het Ek alleen gewoon, en My Troon was in die Wolkkolom. [Boekrol van Henog 9:4; JeségiEl 1:4]]
5 Die hemelgewelf het Ek alleen omspan en op die bodem van die Afgrond het Ek gewandel. [JeshaJaH 44:24]
6 Oor die branders van die see en oor die hele Aarde en oor elke volk en nasie het Ek regeer.
7 In al hierdie dinge het Ek ‘n rusplek gesoek [en gesê:] In wie se erfenis sal Ek woon? [Boekrol van Henog 42; 48:1]
8 Toe het HY, die Formeerder van die heelal, My beveel, en My Formeerder het My woonplek vasgestel; en HY het gesê: Onder Jakob moet Jy woon en in JisraEl moet Jy [jou] Erfdeel besit. [Boekrol van Henog 39:5; Profesie van Barug 3:38]
9 Van ewigheid, van die begin af het HY My geskape, en tot in ewigheid sal Ek nie ophou nie. [Exodus 40:34-40]
10 In die Tabernakel van Apartheid het Ek voor HOM gedien en so was Ek in Sion gevestig. [Exodus 25:8 ; 25:22; Exodus 40:34; Deuteronómium 30:12; Wysheid van Sirah 19:20; JeshaJaH 63:11]
11 In die geliefde Stad het Ek, wat My betref, gerus, en in Jerusalem was My heerskappy.
12 En Ek het wortel geskiet onder ‘n geëerde volk, onder die deel van JaHWeH [en] van Sy erfenis.
13 Soos ‘n seder op die Libanon is Ek verhef, en soos ‘n Olyfboom op die gebergte van Hermon. [Spreuke van Salomo 3:18; Boekrol van Henog 28:1-3]
14 Soos ‘n palmboom in Engedi is Ek verhef, en soos roosplante in Jerigo; soos ‘n groen Olyfboom in die Laagland, ja, Ek is verhef soos ‘n plataan by die waters. [Exodus 30:22-38]
15 Soos kaneel en geurige kalmoes en soos uitgesoekte mirre het Ek ‘n geur gegee; soos galbanum en naeltjies en storaksgom en soos wierook [was Ek] in die Tabernakel. [Exodus 30:24-34; Levítikus 8:10; Psalm 45:8; 2 Ezra 2:12]
16 Ek, soos ‘n terpentynboom het Ek My takke uitgestuur, en My takke was takke van Eer en Guns.
17 Ek was soos ‘n Wingerdstok wat Guns laat uitspruit, en My blomme is die vrug van Glansrykheid en glorie. [Psalm 80:8; 128:3]
18 Ek is die Moeder van regverdige Liefde, en Vrees, en Kennis, en die Belofte van Apartheid: Daarom is Ek, wat vir ewig bestaan, gegee aan al My kinders wat na Hom genoem is.
19 Kom na My toe, julle wat My begeer, en versadig julle met My opbrengs.
20 Want My gedagtenis is soeter as heuning, en My Erfenis as ‘n heuningkoek.
21 Hulle wat My eet, sal nog honger wees, en hulle wat My drink, sal nog dors hê.
22 Hy wat na My luister, sal nie beskaamd staan nie, en werke wat deur My [verrig word], sal nie vernietig word nie.
23 Al hierdie dinge is die Boek van die Verbond van Elohim, die Hoogste El, die Wet wat Moshè Ons beveel het as ‘n Erfdeel vir die vergadering van Jakob. [Exodus 24:7]
24 Moenie beskaam om sterk te wees in JaHWeH nie sodat Hy jou mag aanneem; kleef aan Hom, want die Almagtige JaHWeH is El alleen en naas Hom is daar geen Verlosser nie.
25 wat die Pison met Wysheid vervul, en die Tigris in die dae van die nuwe vrugte;
26 wat verstandigheid laat vloei soos die Eufraat, en soos die Jordaan in die dae van die oes;
27 wat Onderrig laat oorvloei soos die Nyl, en soos die Gihon in die dae van die druiwe-oes.
28 Die eerste [adamiet] het Haar nie volkome geken nie, en so sal die laaste Haar nie kan naspeur nie;
29 want Haar Insig is groter as die see, en Haar Raad is groter as die Afgrond.
30 Ook is Ek soos ‘n stroom van ‘n rivier en soos ‘n waterkanaal in ‘n Tuin het Ek te voorskyn gekom;
31 Ek het gesê: Ek sal My Tuin natlei, en Ek sal My Tuinbedding versadig [met water] ; en kyk, die stroom het vir My geword tot ‘n rivier, en My rivier het geword tot ‘n see.
32 Nog sal Ek Onderwysing soos die môre laat skyn en Ek sal Haar laat uitstraal tot in die verte.
33 Nog sal Ek Onderrig soos profesie uitgiet en Ek sal Haar nalaat vir verre geslagte.
34 Kyk, want Ek het nie vir My alleen geswoeg nie, maar vir almal wat My soek.

Monday, October 10, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (3)


Hoofstuk 16 Nikswerd kinders.

1 MOENIE die skoonheid van nikswerd seuns begeer nie en moenie jou verbly oor bedorwe kinders nie.
2 En ook as hulle voorspoedig is, moenie trots op hulle wees as daar by hulle nie die Vrees van JaHWeH is nie.
3 Moenie vertroue stel in hulle lewe nie en maak nie staat op hulle einde nie; want die einde sal vir hulle nie goed wees nie; want een wat doen, is beter as die begeerte van duisend, en om kinderloos te sterwe as hy wat baie waardelose kinders en ‘n onbeskaamde saadlyn het.
4 Deur een kinderlose wat JaHWeH vrees, word ‘n Stad bewoon, maar van ‘n trouelose saadlyn word sy verlate.
5 Baie dinge soos hierdie het My oog gesien, en magtiger dinge as hierdie het My oor gehoor.

Die Woede van JaHWeH teen die wettelose.
6 IN die vergadering van die wetteloses word ‘n Vuur aangesteek, en te midde van ‘n afvallige volk brand die Grimmigheid.
7 Hy vergewe nie die Prinse/Sterre van ouds wat vanmelewe in hulle krag opgestaan het nie.
8 En Hy spaar nie die verblyfplekke van Lot wat hulleself in hul trotsheid te buite gegaan het nie.
9 Hy spaar [ook] nie die volk van die banvloek nie, hulle wat betrap was as gevolg van hulle ongeregtigheid.
10 So [het dit gebeur met] die seshonderdduisend voetgangers wat verdelg was in die trotsheid van hulle hart.
11 En inderdaad as daar een was wat sy nek verhard het, dan was dit ‘n wonder as hy nie gestraf is nie. Want dade van Barmhartigheid en Toorn is by Hom, en Hy vergewe en Hy verskoon, maar op die wetteloses laat Hy Sy Toorn rus.
12 So groot as sy dade van Barm-hartigheid, so is sy Tug, [elke] man oordeel Hy volgens sy dade.
13 Die wettelose sal nie met sy buit ontkom nie, en Hy sal nie toelaat dat die begeerte van die regverdige vir ewig uitbly nie.
14 Vir elkeen wat wetsgehoorsaam is, is daar loon, en elke mens sal volgens sy werke voor Hom verskyn.
15 JaHWeH het die hart van Farao verhard, wat HOM nie geken het nie, [en] wie se werke openbaar was onder die Hemele.
16 SY dade van Barmhartigheid word gesien deur al SY skepsels, en SY Lig en SY Lof het HY aan die adamiet toebedeel.

Hoofstuk 17 Die soewereiniteit van Elohim.

1 MOENIE sê nie: Van JaHWeH is hy verborge, en in die hoogte, wie sal my gedenk? Onder ‘n aansienlike volk word ek nie geken nie, en wat is my siel onder die tallose geeste van al die seuns van die Adam en alles wat in haar is?
18 Kyk, die Hemele en die hemels van die Hemele en die Afgrond en die Aarde, wanneer Hy hulle besoek, dan is hulle in beroering.
19 Ja, die vastighede van die berge en die fondamente van die wêreld, wanneer Hy na hulle kyk, bewe hulle grootliks.
20 Geen hart kan hierdie dinge betrag met verdienstelikheid nie: Wie kan Sy Weë bedink?
21 Dit is ‘n stormwind wat geen adamiet kan waarneem nie, want die grootste deel van Sy werke is verborge.
22 Wie kan Sy daad van Geregtigheid verklaar, wie kan Haar verdra? Want Sy Verbond is ver weg en die oordeel van alle dinge is aan die einde.
23 Hulle wat geen verstand het nie, bedink hierdie dinge, en ‘n dom man bepeins dit.
24 Luister na My en neem My Insig aan en gee ag op My woorde.
25 Ek sal volgens maat lering gee en met oorleg sal Ek My kennis aankondig,
26 Soos JaHWeH SY werke van die begin af geskep het, het HY volgens hulle lewe hul deel gegee.
27 U het vir ewig hulle werke vasgestel en hulle heerskappy tot in hulle geslagte, hulle het nie honger en is nie vermoeid nie, en hulle hou nie op van hulle werke nie.
28 Die een bemoei hom nie met die ander nie, en hulle kom nooit in opstand teen SY Woord nie.
29 En hierna het JaHWeH na die Aarde gekyk en Hy het haar volgemaak met sy suiwer dinge.
30 Met elke lewende wese het Hy Sy Adamah[adamiet se Aarde] volgemaak, en na haar keer hulle terug.

Hoofstuk 18 Die adamiet as skepsel van Elohim.

1 JaHWeH het die adamiet uit die Adamah[adamiet se Aarde] geformeer en Hy sal hom sekerlik na haar laat terugkeer.
2 ‘n [Bepaalde]] aantal dae en tyd het Hy aan hulle gegee, en Hy het hulle laat heers oor alles wat op [die Aarde] is.
3 Soos Homself het Hy hulle met mag beklee en as Sy beeld het Hy hulle gemaak.
4 En Hy het die skrik vir hulle op alle vlees gelê en hulle [gestel] om te heers oor diere en voëls.
6 Hy het tong èn oë èn ore geformeer, en ‘n hart het Hy hulle gegee om te verstaan. [Openbaring van Henog 11:40-41]
7 Met Kennis en Insig het Hy hulle gevul, goed en kwaad het Hy hulle geleer.
8 Hy het Sy Oog op hulle harte geplaas om hulle die grootheid van Sy werke te laat sien,
9 dat hulle die grootheid van Sy werke mag vertel
10 en die Naam van Sy Apartheid mag prys.
11 Hy het voor hulle Kennis gestel, en die Wet van die lewe het Hy hulle laat erwe.
12 ‘n Ewige Verbond het Hy met hulle opgerig, en Sy Verordeninge het Hy hulle bekend gemaak.
13 Die grootheid van Sy Glansrykheid het hulle oë gesien, en die lieflikheid van Sy Stem het hulle oor gehoor.
14 En Hy het vir hulle gesê: Bewaar julle van elke valsheid, en Hy het hulle bevel gegee, elkeen oor sy naaste.
15 Hulle weë was gedurig voor Hom, hulle was nie voor Sy Oë verborge nie.
17 Oor elke volk het Hy ‘n vors aangestel, maar die deel van JaHWeH is JisraEl.
19 Al hulle werke is soos die son voor Hom, en Sy Oë [rus] gedurig op hulle weë.
20 Hulle wetsverbreking is vir Hom nie verborge nie, en al hulle oortredinge is voor die Aangesig van JaHWeH.
22 Die Geregtigheid van ‘n man is soos ‘n seëlring by Hom, en die Medelye teenoor die adamiet bewaar Hy soos ‘n oogappel.
23 Agterna sal Hy opstaan en hulle beloon, en hulle beloning sal Hy op hulle hoofde wend.
24 Nogtans, aan hulle wat berou het, skenk Hy ‘n terugkeer, en Hy is hulle barmhartig wie se hoop vernietig is.
Oproep tot bekering.
25 KEER terug tot JaHWeH en laat ongeregtigheid na, smeek voor SY Aangesig en verminder die ergernis.
26 Wend jou tot JaHWeH en keer jou af van Ongeregtigheid en haat grootliks die gruwelikheid.
27 Wie sal JaHWeH in die Doderyk/Sheol loof in die plek van dié wat lewe en wat majesteit gee?
28 Danksegging verdwyn van die dode soos van een wat nie is nie, [maar] die ware lewende prys JaHWeH.
29 Hoe groot is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH en Sy vergiffenis vir hulle wat na Hom terugkeer.
30 Want nie alle dinge kan in die adamiet wees nie, want is die seun van die Adam nie ‘n kind van die Dood nie?
31 Wat skyn meer as die son? Ook hy word duisternis, en [hoeveel te meer die] kwaad wat die neiging van vlees en bloed is?
32 JaHWeH besoek die leërskare in die hoogte, ja, die seuns van die Adam van stof en as.


Hoofstuk 19 Die werke van JaHWeH.

1 HY wat ewig lewe, het alle dinge tesame geskep.
2 JaHWeH alleen is die Regverdige.
4 Wie is in staat om Sy werke te bereken, en wie sal Sy magtige dade ondersoek?
5 Die mag van Sy Grootheid, wie kan dit vertel? en wie kan aan Hom toevoeg om Sy gunsbewyse te bereken?
6 Niemand kan [iets] wegneem en niemand kan toevoeg nie, en niemand kan die wonderbaarlike dinge van JaHWeH ondersoek nie.
7 As die adamiet aan sy einde gekom het, dan het hy eers begin, en wanneer hy rus, dan is hy verslae.
8 Wat is die adamiet en wat is sy doel? Wat is goed of sleg vir hom?
9 Die getal van die dae van die adamiet [is baie] as dit vermeerder het tot honderd jaar.
10 Soos ‘n druppel van die see en ‘n korreltjie sand, so is duisend jaar in die dae van die ewigheid.
11 Daarom was JaHWeH lankmoedig oor hulle en het Hy Sy dade van Barmhartigheid oor hulle uitgestort.
12 Hy het gesien en geweet dat hulle einde besoedeld sal wees, daarom het Hy Sy vergiffenis vermenigvuldig.
13 Die dade van barmhartigheid van die adamiet is teenoor sy naaste, maar dade van Barmhartigheid van JaHWeH [gaan uit] na alle vlees, terwyl Hy vermaan en tugtig en leer en teruglei, soos ‘n herder sy kudde.
14 Oor hulle wat Sy Tug aanvaar, ontferm Hy Hom, en oor hulle wat wakker is oor Sy oordele.

Suiwer dade.
15 MY seun, moenie ‘n klad bring oor jou suiwer dade nie, en by elke geskenk moet jy nie deur ‘n woord smart veroorsaak nie.
16 Breek dou nie die droogte nie? So is ‘n woord beter as ‘n geskenk.
17 Is ‘n woord nie beter as ‘n geskenk nie? Maar hulle albei behoort by ‘n man van vroomheid.
18 ‘n Dwaas verag sonder Barmhartigheid, en die gawe van die afgunstige verwoes die oë.

Bedagsaamheid.
19 LEER voordat jy praat, voor jy siek is, soek ‘n geneesheer.
20 Voor die gereg, ondersoek jouself, en in die tyd van beproewing sal jy vergiffenis vind.
21 Voordat jy struikel, verneder jouself, en in die tyd van oortreding, bekeer jouself.
22 Moenie nalaat om ‘n Gelofte op sy tyd te betaal nie, en moenie wees soos die wat JaHWeH versoek nie. [Númeri 30; Prediker 5:4]
23 Voor jy bid, berei jouself voor, en moenie wees soos een wat JaHWeH versoek nie.
24 Dink aan die Woede op die laaste dag, en in die tyd van wraak aan die verberging van [Sy] Aangesig.
25 Dink aan die tyd van honger in die dae van versadiging, aan armoede en gebrek in die dae van rykdom.
26 Van die môre tot die aand verander die tyd, en alle dinge snel verby voor die Aangesig van JaHWeH.
27 ‘n Wyse man is gedurig versigtig, en in die dae van oortreding gee hy nie aanstoot nie.
28 Elke verstandige ken Wysheid, en aan hom wat Haar gevind het, sal Sy dank betuig.
29 Hulle wat verstandig is in woorde, is ook hulle wat wys handel en wat gepaste raaisels uitspreek.
30 Agter jou begeerte moet jy nie aangaan nie en weerhou jou van jou begeerlike dinge.
31 As jy die begeerte van jou siel volbring, sal die vreugde van die vyand jou vind.
32 Moenie jou verheug oor ‘n weinig weelde nie, want dubbel is sy armoede.
33 Moenie ‘n losbandige en ‘n dronkaard wees nie, of anders sal daar niks in die beurs wees nie.

Hoofstuk 20

1 HY wat dit doen, sal nie ryk word nie, en hy wat die klein dingetjies verag, sal volkome verarm.
2 Wyn en vroue maak die hart wellustig, en hy wat hoere aankleef, sal te gronde gaan.
3 Wurms en maaiers sal hom erf en ‘n ongevoelige siel bring vernietiging oor homself.
4 Hy wat gebrek aan Insig het, is haastig om te vertrou, en hy wat oortree, oortree teen homself.
5 Hy wat hom verheug oor die kwaad, sal vernietig word, hy wat sy tong in toom kan hou, sal lewe sonder struweling;
6 en hy wat geklets haat, sal minder besoedeling hê.

Oor praatjies.
7 MOET nooit ‘n woord herhaal nie, en niemand sal jou van laagheid beskuldig nie;
8 moenie tot vriend of vyand [daarvan] spreek nie, en as dit nie vir jou ‘n oortreding is nie, moet dit nie openbaar nie,
9 dat hy wat jou hoor, jou nie haat en jou as ‘n besoedelde beskou nie.
10 Het jy iets gehoor? Laat dit saam met jou sterwe, wees moedig, dit sal jou nie laat bars nie.
11 Weens ‘n woord verduur die dwaas pyn, soos iemand in barensweë vanweë ‘n kind.
12 Soos ‘n pyl in ‘n vlesige dy steek, so is ‘n woord in die ingewande van ‘n dwaas.

Vermanings teenoor ‘n vriend.
13 VERMAAN ‘n vriend dat hy geen [kwaad] doen nie, en as hy dit gedoen het, dat hy daarmee nie voortgaan nie.
14 Vermaan ‘n vriend dat hy geen [kwaad] praat nie, en as hy gepraat het, dat hy dit nie herhaal nie.
15 Vermaan ‘n vriend, want hoeveel laster is daar nie, en moenie op elke woord staatmaak nie.
16 Daar is iemand wat struikel, maar nie opsetlik nie, en wie het met sy tong nog nie oortree nie?
17 Vermaan die vriend voordat jy [hom] dreig, en gee plek aan die Wet van die Hoogste El.

Wysheid teenoor skranderheid.
20 ALLE Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en alle Wysheid is die onderhouding van die Wet en die Kennis van Sy Almagtigheid.
22 Kennis van die kwaad is geen Wysheid, en die raad van die wetteloses is geen Verstandigheid nie.
23 Daar is skranderheid, en dit is ‘n gruwel, en daar is iemand wat dom is, [maar] sonder oortreding.
24 Vrees vir Elohim is beter as ‘n gebrek aan Kennis, as iemand wat baie Kennis het, maar die Gebod van die Hoogste El oortree.
25 Daar is ‘n subtiele [vorm van] skranderheid, maar dit is vals, en daar is iemand wat slinks optree om ‘n regsbeslissing te verkry.
26 Daar is iemand wat geboë [en] bedroef voortgaan, maar in sy binneste is hy vol bedrog.
27 [Daar is] iemand met ‘n neerslagtige gesig wat homself stilhou, maar wanneer hy nie bemerk word nie, kry hy die oorhand oor jou.
28 En [daar is] iemand wat weens gebrek aan mag weerhou word van oortreding, as hy geleentheid vind, sal hy kwaad doen.
29 Uit sy voorkomste word ‘n man geken, en hy wat Insig het, word geken aan sy selfbeheersing.
30 Die kleding van ‘n man en die lag van die tande en die gang van ‘n mens maak hom bekend.

Monday, October 3, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (2)


Hoofstuk 11.
1 DIE Wysheid lig die arme se hoof op en tussen edeles laat Sy hom sit.

Teen haastige beoordeling.
2 MOENIE ‘n adamiet om sy skoonheid prys nie en moenie ‘n adamiet verafsku wie se voorkoms onaansienlik is nie.
3 Nietig is die by onder die dinge wat vlieg, maar haar produk is die voortreflikste van die opbrengste.
4 Moenie hoogmoedig word wanneer mense jou prys nie, want wonderbaar is die werke van JaHWeH, en Sy daad is vir die adamiet verborge.
5 Baie wat vertrap was, het op ‘n troon gesit, en hulle aan wie nie gedink is nie, het ‘n kroon gedra.
6 Baie wat verhef was, is grootliks verneder en het tesame tot ‘n val gekom, en vooraanstaandes het in die mag van ander geval.
7 Moenie blameer voordat jy ondersoek ingestel het nie, ondersoek eers en bestraf daarna.
8 My seun, moenie antwoord voordat jy gehoor het nie en moenie spreek in die middel van ‘n gesprek nie.
9 Moenie in ‘n stryd gewikkel raak oor ‘n saak wat jou nie aangaan nie en moenie inmeng in die twiste van die wetsverbrekers nie.
10 My seun, waarom vermeerder jy jou besigheid, want as jy dit vermeerder, sal jy daaronder ly. My seun, hardloop, maar jy sal nooit jou doel bereik nie, hardloop weg, jy sal nooit ontsnap nie.
11 Daar is een wat hom afsloof en hom beywer en hardloop, maar hy raak des te meer agter.
12 Daar is een wat swak is en in swakheid wandel, wat aan alles gebrek en ‘n oorvloed ellende het, maar die Oog van JaHWeH bespied hom vir suiwerheid, en Hy skud hom uit die stinkende stof uit.
13 Hy het sy hoof opgelig en het hom verhoog, sodat baie hulle oor hom verwonder het.

Van JaHWeH is alle dinge.
14 GOED en kwaad, lewe en dood, armoede en rykdom, kom van JaHWeH.
15 Wysheid en Insig en ‘n verstaan van die Woord, kom van JaHWeH. Liefde en opregte Paaie, kom van JaHWeH.
16 Dwaasheid en die Duisternis is vir die oortreders verorden, en wat die besoedeldes betref, die Besoedelde Een is met hulle.
17 Die geskenk van JaHWeH bly by die regverdige en Sy Guns bring langdurige sukses.
18 Daar is een wat rykdom verkry deur selfonthouding en ywer en dit is sy toegewese loon:
19 en wanneer hy mettertyd sê: Ek het rus gevind en nou sal ek my voorspoed geniet - hy weet nie wat sy lot sal wees nie en hy sal dit aan ander laat en sterwe.
20 My seun, staan vas in jou roeping en oordink dit en word oud in jou arbeid.
21 Moenie jou verbaas oor die werkers van Ongeregtigheid nie, vertrou op JaHWeH en wag op SY Lig. Want dit is maklik in die Oë van JaHWeH om ‘n arme in ‘n oogwink, plotseling, ryk te maak.
22 Die seën van JaHWeH is die deel van die regverdige, en op die regte tyd sal sy seëninge blom.
23 Moenie sê: ... dat ek my welbehae gedoen het, en wat is nou vir my nagelaat?
24 Moenie sê: Ek het genoeg, en wat kan my nou oorkom nie?
25 In voorspoedige tye word die kwelling vergeet, en net so in kweltye word die goeie vergeet. En [so] sal die einde van die adamiet oor hom kom.
26 Want dit is maklik in die Oë van JaHWeH om aan iemand te vergeld volgens sy weë.
27 In ‘n tyd van beproewing word plesier vergeet, en aan ‘n adamiet se einde sal sy dade bekend word.
28 Voor die Dood moet jy ‘n man nie geseënd ag nie, want aan sy kinders sal ‘n man geken word.

Vermanings teen omgang met verbasterdes en besoedelde mense.
29 MOENIE elkeen na die huis bring nie, want hoe baie is die wonde van ‘n lasteraar. Soos ‘n voëlhok vol is van voëls, so is hulle huise vol bedrog.
30 Soos ‘n voël gevang word in ‘n hok [so] is die hart van die hoogmoedige, soos ‘n wolf wat loer om te verskeur. Hoe baie is die oortredinge van die rower, soos ‘n hond wat in [elke] huis eet. En hy wat geweld pleeg, is soos ‘n rower wat kom en oor al hulle goeie dinge ‘n twisgeding aangaan. Die lasteraar lê en loer soos ‘n beer by die huis van die spotter, en soos ‘n spioen sien hy die naaktheid.
31 Die kwaadsteker verander goed in kwaad en op jou beste eienskappe plaas hy ‘n smet,
32 uit ‘n vonk maak hulle baie kole, en ‘n besoedelde man loer op bloed.
33 Vlug weg van ‘n besoedelde man af, want hy bring besoedeling voort, waarom sal jy ‘n ewige klad dra? Moenie die besoedelde aankleef nie, want hy verdraai jou van die Weg en hy wend jou af van jou Verbondsbeloftes.
34 Pas op in jou weë vir iemand wat as vreemdeling by jou woon dat hy jou nie vervreem van wat vir jou kosbaar is nie.

Hoofstuk 12 Liefdadigheid wat met oorleg geskied.
1 AS jy aan die goeie kwaad doen aan wie sal jy goed doen? En sal daar verwagting vir jou suiwerheid wees?
2 Doen goed aan die regverdige en vind beloning, indien nie van hom nie, [dan tog] van JaHWeH.
3 Daar is geen Suiwerheid vir hom wat met besoedeling besig bly nie, en ook nie vir hom wat nie wetsgehoorsaam is nie.
4 Gee aan die goeie en hou terug van die kwade,
5 Verkwik die nederige en moenie aan die vermetele gee nie. Eetgerei moet jy nie aan hom gee nie, waarom sal hy hom daarmee teen jou rig?
6 Want ook die Hoogste El is een wat die kwaaddoeners haat, en teen die besoedeldes wend HY [SY] wraak.
7 ‘n Dubbele kwaad sal jy ontvang in die tyd van jou nood oor elke goeie daad wat jy hom aangedoen het.

‘n Waarskuwing teen onbetroubare mense.
8 ‘N VRIEND word nie geken in voorspoed nie, en ‘n vyand word nie verberg in teëspoed nie.
9 In iemand se voorspoed is selfs die vyand vriendelik, maar in sy teëspoed is ook ‘n vriend troueloos.
10 Moet nooit ‘n vyand vertrou nie, want sy besoedeling roes soos koper.
11 En ook as hy jou gehoorsaam is en in nederigheid wandel, laat jou hart hom vrees; wees teenoor hom soos iemand wat ‘n geheim openbaar, en hy sal nie vind om jou te vernietig nie, en wees bekend met die uiteinde van jaloesie.
12 Moenie hom langs jou laat staan nie, waarom sal hy jou wegstoot en in jou plek gaan staan? Moet hom nie aan jou regterhand laat sit nie, waarom sal hy jou sitplek soek? En as dit te laat is, sal jy My woorde ter harte neem en oor My gesug sal jy sug.
13 Wie sal meegevoel hê met die slangbesweerder wat gebyt is of met elkeen wat ‘n roofdier nader?
14 So is hy wat met ‘n wetsoortreder verkeer, en iemand wat hom besoedel met ongeregtigheid: hy sal nie ophou totdat ‘n vuur in hom brand nie. Wanneer hy by jou kom, openbaar hy hom nie aan jou nie, en as jy val, dan buk hy nie om jou te help nie.
15 Solank jy staan, openbaar hy hom nie, maar as jy struikel, sal hy hom nie bedwing nie.
16 Met sy lippe spreek ‘n teëstander vleitaal, maar in sy hart versin hy om jou in die Afgrond te werp. En ook as ‘n vyand met sy oë ween - as hy ‘n geleentheid vind, sal hy nie versadig word van bloed nie.
17 As smart jou tref, word hy daar gevind, asof hy gereed is om te help, gryp hy die vergoeding.
18 Hy skud die hoof en waai die hand en met baie gefluister verander hy die gesig.

Hoofstuk 13
1 HY wat pik aanraak - dit sal aan sy hand kleef, en hy wat met ‘n spotter verkeer, sal sy weg leer.

Waarskuwing teen mense wat jou gelyke nie is nie.
2 HOE kan jy optel wat te swaar is vir jou en hoe sal jy verkeer met iemand wat te ryk vir jou is? Watter gemeenskap het die erdepot met die ketel, want as die een die ander stamp, dan word hy gebreek, of watter gemeenskap het die ryke met die arme?
3 As die ryke ‘n onreg pleeg, beroem hy homself, terwyl as ‘n onreg aan ‘n arme gepleeg word, moet hy om barmhartigheid smeek.
4 As jy vir hom tot nut is, maak hy ‘n slaaf van jou, maar as jy verneder word, sal hy meegevoel met jou hê?
5 As jy iets het, maak hy sy woorde met jou mooi, maar hy sal jou arm maak sonder dat dit hom pyn aandoen.
6 As hy behoefte het, is hy met jou en sal hy jou help en sal hy met jou lag en jou vertroue gee;
7 solank hy voordeel behaal, sal hy jou vlei, twee [of] drie keer sal hy jou bedrieg en dan sal hy jou sien en by jou verbygaan en sy hoof oor jou skud.
8 Wees op jou hoede en moenie baie oormoedig wees nie en moenie soos hulle wees wat sonder Verstand is nie.
9 As ‘n edele aankom, bly op ‘n afstand, dan sal hy jou soveel te meer laat nader kom.
10 Moenie jouself opdring dat jy nie weggestoot word nie, en moenie jouself te ver verwyder dat jy nie gehaat word nie.
11 Moenie waag om vry met hom te wees nie en moenie op die veelheid van sy geselskap staatmaak nie, want deur die vermenigvuldiging van sy geselskap toets hy [jou] en wanneer hy vir jou lag, ondersoek hy jou.
12 Wreed is hy wat ‘n spreuk aanhef, maar hy ontferm hom nie oor ‘n siel nie; vele bind hy in die gevangenis.
13 Wees op jou hoede en wees versigtig en wandel nie saam met manne van geweld nie.
14 Alle vlees het sy eie soort lief, en elke adamiet hom wat soos hy is.
15 Wees lief vir JaHWeH al jou lewe, en roep Hom aan vir jou Verlossing.
16 Alle vlees bly by sy soort, en ‘n adamiet sal klou aan sy ras.
17 Hoe kan ‘n wolf by ‘n lam gevoeg word? So is die besoedelde vir die regverdige, en so die ryke vir die man wat beroof is.
18 Watter vrede is daar tussen die hiëna en die hond, so is daar ook geen vrede tussen die ryke en die arme nie.
19 Die voedsel van die leeu is die wilde esels van die wildernis, so is die armes die weiveld van die ryke.
20 ‘n Gruwel vir hoogmoed is nederigheid, en ‘n gruwel vir die ryke is die arme.
21 As ‘n ryke wankel, word hy deur ‘n vriend ondersteun, maar as ‘n arme wankel, word hy deur al sy vriende verstoot.
22 As ‘n ryke spreek, is sy helpers baie, en al is sy woorde onbetaamlik, word dit goedgepraat. As ‘n arme struikel word ka-ka” opgehef, en al spreek hy met wysheid, is daar vir hom geen plek nie.
23 As ‘n ryke spreek, hou almal hulle stil en hulle verhef sy insig tot aan die wolke. As ‘n arme praat, vra hulle: wie is hy? En as hy struikel, sal hulle hom ook wegstoot.
24 Rykdom is goed as dit sonder ongeregtigheid is, en armoede is sleg volgens die mond van vermetelheid.
25 Die hart van ‘n adamiet verander sy gesig, hetsy vir goed of kwaad.
26 Die resultaat van ‘n suiwer hart is ‘n stralende gesig, maar eensaamheid en oorpeinsing het moeitevolle gedagtes tot gevolg.

Hoofstuk 14
1 GESEËND is die adamiet wie se mond hom geen leed berokken nie, en wie se hart nie ‘n oordeel teen hom begeer nie.
2 Geseënd is die man wie se begeerte geen gebrek het nie, en wie se verwagting in JaHWeH, nie verval het nie.

Die regte gebruik van rykdom.
3 VIR die geringe van hart is rykdom onvanpas, en vir ‘n man met ‘n besoedelde oog is goud nie goed nie.
4 Hy wat vir homself terughou, vergader vir ‘n ander, en ‘n vreemde sal hom versadig met sy goed.
5 Hy wat homself kwaad doen, vir wie sal hy goed doen? Want hy sal nie in besit kom van sy eie goedere nie.
6 Daar is niemand slegter as hy wat aan homself kwaad doen nie, en met hom is die vergelding van sy besoedeling.
7 En selfs as hy goed doen, doen hy [dit] onbewus, en aan die end toon hy sy besoedeling.
8 Die afgunstige man met ‘n besoedelde oog, wat die gesig afwend en ‘n siel verag.
9 In die oog van die dwaas is sy aandeel gering, en hy wat die deel van sy naaste neem, vernietig sy eie deel.
10 Die oog van die afgunstige skiet af op brood, maar niks is op sy tafel nie. ‘n Suiwer oog vermeerder die brood, en ‘n droë fontein drup water op [sy] tafel.
11 My seun, volgens jou vermoë om goed te doen aan jouself, gee ook aan JaHWeH Sy deel.
12 Onthou dat jy in die Doderyk/Sheol nie Vreugde kan bedryf nie en dat Dood nie vertoef nie, en die reël van die Doderyk/Sheol is aan jou nie bekend gemaak nie.
13 Voor jy sterwe, doen goed aan hom wat [jou] liefhet en gee vir hom volgens wat jou hand verwerf het.
14 Moet jou nie weerhou van die vreugde van die teenswoordige nie en moenie oortree in die aandeel van ‘n broer nie en moenie ‘n besoedelde begeerte koester nie.
15 Is dit nie vir ‘n ander dat jy jou vermoë nalaat nie, en jou arbeid vir hulle wat die lot werp nie?
16 Gee en neem, ja, verwen jou siel, want in die Doderyk/Sheol word daar geen Vreugde gesoek nie, maar elke saak wat geskik is om te doen, doen dit voor die Aangesig van Elohim.
17 Alle vlees verwelk soos ‘n kleed, en die ewige Insetting is dat hulle sekerlik sal sterwe.
18 Soos ‘n blaar wat uitbot aan ‘n loofryke boom, die een verwelk en die ander spruit uit, so is die geslagte van vlees en bloed, die een sterwe en die ander floreer.
19 Al sy werke sal sekerlik tot niet gaan, en die arbeid van sy hande volg hom agterna.

Die seën van Wysheid.
20 GESEËND is die adamiet wat Wysheid bepeins, en wat respek het vir Haar Insig,
21 wat ag gee op Haar Weë en wat insig verkry in Haar geheimenisse;
22 om agter Haar uit te trek soos ‘n spioen, en op die loer te lê by al Haar ingange;
23 wat by Haar venster inkyk en wat in Haar deure luister;
24 wat rondom Haar Huis kampeer en sy toue aan Haar muur aanbring;
25 wat sy tent langs Haar opslaan en ‘n suiwer woning bewoon; [Psalm 132:3]
26 en hy stel sy nes in Haar blare, en op Haar takke oornag hy; [Sirah 24:12-17]
27 terwyl hy in Haar skaduwee skuiling soek en in Haar wonings vertoef.

Hoofstuk 15
1 WANT hy wat JaHWeH vrees, doen goed, en hy wat die Wet aangryp, sal Haar vind. [Deuteronómium 30:13]
2 En Sy sal hom teëkom soos ‘n Moeder, en soos ‘n vrou van die jeug sal Sy hom aanneem. [Spreuke van Salomo 1:8; 2 Ezra 2:5]
3 En Sy sal hom voed met Brood van Insig, en Water van Verstand sal Sy hom laat drink.
4 En hy wat op Haar leun, sal nie wankel nie, en hy wat op Haar vertrou, sal nie beskaam word nie. [Odes van Salomo 33:13]
5 En Sy sal hom verhef bo sy naaste, en te midde van die gemeente sal Sy sy mond oopmaak. [Odes van Salomo 30:7]
6 Vreugde en Blydskap sal hy vind, en Sy sal hom ‘n onsterflike naam laat erwe.
7 Tweegesigte sal Haar nie in besit kry nie, en trotsaards sal Haar nie sien nie.
8 Ver verwyder is Sy van die spotters, en leuenaars sal aan Haar nie dink nie.
9 Roem is nie gepas in die mond van die wettelose nie, want Sy is deur JaHWeH nie aan hom toebedeel nie.
10 Lof sal verkondig word deur Wysheid, en JaHWeH sal Haar onderrig.

Eie verantwoordelikheid.
11 MOENIE sê: “Van JaHWeH is my oortreding” nie, want wat Hy haat, het Hy nie gemaak nie. [Wysheid van Salomo 11:24; Maleagi 1:3]
12 Moenie sê: “Dit is Hy wat my verlei het” nie, want daar is geen noodsaak vir manne van geweld nie.
13 Besoedeling en gruwelikheid word deur JaHWeH gehaat, en Hy laat nie toe dat dit hulle teëkom wat Hom vrees nie.
14 Elohim het van die begin af die adamiet geskape en Hy het hom in die mag van sy vrye wil gestel.
15 As jy behae [in Hom] het, kan jy die Gebod hou, en dit is verstandig om Sy Welbehae te doen. As jy op Hom vertrou, sal jy inderdaad lewe.
16 Uitgegiet voor jou is vuur en water, strek jou hand uit na wat jy begeer,
17 Voor die adamiet is lewe en dood, wat hy begeer, sal aan hom gegee word.
18 Oorvloedig is die Wysheid van JaHWeH, magtig in Krag en Een wat alles sien.
19 Die Oë van Elohim sien SY werke, en HY ken elke daad van ‘n man.
20 Hy het die adamiet nie beveel om te oortree nie en Hy het nie sterkte gegee aan leuenaars nie, en Hy ontferm Hom nie oor diegene wat ydele dinge doen, of oor hom wat geheime openbaar maak nie.

Tuesday, September 20, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS (1)


Hoofstuk 6.
1 IN plaas van een wat liefhet, moenie een wees wat haat nie. ‘n Slegte naam en skande; smaad sal jy verwerf, so is ‘n slegte man wat ‘n tweegesig is.

Begeertes vir Oortredinge
2 MOENIE val in die mag van jou begeerte nie, [as] jou vermoë oor jou aangroei nie.
3 Dit sal jou blare verteer en jou vrugte verwoes,
4 en dit sal jou agterlaat soos ‘n droë boom. Want ‘n vurige begeerte rig sy besitter te gronde en maak hom die vreugde van die een wat [hom] haat.

Ware en valse vriendskap.
5 ‘N SOET verhemelte vermeerder vriende, en vriendelike lippe [vermeerder] vredevolle groet.
6 Laat die manne wat in Vrede met jou leef, baie wees, maar die besitter van jou geheim een uit duisend.
7 Het jy ‘n vriend verwerf, stel ‘n toets vir hom, maar moenie haastig wees om op hom te vertrou nie.
8 Want daar is ‘n vriend volgens die tyd, maar wat nie vas staan in die dag van benoudheid nie.
9 Daar is ‘n vriend wat verander word in ‘n vyand, en hy openbaar jou smadelike regsaak.
10 Daar is ‘n vriend wat ‘n disgenoot is, maar hy word nie gevind in die dag van kwelling nie.
11 Wanneer dit met jou goed gaan is hy soos jy, maar as dit met jou sleg gaan, laat hy jou in die steek.
12 As ‘n kwelling jou oorval, draai hy hom teen jou en hy verberg homself vir jou.
13 Skei jou af van jou haters en wees op jou hoede teen jou vriende.
14 ‘n Getroue vriend is ‘n sterk vriend, en wie hom vind, het ‘n skat gevind.
15 Vir ‘n getroue vriend is daar geen prys nie, en daar is geen gewig [aan silwer] vir sy waarde nie.
16 ‘n Bondel van lewe is ‘n betroubare vriend, hy wat JaHWeH vrees, sal hom verkry.
17 [Hy wat JaHWeH vrees, sal sy vriendskap opreg maak], want soos hy is, so is sy vriend, en soos sy naam is, so is sy werke.

Oor Wysheid.
18 MY seun, neem van jou jeug af Tugtiging aan en tot in die grysheid sal jy Wysheid verkry.
19 Nader Haar soos een wat ploeg en soos een wat oes en wag op die oorvloed van Haar opbrengs, want in die bearbeiding van Haar sal jy min hoef te doen en spoedig sal jy van Haar vrugte kan eet.
20 Moeilik is Sy vir die dwaas, en hy wat min verstand het, kan Haar nie vat nie.
21 Soos ‘n swaar klip sal Sy op hom wees, en hy sal nie aarsel om Haar weg te werp nie.
22 Want Wysheid, is soos Haar Naam, Sy is nie toeganklik vir almal nie.
23 Luister, My seun, en neem My lering aan en moenie My raad verwerp nie.
24 En plaas jou voete in Haar net en jou nek in Haar boeie.
25 Strek jou skouer uit en tel Haar op en moenie ‘n afkeer hê aan Haar bande nie.
26 Benader Haar met jou hele wese en bewaar Haar Weë met al jou mag.
27 Ondersoek, spoor na, soek en vind uit en gryp Haar vas en moet Haar nie loslaat nie.
28 Want uiteindelik sal jy in Haar rus vind, en Sy sal vir jou verander word in uitbundige Vreugde.
29 En Haar net sal vir jou wees ‘n plek van sterkte, en Haar bande [sal wees] kledingstukke van fyn goud.
30 Haar juk is ‘n ornament van goud, en Haar bande is ‘n koningsblou ketting.
31 Jy moet jou met Haar beklee in glansryke kledingstukke en jy moet jou met Haar omring soos ‘n sierlike kroon.
32 As jy Haar begeer, My seun, sal jy wys gemaak word, en as jy Haar ter harte neem, sal jy skrander word. [Odes van Salomo 30:7]
33 As jy kom om te luister, neig jou oor sodat jy onderrig kan word.
34 [In die vergadering van die oudstes sal jy staan, en aan Hom wat Wys is, sal jy vaskleef.]
35 Wees gretig om elke bespreking te hoor en moenie dat ‘n spreuk van verstand jou ontglip nie.
36 Kyk na iemand wat verstandig is en soek hom vroeg en laat jou voet die drumpel van [sy huis] uittrap.
37 En jy moet die Vrees van JaHWeH bedink en bepeins voortdurend Sy Gebooie. En Hy sal jou hart verstandig maak en Hy sal jou die Wysheid gee na wat jou begeerte is.

7. Vermanings en voorskrifte.
1 MOENIE kwaad doen nie, en laat kwaad jou nie oorval nie;
2 verwyder jou ver van Ongereg-tigheid, en sy sal van jou af wyk.
3 Moenie op ploeglande van Ongeregtigheid saai dat jy haar nie sewevoudig oes nie.
4 Moenie van JaHWeH heerskappy soek nie en ook nie van die koning ‘n sitplek van eer nie. [MattithJaHûW 20:22]
5 Moenie jouself voor die Aangesig van JaHWeH regverdig nie, moenie voor die koning jouself verstandig hou nie.
6 Moenie soek om ‘n regter te wees as jy geen vermoë het om die oormoed te bedwing nie, dat jy vanweë ‘n vors nie hoef te vrees nie, en ‘n smet op jou opregtheid geplaas word nie.
7 Moenie jouself aan Ongeregtigheid oorgee te midde van die vergadering [in] ‘n stad nie, dat hulle jou in die samekoms nie mag neerwerp nie.
8 Moenie saamsweer om ‘n oortreding te verdubbel nie, want in een sal jy nie onskuldig gehou word nie.
9 Moenie sê: Elohim merk die menigte van my geskenke, en as ek aan El, die Hoogste El, ’n bydrae [nader bring], sal HY [dit] aanneem nie.
10 Moenie wankelmoedig wees in die gebed nie, en in aalmoese gee moet jy nie nalatig wees nie.
11 Moenie ‘n man verag wat in bitterheid van gees is nie, want onthou, daar is Een wat verhef en verneder.
12 Moenie geweld versin teen ‘n broer nie, en so ook nie teen beide ‘n vriend en ‘n metgesel nie.
13 Moenie ‘n behae daarin skep om leuen op leuen te vertel nie, want sy verwagting sal nie aangenaam wees nie.
14 Moenie babbel in die vergadering van die vorste nie en moenie ‘n woord in die gebed herhaal nie.
15 Moenie die moeite van ingespanne arbeid haat nie, want dit is deur Elohim verorden. [Genésis 3:19]
16 Moenie jouself reken onder die manne wat oortree nie, onthou dat die Toorn nie sal uitbly nie.
17 Verneder grootliks jou trots, want die hoop van ‘n adamiet is wurms. Moenie haastig wees om te sê nie: "Tot verbreking!" Werp jou op Elohim en verlustig jou in Sy weg.
18 Moenie ‘n vriend vir ‘n prys verruil en ‘n getroue broer vir die goud van Ofir nie.
19 Moenie ‘n wyse en suiwer vrou afwys nie, want [haar] waarde is beter as pêrels.
20 Moenie ‘n betroubare dienskneg in der waarheid sleg behandel nie en ook nie die huurling wat homself aan jou toevertrou het nie.
21 ‘n Verstandige dienskneg moet jy soos [jou eie] siel liefhê, moenie die vryheid van hom weerhou nie.
22 Het jy vee, kyk [daarna met] jou oë, en as hulle winsgewend is, behou dit.
23 Het jy seuns? Tugtig hulle en neem vir hulle vroue in hulle jeug.
24 Het jy dogters, waak oor hulle liggame en moenie die gesig oor hulle laat straal nie.
25 Laat die dogter uitgaan [in die huwelik], en bekommernis sal [uit jou huis uit] wyk, en verbind haar aan ‘n verstandige man.
26 Het jy ‘n vrou, moenie haar verafsku nie en moenie op haar wat gehaat is, vertrou nie.
27 Eer jou vader met jou hele hart en moenie die moeder wat jou voortgebring het, vergeet nie.
28 Onthou dat jy uit hulle voortgekom het, en hoe sal jy aan hulle kan vergeld wat hulle aan jou gedoen het?
29 Vrees JaHWeH met jou hele hart en eerbiedig Sy priesters.
30 Met jou hele wese moet jy jou Maker liefhê, en die wat Hom dien, moet jy nie verlaat nie.
31 Loof en prys JaHWeH en eerbiedig die priester en gee hulle deel, soos jy beveel is: die eerstelinge, die oortreding vir skuld, die bydrae van die Skouer, die bydrae van suiwering en die eerstelinge van die Aparthede.
32 Strek die hand ook uit na die behoeftige, sodat jou seën suiwer kan wees.
33 Gee ‘n geskenk vir elkeen wat lewe, en ook van die dode moet jy die geskenk nie weerhou nie.
34 Moenie jouself terughou van die wat huil nie en treur met die treurendes.
35 Moenie die sieke [vriend] vergeet nie, want deur hom sal jy geliefd wees.
36 In al jou werke, dink aan die einde, en vir ewig sal jy nie verderf word nie.

Hoofstuk 8.
1 MOENIE met ‘n groot man ‘n regsgeding aangaan nie, waarom sal jy teen sy hand draai? Moenie met een wat verhard teen jou is, twis nie, waarom sal jy in sy hand val?
2 Moenie rusie maak met die man wat ryk is dat hy nie jou prys afweeg, en jy te gronde gaan nie. Want goud het vele roekeloos gemaak, en besittings laat die hart van vorste dwaal.
3 Moenie met ‘n grootprater twis nie en moenie hout op vuur lê nie.
4 Moenie omgang hê met ‘n dwase man nie dat hy nie vorste verag nie.
5 Moenie ‘n man wat van ‘n oortreding teruggekeer het, verneder nie, onthou dat Ons almal Ons straf skuldig is.
6 Moenie ‘n gryse man bespot nie, want Ons sal [self eenmaal] onder die oues getel word.
7 Moenie jou oor iemand wat dood is, verheug nie, onthou dat Ons almal versamel sal word.
8 Moenie die oordenking van die wyses verwaarloos nie en hou jouself besig met hulle spreuke, want daaruit sal jy onderrig ontvang om voor vorste te staan.
9 Moenie die redevoering van die oues verwerp nie: want hulle het ook van hulle vaders geleer en deur hulle sal jy insig ontvang dat jy in die tyd van jou nood [in staat mag wees] om ‘n antwoord te gee.
10 Moenie voorspoedig wees by die kolegloed van die besoedelde dat jy nie brand met die vlam van sy vuur nie.
11 Moenie as gevolg van die spotter opspring [in toorn] dat hy hom [nie] neerplaas soos een wat vir jou ‘n hinderlaag lê nie.
12 Moenie aan ‘n man uitleen wat sterker as jy is nie, want as jy uitleen [is jy] soos een wat te gronde gaan.
13 Moenie borg staan bo jou vermoë nie, want as jy borg staan, [is jy] soos een wat moet betaal.
14 Moenie ‘n regsgeding aangaan met ‘n regter nie, want volgens sy welgevalle sal hy oordeel.
15 Moenie saam met die wreedaard wandel dat jy nie jou smart verswaar nie, want hy sal sy eie sin volg en deur sy dwaasheid sal jy ondergaan.
16 Met ‘n toornige man moet jy die voorhoof nie hard maak nie en moenie met hom op die Weg ry nie, want gestorte bloed is gering in sy oë, en as daar geen hulp is nie, sal hy jou vernietig.
17 Met ‘n dwaas moet jy nie verkeer nie, want hy sal nie in staat wees om jou geheim te hou nie.
18 Voor ‘n vreemdeling moet jy nie geheimsinnig handel nie, want jy weet nie wat hy uiteindelik [daarmee] sal uitrig nie.
19 Aan alle mense moet jy jou hart nie openbaar nie en moenie die suiwer [dinge] van jou af verwyder nie.

9. Oor Vroue.
1 MOENIE jaloers op die vrou van jou liefde wees nie, dat sy nie besoedelde dinge aangaande jou leer nie.
2 Moenie jouself aan ‘n vrou gee om haar op jou manlikheid te laat trap nie.
3 Moenie ‘n verbasterde vrou nader dat jy nie in haar strikke val nie. Met een wat vermeng moet jy nie verkeer dat jy nie in haar nette gevang word nie.
4 By ‘n spotsangeres moet jy nie slaap dat hulle jou nie met hul mond brand nie.
5 Op ‘n jong meisie moet jy jou aandag nie vestig dat jy nie gevang word deur die boetes wat haar opgelê word nie.
6 Moenie jouself aan een wat vermeng gee dat sy jou Erfenis [kinders uit vermenging] nie wegneem nie,
7 dat jou oë in die aanskouing nie verwelk, en jy nie verlate is agter haar huis nie.
8 Verberg die oog vir ‘n mooi vrou en betrag nie die skoonheid wat nie vir jou is nie. Deur die bevalligheid van ‘n vrou is baie verwoes, en so verteer sy haar bemindes met vuur.
9 Met ‘n getroude vrou moet jy nie [voedsel] proe nie en moenie met haar sterk drank geniet dat [jou] hart nie tot haar neig, en jy in gestorte bloed na die Afgrond neerdaal nie.

Oor Vriende.
10 MOENIE ‘n ou vriend verlaat nie, want ‘n nuwe [is nie sy gelyke nie]. Nuwe wyn is ‘n nuwe vriend, maar as dit oud is - dan mag jy dit drink.
11 Moenie jaloers wees op ‘n wettelose man nie, want jy weet nie wat sy einde sal wees nie.
12 Moenie vererg wees oor die vermetelheid van hom wat voorspoedig is nie, onthou dat hy in die tyd van die dood nie onskuldig gehou sal word nie.
13 Bly ver weg van die man wat die mag het om dood te maak, en jy sal nie hoef te vrees vir die verskrikkinge van die Dood nie. En as jy naby [hom] kom, moenie jou skuldig maak dat hy nie jou lewe wegneem nie. Weet dat jy tussen strikke loop en op ‘n vangnet wandel.
14 As dit in jou vermoë is, beantwoord jou vriend en gesels met die wyses.
15 Wissel gedagtes met die verstandige en [laat] elke vertroulike gesprek tussen hulle wees.
16 Laat regverdige manne saam met jou eet en in die Vrees van JaHWeH jou roem wees.

Oor regeerders.
17 ‘N AMBAGSMAN word geken deur vaardige hande, ‘n regeerder deur sy woorde van wysheid.
18 ‘n Gevaar vir die Stad is ‘n loslippige man, en hy wat haastig met sy mond is, sal gehaat word.

Hoofstuk 10.
1 DIE regter van ‘n volk onderrig sy volk, en die koninkryk van die verstandige is goed georden.
2 Soos die regter van ‘n volk is, so is sy ondergeskiktes, en soos die hoof van ‘n stad is, so is sy inwoners.
3 ‘n Roekelose koning verwoes ‘n Stad, maar deur die insig van haar vorste word ‘n Stad bewoon; so is haar inwoners.
4 In die Hand van JaHWeH is die heerskappy van die wêreld, en op tyd stel Hy ‘n man oor haar aan.
5 In die Hand van Elohim is die heerskappy van elke man, en vir die vors stel Hy sy Glansrykheid.

Oor hoogmoed.
6 MOENIE by elke oortreding kwaad aan jou naaste vergeld nie en moenie in die weg van hoogmoed wandel nie.
7 Hoogmoed is haatlik vir JaHWeH en vir die adamiet, en vir albei is onderdrukking ‘n gruwel.
8 Die koningskap word oorgeplaas van nasie op nasie as gevolg van onreg, brutaliteit en geld.
9 Hoe sal hy wat stof en as is, homself verhef, hy wie se liggaam [reeds] tydens sy lewe vergaan?
10 ‘n Lang siekte maak ‘n sot van die geneesheer, die koning van vandag, is môre ‘n lyk.
11 Wanneer ‘n man sterwe, erf hy wurms en maaiers, luise en kruipende gedierte.
12 Hoogmoed begin wanneer die adamiet sy Elohey verlaat het, en hy sy hart van sy Maker afkeer.
13 Want hoogmoed baar oortreding en wie daaraan vashou, vloei oor van gruwels, daarom sal JaHWeH hom met ‘n plaag besoek en hom totaal vernietig.
14 JaHWeH keer die troon van die hoogmoedige prinse om en Hy plaas die ootmoediges in hulle plek.
15 JaHWeH ruk die wortels van die hoogmoedige nasies uit, en plant die nederiges in hulle plek.
16 JaHWeH wis die spore van die hoogmoedige nasies uit en Hy kap hulle wortels tot [in] die Aarde af
17 en Hy vee hulle van die Aarde af weg en ontwortel hulle en laat hulle gedagtenis van die Aarde af verdwyn.
18 Hoogmoed pas die adamiet nie, en woedende toorn nie vir hom wat uit ‘n vrou gebore is nie.

Verskuldigde eerbewys.
19 HULLE wat JaHWeH vrees, is die saad van Waarheid, en hulle wat HOM liefhet, ‘n eerbare plant: Hulle wat die Wet verwerp, is ‘n oneerbare plant; hulle wat die Gebooie oortree, is saad van bedrog.
20 Onder broers word hul hoof geëer, so ook hulle wat JaHWeH vrees onder [die volk].
21 Die vreemdeling en die ootmoedige, die uitlander en die arme,
22 laat hulle hul roem in die Vrees van JaHWeH.
23 ‘n Arme wat Insig het, is nie te verag nie, en nie elke verstandige man moet geëer word nie.
24 ’n Magtige, ‘n vors en ‘n regter word geëer, maar daar is niemand groter as hy wat JaHWeH vrees nie.
25 ‘n Verstandige dienskneg word verhoog, en ‘n wyse dienskneg sal nie kla nie.

Verkeerde en regte selfrespek.
26 MOENIE jouself wys hou wanneer jy jou werk doen nie en moenie spog in die tyd van jou nood nie.
27 Hy wat werk en eiendom in oorvloed het, is beter as die verwaande wat homself vereer en ‘n gebrek aan brood het.
28 My seun, verhoog jouself in nederigheid en gee vir jouself die suiwer dinge soos dit gepas is.
29 Hy wat teen homself oortree, wie sal hom regverdig verklaar? En wie sal hom eer wat homself in die skande bring?
30 Daar is ‘n arme wat geëer word op grond van sy Insig, en die ryke op grond van sy besittings.
31 Hy wat geëer word [in sy armoede], hoeveel te meer in sy rykdom? En hy wat veragtelik is in sy rykdom, hoeveel te meer in sy armoede?

Wednesday, September 14, 2011

DIE BOEK EKKLESIASTIKUS


Ek het al by vorige geleenthede heelwat aangehaal vanuit die boek Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah of te wel Die Boek van Ekklesiastikus.Aangesien dit vir my so treffende boek is het ek besluit om die volgende paar weke die hele boek te plaas sodat almal toegang het tot die hele boek van Ekklesiastikus. Indien jy lief is vir die Psalms van Dawid dan sal julle beslis die boek ook geniet en ek bid dat die inhoud daarvan vir elkeen tot groot vreugde en genade sal wees.

Daar is veskeie vertalings van die Bybel waarin die Boek van Ekklesiastikus steeds voorkom. Die nuuskieriges moet self so bietjie verder gaan navorsing doen oor die boek.

Ek sal die boek so 5 hoofstukke per slag op die blog sit.

Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah

SIRAG

Wat ook genoem word DIE BOEK EKKLESIASTIKUS
Proloog

OMDAT baie en groot dinge deur die Wet en die Profete en die ander [geskrifte] wat ná hulle gekom het, aan ons oorgelewer is - ter wille waarvan dit betaamlik is om JisraEl weens sy kultuur [onderrig] en wysheid te roem - en terwyl nie alleen die lesers self onderrig moet word nie, maar ook die leergieriges van die buiteland deur woord en geskrif bevoordeel moet word, het my grootvader JeHôWshua, wat hom voortdurend met die lees van die Wet en die Profete en die ander Boekrolle van die vaders besig gehou het en daarin tuis was, daartoe gekom om self ook iets wat op kultuur en Wysheid betrekking het, te skrywe, sodat diegene wat leergierig is hulle ook daaraan mag hou en allengs mag voortgaan om ‘n lewe volgens die Wet te lei.
Die lesers word daarom versoek om hierdie [boek] met welwillendheid en opmerksaamheid te lees en om oor te sien as dit sou blyk dat, terwyl die hoofinhoud saaklik vertaal is, enkele uitdrukkings nie suiwer weergegee is nie. Immers, wat oorspronklik in Hebreeus gesê is, behou nie volkome dieselfde betekenis as dit in ‘n ander taal weergegee word nie. En nie alleen hierdie [boek] nie, maar ook die Wet en die Profete en die orige Boekrolle verskil in ‘n nie geringe mate wanneer hulle in hul oorspronklike vorm gespreek word. Terwyl ek dan in die agt-en-dertigste jaar onder koning Euergetes na Egipte gekom en ‘n tydlank daar vertoef het, het ek ‘n nie geringe verskil in kultuur gevind nie. Ek het dit dus noodsaaklik geag om self ook ywer en liefdesarbeid te bestee om hierdie boek te vertaal, terwyl ek in die tussentyd baie slaaploosheid en studie bestee het om die boek te voltooi en uit te gee, ook vir die wat in die vreemde graag wil leer en tewens bereid is om hulle lewenswandel volgens die Wet in te rig.


1. Die oorsprong van die Wysheid.
1 ALLE Wysheid is van JaHWeH, en by HOM is Sy vir ewig.
2 Die sand van seë en die druppels van die reën en die dae van die ewigheid - wie kan [dit] tel?
3 Die hoogte van die Hemele en die wydte van die Aarde en die diepte en die Wysheid - wie kan [hulle] naspeur?
4 Voor alles is die Wysheid geskape, en verstandige Insig is van ewigheid af.
6 Die wortel van Wysheid, aan wie is Sy geopenbaar? En Haar verfynde gedagtes, wie het Haar geken?
8 Slegs Een is wys, wat grootliks gevrees moet word; JaHWeH wat op SY Troon sit.
9 HÝ het Haar geformeer, Haar geïnspekteer en Haar geweeg, en HY het Haar uitgegiet oor al SY werke,
10 aan alle vlees, volgens sy mate, en HY het Haar vermenigvuldig vir hulle wat HOM liefhet.

Die Vrees van JaHWeH is Wysheid.
11 DIE Vrees van JaHWeH is glansrykheid en Majesteit en Blydskap en ‘n sierlike kroon.
12 Die Vrees van JaHWeH verbly die hart en gee vrolikheid en Vreugde en lengte van dae.
13 Die man wat JaHWeH vrees, sal ‘n suiwer einde hê, en op sy sterfdag sal hy geseënd wees.
14 Die begin van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en saam met die getroues is Hulle in die moederskoot geformeer.
15 Saam met betroubare manne is Sy van ewigheid af bevestig, en aan hulle saadlyn sal Sy vashou.
16 Die versadiging van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, want Sy bedwelm hulle met Haar vrug.
17 Haar hele Huis vul Sy met begeerlike dinge, en skatkamers met Haar opbrengs.
18 Die kroon van die Wysheid is die Vrees van JaHWeH, Sy laat Vrede en gesonde lewe bloei.
19 Verstand en Kennis giet Sy uit, en die Eer van hulle wat Haar vashou, verhoog Sy.
20 Die wortel van Wysheid is die Vrees van JaHWeH, en Haar takke is lengte van dae. Die Vrees van JaHWeH verdryf oortreding en waar Sy teenwoordig is, wend Sy toorn af.
21 ‘n Besoedelde se toorn sal nie verskoon word nie, want die gloed van sy toorn [dien tot] sy ondergang.
22 ‘n Tyd lank sal die lankmoedige homself bedwing, en daarna gee Sy vir hom Vreugde.
23 ‘n Tyd lank sal hy sy woorde inhou, dan sal betroubare lippe sy wysheid vertel.
24 In die skatkamers van Wysheid is spreuke van Verstand; [maar] die Vrees vir Elohim is ‘n gruwel vir die wettelose.
25 Het jy behae in Wysheid, bewaar die Gebod, en JaHWeH sal Haar vir jou vermeerder.
26 Want Wysheid en Tug is die Vrees van JaHWeH, en SY welgevalle is Trou en Ootmoed.
27 Moenie verbitter wees in die Vrees van JaHWeH nie en moenie tot HOM nader met ‘n dubbele hart nie.
28 Gedra jou nie kranksinnig in die gesig van die adamiete nie en gee ag op jou lippe.
29 Moenie jouself verhef, sodat jy nie val en skande oor jouself laat kom nie, en JaHWeH jou geheime openbaar en Hy jou te midde van die vergadering neerwerp nie. Want jy het nie genader tot die Vrees van JaHWeH nie, en jou hart was vol bedrog.

2. Betekenis en kenmerk van die Vrees van JaHWeH.
1 MY seun, as jy nader kom om JaHWeH te dien, berei jouself voor vir die versoeking.
2 Stel jou hart [reg] en wees sterk en moenie bevrees wees in die tyd van kwelling nie.
3 Kleef aan Hom vas en moet Hom nie laat gaan nie, sodat jy groot mag wees aan die einde van jou [lewe].
4 Aanvaar al wat oor jou kom en wees geduldig in siekte en armoede.
5 Want in vuur word goud getoets, en die adamiet wat aanvaarbaar is, in die oond van beproewing.
6 Stel jou vertroue in Hom, en Hy sal jou help, hoop op Hom, en Hy sal jou weë reguit maak.
7 Julle wat JaHWeH vrees, wag op Sy Guns en moenie wegdraai nie, sodat julle nie val nie.
8 Julle wat JaHWeH vrees, vertrou op Hom, en julle beloning sal nie faal nie.
9 Julle wat JaHWeH vrees, wag vir die suiwer [dinge] en vir ewigdurende Vreugde en Guns.
10 Aanskou die vroeëre geslagte en kyk, wie het in JaHWeH geglo en is beskaam? Of wie het in Sy Vrees gestaan en is bedrieg? Of wie het Hom aangeroep, en het Hy Homself vir hom verberg?
11 Want barmhartig en vol Medelye is JaHWeH en Een wat wetsverbreking vergewe en wat red in die tyd van benoudheid.
12 Wee die wankelmoediges en diegene met slap hande en die wettelose wat op dubbele weë gaan.
13 Wee die weekhartige, want hy sal nie glo nie, daarom sal hy nie beskut word nie.
14 Wee julle wat die hoop vernietig het, want wat sal julle doen as JaHWeH [julle] besoek?
15 Hulle wat JaHWeH vrees, sal Sy woorde nie ongehoorsaam wees nie, en hulle wat Hom liefhet, sal Sy Weë bewaar.
16 Hulle wat JaHWeH vrees sal Sy welbehae soek, en hulle wat Hom liefhet, sal met die Wet vervul wees.
17 Hulle wat JaHWeH vrees, sal hulle hart voorberei en voor Hom sal hulle hulself verootmoedig.
18 Laat Ons tog val in die Hand van JaHWeH en nie in die hand van die mens nie. Want soos Sy grootheid, so is ook Sy Guns, en soos Sy Naam, so is Sy dade.

3. Kinderplig.
1 LUISTER, o kinders, na die oordeel van [jul] vader en handel daarvolgens, sodat julle mag lewe.
2 Want JaHWeH het die vader geëer ten opsigte van die kinders en die oordeel van die moeder bevestig ten opsigte van die kinders,
3 Hy wat die vader eer, sal oortreding bedek
4 en hy wat sy moeder eer, sal wees soos een wat skatte vergader.
5 Hy wat die vader eer, sal Vreugde hê van [sy] kinders en wanneer hy bid, sal hy geantwoord word.
6 Hy wat die vader eer, sy dae sal verleng word, en hy wat sy moeder eer, sal wees soos een wat deur JaHWeH beloon word.
7 Hy wat JaHWeH vrees, eer sy vader en hy eer sy ouers soos sy meerderes.
8 My seun, eer jou vader in woord en daad, sodat allerlei seëninge jou mag inhaal.
9 Die seën van die vader bevestig die huise van kinders, maar die vloek van die moeder ruk die fondamente uit.
10 Moenie jouself eer met die skande van jou vader nie, want dit is geen eer vir jou nie.
11 Die eer van ‘n man is die eer van sy vader, en hy vermenigvuldig oortreding wat sy moeder vloek.
12 My seun, maak jouself sterk in hulp aan jou vader en moenie hom verlaat al die dae van jou lewe nie.
13 En selfs as sy kennis verminder, neem hom in ag en moenie hom tot skande maak nie al die dae van jou lewe.
14 Die gehoorsaamheid aan die vader [betoon] sal nie uitgewis word nie en in die plek van oortreding sal dit geplant word.
15 In die dag van benoudheid sal hulle vir jou in herinnering gebring word, soos hitte op ys sal dit wees om jou wetsverbreking uit te wis.
16 Want een wat vermetel handel, is hy wat sy vader verag, en hy wat sy Skepper vertoorn, is een wat sy moeder vloek.

Ootmoed.
17 MY seun, as jy welvarend is, wandel in nederigheid en jy sal bemind word meer as een wat geskenke gee.
18 Maak jouself gering ten opsigte van al die groot dinge van [hierdie] eeu, en voor die Aangesig van JaHWeH sal jy Barmhartigheid vind.
20 Want baie is die dade van Barmhartigheid van JaHWeH, en aan die nederiges openbaar Hy Sy geheim,
21 Moenie die dinge soek wat te wonderlik is vir jou nie en moenie ondersoek instel na wat vir jou verberg is nie.
22 Dink na oor dit wat jy besit en hou jouself nie besig met geheimenisse nie.
23 En moenie te doen hê met dit wat buite jou is nie, want meer is aan jou geopenbaar as wat jy kan behartig.
24 Want die verwaandhede van die seuns van die Adam is baie, en besoedelde inbeeldinge laat dwaal.
25 As daar geen oogappel is nie, ontbreek die Lig, en as daar geen Kennis is nie, ontbreek Wysheid.
26 ‘n Trotse hart stink aan sy einde, maar hy wat suiwer dinge liefhet, sal deur hulle gelei word.
27 ‘n Trotse hart - sy smarte sal vermeerder, en een wat besoedel is, voeg ongeregtigheid by ongeregtigheid.
28 Moenie jou haas om die wond van die spotter te genees nie, want daar is vir hom geen genesing nie, want ‘n uiters slegte plant is sy plant.
29 'n Wyse hart verstaan spreuke van die wyses, en die oor wat luister na wysheid sal hom verheug.
30 Water blus ‘n verterende vuur, so bedek Geregtigheid die oortreding.
31 Hy wat goed doen - dit sal hom uitroep op sy paaie, en in die tyd van sy wankeling sal hy ‘n steun vind.

4. Die regte houding teenoor die behoeftiges.
1 MY seun, moenie spot met die lewe van die ellendige nie en moenie die siel van die ellendige en een wat bitter van siel is, laat versmag nie.
2 Moenie die behoeftige siel verag nie en moet jouself nie verberg van dié wat verbryseld van siel is nie. Moenie die gevoelens van die onderdrukte seermaak nie
3 en moenie die binneste van die ellendige pynig nie. Moenie ‘n geskenk terughou van ‘n armoedige nie.
4 Moenie die smekinge van die arme verag nie,
5 en moenie jou rug op hom keer nie.
6 As die verbitterde van gees uitroep in die smart van sy siel, dan hoor sy Rots die stem van sy geroep.
7 Maak jouself bemind by die vergadering en buig die hoof vir die Vors van die Stad.
8 Neig jou oor tot die ellendige en beantwoord sy groet in nederigheid.
9 Verlos die verdrukte van sy verdrukkers en laat jou gees geen afsku hê aan ‘n regverdige oordeel nie.
10 Wees soos ‘n vader vir die wese en in die plek van ‘n man vir die weduwees. En Elohim sal jou "seun” noem en Hy sal aan jou Medelye betoon en jou verlos van die verderf.

Vrug van die Wysheid.
11 WYSHEID onderrig Haar kinders en waarsku almal wat op Haar ag gee. [Spreuke van Salomo 6:23]
12 Hulle wat Haar liefhet, het die lewe lief, en hulle wat Haar soek, sal die welgevalle van JaHWeH ontmoet.
13 En hulle wat Haar aangryp, sal Eer by JaHWeH vind en hulle sal rus in die seën van JaHWeH.
14 Dienaars van die Aparte Een is hulle wat Haar dien, en JaHWeH het dié lief wat Haar liefhet.
15 Hy wat na My luister, oordeel [in] Waarheid, en hy wat sy oor tot My neig, sal in die binnekamers van My Huis rus.
16 As iemand op My vertrou, sal hy My beërwe, Ek sal gesien word deur sy nageslagte.
17 Want as vreemdeling sal Ek met hom gaan en aanvanklik sal Ek hom toets met versoekings, tot die tyd wanneer sy hart met My vervul is.
18 [Dan] sal Ek terugkeer, hom reguit lei en My geheime aan hom openbaar.
19 As hy afwyk, sal Ek hom verlaat en Ek sal hom met stroppe tugtig. As hy agter My afwyk, sal Ek hom wegwerp en hom aan die plunderaars uitlewer.

Praktiese voorskrifte.
20 MY seun, gee ag op die tyd van beroering en vrees die kwaad, sodat jy ten opsigte van jouself nie beskaamd hoef te wees nie.
21 Want daar is skande in die geskenk van ongeregtigheid, en daar is ‘n skaamte wat Eer en Guns [bring].
22 Moenie jou aangesig [in vriendelikheid] ophef ten koste van jouself nie, en moenie as gevolg van jou struikelinge te gronde gaan nie.
23 Moenie ‘n woord op [sy] tyd weerhou nie en moet jou wysheid nie verberg nie.
24 Want deur die Woord word Wysheid geken, en Insig deur die antwoord van die tong.
25 Moenie teen die Elohim rebelleer nie, maar verootmoedig jouself voor Elohim.
26 Moenie skaam wees om jou van ongeregtigheid af te keer nie en moenie staan voor die stroom nie.
27 Moenie jouself voor die dwaas uitsprei nie en moenie weier voor heersers nie. Moenie saam met die onregverdige regter sit nie, dat jy nie volgens sy welbehae saam met hom sal oordeel nie.
28 Stry vir Geregtigheid tot die dood toe, en JaHWeH sal vir jou veg. Moenie ‘n tweegesig genoem word nie, en moenie kwaadpraat met jou tong nie.
29 Moenie met jou tong spog nie en wees nie traag en nalatig in jou werk nie.
30 Moenie soos ‘n hond wees in jou huis en tiranniek en vreesaanjaend in jou werk nie.
31 Laat jou hand nie oop wees om te neem en toe wees ten opsigte van ‘n geskenk nie.

Hoofstuk 5.
1 MOENIE steun op jou eie vermoë nie en moenie sê: "Ek het mag” nie; moenie steun op jou eie krag om agter die begeerte van jou siel aan te gaan nie.
2 Moenie agter [die begeertes van] jou hart en jou oë aanloop om te wandel in die begeerlikhede van die kwaad nie.
3 Moenie sê: "Wie het mag [oor my] nie", want JaHWeH soek hulle wat vervolg word.
4 Moenie sê: "Ek het oortree, maar wie kan my enigiets aandoen", want Elohim is lankmoedig” nie. Moenie sê: "JaHWeH is barmhartig en Hy sal al my oortredinge uitdelg” nie.
5 Moenie op vergiffenis vertrou om ongeregtigheid by ongeregtigheid te voeg nie.
6 En [moenie] sê: "Sy dade van Barmhartigheid is baie om die veelheid van my oortredinge te vergewe” nie, want Barmhartigheid en Woede is by Hom, en Sy Woede lê by die wettelose.
7 Moenie nalaat om jou tot JaHWeH te bekeer nie en moenie van dag tot dag uitstel nie. Want plotseling gaan JaHWeH se gramskap uit, en op die dag van wraak word jy uitgewis.
8 Moenie vertrou op valse besittings nie, want hulle sal nie baat op die dag van Toorn nie.
9 Moenie wees soos een wat by elke wind saai en wat hom wend na die weg van die stroom nie.
10 Steun op Kennis en laat jou woord suiwer wees.
11 Wees haastig om gehoor te gee, maar gee jou beslissing met geduld.
12 As dit in jou vermoë is, antwoord jou vriend, en so nie, hou jou hand op jou mond.
13 Eer en skande [kom] deur een wat onnadenkend praat, en die tong van die adamiet is sy ondergang.
14 Moenie ‘n tweegesig genoem word nie en moenie met jou tong van jou naaste kwaadpraat nie. Want op die dief word skande geskep, en ‘n smaad [vir] sy naaste is die tweegesig.
15 Moenie in klein en groot dinge korrup handel nie.

Tuesday, September 6, 2011

Wanneer Vader aan die Nek Gryp.


Ek hoop die wat gereeld lees het my darem verlede week so bietjie gemis toe daar niks op die blog geplaas is nie.

Ek wil so bietjie vertel wat gebeur het en ook getuig hoe wonderbaarlik Vader YHWH ingegryp het

Ek en my kollega is geruime tyd reeds met ons werkgewer in ’n stryd gewikkel rakende opleiding. Verlede jaar het die werkgewer onderneem om vir ons verdere studies te betaal. Ons het seker gemaak dat ons aansoek deur al die regte kanale gaan. Daar is dus voorsiening gemaak in die werkgewer se opleidings program, in die begroting en dit is goedgekeur deur die Munisipale Bestuurder.

Toe ons in Januarie 2011 die betaling aan die Universiteit moes doen toe word daar besluit deur die Bestuurder Finansiële Dienste dat hulle nie vir die opleiding en die reis kostes gaan betaal nie. Die besluit is ondersteun deur die nuwe Munisipale Bestuurder wat waarneem in die vorige een se pos (die is geskors – deesdae omtrent die norm in Munisipaliteite).

Ons het al ons dokumentasie bymekaargekry – die opleidings plan en die brief wat die Munisipale Bestuurder geskryf het aan die Universiteit dat hulle onderneem om al die koste te betaal. Die ondersteunende dokumente en ’n skriftelike versoek is aan die werkgewer gestuur om die betaling te heroorweeg.
Hulle het (soos verwag) botweg geweier. Die probleem was dat almal kwaad was vir ons omdat ons ons opleidings behoeftes op die korrekte wyse in die begroting laat opneem het en hulle het versuim om dieselfde te doen.

Dit was half te laat om kop uit te trek uit die opleiding omdat daar vir die hele sentrale streek bitter min buitemuurse studente ingeneem word en die kwalifikasie faseer uit in die volgende twee jaar. Daarna sal jy 3 jaar voltydse studie moet onderneem om dieselfde kwalifikasie te verwerf.

Ons het voortgegaan met ons studies en het al die koste daaraan verbonde uit ons eie sakke betaal. Intussen het ons die saak na die vakbond verwys vir rekonsiliasie. Die rekonsiliasie kon nie plaasvind en die saak is verwys vir arbitrasie deur ’n kommissaris van die CCMA.

Ons het sorgvuldig al ons dokumentasie vir die saak voorberei maar daar was twee belangrike dokumente wat ons nie in die hande kon kry nie naamlik die Raad se besluit waar die opleiding goedgekeur is asook die besluit van die Plaaslike Arbeids Forum wat die opleiding aanbeveel vir goedkeuring aan die Raad.

Ek het uitgevind dat dit, die Raad se besluit en Plaaslike Arbeids Forum se aanbeveling die basis sal wees waarop hul verdediging sal berus asook dat daar nie in die begroting voorsiening gemaak is nie.
Ek het my bes probeer om dokumentêre bewyse te verkry vir die besluite, maar daar was niks beskikbaar en dit blyk dat die opleidings plan glad nie voor die Raad gedien het nie.
Die begroting was net so probleem om in die hande te kry, dit lyk my begrotings is deesdae ’n staatsgeheim in munisipaliteite.

Die eerste arbitrasie verhoor het plaasgevind en dit het tog gelyk of die kommissaris meer na ons kant toe neig maar die uitstaande bewyse sou ons saak bo enige redelike twyfel kon bewys. Die saak is verder uitgestel sodat die werkgewer getuies kon inroep.

’n Week voor die verhoor het die werkgewer versoek dat die saak verder uitgestel word omdat die Munisipale Bestuur en Bestuurder Finansiële Dienste nie beskikbaar sou wees nie – hulle kerjakker weer rond agter kongresse aan. Hierdie was een te veel vir die kommissaris en sy het besluit dat geen uitstel verleen word nie omdat dit lyk of die werkgewer nie die saak ernstig genoeg beskou nie.

Wel, laas Vrydag daag al twee die menere daar op om te getuig en ons was effens benoud want die bewyse vir die goedkeuring het nie bestaan nie maar gelukkig kon ons ’n afskrif van die begroting in die hande kry. Die persoon wat vir ons die begroting in die hande gekry het, het net die vorige week sy hele kantoor skoongemaak en alles weggegooi wat hy nie gebruik nie. Daar was geen begroting beskikbaar tussen sy dokumente nie. Twee dae later kry hy onverklaarbaar een op sy kas in die kantoor en kon ons so een in die hande kry.

Tydens die verhoor is die Bestuurder Finansiële Dienste eerste ingeroep om te getuig vir die werkgewer.
Hy was verskriklik senuweeagtig, ek sou ook seker gewees het as ek geweet het wat op my wag.

Tydens sy getuienis het ek gesien wat gebeur wanneer Vader iemand aan die nek gryp en hy dinge sê wat hy nie veronderstel is om te sê nie of geen beheer oor het nie.
Die werkgewer se prokureur vra die getuie om te getuig oor die opleidings plan – wat dit is en hoe dit werk (die bedoeling was dat hy moes getuig dis net ’n voorgestelde plan en dit word nie noodwendig so geïmplementeer nie en dat goedkeuring slegs deur ’n sub-komitee geskied wat oor geen bevoegdhede beskik nie.

Raai wat getuig die man toe?

“Die opleidings plan word deur die Munisipale Bestuurder goedgekeur, dis is nie nodig vir die Raad om dit goed te keur nie omdat die Munisipale Bestuurder gedelegeer is om dit namens die Raad goed te keur. (ons eerste probleem met Raads goedkeuring word sommer net daar opgelos) Verder getuig hy dat die sub-komitee ’n volle gemagtigde sub-komitee van die Plaaslike Arbeids Forum is en dat hulle die plan goedgekeur het vir aanbeveling. (probleem nommer twee opgelos)

Die arme man was later so verbouereerd met sy eie getuienis en na verdere ondervraging deur die kommissaris het hy die kommissaris probeer oortuig dat hy sy getuienis wil terug trek.

Ja, boetie, jy het nog nie geleer wat gebeur wanneer jy een van Vader se kinders kwaad probeer aandoen nie.

Ek is dankbaar vir wat YHWH aan ons gedoen het en hoe Hy die bewyse op wonderbaarlike wyse aan die lig laat kom het.

Die kommissaris sal haar besluit maak en ons sal oor sowat drie weke presies weet wat was haar besluit, maar ons glo dat ons Koning aan ons reg en geregtigheid sal laat geskied.