Thursday, September 16, 2010

In ʼn Geesteswoestyn


So sit in ʼn geesteswoestyn menig siele en ly.
Hul sug en kla: ons wêreld is ʼn leë woesteny.
Niks is meer oor waaroor ons, ons kan verbly.
Ja, so is alles besig, om ons nou onder te kry.

Hul kerm en kla, ja hul roep- O’ God, kyk na my.
Ja, kyk ek is besig om in ʼn donker put af te gly.
Voordat ek my kan kry het Hades my beetgekry.

Ja, so sit in ʼn geesteswoesteny menig siel en ly.
Wat so wanhopig roep: God, bly in my nood by my.
Luister daarom wanneer Hy troos: kyk, Ek is naby.
Luister na Sy raad, wat jou wilde vrese wil bestry.

Vasberade moet jy nou Wysheid en Insig bykry.
Die bose so moedig met al jou teenstand bestry.
Manmoedig moet jy verklaar – met God aan my sy.
Gaan ek die listige lokstem van die wêreld vermy.
Dat dit nooit weer ʼn sonde-houvas op my kan kry.

In my nuutgevonde vryheid sal ek my in Hom verbly.
Ek sal soos ʼn kind, my voorbarig aan Sy voete vly.
Terwyl ek my liefde so oor en oor aan Hom sal bely.
Weet daarom- niemand hoef in ʼn geestewoestyn te ly.
Luister altyd na Sy stem wat sê: kyk, Ek is so naby.

Judith de Beer

Wednesday, September 15, 2010

THE WILL OF YHWH


The will of YHWH will never take you,
Where the grace of YHWH cannot keep you.
Where the arms of YHWH cannot support you,
Where the riches of YHWH cannot supply your needs,
Where the power of YHWH cannot endow you.

The will of YHWH will never take you,
Where the spirit of YHWH cannot work through you,
Where the wisdom of YHWH cannot teach you,
Where the army of YHWH cannot protect you,
Where the hands of YHWH cannot mold you.

The will of YHWH will never take you,
Where the love of YHWH cannot enfold you,
Where the mercies of YHWH cannot sustain you,
Where the peace of YHWH cannot calm your fears,
Where the authority of YHWH cannot overrule for you.

The will of YHWH will never take you,
Where the comfort of YHWH cannot dry your tears,
Where the Word of YHWH cannot feed you,
Where the miracles of YHWH cannot be done for you,
Where the omnipresence of YHWH cannot find you.

-- Author Unknown

Monday, September 13, 2010

Die Arm Man se Skoene


Die jong man, ’n student by die universiteit stap saam met die professor, wat daarvoor bekend was as, die student se vriend. Hy was bekend daarvoor dat hy net goed gedoen het waar hy kom.
Terwyl hulle twee in die wandel paadjie afstap, sien hulle ’n paar ou skoene netjies langs die paadjie gebêre. Die skoene was moontlik van ’n arm man wat in die naby geleë veld gewerk het. Die veld was baie modderig en die arm man het seker nie kans gesien om sy ou skoene te ruïneer deur met dit in die modder te werk nie. Dit was haas uitval tyd en hulle het verwag dat die arm man binnekort sou aankom om sy skoene te kry.

Die student draai na die professor en sê: “Kom ons trek die man ’n streep, ons steek sy skoene weg dan kruip ons in die bosse hier naby weg en kyk na sy reaksie as hy nie sy skoene kan kry nie.”

“My jong vriend,” antwoord die professor, “ons moet onsself nooit vermaak ten koste van die armes nie. Maar jy is ryk, jy kan aan jouself ’n baie groter plesier verskaf deur die armes. Sit ’n muntstuk in elke skoen en dan versteek ons onsself in die bosse en kyk hoe die ontdekking hom affekteer.”

Die student maak toe so en die twee gaan kruip in die naby geleë bosse weg en wag vir die arm man om te kom. Dit was ook nie lank nie voordat hulle die arm man deur die veld aangestap sien kom na die plek waar hy sy skoene gebêre het.

Hy gaan sit op die gras langs die wandelpad en maak sy voete met ’n lappie bietjie skoon voordat hy sy skoene aantrek. Terwyl hy sy een voet in sy skoen steek voel hy iets hards binne die skoen. Hy steek sy hand binne sy skoen om te voel wat dit is en ontdek die muntstuk in die skoen.

Verbasing is op sy gesig geskryf terwyl hy die munt in die rondte draai en seker maak dat dit regte geld is. Hy kyk in alle rigtings om te sien of daar enige omstanders is wat hom dalk ’n poets wou bak, maar niemand was in sig nie. Hy druk die munt in sy sak en gaan voort om die ander skoen aan te trek. Groot was sy verbasing toe hy in die ander skoen ook ’n munt ontdek.
Blydskap oorval die man en hy val op sy knieë terwyl hy ’n dankbaarheids gebed rig tot die Almagtige oor hoe dit hom sal help met sy siek en hulpelose vrou en sy kind wat swaar kry van die honger. Hy dank Vader vir die onbekende hand wat die groot uitkoms aan hom besorg het.

Die student is diep geraak deur die gebeure wat hy sopas waargeneem het en daar is trane in sy oë. “Nou,” sê die professor, “is jy nie nou meer bly jy het die munte in die skoene gesit as die oorspronklike beplande poets van jou nie?

Die jong student antwoord,” Jy het aan my ’n les geleer wat ek nooit in my lewe sal vergeet nie. Ek verstaan en begryp nou eers wat die woorde beteken: “Dit is baie beter om te gee as om te neem....”

Tuesday, September 7, 2010

Kan Jy LIEFDE Installeer?


Klantediens Verteenwoordiger: Kan jy LIEFDE installeer?

Kliënt: Ek kan dit doen. Ek is nie baie tegnies aangelê nie, maar ek dink ek is reg om te installeer.
Wat doen ek eerste?


Kd Verteenwoordiger: Die eerste stap is om jou HART oop te maak. Het jy die ligging van jou HART gevind juffrou?

Kliënt: Ja, ek het, maar daar is ‘n paar programme wat besig is om te hardloop. Is dit in die haak om te installeer terwyl hulle hardloop?

Kd Verteenwoordiger: Watse programme is besig om te hardloop juffrou?

Kliënt: Laat ek gou kyk .... ek het VORIGE-PYN.EXE, LAE-SELFBEELD.EXE, AFGUNS.EXE en WROK.COM wat nou hardloop.

Kd Verteenwoordiger: Gee probleem. LIEFDE sal outomaties VORIGE-PYN.EXE verwyder van die huidige bedryfs stelsel. Dit mag dalk in jou permanete geheue bly, maar dit sal nie langer ander programme omverwerp nie. LIEFDE sal uiteindelik LAE-SELFBEELD.EXE herskryf met sy eie modules genaamd SELFVERTROUE.EXE. Maar jy sal beslis AFGUNS.EXE en WROK.COM moet afskakel. Die programme voorkom dat LIEFDE behoortlik geinstalleer word.
Kan jy die twee programme afskakel, juffrou?

Kliënt: Ek weet nie hoe om hul af te skakel nie. Kan jy my vertel hoe?

Kd Verteenwoordiger: Met groot graagte juffrou. Gaan na die Start menu en roep op VERGIFNIS.EXE. Doen dit soveel kere as nodig totdat AFGUNS.EXE en WROK.COM totaal uitgewis is.

Kliënt: Okay, ek is klaar. LIEFDE het begin om outomaties te installeer. Is dit normaal?

Kd Verteenwoordiger: Ja, dit is. Jy sal ‘n boodskap kry wat lees dat dit geinstalleer word vir die leeftyd van jou HART. Sien jy die boodskap?

Kliënt: Ja, ek doen. Is dit nou heeltemal geinstalleer?

Kd Verteenwoordiger: Ja, maar onthou dat jy slegs die basis program het. Jy moet begin konneksies maak met ander HARTE om jou in staat te stel om gereeld opgraderings te kry.

Kliënt: Oops... ek het alreeds ‘n ‘fout’ boodskap. Wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Wat sê die boodskap.

Kliënt: Dit sê “FOUT 412 – PROGRAM NIE AANPASBAAR MET INTERNE KOMPONENTE NIE.” Wat beteken dit?

Kd Verteenwoordiger: Moenie jou bekommer nie juffie, dis ‘n algemene probleem. Dit beteken dat die LIEFDE program is so opgestel dat dit hardloop op eksterne HARTE maar het nog nie in jou eie HART gehardloop nie. Dit is een van daardie ingewikkelde programmerings dinge, maar in nie-tegniese terme beteken dit dat jy jou eie masjien moet “LIEF” hê voordat dit ander kan “LIEF” hê.

Kliënt: So, wat moet ek doen?

Kd Verteenwoordiger: Kan jy die SELF-AANVAARDINGS gids opspoor?

Kliënt: Ja, ek het dit.

Kd Verteenwoordiger: Pragtig, jy raak nou goed met hierdie ding.

Kliënt: Dankie.

Kd Verteenwoordiger: Dis ‘n plesier. Kliek op die volgende leêrs en kopieer hul na jou “MY HART” gids: VERGEWE-SELF.DOC, SELF-RESPEK.TXT,
BESEF-EIEWAARDE.TXT en MINSAAMHEID.DOC. Die stelsel sal enige teenstrydige leêrs herskryf en begin om enige foutiewe programmering te herstel deur die installering van ‘n ‘patch’ vir die leêr. Jy sal ook die leêr SELF-KRITIEK.EXE moet uitvee uit alle gidse en dan die herwinning blik daarna moet leegmaak om seker te maak dis weg uit die stelsel en dat dit nie weer sal terugkeer nie.

Kliënt: Ek het dit so. Hi! My HART is klaar besig om gevul te word met ‘nice’ leêrs. GLIMLAG.MPG speel tans op my monitor en dit wys dat WARMTE.COM, VREDE.EXE en TEVREDENHEID.COM besig is om oral oor my HART te kopieer!

Kd Verteenwoordiger: Dan is LIEFDE geinstalleer en hardloop. Jy sal nou self in staat wees om dit verder te vat. Net nog een ding voordat ek gaan .....

Kliënt: Ja?

Kd Verteenwoordiger: LIEFDE is gratis-ware. Maak seker dat jy dit met al die ander modules aan almal uitdeel wat jy ontmoet. Hulle sal dit op hulle beurt met ander deel en sodoende sal daar wonderlike modules na jou kant toe kom.

Kliënt: Ek sal. Baie dankie vir jou hulp.

Friday, September 3, 2010

Kallie Klippie


Kallie klippie het in ’n veld gelê wat besaai was met witterige, effe vierkantige, rotse. Kallie het baie minderwaardig gevoel teenoor die rotse wat darem heelwat groter as hy was. In rots terme was hy maar gereken as ’n klippie.

Die rotse het verneem dat die Koning gaan daar naby vir hom ’n nuwe paleis bou en dat hy vir sy bouers opdrag gegee het om mooi rotse in die veld te versamel waar Kallie hulle is. Die rotse was almal vreeslik opgewonde want daar was ’n baie groot moontlikheid dat hulle gebruik kan word in die mure van die Koning se nuwe paleis. Watter eer en voorreg sou dit nie wees nie, het elkeen by homself gedink.

Die nuus van die beplande bouery en die versameling van die rotse in hulle veld het Kallie nie juis vreeslik opgewonde gemaak nie, want wie sal nou ’n klein klippie soos Kallie wil gebruik in die mure van die sterke vesting? Tog het Kallie nie moed opgegee nie maar tog gehoop dat hy gebruik kan word, al is dit selfs maar net in een van die binne mure van die nuwe paleis. Dit is so ’n groot voorreg om as een van die boustene van die Koning se paleis gereken te word.

Elke dag het Kallie gesien hoe die bouers die groot, pragtige rotse hier om hom versamel. Hy was baie bedroef wanneer die bouers hier by hom verby loop en hom nie eens opmerk nie. Sommige van die bouers het hom selfs elke nou en dan eenkant toe geskop om by een van die groter rotse uit te kom.
Soos wat die dae en weke verby gegaan het, het Kallie meer mismoedig geword. Hy kon sien hoe die mure van die nuwe paleis verrys en hy herken baie van die pragtige rotse wat hier naby hom gelê het in die buite mure van die paleis.

Maar op ’n dag sien hy dat die bouery skielik stilstaan en dat die Koning om die mure van die paleis stap en aan die bouers kort - kort iets vertel en beduie. Die volgende oomblik sien Kallie al die bouers in die veld rondstap, op soek na iets.

Wat kan dit tog wees? wonder Kallie.

Elke nou en dan sien hy een van die bouers tel ’n kleinerige rots op, bekyk dit en sit dit maar weer neer. Sommige van hulle neem van die klein rotse na die Koning toe, wat dit bekyk en dan net sy kop skud. Die bouer stap dan maar weer terug en sit sy soektog voort.

Kallie sien een van die bouers na hom aangestap kom, hy kan voel hoe hier so effense opgewondenheid in sy binneste begin klop. Kan hulle hom dalk kom kies? Kan hy dalk die keer gelukkig wees?

Die bouer tel hom op, bekyk hom van alle kante, vee die bietjie klam grond van sy onderkant af en glimlag breed.

Terwyl die bouer hom dra na die Koning is daar te midde van die opgewondenheid ’n groot benoudheid oor hom. Sê nou maar net die Koning dink hy is nie reg vir die bouwerk nie. Dit sal hom baie hartseer maak.

Die bouer oorhandig vir Kallie aan die Koning. Die Koning bekyk Kallie van alle kante en sê tevrede vir die bouer, “Dit is net nie regte een wat ek gesoek het.”
“Roep gou al die ander bouers bymekaar dat ek aan hulle kan verduidelik die belangrikheid van klein klippies en rotse in die bouwerk.” sê die Koning aan die bouer.

Sommer gou is al die bouers versamel om die Koning. Hy begin aan hulle te verduidelik.
“Dit is belangrik dat mens die mooi en groot rotse bymekaarmaak as boustene. Hulle gee sterkte aan die struktuur en die paleis word baie vinniger gebou met die groot bou klippe. Die probleem ontstaan dat die groot rotse pas nie altyd perfek inmekaar nie en daar is openinge tussen die blokke wat nie met die sement opgevul kan word nie.

Vir die openinge is dit belangrik om klein klippies en rotse te kry om in te bou. hulle verleen sterkte aan die muur en speel net so belangrike rol as die groot rotse. Die klein klippies hou die groot rotse in hul plek en maak dat hulle mooi in lyn gebring is.
Sonder die klein klippies is die bouwerk slordig en swak.

Moet nooit die klein klippies en rotse in jul bouwerk vergeet nie.”

Die bouers het besef dat die klein klippies net so belangrik is as die groot rotse, want die een kan nie sonder die ander nie.
Die Koning het vir Kallie geneem en hom ingebou op die hoek tussen twee pragtige groot rotse. Die Koning het so effe terug gestaan en beduie toe aan die bouers. Kan julle sien hoe die klein klippie ’n perfekte band vorm met die groot rotse en maak dat die muur sterker is en netjies vertoon.

Reken jy jouself vandag as maar ’n klein klippie in die bouwerk van ons Meester Yahshua. Wees dan verseker dat selfs vir jou is daar ’n baie belangrike plekkie in Sy bouwerk. Selfs die groot rotse het die ondersteuning van die klein klippie nodig om beter te vertoon en sterker te wees.

Psa 118:22 Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword.

Wednesday, September 1, 2010

Net Nog Vyf Minute Ekstra


Eendag, in ’n park, gaan sit ’n dame langs ’n man op een van die bankies wat naby die speelparkie.

“Daardie outjie is my seun,” sê sy terwyl sy wys na ’n klein seuntjie met ’n rooi sweetpak top wat besig is om te speel op die glyplank.

“Dis ’n pragtige jong mannetjie,” antwoord die man. “Dis my dogter, die een met die wit rokkie wat daar met die fietsry.”

Met die kyk hy op sy horlosie en roep na sy dogter. “Hoe lyk dit Melissa, dink jy nie dis tyd om huis toe te gaan nie?”

Melissa pleit by haar pa, “Pappa, kan ek nie nog asseblief vyf minute ekstra op my fiets rondry nie? Asseblief net nog vyf minute.”

Die man knik instemmend met sy kop en Melissa gaan voort om na hartelus op haar fiets rond te rits. Vyftien minute is later verby en die man staan op en roep weer na sy dogter. “Is dit nou tyd om te gaan?”

Weereens pleit Melissa, “Vyf minute, Pappa, gee net nog vyf minute meer.”

Die man glimlag en sê, “OK.”

“Mense ons! maar jy is omtrent ’n geduldige pa,” antwoord die vrou wat langs hom op die park bankie gesit het.

Die man glimlag weer en sê, “ Haar ouer boetie Niekie, is verlede jaar oorlede nadat ’n dronk bestuurder hom raak gery het. Hy het met sy fiets nie vêr hiervandaan gery nie. Ek het nooit baie tyd saam met Niekie spandeer nie en nou sal ek enigiets gee vir net ’n ekstra vyf minute saam met hom. Ek het myself beloof om nooit dieselfde fout te maak met Melissa nie.

“Sy dink sy het vyf minute ekstra om met haar fiets rond te ry. Die waarheid is, ek kry vyf minute ekstra om haar te sien speel.”

Die hele lewe gaan oor prioriteite, wat is jou prioriteite?
Gee iemand vir wie lief is vandag vyf minute ekstra van jou tyd, want dis nie vir hulle nie maar eintlik vir jouself.

Monday, August 30, 2010

HALLELUYAH 286


To Jean

I could not find any translation for you but worked on this. I don't know if this translation will do justice to the Afrikaans version. Keeping note and rhythm is not my strong point.

In my musikale gestremdheid lyk dit tog of die woorde sal kan inpas by die melodie.

Enigeen wat beter voorstelle het, help tog asb so bietjie.


HALLELUYAH 286

Do only Thy will, Yah, your will with me
You, the Potter, with me the clay.
Mold me and make me, just as You wish.
Upon You I wait, Yah, humble and meek.

Do only Thy will, Yah, your will with me.
Test and search me, although I might suffer.
Whiter than snow, Yah, wash me today.
Close to thy feet, Yah, I want to stay.

Do only Thy will, Yah, your will with me
Weary and lonely, please stand by me
Touch and heal me, Saviour, I pray
You can, Almighty, rule over me

Do only Thy will, Yah, your will with me
til’ my whole life, is devoted, to You
make my heart, oh Saviour, Thy throne
for all to see, Yahshua, dwelling in me.

- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Do only Thy will, Lord, your will with me.
You, the Potter, with me the clay.
Mold me and make me, just as You wish.
Upon You I wait, Lord, humble and meek.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
Test and search me, although, I might suffer.
Whiter than snow, Lord, wash me today.
Close to thy feet, Lord, I want to stay.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
Weary and lonely, please, stand by me.
Touch and heal me, Saviour, I pray.
You can, Almighty, rule over me.

Do only Thy will, Lord, your will with me.
til’ my whole life, is devoted, to You.
make my heart, oh Saviour, Thy throne.
for all to see, Christ, dwelling in me.