Eens vanuit die hemele is die lewende Woord gebaar.
Om so die ewige lewe vir ons in Elohim te kan bewaar.
So kom die Seun van die mens, Sy Naam is Wonderbaar.
Oor die see van Galilea het Hy met Sy skuitjie kom vaar.
Om die Brood te kom breek- en die onkunde op te klaar.
Hy het Hades, ook die doderyk oorwin as die Veroweraar.
Om so Elohim se eiendom vir die ewigheid te kom bewaar.
Sodat Satan se versoekinge vir ewig voor hulle sou bedaar.
Drup suiwer genesing op Golgota vanuit die Goddelike aar.
In die Lig wat in die doderyk inskyn- staan YaHshua daar.
Hy wink ʼn sondaar nader ook ʼn hoer en selfs ʼn tollenaar.
Ja, ook vir jou en vir my, die wink Hy nader so wonderbaar.
Hy roep: kyk, julle staan rein en genees- Ek sê dit voorwaar.
Julle juk het Ek gebreek- julle sondelas is nie meer swaar.
In die wedergeboorte staan Ek en jy al nader aan mekaar.
Ja, in Liefde en Waarheid raak Ons ʼn onafskeidbare Paar.
Ons in oorwinning oor Satan, die aanklaer, as sy veroweraar.
Om nooit weer te luister, ja, na sy aanklag of kommentaar.
Eens het My geliefdes- My treurig na die hemele sien vaar.
Maar Ek het beloof hulle sal My weer op die wolke gewaar.
My Gees het Ek by hulle agtergelaat sodat hul kon bedaar.
So word weer vanuit die hemele My lewende Brood gebaar.
Sodat My kudde My in die liefde van hulle harte kan gewaar.
In hulle wedergeboorte weet hulle- Ek leef in hulle voorwaar.
Om die ewige lewe so deur hulle- in Elohim self te bewaar.
So kom die Seun van die mens en Sy Naam is Wonderbaar.
Judith de Beer
Donderdag 06:30
Monday, April 11, 2011
Wednesday, April 6, 2011
’n Gebed van JeHôWshua ben Sirah.
Hierdie gebed kom uit die Boek Sirag of ook genoem DIE BOEK EKKLESIASTIKUS:
51 1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof,
2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp
3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos
4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie,
5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister,
6 en [van] die pyle van ‘n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol.
7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.
8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.
9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep.
10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.
11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge
12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys.
51 1 EK wil U dank, O JaHWeH en Koning, en Ek wil U loof, O El, My Verlosser. Ek wil U Naam loof,
2 want U het My Siel van die Dood gered, U het My vlees van vernietiging teruggehou, en uit die mag van die Doderyk/Sheol het U My Siel verlos; U het My verlos van die skinderpraatjies van ‘n volk, van die gesel van ‘n tong wat laster en van ‘n lip wat hom wend tot leuens; in die aangesig van hulle wat teen My opstaan, was U aan My kant, U het My gehelp
3 ooreenkomstig die grootheid van U Barmhartigheid uit die strik van hulle wat wag hou oor My struikeling en uit die mag van hulle wat My Siel soek; uit menigvuldige benoudhede het U My verlos
4 en uit die verdrukkinge van die vlam rondom en uit die gloed van die vuur wat [Ek] nie aangeblaas het nie,
5 uit die diepte van die moederskoot van die Doderyk/Sheol, uit bedriegike lippe en die wat met leuens pleister,
6 en [van] die pyle van ‘n bedrieglike tong. En My Siel het geraak aan die Dood, en My lewe tot aan die onderste van die Doderyk/Sheol.
7 En Ek het My na alle kante gewend, maar daar was geen helper vir My nie, en Ek het uitgekyk na een wat ondersteun, en daar was nie.
8 Toe het Ek gedink aan die Ontferming van JaHWeH en aan Sy gunsbewyse wat van ewigheid af is, Hy wat dié red wat op Hom vertrou en wat hulle verlos uit elke verdrukking.
9 En Ek het My Stem van die Aarde af verhef en uit die poorte van die Doderyk/Sheol het Ek om hulp geroep.
10 Toe het Ek na JaHWeH geroep, die Vader, My Meester: My Vader is U, moenie My verlaat in die dag van beproewing, in die dag van woesteny en van verlatenheid nie.
11 Ek wil U Naam voortdurend loof en Ek wil aan U dink in die gebed. Toe het JaHWeH My Stem gehoor en Hy het die Oor geneig tot My smekinge
12 en Hy het My verlos uit elke verdrukking en Hy het My gered uit die dag van beproewing. Daarom wil Ek dank en loof en wil Ek die Naam van JaHWeH prys.
Monday, March 28, 2011
Geestelike Hulp (Puriteinse Gebed)

Ewige Vader, dit is deur U wonderbare liefde, dat U, U geliefde Seun gestuur het om te ly in my plek dat U, U Heilige Gees gestuur het om te onderrig, te vertroos, te lei, U het U engele opdrag gegee om my te omvou soos ’n stadsmuur; die hele skepping sien om na ’n armsalige wurm soos ek. Laat U onsienlike diensknegte toe om voortdurend werksaam te wees ter wille van my en te juig wanneer U genade in my groei. Laat hul nooit toe om te rus totdat my stryd volbring is nie en ek in glorieryke oorwinning staan op die strand van verlossing nie.
Laat tog my geneigdheid tot kwaad, doodsheid tot goeie werke en weerstand teen die beweging van U Gees, U nooit sal beweeg om my te verlaat nie. Mag my verharde hart U genade opwek en nie U wraak nie. Indien die vyand dreig om oor my die oorhand te kry deur my korrupsie, laat dit bekend word dat die Koning van die hemele magtiger is as die magte van die hel, dat die wat vir my is groter is as die wat teen my is.
Hef U hand op tot my hulp deur die rykdom van U seëninge, laat my wei in die weivelde van U versterkende Woord, laat my U vind in die onderwysing van U Skrif.
Indien my afvalligheid besoek word met tugtiging, laat my toe om regstelling te ontvang in sagmoedigheid, om die tugtigende hand te seën, om die motief vir die tugtiging te onderskei, om gou te reageer en terug te keer na die eerste werke van die Gees. Laat my in elke val laer op my knieë daal en wanneer ek opstaan dat dit sal wees om hoër te styg in toewyding tot U. Laat elke foltering wat my pad kruis sal wees tot heiligmaking, elke verlies vir my wins sal wees, elke verwerping van versoeking ’n geestelike voorsprong sal bied, elke donker dag verlig sal word deur U Heilige Gees en elke nag van beproewing ’n lied in my hart sal word.
Amein.
Thursday, March 17, 2011
Friday, March 11, 2011
My Blinkblaar-wag-’n-Bietjie Bos

’n Paar jaar gelede moes ek ten minste twee maal per maand tussen twee dorpe ry om vergaderings by te woon. Wanneer mens ’n pad so gereeld ry dan raak dit baie eentonig en mens spandeer meer tyd om te kyk wat in die veld aangaan as wat op die pad aangaan.
Ja, ek weet dis nie ’n baie goeie idee nie maar ek moet darem bysê dat die pad daardie jare maar baie stil was, as jy tien motors op die pad kry vir die vyf en vyftig kilometer afstand dan was dit baie gewees.
So entjie die veld in het ek ’n paar jongerige Kameeldoring boompies opgemerk, hulle was nie so dig opmekaar soos wat ek gewoond is in die Kameeldoring woud in die Kalahari nie.
Daar was een Kameeldoring boompies wat so effe eenkant gestaan het en my dadelik opgeval het omdat die boom ’n pragtige vorm gehad het, ’n lang reguit stam met sytakke wat reg rondom die stam uitloop in al die windrigtings. Soms kry mens van die bome wat glad nie ’n mooi vorm het nie en wat van klein boompie tyd af gebuig of verwring is deur ander takke, stompe en klippe.
In elk geval, oor ’n tydperk van sowat vier maande het ek gesien dat daar eers een Blinkblaar-wag-’n-bietjie-bos langs die doringboompie opkom, na ongeveer ’n verder vier maande was daar nog omtrent ’n addisionele drie ander blinkblaar-wag-’n bietjie-bosse gewees. Die bosse moes seker al ’n rukkie daar langs die doringboompie gegroei het want ek het hulle eers opgemerk toe hulle bokant die lang gras begin uitsteek.
Vir die volgende maande het dit gelyk of die doringboompie en die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse ewe goed groei maar ek kon merk dat die Blinkblaar-wag-’n-bietjie bosse so bietjie vinniger groei as die doringboompie.
Op daardie stadium was ek reeds vreeslik gefassineer deur die doringboompie en die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse om hom, tot so ’n mate dat wanneer ek nader kom aan die plek waar hulle gegroei het, het ek so bietjie stadiger gery om te sien wat met die bome aangaan.
Na ’n jaar was dit duidelik dat die doringboompie glad nie meer in so ’n mooi toestand is nie en dis asof die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse die doringboom omsingel het en hom begin strengel het. Stadig maar seker die lewe uit die doringboompie begin tap het.
My vergaderings na die naburige dorp het drasties begin afneem vanweë verskeie redes en ek het toe slegs so eenkeer elke ses maande ’n vergadering gaan bywoon. Met die eerste vergadering wat ek weer gaan bywoon het, kon ek nie wag om by die plek te kom waar die doringboom en die bosse gegroei het nie. Groot was my verbasing toe ek daar aankom en sien dat die doringboompie heeltemal dood is. Al wat groen was, is die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse.
Met die volgende vergadering was nog net die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse oor, die doringboom het nie meer gestaan nie, ek neem aan dit moes omgeval het of die boer het die boom kom wegneem vir brandhout.
Deur hierdie hele twee jaar episode was dit asof daar elke keer vir my ’n boodskap opgesluit was in die gebeure rondom die bome en wat besig was om te gebeur.
Die eerste keer dat ek die Kameeldoringboom opgemerk het, het ek gedink dat die boompie soos ’n kind van YaHWeH was, hy staan eenkant, afgesonder van ander bome en het pragtig vertoon en goed gegroei. Met die opkoms van die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse het ek onmiddellik besef dit is soos sondes wat groei rondom die pragtige Kameeldoringboom.
Die res van die les het ek eers ten volle begryp toe die Kameeldoringboom nie meer daar was nie. Ons is soos Kameeldoringbome van die Skepper, maar dit gebeur dat die sonde baie stadig maar seker hier rondom ons begin groei en ons later so omsingel dat dit lyk of ons een geheel is. Maar die ‘onkruid’ is besig om ons te beroof van die ‘lewe’. Die aanslag is voortdurend, sonder ophou en die enigste uitweg is wanneer die ‘Boer’ sou kom en die blinkblaar-wag-’n-bietjie bosse sou kom uitkap rondom ons.
Soms sien ons net die sondes wat skielik op ons afkom en ons oorweldig maar ons merk nie die sondes op wat so stil-stil in ons lewens insluip en saam met ons groei nie. Ons moet ons oë oopmaak en self ondersoek instel om te kyk wat in ons eie lewens aangaan. Ons moet waak dat ons tradisies en gewoontes ons nie blind gemaak het vir die blinkblaar-wag-’n-bietjie-bosse wat besig is om ons te omsingel nie.
Laat ons vandag die groot Landbouer aanroep wat hy die blinkblaar-wag-bietjie-bosse om ons kom uitroei sodat ons kan groei in Hom.
Tuesday, March 8, 2011
Suiwering (Puriteinse Gebed)

Koning Yahshua Messiah, ek het gesondig. Laat my toe om nooit op te hou treur oor my sondigheid, nooit met myself tevrede sal wees nie, nooit kan dink dat ek ’n punt van perfeksie kan bereik het nie. Vernietig my selfsugtigheid, gebied my tong, verbreek die eie ek wat in my wil heers. Skenk my genade om heilig te wees, goedhartig, sagmoedig, suiwer, vredeliewend, om te leef vir U en nie vir myself nie. Om U woorde, dade en Gees na volg, om verander te word na U beeld en gelykenis, om geheel toegewy te wees aan U en slegs te leef vir U Glorie.
Verlos my van die verknogtheid aan dit wat onrein is, van verkeerde assosiasies, van die oorheersing deur vleeslike begeertes en die soetigheid van die sonde. Dat ek met self ondersoek, diepe bedroefdheid en ’n ernstige harts ondersoek na U sal kom en myself voor U genade werp, volkome in U glo en verlos sal word deur U.
O YaHWeH, die Ewige Lewende, help my om te weet dat alle dinge maar skaduwees is maar U is substansie, alle dinge is dryfsand, maar U is die berg, alle dinge verander maar U is die anker, alle dinge is dwaasheid maar U is wysheid.
As my lewe ’n vuurvaste houer moet wees te midde van die brandende oond, laat dit so wees, maar staan U by die opening van die oond en hou oor my die wag sodat slegs die loog van my verwyder word en niks van die inhoud nie. As ek teen U sondig verwyder in genade van my die geween en vul my met U lering, verwyder van my die roukleed en klee my met genade. Maak my sugte stil en vul my mond met lofprysinge vir U.
Laat my jubel in die heerlikheid van U volmaakte Liefde.
Amein
Thursday, March 3, 2011
Genade in Beproewing (Puriteinse Gebed)

Vader van genade, hoor my terwille van Yahshua. Ek is vol sonde, selfs in my naaste wandel met U; dit is deur U genade dat ek nie reeds vernietig is nie; U genade is my geskenk deur U folter dood, waardeur ek aan U verbind is en U met my; U het my getrek deur U grote liefde en U beskou my as onskuldig in Yahshua Messiah.
Gewer van alle genadegawes, ek kyk na U vir krag om die gawes in my te onderhou, want dit is moeilik om uit te leef wat ek glo. Versterk my teen die versoekinge. My hart is ’n onuitputbare bron van sonde, ’n rivier van bederwing sedert my kinderdae, wat vloei in al my doen en late; U het my ontneem van alles waarin ek vertrou het en ek het geen krag behalwe in U.
U alleen kan my weerhou van die sondige weë, maar sonder U genade om my te onderhou struikel en val ek. Satan se pyle ontvlam gou in my binneste en die skild wat die vuur maklik moes blus val uit my hande. Gee my krag om staande te bly teen sy versoekinge en aanvalle. Hou my bewus van my swakheid en van my afhanklikheid van U krag. Laat elke beproewing my meer leer van U vrede, meer van U liefde.
U Heilige Gees is gegee om die genadegawes in ons te vermeerder en ek kan hul nie behou of ten volle toepas tensy U Gees voortdurend in my werk nie. Laat U Gees in my bevestig die vertroue in U hulp en laat my nederig wandel in diepe afhanklikheid voor U. In die naam van Yahshua Messiah pleit ek dit.
Subscribe to:
Posts (Atom)
